RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 6 Junie 2023 06.06.2023

Huldeblyke stroom steeds in na die dood van Tina Joemat-Pettersson. Agri SA sê die polisie sloer met die implementering van sy strategie vir landelike veiligheid. Meer as 'n miljoen hoenders is sedert April in die Wes-Kaap van kant gemaak weens die uitbreking van voëlgriep.

Spektrum 5 Junie 2023 05.06.2023

Voormalige Eskom-werknemers word van vandag af by kragstasies ontplooi om te help om die kragkrisis op te los. Die DA is bereid om die moontlike geheimhouding van 'n verslag oor Lady R teen te staan. Die ANC sê 'n besluit oor die Russiese president, Wladimir Poetin, se bywoning van die BRICS-beraad is nog nie geneem nie.

Spektrum 2 Junie 2023 02.06.2023

Wye spekulasie oor veranderinge aan die petrolprys. Beplande raskwotas vir die toekenning van watergebruikslisensies het die DA warm onder die kraag. Hoe gemaak as jy in Gauteng steeds e-tolrekeninge ontvang?

Spektrum 1 Junie 2023 01.06.2023

Is Ace Magashule se dae in die ANC getel? Ontleders en opposisiepartye is nie beïndruk met die presidensie se begrotingsrede nie. Daar is 'n tekort aan psigiaters in die openbare gesondheidstelsel om kinders met geestestoestande te behandel.

Spektrum 31 Mei 2023 31.05.2023

Nuwe pogings om die Russiese president in hegtenis te neem. Ons ondersoek wysigings wat gemaak moet word aan die Wet op Tradisionele en Khoi-San-leierskap. Die Cheetahs wil die naweek 'n tuishalfeindstryd in die Curriebekerreeks vasmaak.

Spektrum 30 Mei 2023 30.05.2023

Johannesburgers looi hulle burgemeester wat lyf wegsteek. Onderhandelings vir die vrylating van die Suid-Afrikaner, Gerco van Deventer, is in 'n sensitiewe stadium - ons hoor van iemand wat jare gelede in dieselfde posisie was. Die minister van polisie is positief oor die vierde kwartaal se misdaadstatistiek.

Spektrum 29 Mei 2023 29.05.2023

Die Poskantoor word gepos. Ondersoeke en skorsings kom nadat babas in bokse slaap. Boere wil beurtkrag baasraak.

Spektrum 26 Mei 2023 26.05.2023

Dr. Nandipha Magudumana se dringende aansoek word in Bloemfontein tot Donderdag uitgestel. Die Nelson Mandelabaai Metro se spesiale raadsitting om mosies van wantroue te bespreek, word voortgesit. Adjunkpresident Paul Mashatile waarsku opposisiepartye teen koalisiepolitiek wat nie die belange van kiesers bevorder nie.

Spektrum 25 Mei 2023 25.05.2023

Staal jouself vir nog ‘n rentekoersverhoging. Ondersoeke na die oorsprong van cholera in dele van Gauteng duur voort. 'n Geveg kom teen uitsteltaktiek in die hof.

Spektrum 24 Mei 2023 24.05.2023

Miljoene Covid-entstowwe bereik hulle vervaldatum. Die inflasiekoers daal vir die eerste keer sedert Januarie. Die Suid-Afrikaanse vroueseiljagvaarder, Kirsten Neuschafer, beplan nuwe avonture.

Spektrum 23 Mei 2023 23.05.2023

Die regering se rasteikens lui nie noodwendig die doodsklok vir jou werk nie. Toeriste stroom weer na Suid-Afrika. Die landbousektor werk saam met tradisionele leiers en koninklike families om voedselproduksie in landelike gebiede te bevorder.

Spektrum 22 Mei 2023 22.05.2023

Woede oor miljoene rand se opknappings aan ministers se wonings. Die Cholera-uitbreking in Hammanskraal laat die vraag ontstaan - hoe kon so iets gebeur? Ons skakel ook oor na Sun City vir die jongste nuus oor die Wêreld Landbou-organisasie se jaarvergadering, met die fokus op wildboerdery.

Spektrum 19 Mei 2023 19.05.2023

Die nuwe voorgestelde wetgewing oor raskwotas in die werkplek het vele Suid-Afrikaners warm onder kraag. G7-leiers beloof verdere sanksies teen Rusland en sy bondgenote. By die Nampo-oesfees is die jeug en hulle toekomstige rol in die landbousektor onder bespreking.

Spektrum 18 Mei 2023 18.05.2023

Die naderende winter beteken net een ding - meer druk op die land se kragnetwerk en die moontlikheid van fase 8-beurtkrag. Die Tshwane Burgemeester lewer sy stadsrede. Die vloot werf nuwe duikers, maar wat is hulle werk?

Spektrum 17 Mei 2023 17.05.2023

Eskom is nie 'n nuwe probleem nie, aldus die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan. Meer as 'n duisend gevalle van malaria word in drie provinsies aangemeld. Die huidige kragkrisis in die land kom by NAMPO onder die soeklig, en TLU SA bespreek plaasveiligheid.

Spektrum 16 Mei 2023 16.05.2023

Lesotho stel 'n aandklokreël in om misdaad in die land te help bekamp. Die Verkiesingskommissie reik vandag 'n omvattende verklaring uit oor die befondsing van politieke partye. By die Nampo-Oesdag vra ons onder meer hoe tegnologie ingespan kan word om klimaatsverandering teen te werk.

Spektrum 15 Mei 2023 15.05.2023

'n Koue week word vir groot dele van die land voorspel. Die oorsaak van die afgelope naweek se noodlottige ongeluk op die N2 naby Mosselbaai in die Wes-Kaap word ondersoek. Dis weer tyd vir die jaarlikse Nampo-oesfees in Bothaville.

Spektrum 12 Mei 2023 12.05.2023

Die vonke spat behoorlik oor bewerings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het. Ons bespreek die politieke, ekonomiese en diplomatieke gevolge hiervan. Twitter kry 'n nuwe baas.

Spektrum 11 Mei 2023 11.05.2023

Die BRICS-handelsblok bult sy spiere. Donald Trump voel oortuig dat hy aanstaande jaar se verkiesing in Amerika sal wen. Die organisasie, Chefs with Compassion, verskaf vyfmiljoen maaltye aan armes in Gauteng.

Spektrum 10 Mei 2023 10.05.2023

'n Poging om die hernuwing van rybewyse elke 5 jaar, ongrondwetlik te verklaar. Die griepseisoen is in volle swang. Eskom se raad verskyn voor SKOOR in die Parlement.

Spektrum 9 Mei 2023 09.05.2023

Top polisielede beantwoord vrae in die Parlement oor bewerings van korrupsie, bedrog en misdaadkartelle by Ekom. Adjunkpresident Paul Mashatile besoek Jagersfontein ná verlede jaar se slikramp. Skoolgeld vir leerlinge in private en openbare skole styg steeds.

Spektrum 8 Mei 2023 08.05.2023

Fase 7-beurtkrag word nie uitgesluit nie. Wydverspreide reën is goeie én slegte nuus vir boere. Die ANC mik na 'n volstrekte meerderheid in aanstaande jaar se verkiesing.

Spektrum 5 Mei 2023 05.05.2023

Die asbesbedrogsaak van sowat R255-miljoen word in die Bloemfonteinse hooggeregshof met byna 'n jaar uitgestel tot 15 April volgende jaar. Die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, is in China om 'n oplossing vir Suid-Afrika se spoorwegkrisis oor lokomotiewe te vind. Voorbereidings vir môre se kroning van die Verenigde Koninkryk se nuwe monarg, Charles III, vorder goed.

Spektrum 4 Mei 2023 04.05.2023

Twee vas met perlemoen van meer as R3-miljoen. PUTCO laat 230 000 pendelaars gestrand. Die Comrades is vanjaar korter.

Spektrum 3 Mei 2023 03.05.2023

Kommer oor kosverskaffing by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal. Energiekenner Ted Blom sterf. Die werkgewersorganisasie, NEASA, sê die Wysigingswet op Billike Indiensneming sal buitelandse belegging in die land ontmoedig. Die VN se sekretaris-generaal, Antonio Gutteres, sê daar is tans 'n groot aanslag op persvryheid en joernaliste wêreldwyd.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.