RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 11 Julie 2023 11.07.2023

Johannesburg se inwoners is ontstoke en wanhopig oor die metro se beplande 58 uur lange waterbeperking. Suid-Afrika lewer 'n voormalige Mosambiekse minister uit aan Amerika. Caster Semenya wen haar saak teen die internasionale atletiekfederasie.

Spektrum 10 Julie 2023 10.07.2023

Vyf vragmotors word op die N4 naby Waterval Boven aan die brand gesteek, glo uit protes teen buitelandse bestuurders. Sneeu val oor groot dele van die land, soos die Wes- en Oos-Kaap, die suidelike en noordelike Drakensberge en ook Gauteng. 'n Bielie van 'n Bonsmarabul breek 'n prysrekord.

Spektrum 7 Julie 2023 07.07.2023

Die wêreld wonder waar die berugte Wagner-groep se baas hom bevind. In aanloop tot die BRICS-beraad in Augustus sal die ANC eers as gasheer optree vir die Politieke Partye-forum vir BRICS-lande, sonder dat ander politieke partye genooi word. En, 137 woonbuurte in Johannesburg is aanstaande week dae lank sonder water.

Spektrum 6 Julie 2023 06.07.2023

COSATU wys vandag sy misnoë teen die talle kwessies wat die samelewing benadeel. Ons vra waarom ministers so baie beskermingspersoneel nodig het. Suid-Afrikaners se ongediagnoseerde geestesgesondheidstoestande kos die ekonomie miljoene.

Spektrum 5 Julie 2023 05.07.2023

Die regering moet pa staan vir die analoog-fiasko. Die Weermag staan die slagoffers van 'n blouligaanval by. Ons vind uit presies hoe die Nasionale Gesondheidheidversekering jou privaat mediese fonds kan raak.

Spektrum 4 Julie 2023 04.07.2023

Woede kring uit oor die aanranding van 'n motoris deur die polisie. Die Karoo Hoogland-munisipaliteit wil spoedig met herstelwerk aan infrastruktuur begin nadat oorstromings verwoesting gesaai het. Die Bokke kry moontlik vandag 'n nuwe kaptein.

Spektrum 3 Julie 2023 03.07.2023

Ons kry die jongste nuus oor die oorstromings in die Nama Khoi-gebied. Die Universiteit Stellenbosch is tevrede met die bevindinge teen die rektor, prof Wim de Villiers. Nuwe inligting wys dat jy meer belasting sal betaal om die Nasionale Gesonheidsversekerheidskema te befonds. Moenie bangmaakpraatjies oor sonpanele glo nie.

Spektrum 30 Junie 2023 30.06.2023

Die parlement hou vol dat hy die aanbevelings van die Zondo-kommissie implementeer. Die Amerikaanse hooggeregshof beslis dat rasbeleid nie meer as maatstaf vir universiteitstoelating gebruik mag word nie. Ons vind uit wat 'n gemeenskapspolisiëringsforum in Mbombela doen om misdaadsindikate onder bedwang te hou.

Spektrum 29 Junie 2023 29.06.2023

Die DA doen stappe teen adjunkpresident Paul Mashatile se beweerde geheime luukse lewe en deelname aan staatskaping. OUTA versoek die Johannesburg Metro om vir eers nie die verhoging in eiendomsbelasting in werking te stel nie. By Innibos hier in Mbombela praat ons onder meer oor roofdierbestuur, en veteraanaktrise Sandra Prinsloo sluit by ons aan.

Spektrum 28 Junie 2023 28.06.2023

Sneeu en gure weer word vir dele van die Oos-Kaap voorspel. Ons hoor meer oor aanpassings aan egskeidingswetgewing van 2023 wat in die parlement goedgekeur is. Ons span by die Innibos Kunstefees in Mbombela gee ons 'n voorsmakie van hulle program vir die volgende drie dae.

Spektrum 27 Junie 2023 27.06.2023

Blind SA betoog vir beter toegang tot boeke vir blindes. Jongmense in die Vrystaat kwalifiseer as landboukundiges en veeartse. Amerika beklemtoon dat hulle geensins betrokke was by die Wagner-opstand in Rusland nie.

Spektrum 26 Junie 2023 26.06.2023

Misdadigers teiken munisipale werkers op die gedoemde Macassarweg in die Wes-Kaap. Die kragkrisis is onder die loep. Die minister van arbeid sê kritiek teen die nuwe wet op gelyke indiensneming is kwaadwillig.

Spektrum 23 Junie 2023 23.06.2023

Reaksie op regter Zondo se jongste uitsprake, en die Appèlhof-beslissing teen oudregter Nkola Motata. Hoe haalbaar is die jongste planne om die Wes-Kaap onafhanklik te verklaar? Die Woordfees se tema vanjaar is "borrel".

Spektrum 22 Junie 2023 22.06.2023

Die Gautengse onderwysdepartement stel die sluitingsdatum vir aanlynaansoeke vir die 2024 skooljaar tot 21 Julie uit. Ons kry reaksie op Amerikaners wat nou hoenders verkoop wat in labratoriums vervaardig is. Verskeie duikbote sluit aan by die soektog na die vermiste toeristeduikboot in die Noord-Atlantiese see.

Spektrum 21 Junie 2023 21.06.2023

Pas op as jy oorsee werk en nie jou inkomste aan Jan Taks verklaar nie. 'n Vroueslaner vlug landuit voor 'n hofverskyning. 'n Massa uitgespoelde seewier bevat glo vleisetende bakterieë.

Spektrum 20 Junie 2023 20.06.2023

Kommer oor hoë vlakke van tienerswangerskappe in Suid-Afrika. President Cyril Ramaphosa verwelkom Nederland en Denemarke se leiers in die land. Die ANC moet teen môre al sy kaderontplooiingsrekords van die afgelope tien jaar aan die DA oorhandig.

Spektrum 19 Junie 2023 19.06.2023

Die veelbesproke Afrikavredesending na Rusland en Oekraïne trek heelwat aandag. Gesprekke tussen die EFF en die geskorste ANC-sekretarisgeneraal Ace Magashule, is glo goed op dreef. Leeujag weer onder die soeklig.

Spektrum 16 Junie 2023 16.06.2023

'n Groep joernaliste wat president Ramaphosa na Oekraïne vergesel, is in Pole gestrand. Die tonge is los oor die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, se besoek aan Amerika om AGOA te bespreek. Daar is nog baie vrae oor die finale implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering.

Spektrum 15 Junie 2023 15.06.2023

Die regering hou voet by stuk dat niks op die Russiese skip, Lady R, gelaai is nie. Huise en paaie verspoel in die Wes-Kaap. Hewige gevegte woed in dele van Oekraïne.

Spektrum 14 Junie 2023 14.06.2023

Kommer oor die goedkeuring van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering in die Nasinale Vergadering. Ons vra of die bewyse wat die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, gister bekend gemaak het, haar saak gaan help. Die rede vir verval in Suid-Afrika, word toegeskryf aan politieke verrotting.

Spektrum 13 Junie 2023 13.06.2023

Eskom bewys sy doemprofete verkeerd - of kom die ergste nog? Die parlement debatteer waarom die Guptas nog nie agter tralies sit nie. Die Oos-Kaapse premier probeer om 'n ondersoek teen hom te keer.

Spektrum 12 Junie 2023 12.06.2023

Erge koue word vandeesweek vir verskeie van die provinsies voorspel. Bykans 2 000 senior staatsdienspersoneel beskik nie oor die regte kwalifikasies nie. Afrikaleiers bespreek binnekort die oorlog tussen Rusland en Oekraïne.

Spektrum 9 Junie 2023 09.06.2023

Tshwane se burgemeester bring ons op hoogte van hulle pogings om die cholera-uitbreking teen te werk. Waarskuwings dat boere die reg in eie hande gaan neem, moet in 'n ernstige lig beskou word. Donald Trump gaan aangekla word oor die beweerde onwettige hantering van geheime dokumente.

Spektrum 8 Junie 2023 08.06.2023

Reaksie op die nuus dat die Tesourie nié vir Eskom kwytskeld van verslaggewing oor wanbesteding nie. Dis belangrik om so vroeg moontlik hulp te soek wanneer cholera-simptone verskyn - ons praat met 'n infeksiebeheerspesialis. Oseanedag word vandag gevier.

Spektrum 7 Junie 2023 07.06.2023

Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek en Rand Aksepbank se jongste sakevertroue-indeks wys beurtkrag het 'n baie negatiewe impak. Die interim blou- en groendruppel verslae wys 'n afname in die gehalte van drinkwater wat munisipaliteite verskaf. Nog twee Republikeine is beskikbaar om as die party se presidentskandidaat aangewys te word.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.