RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 5 Junie 2024 05.06.2024 51:44
'n Kabinetsminister verskyn in die hof op klagtes van korrupsie. Verskeie paaie in die Klein-Karoo is weens oorstromings en rotsstortings gesluit. Op Wêreld Omgewingsdag vra die regering dat Suid-Afrikaners na hulle land kyk om droogte en verwoesting te help verminder.
Spektrum 4 Junie 2024 04.06.2024 52:04
Die hofsaak teen die voormalige Speaker van die Nasionale Vergadering word uitgestel. Nog sterftes weens oorstromings in die Oos-Kaap. Inwoners van Phoenix in KwaZulu-Natal word gevra om nie stemnotas wat geweld aanhits, te versprei nie.
Spektrum 3 Junie 2024 03.06.2024 45:40
'n Nedersetting by Kariega in die Oos-Kaap word ontruim uit vrees dat 'n damwal kan meegee. Navorsing deur die RGN wys dat kiesers wel 'n vorm van intimidasie ervaar het op stemdag. Verdere druk op Johannesburg se kragnetwerk kan lei tot onderbrekings. Een Suid-Afrikaanse soldaat is dood en verskeie beseer in 'n lokval deur M23-rebelle in die Demokratiese Republiek die Kongo.
Spektrum 31 Mei 2024 31.05.2024 49:35
Die ANC trek laer namate dit duidelik word dat 'n koalisieregering 'n realiteit is. Die OVK vra verskoning vir tegniese probleme met die verkiesingsuitslae. Ons praat oor die vertoning van die Rand te midde van onsekerheid oor die toekoms van ANC president Cyril Ramaphosa.
Spektrum 30 Mei 2024 30.05.2024 51:40
Die MK-party en die PA verras by die stembus. Ons praat regdeur die program met politieke wetenskaplikes en die OVK oor die jongste verkiesingsuitslae.
Spektrum 29 Mei 2024 29.05.2024 51:44
Ons vind uit hoe die stemproses in verskeie provinsies verloop. Gevangenes bring ook hulle stem uit. Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing vra Suid-Afrikaners om aan sy peiling oor kiesers se tevredenheid met die verkiesing deel te neem. Eskom ontken dat beurtkrag ná stemdag toegepas sal word.
Spektrum 28 Mei 2024 28.05.2024 49:22
Solidariteit nader die hof om die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering ongrondwetlik te verklaar. NSFAS wil die uitbetaling van toelaes weer self hanteer. Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad belê 'n noodvergadering om Israel se lugaanval op Rafah te bespreek.
Spektrum 27 Mei 2024 27.05.2024 46:11
Kiesers bring spesiale stemme uit, ondanks vertragings. Nie-regeringsorganisasies vra politici om by die gedragskode vir die verkiesing te hou. Goeie nuus wink vir motoriste by die brandstofpomp. Die Gupta-broers word in Indië aangekeer vir hulle beweerde betrokkenheid by 'n boukontrakteur se selfdood. Meer sitrus sal na verwagting vanjaar uitgevoer word.
Spektrum 24 Mei 2024 24.05.2024 48:58
Ons saai uit vanaf die Verkiesingskommissie se uitslagsentrum in Midrand, waar die verkiesingskoors behoorlik aan die oploop is. Ons probeer meer duidelikheid kry oor wat 'n ingewikkelde stemproses met sy drie stembriewe en 52 partye is. 'n Ingenieursondersoek oor die toestand van Parys se watersuiweringsaanleg wys dat onbehandelde rivierwater direk in die dorp se waternetwerk gepomp word.
Spektrum 23 Mei 2024 23.05.2024 50:39
'n Verslag wys dat die krimpende begroting van die weermag dit bykans onmoontlik maak om nasionale veiligheid te verseker. Wetgewing om koalisieregerings op munisipale vlak te reguleer, is in die Staatskoerant gepubliseer. Kommer oor politieke onverdraagsaamheid in aanloop tot stemdag. Stemnota met fopnuus oor nuwe "dodelike" variant van Covid-19 saai paniek op sosiale media.
Spektrum 22 Mei 2024 22.05.2024 54:05
Dis presies 'n week tot verkiesingsdag. Ons fokus op politieke partye wat vir die eerste keer aan die verkiesings gaan deelneem. Die paneellede is Neil de Beer van die United Independent Movement, Maria du Toit van BOSA en Cilna Steyn van Rise Mzansi.
Spektrum 21 Mei 2024 21.05.2024 51:59
Al hoe meer motoriste vertel hoe hulle voertuie beskadig en hulle beroof is nadat hulle oor spykers op die N4 gery het. Die Internasionale Strafhof versoek lasbriewe vir die inhegtenisneming van Hamas én Israel se leiers - maar wie gaan dit uitvoer? 'n Gedenkdiens vir die slagoffers van die gebouramp in George gehou.
Spektrum 20 Mei 2024 20.05.2024 52:49
Die konstitusionele hof beslis dat oudpresident Jacob Zuma nié aan die verkiesing mag deelneem nie. Ontleders sê die dood van Iran se president, Ebraihim Raisi, in 'n helikopterongeluk skep 'n magsvakuum in die land. Die Wes-Kaapse regering beëindig die soektog na oorlewendes in die gebouramp in George - wat volg nou?
Spektrum 17 Mei 2024 17.05.2024 49:33
Ons fokus by Nampo op 30 jaar van demokrasie in die landboubedryf. Die werk van die sesde administrasie van die parlement kom tot 'n einde. 'n Koalisieregering word in Nederland gevorm.
Spektrum 16 Mei 2024 16.05.2024 57:06
Spektrum se regstreekse verkiesingsdebat in die Nasie in Gesprek-saal by Nampo handel oor landbou en die politiek. Suzanne Paxton se gaste is die provinsiale leier van die DA in die Vrystaat en ’n boer, Roy Jankhielson, die leier van die VF+, dr. Pieter Groenewald en Whandile Hlobo, die hoofekonoom van Agbiz.
Spektrum 15 Mei 2024 15.05.2024 51:17
Ekonome krap kop oor presies waar die geld vir die Nasionale Gesondheidsversekeringskema vandaan sal kom. President Cyril Ramaphosa sal die Nasionale Gesondheidsversekeringswetsonwerp twee uur vanmiddag onderteken. Suid-Afrikaners in die buiteland is gereed om dié naweek hulle spesiale stemme uit te bring.
Spektrum 14 Mei 2024 14.05.2024 53:41
Griep trek talle mense plat en maak die hospitale vol. President Cyril Ramaphosa sit reg, pen in die hand, om die Nasionale Gesondheidsversekingswetontwerp te onderteken. Die vervolging van twee beskuldigdes vir die moord op die Cosas Vier anti-apartheidsaktiviste in 1982 begin in die Johannesburgse Hooggeregshof.
Spektrum 13 Mei 2024 13.05.2024 51:29
Die bevestige dodetal in die gebouramp in George styg terwyl forensiese ontleders die puin begin fynkam. Mense sien die gebrek aan beurtkrag as ’n verkiesingsfoefie. 'n Baie rare skouspel in die hemelruim was die naweek in die Kaap en selfs die Vrystaat te sien.
Spektrum 10 Mei 2024 10.05.2024 51:50
Die Konstitusionele Hof wys 'n aansoek van die hand deur drie politieke partye oor hulle deelname aan die algemene verkiesing. Dié hof hoor intussen betoë aan oor Jacob Zuma se insluiting op uMkhonto weSizwe se kandidatelys. 44 Mense word steeds vermis in die George-gebouramp.
Spektrum 9 Mei 2024 09.05.2024 53:45
Daar is nog hoop dat oorlewendes uit die puin van 'n gebou in George in die Wes-Kaap gehaal kan word. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, meen die Gasa-oorlog en politieke partye se standpunte daaroor kan moontlik 'n impak hê op hoe kiesers sal stem. 'n Betoging word beplan oor die Johannesburgse biblioteek se versuim om sy deure te open.
Spektrum 8 Mei 2024 08.05.2024 49:58
39 Mense nog vermis in die George gebou-ramp. Die verkiesing kan moontlik uitgestel word indien die Konstitusionele Hof in drie partye se guns beslis. 'n Veldtog om Afrikaans se honderdjarige bestaan te vier, begin vandag.
Spektrum 7 Mei 2024 07.05.2024 51:38
Soek- en reddingsoperasies duur voort by 'n gebou onder konstruksie in George, wat gister ineengestort het. Kritiek teen die DA oor sy verkiesingsadvertensie, waarin die landsvlag verbrand word. Eskom dagvaar City Power oor agterstallige skuld.
Spektrum 6 Mei 2024 06.05.2024 51:13
Meer as 320 000 eise is nog nie deur die Padongelukfonds verwerk nie. Solidariteit en Afriforum dreig om hulle noodplan vir dorpe op te skort indien die regering nie die BELA-wetgewing skrap nie. Shell oorweeg dit om uit Suid-Afrika te onttrek.
Spektrum 3 Mei 2024 03.05.2024 49:52
Hoe groot is die kans dat oud-ANC-president, Jacob Zuma, Dinsdag voor die party se tugkomitee sal verskyn? 'n Burgerlike organisasie wil die OVK hof toe sleep oor sy vergadering met die Amerikaanse ambassadeur. Kiesers kan nog net vandag vir 'n spesiale stem registreer. Op Wêreld Persvryheidsdag vra ons of daar voldoende beskerming is vir joernaliste tydens uitgerekte konfliksituasies.
Spektrum 2 Mei 2024 02.05.2024 50:03
'n Ondersoek begin na gister se brand by die M1-snelweg. Die padongelukkefonds stel 'n hulpsentrum bekend om met die verwerking van agterstallige eise te help. Ons praat met advokaat Lennit Max oor sy besluit om die Vryheidsfront Plus te verlaat.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.