RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 24 Oktober 2023 24.10.2023 52:47
Die eerste kiesersregistrasie-naweek sal op 18 en 19 November plaasvind. Myners by die Gold One-myn in Springs neem deel aan 'n ondergrondse sitstaking. Die departement van basiese onderwys is gerat vir die matriekeindeksamen.
Spektrum 23 Oktober 2023 23.10.2023 54:35
Siviele eise teen die polisie weens onwettige inhegtenisnemings en aanhoudings oorskry die polisie se jaarlikse begroting. Sowat 85% van die lugmag se vliegtuie kan nie vlieg nie. Ons wonder hoe die Bokmasjien Saterdag sal lyk.
Spektrum 20 Oktober 2023 20.10.2023 48:35
Voëlgriep het na Mosambiek versprei. Die Verenigde Nasies staan gereed aan die Egiptiese kant van die Rafah-grenspos om humanitêre hulp aan Gaza te verskaf. Ons praat rugby op die vooraand van die Bokke se wedstryd teen Engeland in Frankryk.
Spektrum 19 Oktober 2023 19.10.2023 50:00
Die ACDP is nou ook deel van die Veelparty-handves. Swartwoensdag word vandag herdenk - ons praat met 'n veteraan-joernalis oor mediavryheid. 'n Humanitêre korridor sal na verwagting môre vir Gaza se inwoners oopgestel word.
Spektrum 18 Oktober 2023 18.10.2023 49:34
Die Johannesburg-metro is steeds besig om besware oor verhoogde eiedomsbelasting te verwerk. Bendegeweld op die Kaapse Vlakte is opnuut in die kollig. Verbruikersprysinflasie het op 'n jaargrondslag effens gestyg.
Spektrum 17 Oktober 2023 17.10.2023 45:09
Die prys van brandstof kan moontlik in November daal. Die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sluit by die EFF aan. Die waterkrisis in Parys in die Vrystaat verdiep.
Spektrum 16 Oktober 2023 16.10.2023 48:43
Agt Suid-Afrikaanse soldate wat aangekla word van seksuele misdrywe in die DRK, is teruggeroep. Die Suid-Afrikaanse regering wil as bemiddelaar optree in die oorlog tussen Israel en Hamas. Die Springbokke reageer op hulle Wêreldbeker-kwarteindstrydoorwinning oor Frankryk.
Spektrum 13 Oktober 2023 13.10.2023 46:12
Israel se weermag sê 1,1 miljoen mense moet van die noorde na die suide van Gaza verskuif word in slegs 24 uur. Ons praat oor die afname in haaigetalle. Goeie nuus vir aanhangers van die digterbroers W.E.G en N.P. van Wyk Louw.
Spektrum 12 Oktober 2023 12.10.2023 44:51
Die Departement van Basiese Onderwys het 'n skikking bereik met die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie oor watter faktore in ag geneem moet word wanneer die beskikbare kapasiteit vir skole gebruik moet word. Die Tshwane Metro het bevestig dat hy nie in staat is om 'n volledige dertiende tjek aan sy werknemers te betaal nie. Grondhervorming in die landbousektor steeds 'n warm patat.
Spektrum 11 Oktober 2023 11.10.2023 43:57
Die Nelson Mandela-metro in Qheberha sit weer sonder ’n burgemeester. Die jongste sensusopname wys 'n afname in die land se wit bevolking. Ons praat met die Wit Wolf oor sy lewe ná parool.
Spektrum 10 Oktober 2023 10.10.2023 46:16
Die voormalige Paralimpiese-atleet en veroordeelde moordenaar, Oscar Pistorius, kon reeds sewe maande gelede in aanmerking gekom het om op parool vrygelaat te word. Mediavryheid kom onder die loep. Binne die volgende twee jaar sal private maatskappye en huishoudings na verwagting meer elektrisiteit as Eskom opwek.
Spektrum 9 Oktober 2023 09.10.2023 47:19
Meer as 'n duisend mense is reeds dood in die aanval deur die militante groep, Hamas, in Israel en die Gazastrook. Ons vra hoe mans betrokke moet raak by die bekamping van geweld teen vroue en kinders.
Spektrum 6 Oktober 2023 06.10.2023 50:46
Die skielike bedanking van topbestuurslui by Transnet is onder die soeklig. Die ANC in Gauteng wil indiensnemingskwotas vir private maatskappy instel wat buitelanders betref. 'n Boodsakp van hoop aan boere in die Vrystat wat deurloop onder brande.
Spektrum 5 Oktober 2023 05.10.2023 45:56
Tshwane en Ekurhuleni skuld Eskom minstens R4,7-miljard. Die finansminister het ná 'n jaar nog nie sy belofte nagekom om die e-tolstelsel in Gauteng te skrap nie. Die nuwe Grensbestuurowerheid word amptelik bekend gestel.
Spektrum 4 Oktober 2023 04.10.2023 50:00
Twee Suid-Afrikaners word na bewering op vals aanklagte in Ekwatoriaal Guinee aangehou. Omgewingsgroepe is briesend oor die goedkeuring van seismiese aktiwiteit en die boor van olie in die see. Ons hoor of die SAUK-wetsontwerp die oplossing vir die brandarm uitsaaier sal wees.
Spektrum 3 Oktober 2023 03.10.2023 49:35
Die ANC en die EFF in KwaZulu-Natal het die mes in vir die DA se premierskandidaat, Chris Pappas, oor beweerde bedrog. Die SAUK se finansiële penarie verdiep, terwyl regeringsentiteite die uitsaaier R56-miljoen skuld. Ons praat oor jou plig wanneer minderjariges swanger word.
Spektrum 2 Oktober 2023 02.10.2023 49:23
Die leier van die DA, John Steenhuisen, praat met ons nadat die party sy verkiesingsveldtog in Johannesburg afgeskop het. Suid-Afrikaners het vanjaar reeds 240 dae se beurtkrag ervaar. Gautengers moet hulle staal vir sogenaamde beurtwater, ook bekend as waterverskuiwing.
Spektrum 29 September 2023 29.09.2023 42:36
Die ontslape oudminister Aziz Pahad word môre tydens 'n amptelike staatsbegrafnis in Johannesburg ter ruste gelê. Fokusregisseur Euline Reid praat oor haar spesiale verslag wat die probleme uitlig wat deur onwettige myners in van Johannesburg se woonbuurte veroorsaak word. Hoe begaanbaar is die Wes-Kaap se paaie in lig van die skoolvakansie wat vandag begin?
Spektrum 28 September 2023 28.09.2023 45:53
Toestemming word verleen vir die invoer van entstof vir diere teen voëlgriep. 'n Polisiesoektog word geloods nadat 'n vermeende transitorower in 'n skietgeveg sterf. Twee verdagtes is aanhouding en die ander op vrye voet. Kunsmatige intelligensie dreig om brood uit die monde van kunstenaars te neem.
Spektrum 27 September 2023 27.09.2023 46:41
Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys kry finale goedkeuring, maar nie almal is tevrede nie. Die jongste watergehaltetoetse by van Durban se gewildste strande wys daar is kritieke vlakke van E-coli. Hulpverleningsorganisasies gryp in ná die Wes-Kaapse stormramp.
Spektrum 26 Augustus 2023 26.09.2023 46:29
Die son skyn dalk vandag in die Wes-Kaap, maar verskeie paaie bly gesluit en gemeenskappe is steeds afgesonder. Kenners waarsku teen verhoogde staatsbesteding. Dis Wêreld Voorbehoedingsdag, en daar is steeds stigma en baie miskonsepsies verbonde aan die gebruik van voorbehoeding.
Spektrum 25 September 2023 25.09.2023 52:49
Rampbestuurspanne in die Wes-Kaap is op hoë gereedheidsgrondslag weens die gure weer wat woed. Die FW de Klerk Stigting sê die regering faal in sy plig om die Wet op Amptelike Tale te implementeer. Die departement van toerisme begroot miljoene rand vir die beveiliging van internasionale en plaaslike reisigers.
Spektrum 22 September 2023 22.09.2023 46:13
Eskom skort weer beurtkrag op vir 'n paar uur. Verkeer neem toe op die land se paaie aan die begin van die langnaweek. Goeie nuus op Renosterdag, wat vandag wêreldwyd gevier word.
Spektrum 21 September 2023 21.09.2023 45:48
'n Ondersoek word geloods na die fratsongeluk wat die lewens van drie lede van die Vloot geëis het. Geheime eenhede van die Johannesburgse metro is op die spoor van die rampokkers wat verlate geboue onwettig uitverhuur. Die Reserwebank besin vanmiddag oor rentekoerse.
Spektrum 20 September 2023 20.09.2023 48:24
Gewelddadige betogings breek weer in Swellendam uit. Die Lady-R sage verdiep, en dié keer word die Weermag betrek by die sluipmoord op die Valke se Frans Mathipa. 'n Storm rig groot skade in Pretoria en die omliggende gebiede aan.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.