RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 1 Mei 2024 01.05.2024

Die werkloosheidsyfer en gegradueerdes se vaardighede is in die kollig op Werkersdag. 'n Projek tussen die staat en privaatsektor om die agterstand in heup- of knievervangings te verklein. Die toerismebedryf herstel tot die vlak waar dit was vóór die Covid-pandemie.

Spektrum 30 April 2024 30.04.2024

Die brand in die Porterville-gebied in die Wes-Kaap woed voort. Kenners meen die implementering van gebaretaal as landstaal, sal tydens die algemene verkiesing getoets word. Organisasies vra die Gautengse Gesondheidsdepartement om geld te bestee, wat begroot is vir kankerbehandeling.

Spektrum 29 April 2024 29.04.2024

Die egtheid van handtekeninge wat onverteenwoordigde politieke partye by die OVK ingedien het, is in die kollig. Mediaorganisasies soek klarigheid oor die Staatsveiligheidsagentskap, wat glo weer 'n sekerheidsklaring wil doen op die SAUK se nuushoof, Moshoeshoe Monare. Ons fokus op die rol van die Afrikanerminderheid by die Konvensie vir 'n Demokratiese Suid-Afrika.

Spektrum 26 April 2024 26.04.2024

Die DA het groot planne om werk te skep. Nóg 'n munisipaliteit in Mpumalanga word skuldig bevind aan die oortreding van die Wet op Omgewingsbestuur. Eskom het bykans R65 miljard oor die afgelope vyf jaar aan diesel bestee om die ligte aan te hou. Die Magalies Waterraad stel sy plan bekend om watervoorsiening in Rustenburg te verbeter. Ons fokus op die veranderinge in die landbousektor oor die afge...

Spektrum 25 April 2024 25.04.2024

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê meer politieke druk moet toegepas word vir die uitlewering van die Gupta-broers. Die departement van hoër onderwys waarsku ongeakkrediteerde tersiêre instellings teen die uitreik van eredoktorsgrade. Die Wêreld Handelsorganisasie het nog nie Suid-Afrika se dispuut oor die streng swartvlekregulasies vir sitrusvrugte aangehoor nie. Ons vind uit waar dié proses staan...

Spektrum 24 April 2024 24.04.2024

In die vyfde van 'n reeks verkiesingsdebatte, fokus ons op Gauteng. Vyf van die provinsie se grootste partye neem deel: die ANC, die EFF, Action SA, die DA, en die Vryheidsfront Plus.

Spektrum 23 April 2023 23.04.2024

Daar is meer as 2 000 onopgeëisde lyke in die staat se lykshuise. Strafregtelike klagte is teen die burgemeester van die Matjhabeng-munisipaliteit, Thanduxolo Khalipha, aanhangig gemaak. 'n Suid-Afrikaner vertel van haar ervaring op 'n vliegtuig op pad Tel Aviv toe, terwyl Israel se weermag missiele moes afweer. Ons fokus op die rol van die media ná 30 jaar van demokrasie.

Spektrum 22 April 2024 22.04.2024

Die ANC verloor sy handelsmerksaak teen die uMkhonto we Sizwe-party. Miljarde rand word benodig om vakante poste vir dokters te vul. Suid-Afrika sak vyf plekke terug op die Wêreldenergie Trilemma-verslag. 'n Vergadering word gehou om planne te beraam om die droogte in Afrika te mitigeer. Ons fokus op die stand van basiese onderwys ná 30 jaar van demokrasie.

Spektrum 19 April 2024 19.04.2024

'n Gebrek aan hulpbronne word vir die skietdood van 'n polisiebeampte op die Kaapse vlakte blameer. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens waarsku nie-regeringorganisasies om nie deur terreurgroepe misbruik te word nie. Brittanje hernu sy terreurwaarskuwing aan toeriste oor Suid-Afrika.

Spektrum 18 April 2024 18.04.2024

Gesprekke aan die gang om die werksverliese by die Poskantoor te beperk. Kubaanse dokters wat in Suid-Afrika werk, is weer onder die vergrootglas. Reaksie op die groot aantal sake van geslagsgebaseerde geweld wat van die hofrol verwyder is.

Spektrum 17 April 2024 17.04.2024

Suzanne Paxton lei Spektrum se verkiesingsdebat in Mangaung in die Vrystaat. Die deelnemers is Logan Kruger van die ANC, Roy Jankiehlsohn van die DA, Heloise Denner van die Vryheidsfront Plus en Thomas Macingwane van die EFF.

Spektrum 16 April 2024 16.04.2024

Kommer oor 'n moontlike kernaanval deur Israel op Iran se kernfasiliteite. 'n Ekonoom verduidelik watter impak die spanning in die Midde Ooste op Suid-Afrika se ekonomie het. Die voormalige Openbare Beskermer in die hof oor die R10 miljoen wat sy nie kry nie weens wangedrag en onbevoegdheid.

Spektrum 15 April 2024 15.04.2024

Nóg 'n skerp styging in die brandstofprys voorspel. Die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, verdedig sy besluit om die NSFAS se raad te ontbind. G7-lidlande veroordeel Iran se aanval op Israel. Die parlement stel voor dat leefstyloudits op parlementariërs gedoen moet word.

Spektrum 12 April 2024 12.04.2024

Nog is het einde niet van die stryd tussen Jacob Zuma en die OVK oor sy kandidatuur. Noorweë moedig Suid-Afrika aan om 'n bemiddelingsrol in die konflikte in die Midde-Ooste en Oekraïne te speel. Twee van die wêreld se mees ikoniese luukse vaartuie kom in Tafelbaai aan.

Spektrum 11 April 2024 11.04.2024

Suid-Afrikaanse kiesers in die buiteland sal ook by erekonsulate kan stem. Die regering sê inwoners van Hammanskraal behoort teen September skoon water in hulle krane te hê. Vrystaatse boere is raadop oor die diefstal van mielies van hulle landerye af.

Spektrum 10 April 2024 10.04.2024

Suzanne Paxton lei Spektrum se Noordwes-verkiesingsdebat op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Die deelnemers is Nathan Oliphant van die ANC, CJ Steyl van die DA, en dr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus.

Spektrum 9 April 2024 09.04.2024

Jacob Zuma weer in die hof oor sy privaatvervolgingsaak. Die jongste nuus oor die gure weer in groot dele van die land. 'n Suid-Afrikaanse Judo-span palm verskeie medaljes in by 'n kampioenskap in Malta.

Spektrum 8 April 2024 08.04.2024

Swaar reën en koue teister groot dele van die land. Die Hugenote-tonnel vir alle verkeer oopgestel. Die MK-party pak die OVK oor Jacob Zuma se diskwalifikasie.

Spektrum 5 April 2024 05.04.2024

Die SAUK se bestuurshoof verduidelik die openbare uitsaaier se benarde finansiële posisie. Vuilbeksiekte breek uit onder duisende skape wat van Oos-Londen af na die Midde-Ooste verskeep gaan word. Koue en nat weer op pad na groot dele van die land.

Spektrum 4 April 2024 04.04.2024

In die tweede aflewering van ‘n reeks verkiesingsdebatte, val die kollig op die Wes-Kaap. Ons gaste is van die ses groot partye, na aanleiding van hoe meer as 2 miljoen Suid-Afrikaners in die 2019 algemene verkiesing gestem het.

Spektrum 3 April 2024 03.04.2024

Die Veelpartyhandves maak sy plan bekend om basiese dienslewering in die land te verbeter. Die Umkhonto weSizwe-party appelleer teen die Verkiesingskomissie se besluit dat Jacob Zuma nie op dié party se kanidatelys mag verskyn nie. Navorsing deur Statistieke Suid-Afrika wys beduidende veranderinge in die tersiêre kwalifikasies wat Suid-Afrikaners verwerf.

Spektrum 2 April 2024 02.04.2024

Die Hooggeregshof het 'n dringende aansoek van Nosiviwe Mapisa-Nqakula om haar in hegtenisneming te verhoed, van die rol geskrap. Burgerlike organisasies betoog teen die Bela-wetsontwerp in George in die Wes-Kaap. Israel het wetgewing aanvaar wat uitsendings van die nuusagentskap Al Jazeera verbied.

Spektrum 1 April 2024 01.04.2024

Die African Farmers’ Association of South Africa vra dat die droogte in die Vrystaat tot 'n ramp verklaar word. Verkeersowerhede landwyd ontplooi vir Paasverkeer. In Turkye ly president Erdogan se AK-party 'n groot nederlaag in die plaaslike verkiesings.

Spektrum 28 Maart 2024 28.03.2024

Verskeie organisasies en opposisiepartye beoog regsaksie teen die onteieningswetsontwerp. Laerskool Vergenoegd in Delft is sedert Februarie sonder elektrisiteit, omdat sy beurskantoor versuim het om Eskom te betaal. Oos-Kaapse oeste lyk treurig weens langdurige droogte.

Spektrum 27 Maart 2024 27.03.2024

Die Belfast- Emakhazeni-verkiesingsdebat is die eerste van 'n reeks gesprekke wat van nou af tot en met die laaste debat in Pretoria op 24 April weekliks by verskeie plekke landwyd sal plaasvind. Die Nkangala-distriksmunisipaliteit is die oorhoofse baas en het beheer oor dorpe soos Machadodorp, nou bekend as Entokozweni, en Dullstroom. Die streek is bekend vir sy forelvisvangdamme en pragtige natu...

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.