RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 10 Julie 2024 10.07.2024 49:53
Eskom sny duisende mense se krag af, midde van die koue, om infrastruktuur te beskerm. ’n Oranje Vlak 8-waarskuwing is uitgereik vir sterk wind en oorstromings in dele van die Wes-Kaap. Die gebruik van ysterpen-lokvalle versprei nou na ander provinsies. Kommer oor die eskalerende konflik in die Demokratiese Republiek die Kongo.
Spektrum 9 Julie 2024 09.07.2024 50:55
Swartryp en veldbrande rig groot skade aan aan oeste in Limpopo. Skole in die Wes-Kaap heropen te midde van swaar reën. Die Nasionale Vergadering kies nuwe huis- en portefeuljekomiteevoorsitters.
Spektrum 8 Julie 2024 08.07.2024 50:19
Die Minister van Elektrisiteit en Energie sê die beëindiging van beurtkrag bly 'n prioriteit. Swaar reën sak uit in die Wes-Kaap, terwyl Suid-Afrikaners in die binneland bibber van die koue. 'n Versoek aan die nuwe Minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, om dié departement reg te ruk.
Spektrum 5 Julie 2024 05.07.2024 49:24
Hoe sal Suid-Afrika se nuwe regering van nasionale eenheid werk? Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, lig die sluier so 'n bietjie. Sommige waarnemers meen egter dat die ANC in die praktyk weer die uitvoerende gesag sal domineer. Afriforum se vervolgingseenheid tree namens 'n slagoffer op wat met 'n lepel verkrag is. Rugbykoors neem toe in aanloop tot môre se wedtsryd teen Ierlan...
Spektrum 4 Julie 2024 04.07.2024 49:54
Reaksie op die premier van Gauteng se provinsiale kabinet. Inwoners van gekaapte geboue in Johannesburg pleit by die regering om hulle lewensomstandighede te verbeter. Die nuwe Minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê daar is 'n paar kwessies waaraan hy nou dringend sal aandag gee. Orkaan Beryl saai verwoesting in die Karibiese Eilande.
Spektrum 3 Julie 2024 03.07.2024 48:00
Die land se nuwe ministers en hulle adjunkte word by die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum in hulle ampte beëdig. Daar is steeds geen ooreenkoms tussen die DA en die ANC in Gauteng nie - ons vra wat die implikasies van dié dooiepunt is. Skerp kritiek teen die benoeming van die MK-hoofsweep, dr. John Hlope, as lid van die regterlike dienskommissie. 'n Byna totale ineenstorting van siviele...
Spektrum 2 Julie 2023 02.07.2024 51:59
Kenners praat oor die take wat voorlê vir die nuutaangestelde minister van polisie, Senzo Mchunu. Die Basiese Onderwys-portefeulje word ook onder die loep geneem. Ons vra wat minister Siviwe Gwarube se grootste uitdagings is, in haar nuwe ministersposisie. Die land se kragnetwerk kry 'n addisionele 800 megawatt by ná die aanskakeling van eenheid vyf by die Kusile-steenkoolkragstasie. Verdere verli...
Spektrum 1 Julie 2024 01.07.2024 52:03
Nóg reaksie op die samestelling van die nuwe kabinet. Landbou-organisasies sê wat hulle van die minister van landbou, John Steenhuisen, verwag. Ons pols die minister korrektiewe dienste, dr. Pieter Groenewald, oor sy planne.
Spektrum 28 Junie 2024 28.06.2024 47:45
Ondanks die president se versoek om diskresie, speel die RNE se onderhandelinge af in die openbare oog. Die náskokke van die nuus dat Media24 sy gedrukte publikasies gaan staak, tref steeds. Die toerismesektor in Mpumalanga is op die herstelpad nadat die Covid-pandemie harde houe toegedien het.
Spektrum 27 Junie 2024 27.06.2024 51:38
Afwagting bou op vir die aankondiging van die nuwe kabinet ná 'n deurbraak in onderhandelinge tussen partye van die RNE. Ons neem grensbestuur en -beveiliging in Mbombela onder die loep. Nog twee Suid-Afrikaanse soldate sterf in die Demokratiese Republiek die Kongo.
Spektrum 26 Junie 2024 26.06.2024 49:41
Gesprekke tussen partye van die RNE duur voort, in afwagting op 'n nuwe kabinet. Motoriste se padgedrag onder die vergrootglas. Grensowerhede is nou strenger om moontlike draers van A-pokke te identifiseer. Geslagsgebaseerde geweld is aan die toeneem in Bloemfontein. Indiensneming het in die eerste kwaartaal van die jaar afgeneem.
Spektrum 25 Junie 2024 25.06.2024 54:27
Afwagting bou op te midde van stram onderhandelinge oor die samestelling van president Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet. Ons neem padveiligheid en motoriste se padgedrag onder die loep. Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging gaan voort met sy veldtog teen die kriminalisering van medici wat mediese foute begaan.
Spektrum 24 Junie 2024 24.06.2024 47:38
'n Aankondiging oor wie die land se nuwe ministers sal wees, word binne enkele dae verwag. Die debat oor Amerikaanse veghonde vlam weer op. Langafstand-swemmer Howard Warrington van Kaapstad stel 'n nuwe wêreldrekord op.
Spektrum 21 Junie 2024 21.06.2024 48:40
Die burgerlike samelewing deel wenslyse oor wie by president Cyril Ramaphosa se kabinet ingesluit moet word, maar onderhandelinge dui reeds op krake binne dié voorgestelde Regering van Nasionale Eenheid. Intussen stel die MK-party, dr. John Hlope, as sy hoofsweep in die parlement aan. Die VF Plus dien 'n mosie in om die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap te desentraliseer.
Spektrum 20 Junie 2024 20.06.2024 47:37
Humanitêre- en burgerlike groepe reageer op die samestelling van die Regering van Nasionale Eenheid. Uiteenlopende reaksie op die aankondiging van KwaZulu-Natal se nuwe uitvoerende raad. Die polisie in Gauteng ondersoek beeldmateriaal van 'n groep mense wat by 'n pakhuis van die Verkiesingskommissie probeer inbreek het. Die Verenigde Nasies bevind dat sowel Palestynse magte as Israel se owerhede s...
Spektrum 19 Junie 2024 19.06.2024 51:17
Spektrum gee breedvoerige dekking van die beëdiging van Cyril Ramaphosa as die president van Suid-Afrika.
Spektrum 18 Junie 2024 18.06.2024 48:08
Politieke skuiwe in metro's en munisipaliteite, soos die nuwe regering vorm aanneem. Julius Malema weer vandag in die hof. Goeie brandstof-nuus vir motoriste.
Spektrum 17 Junie 2024 17.06.2024 52:27
Die landbousektor sê die verlies van Thoko Didiza as minister van landbou en grondhervorming is groot. Ons praat met dr. Annelie Lotriet, die nuutverkose adjunk-Speaker van die Nasionale Vergadering. Daar is wêreldwyd kommer oor nuuskantore se toenemende gebruik van Kunsmatige Intelligensie om nuus te vervaardig. Verskeie paaie in Pretoria sal gesluit word vir die president se inhuldiging wat Woen...
Spektrum 14 Junie 2024 14.06.2024 51:49
Cyril Ramaphosa, John Steenhuisen, Juluis Malema en ander LP’s beëdig in die 7de Parlement van Suid-Afrika. Die MK-party skitter in sy afwesigheid by die gelkeentheid.
Spektrum 13 Junie 2024 13.06.2024 48:44
Die tyd raak min vir politieke partye om hulle onderhandelings af te handel. Ons praat met 'n politieke wetenskaplike oor die jongste verwikkelinge. Maties se oudste koshuis sal moontlik sy deure moet sluit.
Spektrum 12 Junie 2024 12.06.2024 50:36
Vyf bevestigde gevalle van aappokke is sedert Mei in Suid-Afrika aangemeld. Die minister van gesondheid sê die land het geen geregistreerde behandeling vir dié siekte nie. Die IVP word die middelpunt van koalisiesamesprekings in KwaZulu-Natal. Die Padongelukkefonds word daarvan beskuldig dat hy nie salarisse aan versorgers van gestremde fondsbegunstigdes betaal nie.
Spektrum 11 Junie 2024 11.06.2024 45:28
Hoe gerus kan Cyril Ramaphosa wees oor sy hierverkiesing as president van die land? Wes-Kaapse owerhede monitor die ondersoek na 'n massa-skietvoorval in Khayelitsha. 'n Beduidende daling in sakevertroue in Mei word toegeskryf aan onsekerheid as gevolg van die verkiesing.
Spektrum 10 Junie 2024 10.06.2024 47:18
Gesprekke verdiep tussen politieke partye om hopelik teen die einde van die week 'n regering in plek te hê. Hoe vinnig het die ink van jou vinger verdwyn ná die onlangse verkiesing? Noord-Kaapse aktiviste teen geslagsgeweld verwelkom 'n verslag deur die Openbare Beskermer wat regeringsteun aan slagoffers van huishoudelike geweld belowe.
Spektrum 7 Junie 2024 07.06.2024 47:47
Die ANC sê 'n regering van nasionale eenheid moet armoede, werkloosheid en ongelykheid takel. President Ramaphosa besoek die Oos-Kaap ná die verwoestende oorstromings. 'n Suid-Afrikaanse boksrolprent wat in 1969 gemaak is, maar nooit uitgereik is nie, is onlangs vir die eerste keer in Johannesburg vertoon.
Spektrum 6 Junie 2024 06.06.2024 49:18
Hoe haalbaar is 'n regering van nasionale eenheid. Rampbestuur-owerhede op die Tuinroete poog om paaie wat weens vloed- en reënskade gesluit is, te heropen. Israel wil duisende burgers in die noorde laat terugkeer ná 'n Hezbollah-aanval. Ons praat met 'n kenner oor die moontlikheid van beurtkrag, en die bestendigheid van die kragnetwerk.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.