RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 18 September 2024 18.09.2024

Die DA betoog teen 'n moontlike kragtariefverhoging van 36%. Daar is kommer oor die Koeberg-kernkragstasie se veiligheid nadat Eenheid 1 noodgedwonge afgeskakel moes word. Verbruikersprysinflasie sak terug tot sy laagste vlak in drie jaar.

Spektrum 17 September 2024 17.09.2024

Motoriste kan nóg 'n daling in die brandstofprys verwag. 'n Studie wys onderwysers ervaar geweldige angs en stres. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens vermeerder invoerbelasting vir oorsese aanlynwinkeliers.

Spektrum 16 September 2024 16.09.2024

Die onderwysersvakbond, SADOU, eis die Minister van Basiese Onderwys se kop. Die regering wil seismiese opnames vir gas en petroleum in die Karoo doen. Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê verskille oor geopolitieke kwessies tussen Suid-Afrika en die VSA moet met werdersydse respek opgelos word.

Spektrum 13 September 2024 13.09.2024

President Ramaphosa gaan nie nou al die omstrede artikels oor taal en toelating van die Bela-wet in werking stel nie. Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwaruba, boikot die ondertekening van die BELA-wet. Huldeblyke stroom in nadat die voormalige minister van drie portefeuljes, Pravin Gordhan, vanoggend vroeg oorlede is. Amerika gee sy steun aan die voorstel van twee nuwe permanente lede in...

Spektrum 12 September 2024 12.09.2024

Nóg reaksie op die president se voorneme om die Bela-wetsontwerp te bekragtig. Die Emfuleni munisipaliteit verduidelik hoekom hy kniediep in die skuld is. Die konstruksiesektor het effens herstel in die tweede kwartaal van die jaar.

Spektrum 11 September 2024 11.09.2024

Oudpresident Jacob Zuma se wapentransaksie-korrupsiesaak word vandag weer in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg aangehoor. NERSA gee redes aan die Parlement oor hoekom kragtoevoertariewe by munisipaliteite verhoog is. Die toutrekspan van die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal word vir die derde agtereenvolgende jaar as wêreldkampioene gekroon. Gauteng se krane kan binne die volgende 30 dae...

Spektrum 10 September 2024 10.09.2024

Ekonome verwag 'n aansienlike verdere daling in branstofpryse. Die vervaardigers van 'n dokumentêre rolprent oor die politieke spotprenttekenaar Zapiro, se appèl teen die oorspronklike ouderdomsbeperking van 16, is suksesvol. Darth Vader se stem word stil.

Spektrum 9 September 2024 09.09.2024

Dokters by die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg in die spervuur in 'n video op sosiale media. Die Minister van Landbou, John Steenhuisen, ondeneem om die werksomstandighede van veeartse te verbeter. Besonderhede oor 'n klasaksie teen Tiger Brands oor listeriose in kos, word vandag bekendgemaak.

Spektrum 6 September 2024 06.09.2024

 Wie is Frankryk se nuwe Eerste Minister? 'n 91-jarige tannie van Potchefstroom se kleindogter bewaarheid haar droom om die toets in Kaapstad te kyk en, 'n Suid-Afrikaner wat in Nieu-Seeland bly, praat oor die belangrikheid van die Haka.

Spektrum 5 September 2024 05.09.2024

Naptosa verwelkom 'n ooreenkoms om toegang tot sport- en kultuurprogramme by skole te bevorder. China se president Xi Jingping verbind hom tot 'n bedrag van 50-miljard dollar as deel van planne om Afrika te ontwikkel en meer oor die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad se geslote vergadering waar die dispuut in die verkiesingsuitslae van Venezuela se algemene verkiesing bespreek word.

Spektrum 4 September 2024 04.09.2024

President Cyril Ramaphosa belowe sterk optrede teen misdaad, tydens sy besoek aan China, terwyl parlementslede debat voer oor die misdaad van afdreiging. Ons skakel oor na Suzanne Paxton by die TLU se jaarkongres.

Spektrum 3 September 2024 03.09.2024

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, klap die sweep oor venynige alliansievennote. 'n Brand in die Tuinroete Nasionale Park word onder beheer gebring. Die AA en OUTA ruik lont oor die regering se rybewyskontrak met 'n Franse maatskappy. President Cyril Ramaphosa sluit ooreenkomste met China wat die uitvoerbedryf kan help.

Spektrum 2 September 2024 02.09.2024

In Israel betoog mense nadat die lyke van ses gyselaars gevind is. 'n Regeringsberaad oor lugbesoedeling is bekommerd oor die rooklug in Tshwane en Johannesburg. 'n Helder komeet is dalk in Oktober sigbaar in die suidelike hemelruim.

Spektrum 30 Augustus 2024 30.08.2024

Misdaadstatistiek vir die eerste kwartaal van die 2024/25 boekjaar is pas bekendgemaak. Interpol word gevra om strenger op te tree teen oorgrensveediefstal. Ons vertel jou meer van 'n spesiale projek, wat Monitor se 50ste verjaarsdag vier.

Spektrum 29 Augustus 2024 29.08.2024

Oudpresident Jacob Zuma is terug in die hof oor die wapenskandaal van meer as 30 jaar gelede. Spanning laai op oor die beplande mosie van wantroue in Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink. Die DA en MK-party wen setels in 14 tussenverkiesings landwyd.

Spektrum 28 Augustus 2024 28.08.2024

Die Ouditeur-generaal betreur die wyse waarop munisipaliteite infrastruktuurtoelaes gebruik. Statistieke SA se jongste misdaadslagoffer-verslag wys dat Suid-Afrikaners die ergste deur huisbraak geraak word. Ons praat met 'n kundige oor die veelbesproke tweepot-stelsel, en beantwoord luisteraars se kwelvrae.

Spektrum 27 Augustus 2024 27.08.2024

Politieke partye eis dat die Minister van Justisie, Thembi Simelane, se beweerde betrokkenheid by die VBS-skandaal ondersoek word. Die SAUK se omkeerstrategie is in die kollig in die parlement. Openbare ondernemings soos Denel en Transnet val nou onder nuwe departemente.

Spektrum 26 Augustus 2024 26.08.2024

'n Brand in die Cathcart-gebied in die Oos-Kaap rig groot skade aan. Die regering vra gemeenskappe om te help om die sogenaamde watermafia te stuit. Die Minister van Gesondheid wil streng optree teen regsfirmas wat bedrieglike eise teen die departement instel oor mediese nalatigheid.

Spektrum 23 Augustus 2024 23.08.2024

Ons fokus op die tweepot-aftreestelsel, en vind uit hoeveel diegene na aan aftrede hiervan weet. Die minister van elektrisiteit en energie gee terugvoer oor die stand van die land se kragsake. Die Palestyne kry nie 'n spreekbeurt by die Demokrate se konvensie in Chicago nie.

Spektrum 22 Augustus 2024 22.08.2024

MK-lede wat as LP's verwyder is, spreek die media toe terwyl die MK-leier hom voorberei vir 'n mediakonferensie in Johannesburg. Suid-Afrikaanse kinders verkeer in 'n krisis met een uit 25 wat voor die ouderdom van vyf sterf. Die Springbok Vrouerugbyspan bied 'n afrigtingskliniek in die Oos-Kaap aan om jong vroue te bemagtig.

Spektrum 21 Augustus 2024 21.08.2024

'n Sterker rand en goudprys, en laer inflasie en brandstofpryse. Ons praat met 'n ekonoom oor dié goeie nuus vir die verbruiker. Die stand van sake by die Departement van Binnelandse sake bedreig nasionale veiligheid. MK-lede se hofaansoek aangehoor oor hulle verwydering as parlementslede. Rassie maak sy Bokgroep teen die All Blacks bekend.

Spektrum 20 Augustus 2024 20.08.2024

NERSA kry bloedneus in die hof. Is dit die begin van die einde vir die EFF? 'n Duikboot gaan sy deure vir die publiek oopmaak.

Spektrum 19 Augustus 2024 19.08.2024

Brandbestryders sê van die verwoestende veldbrande in die Vrystaat kon voorkom word. Ons praat met 'n ekonoom oor die sterk lopie van die rand. Sie sekretaris-generaal van die VN vra dat Afrika 'n permanente posisie in die Veiligheidsraad kry.

Spektrum 16 Augustus 2024 16.08.2024

'n Nuwe burgemeester vir Johannesburg word vandag verkies. Geweld in openbare skole is in die kollig. Suid-Afrika word gekritiseer oor sy deelname aan die SADEK-beraad, wat môre in Harare, Zimbabwe, begin.

Spektrum 15 Augustus 2024 15.08.2024

'n Belangrike aankondiging oor veranderinge in die EFF se bestuur word vandag verwag. Johannesburg City Power sê hy verminder die kraglading in dele van die stad om die netwerk te beskerm. Ons praat met die GOOD-party oor hoekom hy 'n koalisie-ooreenkoms met die Patriotic Alliance en die ANC in die Theewaterskloof plaaslike munisipaliteit beëindig het.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.