RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 28 November 2023 28.11.2023

Ouetehuise word swaar getref deur die waterprobleme in Kimberley. Die Tesourie en Reserwebank kap terug na aantygings dat die rand gemanipuleer is. Die gekose komitee oor gesondheid van die Nasionale Raad van Provinsies het die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering sonder enige wysigings goedgekeur.

Spektrum 27 November 2023 27.11.2023

Agri SA sê die Nasionale Waterwysingswet gaan verreikende gevolge hê vir die landbousektor. Solidariteit vergader met die Verenigde Nasies oor Suid-Afrika se rasbeleid.  Huldeblyke stroom in ná die dood van die oud-parlementslid, Luwellyn Landers.

Spektrum 24 November 2023 24.11.2023

Sal Oscar Pistorius op parool vrygelaat word? Die DA kla president Cyril Ramaphosa by die Menseregtekommissie aan. Die Reserwebank word nader gehark om te help met die regering se begrotingstekort.

Spektrum 23 November 2023 23.11.2023

Die Nasionale Vergadering sal die lot van die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, bepaal. Die Wêreldbank sê Suid-Afrika se ekonomie verloor sowat 10% van sy jaarlikse bruto binnelandse produk weens misdaad. Inwoners van Kimberley is al vir dae sonder water.

Spektrum 22 November 2023 22.11.2023

Verbruikersinflasie styf effens, maar bly onder ses persent. Groot ontevredenheid nadat die staatskapingsaak teen die voormalige Eskom-baas, Matshela Koko, van die rol geskrap word. Ons praat met die aktivis, Zackie Achmat, wat beplan om as 'n onafhanklike kanditaat in aanstaande jaar se verkiesing te staan.

Spektrum 21 November 2023 21.11.2023

Die militante Palestyne organisasie, Hamas, sê hulle is op die punt om 'n skietstilstand met Israel te bereik. Navorsing deur die Amerikaanse universiteit, Harvard, wys die vinger van beskuldiging vir Suid-Afrika se probleme, na kaderontplooiing en swart bemagtiging. Die Johannesburg-metro se nuwe Speaker, Margaret Arnolds, sê haar party, die African Independent Congress, is 'n bestendige koalisie...

Spektrum 20 November 2023 20.11.2023

Kiesers het die naweek in groot getalle vir aanstaande jaar se verkiesings geregistreer. Ons wonder hoe dit die uitslag van die 2024-verkiesings sal beïnvloed. 'n Onafhanklike buiteperd wen die presidensiële verkiesing in Argentinië, een van die lande wat moontlik aanstaande jaar by BRICS aansluit. Openbare ruimtes in stede moet herbeplan word, sê kenners.

Spektrum 17 November 2023 17.11.2023

Ontwrigtings op die N4 na Mosambiek. 'n OVK-beampte verduidelik hoe jy die naweek kan registreer. Ons skakel oor na ons span by die konferensie van die Raad vir Groen Geboue.

Spektrum 16 November 2023 16.11.2023

Afriforum sê 'n ernstige waterkrisis dreig in Suid-Afrika. Die presidentsverkiesing in Madagaskar gaan voort, ondanks 'n boikot deur opposisiepartye. Wat het aanpaksel op die element van jou waterverwarmer te make met hoër kragverbruik?

Spektrum 15 November 2023 15.11.2023

Die Kaapstadse township, Nyanga, word van padkaarte verwyder ná die onlangse aanval op 'n Amerikaanse toeris in die woongebied. Hoofregter Raymond Zondo is in die spekvuur nadat hy kommentaar op die Zuma-wapenverhoor gelewer het. Ons span in Kaapstad vra hoekom die boubedryf aan aardskuddings en oorstromings in Suid-Afrika moet begin dink.

Spektrum 14 November 2023 14.11.2023

Die Verkiesingskommissie sê hy is gereed om nuwe kiesers hierdie naweek te registreer. Die EFF sê hy is gereed om te regeer. Sonbesies maak besoekers aan die Krugerwildtuin glo gek met hulle geraas.

Spektrum 13 November 2023 13.11.2023

Kaapstad word 'n politieke slagveld oor 'n internasionale kwessie. Internasionale gesprekke vir 'n verdrag oor afvalplastiek begin in Nairobi. Uitvoerregulasies vir boere word met ontevredenheid begroet.

Spektrum 10 November 2023 10.11.2023

Die Menseregtekommissie vra regeringsingryping oor die hoë voorkoms van wanvoeding in Oos-Kaap. Dokters Sonder Grense slaag daarin om 29 ton mediese hulpbronne na Gaza te stuur. Afghanistan het die loot gewen en besluit om te kolf in sy eendagkragmeting in Ahmedabad teen Suid-Afrika by die Wêreldbekertoernooi in Indië.

Spektrum 9 November 2023 09.11.2023

Mangaung moet 'n onbenutte R200 miljoen aan die Tesourie terugbetaal. 'n Lid van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers word getugtig oor haar standpunt oor Israel. Die VN beweeg 'n treetjie nader aan die betaal van vergoeding aan lande wat skade weens klimaatsverandering lei.

Spektrum 8 November 2023 08.11.2023

Die weermagvakbond, SANDU, sê die weermag is bevoeg om onwettige mynwerkers en die konstruksiemafia te laat les opsê. Die regering se standpunt oor die konflik in Gaza lok uiteenlopende reaksie uit. Skuilings vir vroue en kinders bly hoofsaaklik onveilige ruimtes.

Spektrum 7 November 2023 07.11.2023

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes vra vir 'n dringende vergadering met president Cyril Ramaphosa oor die besluit om diplomate uit Israel te herroep. Die regering wil 'n moratorium plaas op die aanstelling van onderwysers. Planne om Transnet Freight Rail te ontbondel.

Spektrum 6 November 2023 06.11.2023

Duisende staatsdienswerkers verdien 'n salaris van meer as 'n miljoen rand. Die regering misluk om 'n paneel oor verkiesingshervorming aan te stel. Die prys van aartappels skiet die hoogte in.

Spektrum 3 November 2023 03.11.2023

Duisende Suid-Afrikaanse ondernemings in Amerika vestig hulle hoop op die voortbestaan van die AGOA-vergunning. Die 2023 Munisipale Onreëlmatigheidsverslag word aan die parlement voorgelê. UNISA dien korrupsieklagte by die polisie en die Valke in.

Spektrum 2 November 2023 02.11.2023

Die AGOA-beraad van Afrikalande en die VSA begin in Johannesburg. In 'n nabetragting van gister se begrotingsrede hoop ekonome dat die regering meer aandag aan ekonomiese groei sal gee. Die Springbokke begin hulle segetoer deur die land, by die Uniegebou in Pretoria.

Spektrum 1 November 2023 01.11.2023

Die Minister van Finansies het vanmiddag 'n moeilike taak. Ons praat met 'n ekonoom en 'n politieke ontleder oor die mediumtermyn-begrotingsraamwerk. Marius Jonker praat oor sy uitdagings as ‘n televisie-wedstrydbeampte.

Spektrum 31 Oktober 2023 31.10.2023

Die Springbokke is terug in die land ná hulle Wêreldbeker-oorwinning. 15 Desember is as vakansiedag verklaar, maar is dit iets wat sommer so gedoen kan word? Wat doen mens wanneer 'n terreurgroep onder 'n hospitaal skuil?

Spektrum 30 Oktober 2023 30.10.2023

Die 2023-matriek eindeksamen begin in alle erns landwyd. Die N3-tolpadkonsessie waarsku oor sneeu op die N3 by Van Reenenspas. Daar is baie bespiegeling oor wat president Cyril Ramaphosa vanaand met die volk sal deel tydens sy familievergadering om agt uur.

Spektrum 27 Oktober 2023 27.10.2023

Amerika voer aanvalle uit op Iranse teikens in Sirië, maar sê dit het niks met Gaza te doen nie. Die regering slaan toe op spazawinkels wat vervalde produkte verkoop in die Oos-Kaap en Limpopo. Die ANC se adjunkpresident, Paul Mashatile, beloof opnuut die ANC sal kaderontplooing laat les opsê.

Spektrum 26 Oktober 2023 26.10.2023

Skerp kritiek én nog betogings teen die veelbesproke BELA-wysigingswet. Die Wêreldbank staan 'n lening van een-miljard Amerikaanse dollar aan Eskom toe om die kragkrisis te beëindig. Skade aan die wêreldekonomie weens natuurrampe noop versekeringsmaatskappye sekere gedeeltes van die wêreld nie meer te verseker nie. Mense wat nie 'n finansiële bydrae in 'n huwelik gemaak het nie, kan nou wel eis, s...

Spektrum 25 Oktober 2023 25.10.2023

Die Nasionale Vergadering aanvaar wetgewing teen klimaatsverandering maar met besware van die EFF en ACDP. Hospitale in Gaza se brandstof raak op. Suid-Afrikaanse joernaliste in Nieu-Seeland borg die woord, KANT, vir die Springbok Bongi Mbonambi.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.