RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 15 Augustus 2023 15.08.2023 50:18
Verwag pyn by die brandstofpomp in September. Petrol- en dieselpryse sal na verwagting skerp styg. Vakbonde vrees dat Eskom se ontbondeling kan lei tot die privatisering van die kragreus. Die wekelange kragkrisis in Lichtenburg in Noordwes kan op 'n hofsaak afstuur.
Spektrum 14 Augustus 2023 14.08.2023 49:39
SANTACO dreig weer met 'n staking nadat nog taxi's die naweek in die Wes-Kaap geskut is. Energiekenners voorspel dat politiekery Suid-Afrika se netto-zero-doelwitte vir 2050 in die wiele kan ry. Eskom sê beurtkrag sal verskerp word wanneer instandhoudingswerk in die somermaande weer volstoom voortgaan.
Spektrum 11 Augustus 2023 11.08.2023 50:41
Jacob Zuma baat by die spesiale paroolbedeling vir laerisiko gevangenes. Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, praat oor die pad vorentoe ná die taxistaking in die provinsie. Die Parlementêre komitee wat die geskorste Openbare Beskermer, Busissiwe Mkhwebane, se ampsbevoegdheid ondersoek, vergader vandag om moontlike wysigings aan sy finale verslag aan te bring.
Spektrum 10 Augustus 2023 10.08.2023 50:59
'n Debat oor die taxistaking word op aandrang van die ANC vanmiddag in die Wes-Kaapse wetgewer gehou. 'n Soektog word begin na 'n vermiste tiener wat in die Llandudno-omgewing in die see beland het. Die intereressante verhaal van Sugar Man, die folk-sanger Rodriguez, kom tot 'n einde.
Spektrum 9 Augustus 2023 09.08.2023 50:30
Die taxi-staking in die Wes-Kaap het 'n groot impak op dienslewering en die ekonomie. Santaco nader die Konstitusionele Hof oor die munisipale regulasies van die Kaapstad Metro. Verbruikers se finansies bly kwesbaar weens die hoë rentekoers en brandstofprys.
Spektrum 8 Augustus 2023 08.08.2023 50:48
AARTO sal op 1 Julie 2024 in werking tree. Die Big Mac-indeks wys die rand moet minder as R9 teenoor die dollar verhandel. NSFAS hou vol dat sy nuwe betalingstelsel werk.
Spektrum 7 Augustus 2023 07.08.2023 51:51
Duisende leerlinge in die Wes-Kaap word verhoed om skool toe te gaan weens die taxistaking. Die hooggeregshof in Pretoria hoor betoë aan oor die vyf jaar geldigheid van bestuurslisensies. Kenners waarsku dat Suid-Afrika binne die volgende ses maande erge weerstoestande soos Europa mag ervaar.
Spektrum 4 Augustus 2023 04.08.2023 52:43
Meer as 1,5-miljoen pendelaars in die Wes-Kaap gestrand. 'n Organisasie wil vroue oor mans se misbruik van beskermingsbevele inlig. Waarskynlik die swaarste dier ooit op aarde, ontdek.
Spektrum 3 Augustus 2023 03.08.2023 56:20
Herstelwerk ná die onlangse metaangasontploffing in Johannesburg se middestad, kan die metro meer as 'n R178-miljoen kos. 'n Beroep om weermaghospitale by die staatsdiens te integreer. Die jongste oor die proefmynramp naby Kleinsee in die Noord-Kaap.
Spektrum 2 Augustus 2023 02.08.2023 51:24
Geskiedenis is vandag gemaak met Banyana Banyana wat die eerste Suid-Afrikaanse span word wat vir die uitklopfase van ‘n senior FIFA-toernooi kwalifiseer. Johannesburg se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid eis streng optrede teen onwettige mynwerkers. Die broer van die vermoorde sokkerspeler, Senzo Meyiwa, sê die beskuldigdes in die saak is onskuldig.
Spektrum 1 Augustus 2023 01.08.2023 50:49
Die polisie beloof streng optrede in Riverlea, suid van Johannesburg, waar onwettige mynbedrywighede inwoners in vrees laat leef. Die Staat sal moet geld vind om die mediese fonds van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te red. Frankryk begin met ontruiming uit Niger.
Spektrum 31 Julie 2023 31.07.2023 53:57
Die polisie se taktiese reaksie- en openbare orde-eenhede word in Riverlea in die suide van Johannesburg ontplooi. Kenners voorspel meer en erger hittegolwe in die Noord-Kaap. Veldwagters wêreldwyd word vir hulle bydrae tot naturbewaring vereer.
Spektrum 28 Julie 2023 28.07.2023 46:47
Die Netbal Wêreldbekertoernooi begin in Kaapstad - 'n eerste vir Afrika. Kaapstad kan koue, nat weer en oorstromings die naweek verwag. Belanghebbendes en die regering vergader oor die motorbande wat steeds smeul op Biesiesvlei in Noordwes.
Spektrum 27 Julie 2023 27.07.2023 50:08
Daar was 'n beduidende daling in die produsenteprysindeks vir Junie. Ons doen 'n profielontleding van die agt kandidate vir die pos van die nuwe Openbare Beskermer. Een persoon sterf in nóg 'n Russiese aanval op Odesa.
Spektrum 26 Julie 2023 26.07.2023 48:58
Die ANC en DA kry stry oor die bestuur van die Tshwane Metro. Ons vind uit watter geheime Johannesburg se ondergrondse pype wegsteek. Die agenda vir die BRICS-vergadering wat tans in Johannesburg plaasvind, kom onder bespreking.
Spektrum 25 Julie 2023 25.07.2023 49:12
Vyf dae ná die Breestraat-ontploffing in Johannesburg is plaaslike dienste nog nie herstel nie. Noord-Kaapse boere is ongelukkig oor die plasing van radioteleskope in die gebied. Uitbrekings van varkpes is in drie munisipaliteite in die Oos-Kaap bevestig.
Spektrum 24 Julie 2023 24.07.2023 48:48
Agt lede van adjunkpresident Paul Mashatile se lyfwagte verskyn in die hof vir die aanranding van vier soldate. Nuwe vrae word oor die Russiese skip, Lady R, gevra. Banyana se spel teen Swede word geprys, ten spyte van 'n nederlaag.
Spektrum 21 Julie 2023 21.07.2023 49:11
Die vonke spat tussen politici ná die ontploffing in Johannesburg se middestad. 'n Bergingsterrein vir bande brand buite beheer. Sowat 40 lande wil deel wees van 'n uitgebreide BRICS - 'n kenner vertel waarom dit so gesog is.
Spektrum 20 Julie 2023 20.07.2023 49:38
Die oorsaak van 'n ontploffing in die Johannesburgse middestad word steeds ondersoek. Videogrepe van 'n man wat sy huishulp mishandel, het Suid-Afrikaners warm onder die kraag. Suid-Afrika het min tyd oor om oor te skakel na groenkrag.
Spektrum 19 Julie 2023 19.07.2023 51:24
Die Hooggeregshof sê die regering moet in die openbaar verklaar hoe hy 'n arrestasiebevel vir die Russiese president, Wladimir Poetin, sal uitvoer. Die Kaapse Forum ondersteun die vrylating van die sogenaamde stasiemoordenaar op parool. Verbuikersprysinflasie daal in Junie.
Spektrum 18 Julie 2023 18.07.2023 51:08
Graanpryse wêreldwyd skiet die hoogte in. Ons vind uit wat deur 'n ma se kop gaan, wanneer sy besluit om haar kinders te vermoor. Suid-Afrikaners vier Mandeladag.
Spektrum 17 Julie 2023 17.07.2023 45:07
Die ANC swaai om in sy kritiek teen Thuli Madonsela. Hoe sal vandeesweek se koue fronte beurtkrag beïnvloed? Die Swartsee graanooreenkoms verval vandag.
Spektrum 14 Julie 2023 14.07.2023 47:20
Sal oudpresident Jacob Zuma moet tronk toe wanneer hy van mediese behandeling in Rusland terugkeer? Inwoners in Kaapstad is die josie in nadat die metro 'n elektrisiteitstariefverhoging van 17,6% ingestel het. Hoe skerp is die Internasionale Strafhof se tande om in gryp in Soedan?
Spektrum 13 Julie 2023 13.07.2023 46:49
Die verbetering van Johannesburg se waterinfrastruktuur vorder goe, maar die herstel van die watertoevoer na inwoners kan dae duur. Inwoners van Kaapstad kla oor buitensporige elektritietsrekenings. Verskeie indringervissoorte word in die Kruger Wildtuin geïdentifiseer.
Spektrum 12 Julie 2023 12.07.2023 46:44
Die Minister van Polisie, Bheki Cele, spreek die media toe oor die polisie se reaksie op vragmotorvandalisme. NAVO-lande bespreek die langtermyn-veiligheid van Oekraëne. Die Mededingingskommissie gaan SASOL vervolg omdat hy te veel vir gas gevra het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.