RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 19 September 2023 19.09.2023

Die Menseregtekommissie bevind dat munisipaliteite in KwaZulu-Natal inwoners se reg op skoon drinkwater skend. Nóg 'n groot verhoging in die brandstofprys voorspel. Die Wetsontwerp op die Beëindiging van Kaderontplooiing dien vanmiddag voor die Nasionale Vergadering.

Spektrum 18 September 2023 18.09.2023

Die president wil 'n bykomende R88,5 miljard bestee aan armoedeverligting. Lugondersteuning word versoek om die brande in Noordwes te blus. Beurtkrag gaan voort om die landboubedryf te knou.

Spektrum 15 September 2023 15.09.2023

Opposisiepartye in Noordwes beplan om 'n mosie van wantroue in die Premier in te dien. Die DA se konsepwet oor koalisieregerings poog om stabiliteit te verseker deur mosies van wantroue te beperk. Prins Mangosuthu Buthelezi word môre tydens 'n spesiale katogorie 1-staatsbegrafnis in Ulundi, KwaZulu-Natal, ter ruste gelê.

Spektrum 14 September 2023 14.09.2023

Dis deurlopende Fase 6-beurtkrag, en Suid-Afrikaners sukkel om hulle lot te aanvaar. Die Vryheidsfront Plus vra dat 'n ad hoc-komitee saamgestel word om plaasaanvalle- en moorde te ondersoek. Die voormalige Openbare Beskemer praat met die SAUK.

Spektrum 13 September 2023 13.09.2023

Die DA wys Solly Msimanga aan as sy premierskandidaat in Gauteng. Die BELA-wetgewing weer onder die soeklig ná verwarring oor wat bly en wat ry. Na aanleiding van die herrie oor die Bokke se truie die afgelope naweek, stel ons ondersoek in na kleurblindheid.

Spektrum 12 September 2023 12.09.2023

'n Versoek dat OPOD as 'n Hoofstuk Nege-instelling verklaar moet word. Die Tshwane-metro wil die Arbeidshof nader nadat die bedingingsraad beslis dat munisipale werknemers wel salarisverhogings moet kry. Kommer oor 'n daling in belastinginkomste.

Spektrum 11 September 2023 11.09.2023

Die Nasionale Vergadering stem vanmiddag oor die verwydering van die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, uit haar amp. Die ANC oorweeg dit om 'n mosie te ondersteun om die Johannesburgse Metro te ontbind. Baie koue weer word vir drie Kaapprovinsies voorspel.

Spektrum 8 September 2023 08.09.2023

Staatshospitale en klinieke beskik steeds nie oor die standaarde wat vir nasionale gesondheidsversekering-akkreditasie vereis word nie. Boere in Noordwes het 'n tekort aan voer ná die onlangse brande. Moody's het Eskom se kredietgradering opgegradeer.

Spektrum 7 September 2023 07.09.2023

Brande het reeds honderde duisende hektaar se weiveld in drie provinsies verwoes. Pick'nPay se stigter sterf. Die pampoenkoning deel sy wenresep.

Spektrum 6 September 2023 06.09.2023

Die oorsaak van gister se gasontploffing in Johannesburg se middestad word ondersoek. Die Verenigde Nasies sê Afrika kan die hartklop van hernubare energie word. Die Minister van Sport sê 'n middeweg word gesoek in die geskil tussen die SAUK en Multichoice oor uitsaairegte vir die Rugby Wêreldbeker.

Spektrum 5 September 2023 05.09.2023

Die ANC moet binne 'n week sy kaderontplooiingsrekords aan die DA oorhandig. Die geskorste Openbare Beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane, se besluit om vandag werk toe te gaan, is onder die soeklig. Motoriste moet hulle begin staal vir skerp stygings in die brandstofprys.

Spektrum 4 September 2023 04.09.2023

Die DA sê die president het geen rede om nié die ondersoekverslag van Lady-R bekend te maak nie, tensy daar 'n slang in die gras is. Afriforum is weer in die hof oor die sing van Kill the Boer. Hoe gemaak met die behuisingskrisis in die Johannesburgse middestad?

Spektrum 1 September 2023 01.09.2023

Die polisie se honde-eenheid help met die soektog na liggame ná Johannesburg se brandtragedie. Hoofregter Raymond Zondo vier vandag sy elfde jaar in die Konstitusionele Hof. Ons praat met 'n regskenner oor sy rol in die hof. Die Suikerriet-kwekersvereniging sê die regering het hulle nie gewaarsku oor 'n voorgenome styging in die suikerbelasting nie.

Spektrum 31 Augustus 2023 31.08.2023

‘n Dodelike brand in Johannesburge middestad eis die lewe van meer as 70 mense. Die regering sê hy het geen voorneme om Eskom te privatiseer nie. 'n Koalisie van nie-regeringsorganisasies vra die regering om 'n dringend 'n klimaatnoodtoestand in die land af te kondig.

Spektrum 30 Augustus 2023 30.08.2023

Die Reserwebank het 'n plan om die prys van brandstof te verminder. Die pluimveereus, Rainbow, rig 'n nuwe aanleg in KwaZulu-Natal op. Treinspoorbewoners op Philippi in die Wes-Kaap word dalk binnekort na 'n nuwe terrein verskuif. Groot kommer dat die regering insette oor die Wysigingswet op Basiese Onderwys wil stoomroller.

Spektrum 29 Augustus 2023 29.08.2023

Die grondwetlikheid van die gewysigde Kieswet word vandag in die Konstitusionele Hof betwis. Die VSA, die Verenigde Nasies, en die Afrika Unie spreek kommer uit oor die verkiesingsuitslag in Zimbabwe. Nóg 'n terugslag vir die bankrot Zebediela-sitruslandgoed in Limpopo.

Spektrum 28 Augustus 2023 28.08.2023

Die departement van minerale hulpbronne het tot einde September kans om terugvoer te gee oor die ingrypings teen onwettige mynbou. Die DA se planne om die Johannesburg-metro se raad te ontbind, val moontlik deur die mat. Die grondwetlikheid van die gewysigde Kieswet word binnekort in die hof getoets.

Spektrum 25 Augustus 2023 25.08.2023

Ons plaas BRICS se gedaanteverwisseling onder die vergrootglas. Daar word wyd bespiegel oor 'n moontlike opvolger as hoof van die Wagner huursoldate-groep. Die kerskoortradisie in die Kaap in 'n fliek uitgebeeld.

Spektrum 24 Augustus 2023 24.08.2023

Die BRICS-groepering kry ses nuwe lede. 'n Dringende hofaansoek oor Lichtenburg se kragkrisis word vandag aangehoor. Inwoners van George betoog oor die verhoging in kragtariewe.

Spektrum 23 Augustus 2023 23.08.2023

Dalk weer 'n nuwe burgemeester in Johannesburg. Zimbabwiërs gaan na die stembus om 'n nuwe president te verkies. Kunstenaars betoog in Kaapstad teen die Wysigingswetsontwerp op Kopiereg.

Spektrum 22 Augustus 2023 22.08.2023

Ons het meer besonderhede oor die ses beskuldiges in die moord op fluitjieblaser Babita Deokaran, wat skuldig gepleit het. Alle oë is vandag op die eerste dag van die BRICS-beraad in Sandton. Skerp reaksie op die Reserewebank se Phala-Phala-bevinding. Johannesburg sê ruimte by begraafplase raak al hoe minder.

Spektrum 21 Augustus 2023 21.08.2023

Die Reserwebank vind geen valuta-oortredings met president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-transaksie nie. Vandeesweek se BRICS-beraad word deur voorafgesprekke gekenmerk. Zimbabwe se kiesers is sinies oor Woensdag se presidentsverkiesing.

Spektrum 18 Augustus 2023 18.08.2023

Zephany Nurse se ontvoerder sal na verwagting vandag op parool vrygelaat word. 'n Effense daling in die moordsyfer. Politieke ontleders gee hulle mening oor die veelpartyhandves, en hoe dit die politieke landskap in die land kan verander. Die DA dien strafregtelike klagte teen SAMWU-lede in.

Spektrum 17 Augustus 2023 17.08.2023

Die skorsing van 'n skoolmeisie by die Crowthorne Christian Academy in Midrand weens haar haarstyl, ontlok gemengde reaksie van die publiek. Voorbereidings vir die BRICS-beraad is in volle swang terwyl die wêreld met toenemende belangstelling toekyk. Swellendam tel die stukke op ná gister se onluste oor gebrekkige dienslewering en hoë elektrisiteitstariewe.

Spektrum 16 Augustus 2023 16.08.2023

'n Terugslag vir die finalisering van die BELA-wetgewing. Die tweedaagse dialoog tussen opposiepartye oor 'n pakt-ooreenkoms begin vandag. Die Suid-Afrikaner, Lauren Dickason, is skuldig bevind op die moord van haar drie dogters in Nieu-Seeland.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.