RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 14 Augustus 2024 14.08.2024 48:45
Die Johannesburg Metro kan teen Vrydag reeds 'n nuwe uitvoerende burgemeester hê. Suid-Afrika het 'n tekort van meer as 8 000 speurders - Rise Mzansi sê landsburgers moet bekommerd wees oor hulle veiligheid. Die Afrika Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming verklaar die Apokke-uitbreking in Afrika as ’n gesondheidsnoodtoestand. Nog 'n grensstreek in Rusland kondig 'n noodtoestand af ná aanvalle d...
Spektrum 13 Augustus 2024 13.08.2024 52:07
Johannesburg se burgemeester, Kabelo Gwamanda, bedank. Ons praat met 'n ekonoom oor die jongste werkloosheidsyfers, Suid-Afrika se Olimpiese Spele-span is terug in die land. Ons vind meer uit die Trust vir Bedreigde Natuurlewe se groot leeu-telprojek.
Spektrum 12 Augustus 2024 12.08.2024 48:42
Ace Magashule se destydse persoonlike assistent verskyn in 'n Bloemfonteinse hof. Drie mense sterf en talle beseer in 'n botsing buite Mbombela. Ons nuwe Mej. Suid-Afrika kuier in die ateljee. Ons praat met 'n politieke ontleder oor Oekraïense magte wat die Koersk-gebied in Rusland binnegedring het.
Spektrum 9 Augustus 2024 09.08.2024 47:29
Die regering vier Vrouedag op Pofadder in die Noord-Kaap. 'n Nuwe wending in die asbesdakverwyderingsaak in die Vrystaat. Die SA Sioniste Federasie reageer op skerp kritiek teen Israel se eerste minister, Benjamin Netanjahoe.
Spektrum 8 Augustus 2024 08.08.2024 48:12
Oorstromings in Malmesbury en Chatsworth aangemeld nadat twee damwalle meegee. Twee mense word vermis weens die oorstromings. Die regering se voorwaardelike aanspreeklikhede vir openbare maatskappye, wat uit hofsake spruit, het teen einde Maart sowat R21 miljard beloop. Op die vooraand van Vrouedag kyk ons hoe verteenwoordigend vroue in die howe is.
Spektrum 7 Augustus 2024 07.08.2024 50:44
Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, is oop vir gesprek oor die Nasionale Gesondheidsversekering. Die EFF-leier, Julius Malema, vra vir 'n deegelike ondersoek na die skietdood van 'n raadslid in Johannesburg. Hamas stel Yahya Sinwar as sy nuwe hoofleier aan.
Spektrum 6 Augustus 2024 06.08.2024 48:14
Die skietdood van 'n EFF-raadslid in Johannesburg word ondersoek. Asiese markte herstel te midde van kommer oor 'n moontlike resessie in Amerika. Bangladesj se parlement sal binnekort ontbind word om 'n tussentydse regering te vorm.
Spektrum 5 Augustus 2024 05.08.2024 52:42
ANC-president Cyril Ramaphosa belowe om in te gryp by wanfunksionele munisipaliteite. Libiërs wat glo opleiding by 'n onwettige weermagkamp gekry het, verskyn vandag in die hof. Brittanje se premier gaan 'n noodvergadering hou nadat openbare geweld in verskeie dorpe en stede uitgebreek het.
Spektrum 2 Augustus 2024 02.08.2024 48:33
Hoe bang moet Suid-Afrikaners wees vir hulle land se hoogs verrykte uraan? Agri Wes-Kaap praat oor die stand van landbou ná dié provinsie se buitengewone baie reën. Bo-normale reën word vir die somerreënvalgebied voorspel.
Spektrum 1 Augustus 2024 01.08.2024 46:44
Die ANC se appèlaansoek oor die gebruik van die handelsnaam, uMkhonto weSizwe, word in die hof aangehoor. OPOD se onafhanklikheid word bevestig nadat die president nuwe wetgewing bekragtig. Tatjana Smith sê sy sien uit na 'n reuse stryd om nóg 'n goue medalje by die Olimpiese Spele in te palm.
Spektrum 31 Julie 2024 31.07.2024 46:34
Die veroordeelde verkragter en moordenaar, Thabo Bester, en sy medebeskuldigdes se verhoordatum word vasgestel. Die tugverhoor oor beweerde rassisme by 'n Gautengse skool word vandag afgehandel. Ons praat met kenners oor soortgelyke voorvalle by meer as een skool. Op Wêreld Veldwagterdag praat ons oor dié beroep en sy uitdagings.
Spektrum 30 Julie 2024 30.07.2024 50:16
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie begin met sy ondersoek na voorvalle van rassisme by twee Kaapse skole, terwyl 'n tugverhoor by 'n Pretoriase skool gehou word oor soortgelyke voorvalle. Die departement van water en sanitasie waarsku dat daar moontlik nie genoeg water in die Vaaldam is vir Gauteng se gebruikers nie. Ons hoor van Suid-Afrika se Olimpiese gouemedaljewenner, Tatjana Smith, vanu...
Spektrum 29 Julie 2024 29.07.2024 48:38
Die saak teen adjunkpresident Paul Mashatile se voormalige lyfwagte hervat vandag in die Randburg Landdroshof. Inwoners van die Kanana-township in Noordwes vra die minister van polisie om in te gryp ná 'n massa-skietvoorval by 'n taverne die afgelope naweek. Toenemende kommer oor moontlike grensmisdaad, midde Lesotho se voedselsekerheidskrisis. Venezuela se president Nicolás Maduro is vir 'n derde...
Spektrum 26 Julie 2024 26.07.2024 49:30
Suid-Afrika sal op 1 September vir die eerste keer ’n vroue hoofregter hê. 'n Regskenner praat oor regter Mandisa Maya se uitdagings. EFF-leier Julius Malema sê hy is beskikbaar om die party vir nog 'n termyn te lei. Grondstortings in Ethiopië eis nog lewens.
Spektrum 25 Julie 2024 25.07.2024 47:31
Kommer oor die toename in aanvalle op paramedici. Die Kieshof hoor die DA se aansoek teen die president aan, oor sy televisietoespraak enkele dae voor die algemene verkiesing. Die burgemeester van Johannesburg se kop geëis oor die diensleweringskrisis in dié stad.
Spektrum 24 Julie 2024 24.07.2024 49:03
Die veroordeelde moordernaar en reeksverkragter, Thabo Bester, beweer sy regte word geskend ná die ontrekking van nóg een van sy 'n regsverteenwoordigers. Die nuwe wet op klimaatsverandering is bekragtig. Ons vind uit wat dit ten doel het. Suid-Afrika se handelsbande met Amerika word onder die loep geneem by die AGOA-forum.
Spektrum 23 Julie 2024 23.07.2024 51:07
Die President berispe opposisiepartye oor beledigende uitlatings tydens die onlangse parlementêre debat oor sy staatsrede. Die ANC se tugverhoor teen oudpresident Jacob Zuma begin vandag. Die Appèlhof in Bloemfontein beslis dat die gebruik van hommeltuie en ander aasdraende afstandbeheerde toestelle in visvangbedrywighede verban moet word.
Spektrum 22 Julie 2024 22.07.2024 49:45
President Ramaphosa lewer repliek op die debat oor sy openingsrede. Missing Children South Africa spreek kommer uit oor 'n skerp toename in mense wat in die land vermis raak. Demokrate in Amerika begin met 'n proses om president Joe Biden as kandidaat vir die komende presidentsverkiesing te vervang. Wat is die voor- en nadele van die Wysigingswetsontwerp op pensioenfondse?
Spektrum 19 Julie 2024 19.07.2024 51:05
Rekenaarprobleme ontwrig vlugte, treindienste en banke wêreldwyd. Politieke partye lewer repliek op die president se staatsrede. Reaksie op die onveranderde repokoers.
Spektrum 18 Julie 2024 18.07.2024 50:31
Gauteng se onderwysdepartement vra ouers om onvolledige aansoeke vir plasing in skole te voltooi. Die strate om die Kaapstad Stadsaal is in rep en roer voor vanaand se parlementsopening. Landbou-organisasies vra die nuwe minister van landbou om noemenswaardige veranderinge te bring.
Spektrum 17 Julie 2024 17.07.2024 53:35
Politieke partye deel hulle verwagtinge op die vooraand van die opening van die 7de Parlement. Eindelose probleme met die Nasionale Studentehulpskema (NSFAS) dui volgens die nuwe Minister van Hoër Onderwys, op 'n swakheid in die departement. Die Universiteit van Johannesburg skors 50 studente. Amerikaanse media berig oor 'n beweerde Iranse sameswering om die voormalige president, Donald Trump, te...
Spektrum 16 Julie 2024 16.07.2024 50:03
'n Ekonoom lig sy mening oor Donderdag se besluit oor rentekoerse. Ons het die jongste nuus oor stormskade in die Wes-Kaap, en voorspellings van nóg reën in die provinsie. Donald Trump word amptelik as die Republikeine se presidensiële kandidaat genomineer.
Spektrum 15 Julie 2024 15.07.2024 51:55
Suid-Afrika se regverdige oorgang na groen energie is in die kollig by 'n simposium van die presidensiële klimaatskommissie. Interkaap wen nóg 'n hofsaak teen die polisie en departement van vervoer. 'n Staatsbank word vir Gauteng oorweeg.
Spektrum 12 Julie 2024 12.07.2024 49:45
Swaar reën rig groot skade aan in Citrusdal, Kaapstad en die Drakenstein-omgewing. Daar is toenemende druk op Joe Biden om aan Amerika se presidentsverkiesing te onttrek. George poog om minder afhanklik van Eskom te word.
Spektrum 11 Julie 2024 11.07.2024 50:52
ANC-lede sê die aanstelling van opposisie-partylede as voorsitters van parlementêre komitees gee uitdrukking aan die betekenis van 'n Regering van Nasionale Eenheid. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, kritiseer die aanstelling van die voormalige regter en MK-partyleier John Hlophe, op die Regterlike Dienskommissie. Talle strande in Durban toets weer positief vir hoë vlakke van E....
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.