RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 20 Februarie 2024 20.02.2024 53:09
Dienslewering is hoog op die agenda van Noordwes se provinsiale rede. Kommer oor toenemende geweld in skole. Suid-Afrika lewer betoë by die Internasionale Geregshof oor die regsgevolge van Israel se besetting van die Palestynse gebiede sedert 1967.
Spektrum 19 Februarie 2024 19.02.2024 47:37
OUTA vra die parlement om die Wysigingswetsontwerp op die Algemene Intelligensiewette terug te trek. Die agteruitgang en opheffing van die platteland is in die kollig by 'n konferensie op Bothaville. Die nuwe politieke party, Change Starts Now, stel sy verkiesingsmanifes bekend.
Spektrum 16 Februarie 2024 16.02.2024 49:54
Die Johannesburg- en Tshwane-metro's kan dalk miljoene kwyt wees weens die onderbesteding van hulle begrotings. ie algemene verkiesing raak hoogs mededingend met politieke partye wat hulle op Gauteng en KwaZulu-Natal toespits. Die Landbank bly 'n wanbetaler op sy skuld.
Spektrum 15 Februarie 2024 15.02.2024 50:47
'n Bomaanval op die Suid-Afrikaanse militêre basis in die Kongo eis die lewe van twee soldate. Die parlement ontvang minstens 22 000 insette oor die voorgenome spioenasiewetsontwerp. Rare siektes beteken ook dikwels onbetaalbare behandeling - dis die ervaring van ongelukkige pasiënte.
Spektrum 14 Februarie 2024 14.02.2024 53:03
Gift of the Givers staan inwoners van die Sentraal Karoo by. Die Turkse ambassadeur vertel hoe die massiewe aardbewing 'n jaar gelede, steeds die land benadeel. 'n Oproep dat mense betyds vir kanker toets.
Spektrum 13 Februarie 2024 13.02.2024 52:51
Die Vrystaat moes die afgelope dekade R1,3 miljard rand se onbestede geld aan die nasionale regering terugbetaal. Sowat 2 900 soldate word in die DRK ontplooi. Wêreldradiodag word vandag gevier.
Spektrum 12 Februarie 2024 12.02.2024 52:43
Die DA lê klagtes van korripsie teen die adjunkpresident. Wat veroorsaak die hoër vlakke van beurtkrag? Die Kai! Garib-munisipaliteit word MRK toe gesleep oor 'n gebrek aan skoon drinkwater en sanitasiedienste aan Kakamas en Keimoes.
Spektrum 9 Februarie 2024 09.02.2024 49:58
Die president sinspeel daarop dat die Wetsontwerp op die Nasionale Gesondheidsversekering binnekort onderteken sal word. Opposisiepartye in die parlement is nie beïndruk met die staatsrede nie. Ons praat met 'n kenner oor hoe jy geldsake binne jou verhouding moet hanteer.
Spektrum 8 Februarie 2024 08.02.2024 45:38
Nog geen verdagtes is vasgetrek in verband met die moord op 'n IVP-raadslid en 'n leerling in Kwazulu-Natal nie. Nog 'n hofpoging deur die EFF misluk teen die skorsing van parlementslede. Moenie te veel van vanaand se staatsrede verwag nie, sê die politieke ontleder, Lesiba Teffo.
Spektrum 7 Februarie 2024 07.02.2024 51:05
Kaapstad se burgemeester vra dat die president bendebedrywighede in die metro tydens sy staatsrede bespreek. Opgraderingswerk by Koeberg se eenheid 2 het begin, en sal na verwagting teen September afgehandel wees. Hittegolf-toestande heers oor verskeie dele van die land.
Spektrum 6 Februarie 2024 06.02.2024 47:54
Die Staat sê hy kan nie dokters bekostig nie. Gemengde reaksie op die nuwe minimumloon. 'n Meningsopname voorspel slegte nuus vir die ANC.
Spektrum 5 Februarie 2024 05.02.2024 47:34
Kommer oor nie-regeringsorganisasies wat fokus op geslagsgeweld. Petrol en diesel is Woensdag duurder. Namibië kry dalk 'n vrouepresident.
Spektrum 2 Februarie 2024 02.02.2024 50:04
Stemgeregtigdes kan die naweek registreer om te stem. Werkers van Metrobus in Johannesburg keer terug werk toe ná 'n marathonvergadering tussen bestuur en werkers. Brande in die Wes-Kaap woed steeds voort.
Spektrum 1 Februarie 2024 01.02.2024 46:45
'n Versoek vir die aanstelling van 'n onafhanklike ondersoekeenheid om korrupsie te bekamp. Minder matriekleerlinge in Afrikaanse skole neem Wiskunde en Fisiese Wetenskappe. Kommer oor die min jong stemgeregtigdes wat registreer vir die algemene verkiesing.
Spektrum 31 Januarie 2024 31.01.2024 51:59
Die Internasionale Monetêre Fonds gradeer Suid-Afrika se ekonomiese groeivooruitsigte af, grootliks weens die voortslepende kragkrisis. Die veiling van Nelson Mandela se besittings in New York word ingevolge 'n hofbevel opgeskort. Pas op! Jy beland dalk in ernstige sop weens identiteitsbedrog.
Spektrum 30 Januarie 2024 30.01.2024 49:20
Nieregeringsorganisasies is bekommerd oor die ineenstorting van die regering se inbelsentrum vir gevalle van geslagsmisdaad. Die ondersoeke na die Julie 2021-onluste in Kwa-Zulu Natal en Gauteng is afgehandel - ons kry nog reaksie van ontleders. Suid-Afrika se wynuitvoere neem vir 'n tweede agtereenvolgende jaar af.
Spektrum 29 Januarie 2024 29.01.2024 53:32
Die moordverhoor van die ontslape topspeurder, Charl Kinnear, begin vandag in die Hooggeregshof in Kaapstad. Brandbestryders werk steeds om brande in die Breedevallei- en Witzenberg-gebiede onder beheer te bring. Die ondersoekverslae oor die onluste in Julie-2021 in Kwazulu-Natal en Gauteng word bekendgestel. Die kredietgraderingsagentskap, Moodies, se verslag oor dopmaatskappye laat die rooi ligt...
Spektrum 26 Januarie 2024 26.01.2024 49:39
Gautengse hospitale koop kos ten duurste van Limpopo af aan. 'n Vrystaatse stadion van R261-miljoen s 'n wit olifant. Watter impak het diesel, wat met paraffien gemeng is, op jou voertuig?
Spektrum 25 Januarie 2024 25.01.2024 47:24
Afriforum vra vir ingryping van die regering om waterslaai uit die Vaalrivier te verwyder. Die pluimveebedryf wag nog vir goedkeuring van entstof teen die H7-voëlgriep. Suid-Afrika se gemengde gevegkuns-wêreldkampioen, Dricus Du Plessis, is terug in die land.
Spektrum 24 Januarie 2024 24.01.2024 49:11
Die Caledonian-sokkerstadion in Pretoria se multimiljoen-rand opgraderingsprojek sloer. Die gemeenskap en politieke partye soek antwoorde. Ons vind uit hoe die Vrystaatse-dorp, Clarens, dit regkry om beurtkrag vry te spring. Meer as 160 gerehabiliteerde aasvoëls kry 'n nuwe tuiste by die Shamwari-reservaat in die Oos-Kaap. Swede is nog 'n stap nader aan NAVO-lidmaadskap.
Spektrum 23 Januarie 2024 23.01.2024 50:53
Die Onafhanklike Verkiesingskomissie sê planne vir die komende registrasienaweek is goed op dreef. Die ANC in die Wes-Kaap vra vir 'n ondersoek na die voorgestelde Wetsontwerp op Provinsiale Magte. Tientalle vulstasies verdun glo hulle dieselvoorraad met paraffien.
Spektrum 22 Januarie 2024 22.01.2024 49:43
Die regering beloof om binne drie jaar volhoubare waterdienste aan Suid-Afrikaners te lewer. Groot ontsteltenis oor die verkoop van Madiba se persoonlike besittings. Die kommissie van ondersoek na die dodelike Marshalltown-brand in Johannesburg verlede jaar, hervat vandag.
Spektrum 19 Januarie 2024 19.01.2024 48:24
Die matriek-klas van 2023 behaal die hoogste slaagsyfer sedert die begin van demokrasie. Suid-Afrikaanse regslui sleep Amerika en die VK hof toe vir hulle aandeel in beweerde oorlogsmisdade in Gaza. En sekere dele van KZN word 'n skuilplek vir geharde misdadigers, sê die minister van polisie
Spektrum 18 Januarie 2024 18.01.2024 52:07
Die 2023 matrikulante wat die Onafhanklike Eksamenraad se eksamen afgelê het behaal 'n slaagsyfer van net onder 99-persent, ons hoor van van die uitblinkers Regslui is bekommerd oor die Regspraktykraad se besluit dat toelatingseksamens voortaan slegs in Engels afgelê sal word en die Johannesburgse Erfenisstigting soek antwoorde oor die metro se besluit om die Sentrale Biblioteek te sluit.
Spektrum 17 Januarie 2024 17.01.2024 52:24
Die 2024 skooljaar het vir duisende leerlinge aangebreek. Intussen moedig die Minister van Basiese Onderwys leerlinge aan om by kolleges te studeer. Afriforum spreek opnuut sy kommer uit oor sekere aspekte van die waterwysigingswetsontwerp en 'n treinongeluk in Richardsbaai weens die nalatigheid van skofwerkers, kan spoorvervoer vir maande ontwrig.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.