RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 16 Januarie 2024 16.01.2024 54:09
Ouers dreig met regstappe teen die Gautengse onderwysdepartement. Ons praat met 'n kenner oor die drama met laat aansoeke by skole. Die weerdiens reik 'n waarskuwing uit vir erge donderstorms in vyf provinsies en Donald Trump behaal 'n oortuigende oorwinning in die Iowa koukus. Ons bring vir jou 'n ontleding van die gebeure in die VSA.
Spektrum 15 Januarie 2024 15.01.2024 51:48
Sjina sê meer kan gedoen word om vrede tussen Israel en Hamas te bewerkstellig en ons ontleed NSFAS se befondsing vir die sogenaamde vermiste middelgroep.
Spektrum 12 Januarie 2024 12.01.2024 43:44
Die Wêreldhof hoor tans Israel se betoë aan oor Suid-Afrika se bewerings dat hy die Konvensie oor Volksmoord van 1948 skend. President Cyril Ramaphosa onderneem om in te gryp om werklose gegradueerdes by te staan, en iie rehabilitasie van Lillian Ngoyi straat - voorheen Breëstraat - het amptelik in Johannesburg begin.
Spektrum 11 Januarie 2024 11.01.2024 45:28
Alle oë is op Den Haag waar Suid-Afrika se saak teen Israel in die Internasionale Geregshof aangehoor word; Die Joodse Raad van Afgevaardigdes sê die Suid-Afrikaanse regering se standpunt oor die Midde-Oosterse konflik is te laat; Die Stad Kaapstad se strandveiligheidsplan bly in plek, selfs NA die feesseisoen.
Spektrum 10 Januarie 2024 10.01.2024 46:10
Die hoë-profielsaak waarin Israel van volksmoord in Gaza aangekla word, begin more in Den Haag. Ons praat met 'n regskenner hieroor; Die Wes-Kaap sê sy skole is vol! Ons praat met die nasionale onderwysdepartement oor die situasie in die res van die land; en die hoogste hof in die DRK verwerp hofaansoeke teen die onlangse verkiesingsuitslae.
Spektrum 9 Januarie 2024 09.01.2024 50:40
Die mynwerkersvakbond, die NUM gaan appeleer teen die afdanking van meer as 400 werkers by die Gold One-myn in Gauteng; Dele van Ladysmith in KwaZulu-Natal is weer oorstroom na swaar reën gisternag, en geen verdrinkings is teen Nelson Mandela Baai se 40-kilometer kuslyn aangemeld nie.
Spektrum 8 Januarie 2024 08.01.2024 48:16
Die ANC vier sy 112de verjaarsdag te midde van vele omstrendenheid; OUTA en die DA eis streng optrede teen Minister Blade Nzimande, en Hernieude Russiese missielaanvalle in Oekraïne.
Spektrum 22 Desember 2023 22.12.2023 45:43
Beurtkrag-vrye dae gaan nie onbepaald voortduur nie. Die vroue-Proteas pak Bangladesh in die beslissende eendag-wedstryd, en 'n voorspeller verduidelik hoe die langnaweek se weer gaan lyk.
Spektrum 21 Desember 2023 21.12.2023 48:14
Die Minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokhopa bly "versigtig optimisties" oor die beurtkrag-situasie; 'n Ontleding van die Internasionale Energie Agentskap se jongste steenkool-verslag, en owerhede in Kaapstad vergader oor die brand by Simonstad. Ons het vir jou die jongste hieroor.
Spektrum 20 Desember 2023 20.12.2023 50:08
Honderde brandbestryders veg onverpoosd om 'n brand in- en rondom Simonstad in die Wes-Kaap te blus. Onderhandelinge tussen die mynbestuur en stakende mynwerkers by die Impala Platinum Bafokeng-myn in Rustenburg duur voort. Meer as dertig beeste in die Tosca-distrik in Noordwes is vergiftig, en ons hou die algemene verkiesing in die Demokratiese Republiek van die Kongo dop.
Spektrum 19 Desember 2023 19.12.2023 48:51
Bedrywighede by die Bafokeng Rasimone-myn in Rustenburg steeds opgeskort. Ons neem die protesoptrede by myne in oenskou; die Wêreldgesondheidsorganisasie vra vir strenger regulasies om elektroniese sigarette te beheer, en 'n Veiligheidskenner gee raad oor hoe jy hierdie feesseisoen paraat kan wees teen misdadigers.
Spektrum 18 Desember 2023 18.12.2023 52:13
Oud-president Jacob Zuma sê die uMkhonto weSizwe-party sal die ANC versterk. 'n Kenner deel sy mening oor dié nuwe party. Verkeersvolumes op die land se paaie neem stelselmatig toe met net sewe dae oor voor Kersdag, en ons praat regstreeks met lede van 'n sending in Egipte wat poog om humanitere hulp aan Gaza te verskaf.
Spektrum 15 Desember 2023 15.12.2023 45:23
Goeie nuus wink vir motoriste in Januarie by die brandstofpomp. Eskom verwag dat hy 'n reuseverlies vir die huidige boekjaar gaan aanteken. Veiligheidsmaatreëls op die N4 en die R556 in Noordwes gaan verskerp word, om aanvalle op toerbusse te stop.
Spektrum 14 Desember 2023 14.12.2023 46:27
Die Ama-Panyaza in Guateng is onder die soeklig. Die minister van Openbare ondernemings word gedagvaar, om inligting te gee oor die aanstelling van SAL se ekwiteitsvennoot en daar is uiteindelik 'n COP28-resolusie.
Spektrum 13 Desember 2023 13.12.2023 47:16
Die organisasie teen belasting misbruik plaas swak munisipale begrotings onder die soeklig - en eis streng strawwe. Daar is steeds onbeantwoorde vrae oor hoe 'n verbode gifstof in die omgewing beland het, na 'n brand by United Phosphorus Limited en steun vir 'n skietstilstand in Gaza groei met meer as 30 state na die Verenigde Nasies se jongste stemming oor die oorlog.
Spektrum 12 Desember 2023 12.12.2023 44:20
'n Russiese maatskappy word betrek by 'n multi-miljard rand se projek in Mosselbaai. Afgevaardigdes trek hul neuse op vir die voorgestelde COP-28 verdrag en 'n misdaadsindikaat teiken rylopers en motoriste in die Noord-Kaap.
Spektrum 11 Desember 2023 11.12.2023 44:17
ECONO-sement word herroep. Nog 'n nuwe mededinger in die 2024-verkiesing, en eenheid 2 van die Koeberg-kernkragsentrale word van die kragnetwerk verwyder vir instandhoudingswerk.
Spektrum 8 Desember 2023 08.12.2023 53:55
Hoofregter Raymond Zondo eis die volle onafhanklikheid van die regbank. Korrupsie word by 'n beraad in Pretoria aan apartheid gelykgestel, en Eskom se nuwe baas - wie dit uitendelik ookal mag wees - het 'n moeilike taak op hande.
Spektrum 7 Desember 2023 07.12.2023 51:20
Die weermag ontken die bestaan van 'n moordbende in sy geledere. Hoekom bly die jeug weg van die stembus? - ons praat met 'n kenner, en ons bespreek die VN se beroep op Artikel 99, om op te tree teen die oorlog in Gaza.
Spektrum 6 Desember 2023 06.12.2023 52:50
Byna die helfte van Suid-Afrika se kraanwater is nie mikrobiologies veilig om te drink nie. Die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdaad en Haatspraak word na die president verwys. Kommer oor al hoe meer voorvalle van anti-semitisme en Islamofobie by skole en universiteite in Amerika.
Spektrum 5 Desember 2023 05.12.2023 52:24
Omgewingsaktiviste vra die President om die Nasionale Petroleum Maatskappy wetgewing te onttrek. Huldeblyke stroom in na die dood van die gesoute joernalis, Jermaine Craig. Navorsers het pas twee nuwe spesies Aronskelk lelies ontdek.
Spektrum 4 Desember 2023 04.12.2023 54:35
Kommer oor 'n toename in aanvalle op besoekers in die omgewing van Tafelberg. Die EFF nader die Hooggeregshof om die skorsing van sy parlementslede te betwis. Die regering stel sy plan bekend wat betref die vervaardiging van elektriese voertuie.
Spektrum 1 Desember 2023 01.12.2023 51:26
Die Verkiesingskommissie maak sy verslag oor skenkings aan politieke partye bekend. Burgerlike organisasies gaan gewone landsburgers oplei om oor die integriteit van die verkiesing te waak, en MIV-lyers word aangemoedig om voorskrifte vir chroniese medikasie voor die feesgety te hernu.
Spektrum 30 November 2023 30.11.2023 48:57
33 koeie en 11 kalfies op 'n plaas in Noordwes vergiftig, ons vra vrae oor die bedrywighede van 'n beweerde veediefstal-sindikaat. En, nóg 'n hittegolf is op pad.
Spektrum 29 November 2023 29.11.2023 51:16
Verskeie organisasies hou optogte in solidariteit met mense wat in Palestynse gebiede woon. Die COP 28-klimaatsberaad sal hoofsaaklik op finansies fokus. Die Gautengse regering wil die Beheerliggaam-regulasies vir openbare skole wysig.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.