RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 23 Oktober 2024 23.10.2024

Die Valke gaan bewerings van korrupsie en geldwassery ondersoek, wat die Vrystaatse premier, Maqueen Letsoha-Mathae, haar man en verskeie ander verdagtes betrek. Agt verdagtes verskyn môre in die hof in verband met 'n beweerde multimiljardrand-diamantbedrogspul. Die inflasiekoers daal verder.

Spektrum 22 Oktober 2024 22.10.2024

Twintigduisend onwettige buitelanders word teen 'n koste van R52 miljoen gerepatrieer - net om weer terug te kom. Talle plekke in die Oos-Kaap word weens oorstromings ontruim. Die Amerikaanse presidentskandidaat, Donald Trump, bedien klante by die kitskosrestaurant, McDonalds. Hoë vlakke van misdaad in Gauteng dwing baie besighede om hulle deure te sluit.

Spektrum 21 Oktober 2024 21.10.2024

Ouers word gewaarsku om nie te veel druk op matrieks te plaas tydens die eksamen nie. Die Joshlin Smith- en Jerobijin Van Wyk-sake maak weer 'n draai in die hof. Verskeie staatsdepartemente begin met 'n intensiewe ondersoek na die oorsaak van honderde gevalle van vergiftiging onder skoolkinders.

Spektrum 18 Oktober 2024 18.10.2024

Naasbestaandes van Israeli's wat steeds deur Hamas gyselaar gehou word, hoop dat Yahya Sinwar se dood die gyselaars se vrylating sal verseker. Anneke Bosch praat oor haar skitterende kolfbeurt teen die Aussies. Groot reën op pad na dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

Spektrum 17 Oktober 2024 17.10.2024

President Cyril Ramaphosa verwys die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg na die Konstitusionele Hof. Die tussenverkiesing van die Thabazimbi-munisipaliteit sal op 4 Desember plaasvind. Zimbabwe gaan boere vergoed, wat hulle plase in grondgrype verloor het.

Spektrum 16 Oktober 2024 16.10.2024

Die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, bedank uit die EFF en die parlement. Nog 'n voorval van voedselvergifting onder kinders. Gauteng se departement van gesondheid vergader met die kinders se families. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê miljarde rand word deur middel van die tweepot-pensioenstelsel onttrek. Die jongste oor die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzi...

Spektrum 15 Oktober 2024 15.10.2024

Sakevertroue is stadig besig om te verbeter. SANPARKE werp lig op twee brande wat in die Krugerwildtuin uitgebreek het. Ons vind meer uit oor die private ekwiteitstransaksie van R1,3-miljard tussen SA Rugby en die Ackerley Sports Group, wat op die punt is om te misluk.

Spektrum 14 Oktober 2024 14.10.2024

Die SAKP sê hy is nie beskikbaar om die Regering van Nasionale Eenheid se 100 dae-bestaan te vier nie. Gauteng se waterprobleme bereik ’n krisispunt. Wes-Kaapse munisipaliteite begin om honde-eenhede te open as deel van DBV-takke in die provinsie, om misdaad te bekamp. Ons vind meer uit van die klagtes oor Suid-Afrikaanse soldate in die DRK.

Spektrum 11 Oktober 2024 11.10.2024

Die DA gee sy blik op die eerste honderd dae van die regering van nasionale eenheid. Daar is 'n nuwe tendens van eggenote of gewese mans wat hulle vroue verbrand en 'n bloedige warm naweek lê vir Suid-Afrikaners voor.

Spektrum 10 Oktober 2024 10.10.2024

Tswane se nuwe burgemeester sê sy is gereed om wanbetalers in die metro vas te vat. Kollegas bring hulde aan oud-regter, Willem Heath wat gister in die ouderdom van 79 dood is en ons praat met Suid-Afrikaners in Amerika oor Orkaan Milton wat reeds groot verwoesting saai.

Spektrum 9 Oktober 2024 09.10.2024

Kerklui en vriende bring hulde aan die ontslape stigter van die Rhema-kerk, pastoor Ray McCauley, wat in Johannesburg gesterf het. Die Tshwane Metro kry vandag 'n nuwe burgemeester. Reaksie op die regering se jongste sperdatum om van puttoilette by skole ontslae te raak. Stemlokale open vir Mosambiekers in Suid-Afrika.

Spektrum 8 Oktober 2024 08.10.2024

In lig van die SAUK se geldprobleme, stem Sentech in om vir minstens twee maande nié die sein van die uitsaaier te sny nie. Hernieude druk dat spaza-winkels gereguleer moet word ná die dood van vyf kinders in Soweto die afgelope naweek. Mosambiek is in die pylvak van voorbereidings vir sy nasionale verkiesing. Ons praat met ontleders oor die bedanking van dr. John Hlope as lid van die Regterlike D...

Spektrum 7 Oktober 2024 07.10.2024

Israel herdenk Hamas se aanval op dié land, 'n jaar gelede. Die Regterlike Dienskommissie begin om onderhoude te voer om vakante poste in die howe te vul. Vakbonde betoog landwyd oor die hoë werkloosheidsyfer.

Spektrum 4 Oktober 2024 04.10.2024

Praktiese wenke om voor te berei vir klimaatsveranderingrampe. Ons vind meer uit wat koolstofekwestrasie vir die landbousektor beteken. Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het sy volle ondersteuning gegee aan die sekretaris-generaal nadat Israel hom persona non grata verklaar het.

Spektrum 3 Oktober 2024 03.10.2024

Afriforum vra verskeie politieke partye om hulle van die Regering van Nasionale Eenheid te onttrek, sou sekere klousules in die BELA-wet onveranderd bly. PRASA het nuwe treine aan die loop in Durban ná COVID-vandalisme. Nelson Mandela se voormalige persoonlike assistent, Zelda Le Grange, vertel van haar boek, What Nelson Mandela Taught Me.

Spektrum 2 Oktober 2024 02.10.2024

Die polisie neem een persoon in vir ondervraging in verband met die massamoord in Lusikisiki. Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad hou 'n noodvergadering oor die toenemende spanning in die Midde-Ooste. Dit is al 'n maand sedert die intstelling van die tweepotstelsel - ons praat met 'n kenner oor al die positiewe en negatiewe verwikkelinge.

Spektrum 1 Oktober 2024 01.10.2024

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie eis 'n verduideliking van die MK-party oor bewerings van verkiesingsknoeiery. Dit is mobiliteitsmaand, en die Wes-Kaapse minister vir vervoer sluit by ons aan. Ons neem polisieverantwoordbaarheid onder die loep.

Spektrum 30 September 2024 30.09.2024

Die minister van polisie, Senzo Mchunu onderneem om die polisiemag in die Oos-Kaap te versterk ná Vrydag se massaskietery in Lusikisiki. Israel loods ingrypende aanvalle op Libanon en Jemen - ons vra wat is volgende? Kommoditeite soos gou,d vaar bo gemiddeld goed - ons steek kers op by 'n ekonoom.

Spektrum 27 September 2024 27.09.2024

Die Hooggeregshof verhoed John Hlophe om tydelik aan prosesse van die Regterlike Dienskommissie deel te neem. Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing sê die voorkoms van MIV is die laagste in die Wes-Kaap. Amerika en Frankyk vra dat 'n 21 dae lange skietstaking op die grens van Libanon en Israel ingestel word.

Spektrum 26 September 2024 26.09.2024

Tshwane se stadsraad stem oor 'n mosie van wantroue in burgemeester Cilliers Brink. SanParke se Visie 2040 bepaal dat 30% van Suid Afrika se grond teen 2030 onder beskerming van Sanparke moet wees. Sterrekundiges in Italië ontdek 'n geheimsinnige ring van lig in die ruimte met die hulp van Suid-Afrika se MeerKAT-radioteleskoop.

Spektrum 25 September 2024 25.09.2024

Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, bring die land op hoogte van nasionale onderwys-begrotingsbesnoeiings. Alle aanduidings is dat die mosie van wantroue teen die burgemeester van die Tshwane-metro, Cilliers Brink, môre voortgaan. Kommer dat moedertale in Suid-Afrika afgewater word, en moontlik heeltemal kan verdwyn. 'n Span sterrekundiges van die Catania-sterrewag in Italië ontdek...

Spektrum 24 September 2024 24.09.2024

President Cyril Ramaphosa het die tonge los ná sy ontmoeting met die Suid-Afrikaans-gebore miljardêr, Elon Musk, in New York. Ons praat met 'n ekonoom oor die Regering van Nasionale Eenheid se eerste 100 dae aan bewind. Mej. Suid-Afrika, Mia Le Roux, kry 'n warm verwelkoming in haar tuisdorp, Oudtshoorn in die Klein-Karoo.

Spektrum 23 September 2024 23.09.2024

Ons neem die Regering van Nasionale Eenheid se eerste 100 dae in oënskou. Die regering sê uiterste weerstoestande het hulpverlening op die N3 in KwaZulu-Natal bemoeilik. Sterrekundiges in Italië ontdek 'n geheimsinnige ring van lig in die ruimte, danksy Suid-Afrika se MeerKat-radioteleskoop.

Spektrum 20 September 2024 20.09.2024

'n Sleutelfiguur in die Eskom-korrupsiesaga by die Kusile-kragstasie, Michael Lomas, word uit Londen na Suid-Afrika uitgelewer. Die Tshwane-metro is op 'n mespunt met intense onderhandelinge oor 'n nuwe koalisie om die stad te regeer. Pretoria maak hom gereed vir 'n skouspel in die lug.

Spektrum 19 September 2024 19.09.2024

Oud-minister Pravin Gordhan word in Durban ter ruste gelê. Parlementslede eis 'n hersiening van die aanstelling van generaal-majoor Patrick Mobotho as afdelingshoof vir prioriteitsmisdrywe by die Valke. Israel het oornag verskeie teikens van die gewapende groep, Hezbollah, in die suide van Libanon in lugaanvalle getref.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.