RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 26 Maart 2024 26.03.2024 48:54
Die Nasionale Vergadering gaan 'n mosie van wantroue in die speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, debatteer. Die Hooggeregshof beslis dat die MK-party se registrasie vir die algemene verkiesing wettig is. Die President van Suid-Soedan, Salva Kiir, eis dat die konflik in die Demokratiese Republiek van die Kongo dringend beëindig moet word.
Spektrum 25 Maart 2024 25.03.2024 44:40
Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, nader die hof in 'n poging om 'n stokkie voor haar inhegtenisneming te steek. 'n 22-jarige verdagte verskyn in die Sekhukhune-landdroshof in Limpopo in verband met beweerde matriekeksamen-bedrog. Die Departement van Basiese Onderwys wysig van die klousules in die voorgestelde Wetsontwerp op Basiese Onderwys.
Spektrum 22 Maart 2024 22.03.2024 48:02
Die Speaker van die Nasionale Vergadering bring 'n dringende hofaansoek om haar inhegtenisneming te verhoed. Nog reaksie op die dood van Markus Jooste. Klein voertuigwerkswinkels word verbied om polisievoertuie te herstel.
Spektrum 21 Maart 2024 21.03.2024 44:00
President Cyril Ramaphosa spreek die land toe as deel van Menseregtedag-vieringe in Johannnesburg. Die Gautengse Departement van Gesondheid bevestig dat elf gesondheidsfasiliteite se telefone nie werk nie. Meer as 30 Russiese missiele is om Kijif afgeskiet.
Spektrum 20 Maart 2024 20.03.2024 44:30
Die Kommunikasie-werkersvakbond verwerp die SAUK se loonverhogingsaanbod. Die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders is bekommerd oor 'n toename in gevalle van lyfstraf en seksuele wangedrag in van die land se skole. Antony Blinken vergader met Arabiese leiers oor Gasa.
Spektrum 19 Maart 2024 19.03.2024 50:25
Die ANC en die Umkhonto We Sizwe-party draai tans in die hof. Waar is Joslin Smith? Ons praat met die polisie oor die kind se verdwyning, vandag presies ‘n maand gelede. Daar blyk geen einde te wees aan Johannesburg se waterprobleme nie.
Spektrum 18 Maart 2024 18.03.2024 51:26
Menseregte kom onder die soeklig tydens 'n spesiale konferensie in Boksburg. 'n Vierde verdagte verskyn in die hof in verband met die verdwyning van die sesjarige Joslinn Smith, Gerda Steyn laat wéér 'n Frith van der Merwe-rekord spat.
Spektrum 15 Maart 2024 15.03.2024 48:23
Nóg 'n hittegolf op pad. Gebreekte seekabels veroorsaak internetprobleme. Vandag is Wêreld Slaapdag.
Spektrum 14 Maart 2024 14.03.2024 51:17
Dit gons steeds oor die besluit om die Takatso/SAL-transaksie te kanselleer. Die regering maak nuwe planne bekend om die land se sukkelende munisipaliteite te help. TikTok se uurglas loop waarskynlik leeg in die VSA.
Spektrum 13 Maart 2024 13.03.2024 49:44
Die polisie het skokgranate en traangas gebruik om 'n groot skare by die Joslin Smith-mensehandelhofsaak in Vredenburg in die Wes-Kaap te beheer. Ontstoke inwoners van Westbury in Johannesburg eis antwoorde kort ná die wrede moord op 'n plaaslike sake-eienaar, Ashwin McCabe. KwaZulu-Natal maak gereed vir moontlike oorstromings wanneer die tropiese storm, Filipo, die provinsie tref.
Spektrum 12 Maart 2024 12.03.2024 48:51
'n Mosie om die Ekurhuleni-burgemeester aan die Oosrand, Sivuyile Ngodwana, te onttroon, word weer aangehoor. Talle VIGS-lyers in Mosambiek word siek nadat die regering hulle medikasie verander. Graan SA sê Suid-Afrika se graanoes kan moontlik vanjaar kleiner wees weens 'n tekort aan opvolgreën én die voortdurende hittegolftoestande.
Spektrum 11 Maart 2024 11.03.2024 53:13
Groot dele van Johannesburg gaan 'n tweede week binne met min of geen water. Die Brenthurst-stigting se jongste meningspeiling onder kiesers wys groot skommelings in steun vir politieke partye. Ontvoerings het die afgelope 10 jaar met 183% toegeneem.
Spektrum 08 Maart 2024 08.03.2024 48:02
Onwettige grondbesetters in Lourierpark in Bloemfontein word van die grond af verwyder. Tshwane en Afriforum sluit 'n samewerkingsooreenkoms. Ons praat oor 'n projek om olifante weer in die Knysna-woud te hervestig.
Spektrum 7 Maart 2024 07.03.2024 49:41
Vier verdagtes verskyn vlugtig in die hof in verband met die verdwyning van Joshlin Smith. Die ooreenkoms oor die verkoop van die Suid-Afrikaanse Lugdiens sal weer onderhandel moet word. Glifosaat gaan nie meer gebruik word om van waterslaai in die Vaalrivier ontslae te raak nie.
Spektrum 6 Maart 2024 06.03.2024 49:31
Verwikkelinge in die Joslin Smith-sage. Die Menseregtekommissie eis dat skole se uniforumbeleid hersien word. Meer as 30 fietsryers trap van Oos-Londen na Kaapstad vir siek kinders in die Oos-Kaap.
Spektrum 5 Maart 2024 05.03.2024 51:03
Die spanning loop hoog by Lourierpark in Bloemfontein - ons praat met 'n grondwetkenner. 'n Onteiende Zimbabwiese boer stap na Windhoek om te protesteer teen 'n tribunaal wat op niks uitgeloop het nie. 'n Akteur sê meer flieks soos DEATH OF A WHISTLEBLOWER moet gemaak word.
Spektrum 4 Maart 2024 04.03.2024 49:15
Kommer oor grootskaalse grondbesetting in die suidweste van Bloemfontein. Vetsug lei tot verskeie siektes - ons praat met 'n kenner. Hewige donderbuie en hael vir die Wes- en Oos-Kaap voorspel.
Spektrum 1 Maart 2024 01.03.2024 49:49
Die polisie skaal die soektog na die vermiste sesjarige Joslin Smith af. Die motief vir die moord op die kletsrymer, Kiernan AKA Forbes, bly ’n raaisel. Die dood van 100 Palestyne tydens die verskaffing van hulpvoorraad in Gaza, ry vredesgesprekke dalk in die wiele.
Spektrum 29 Februarie 2024 29.02.2024 47:02
Die soektog na die sesjarige Joslinn Smith verskerp. Ons kry die jongste nuus oor die brande in die Baai. Frankryk sê hy is bereid om soldate na Oekraïne te stuur.
Spektrum 28 Februarie 2024 28.02.2024 48:02
Die president benoem adjunkhoofregter Mandisa Maya as die volgende hoofregter. Munisipale bestuurders kan dalk persoonlik verantwoordbaar gehou word vir swak watervoorsiening, indien nuwe wetgewing deurgevoer word. Die Lions verwag 'n verwoede aanslag van die Sharks in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd Saterdag in Johannesburg.
Spektrum 27 Februarie 2024 27.02.2024 52:19
Die Vryemarkstigting sê die misdaadkrisis moet hoog op die agenda van politieke partye se verkiesingsveldtogte wees. Motoriste kan steeds 'n verhoging in die brandstofprys verwag. Burgerregtegroepe hou 'n beraad oor die Bela-wetgewing.
Spektrum 26 Februarie 2024 26.02.2024 53:00
Die Swart Prokureursvereniging sê daar is steeds ongelykhede in die regsprofessie. Werklose gesondheidswerkers hou 'n optog na die Uniegebou. Die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika sê die voorgestelde wysigings aan die Wet op Outeursreg sal meer skade doen as goed.
Spektrum 23 Februarie 2024 23.02.2024 46:19
Die DA gaan die ANC van minagting van die hof aankla oor die kaderontplooiingsdokumente. Die uitgebreide polisiesoektog na die sewejarige Joslin Smith van Saldanhabaai, wat Maandag as vermis aangemeld is, duur steeds voort. Israel stuur 'n afvaardiging na Parys, Frankryk, vir onderhandelinge oor 'n moontlike skietstaking met Hamas.
Spektrum 22 Februarie 2024 22.02.2024 51:13
Die minister van finansies, Enoch Godongwana, moes 'n moeilike begroting laat klop, maar nie almal is tevrede nie. Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, lewer sy provinsiale-rede in 'n provinsie wat gebuk gaan onder ongelykheid, armoede en die verval van infrastruktuur. Daar is nog tyd om te registreer om te stem vóór die president die verkiesingsdatum na verwagting môre sal proklameer.
Spektrum 21 Februarie 2024 21.02.2024 51:51
Die DA se hofaansoek om kaderontplooiing ongrondwetlik te verklaar, is van die hand gewys. Die Wêreldgesondheidsorganisasie is bekommerd oor 'n ongekende toename in gevalle van masels. Die Nasionale Vergadering sal vanmiddag oor die geskorste Wes-Kaapse regterpresident John Hlophe se toekoms besluit.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.