RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 27 November 2024 27.11.2024 50:34
Misdaadgesteisterde gemeenskappe in Gauteng sê die jongste misdaadstatistiek weerspieël nié die werklikheid nie. Kommer oor die toename in seksuele misdade in die Vrystaat. Amerikaanse ontleders sê Afrikalande kan met reg bekommerd wees oor aangewese Amerikaanse president Donald Trump se administrasie, gegewe die onsekerheid oor sy buitelandse beleid. Die private sektor gryp in om 'n vervalle rege...
Spektrum 26 November 2024 26.11.2024 51:55
Die Konstitutionele Hof hoor vandag die EFF se hofaansoek aan oor die Phala Phala-saak. Die Parlement se Staande Komitee oor Finansies eis antwoorde oor watter stappe gedoen sal word teen werkgewers wat nié betalings aan werknemers se pensioenfondse maak nie. Die EFF-leier, Julius Malema, sê gerugte dat die senior partylid, Mbuyeseni Ndlozi, van die EFF se opkomende kieskonferensie verban is, is n...
Spektrum 25 November 2024 25.11.2024 43:48
Meer as tien buitelandse burgers is in hegtenis geneem waar reddingsoperasies op Stilfontein in Noordwes voortduur. Meer oor 'n COP29 klimaatsberaad-ooreenkoms wat koolstofkrediete op die globale mark wil koop en verkoop. Huldeblyke stroom in ná die dood van die digter, skrywer, kunstenaar en aktivis, Breyten Breytenbach. Die spertyd vir die herkodering van Eskom se voorafbetaalde kragmeters word...
Spektrum 22 November 2024 22.11.2024 47:47
‘n Politieke ontleder praat oor die gevolge van die Internasionale Strafhof se lasbrief teen die Israelse Eerste Minister. Sondag is D-dag vir huishoudings om voorafbetaalde-kragmeters te herkodeer. Suid-Afrikaners sal binnekort watertekorte dadelik kan aanmeld.
Spektrum 21 November 2024 21.11.2024 53:40
Die regering sê hy oorweeg steeds die moontlikheid om voorvalle van voedselverwante siektes landwyd as 'n nasionale ramp te veklaar. Intussen sterf nóg 'n kind weens vermeende vergiftiging. Die DA maak 'n plan teen afdreiging as 'n misdaad bekend. SADEK se buitegewone beraad loop in Harare, Zimbabwe, ten einde.
Spektrum 20 November 2024 20.11.2024 53:25
Gemoedere loop hoog nadat 'n 14-jarige tiener gisteroggend in Ravensmead op die Kaapse Vlakte doodgeskiet is. Die inflasiekoers daal tot 2,8%. Die parlement voer onderhoude met agt kandidate om die pos van adjunk-openbarebeskermer te vul.
Spektrum 19 November 2024 19.11.2024 51:14
Drie tieners sterf op die Kaapse Vlakte in bendeverwante skietvoorvalle. Nege jong kinders word in Mosselbaai in die hospitaal behandel in verband met moontlik vergiftigde kos van spazawinkels. Alle oë is op die Reserwebank wat vandeesweek 'n aankondiging oor rentekoerse sal maak. Dit is vandag die duisendste dag van die oorlog tussen Rusland en Oekraïne.
Spektrum 18 November 2024 18.11.2024 53:39
Openbare sittings oor 'n voorgestelde kragtariefverhoging begin in Kaapstad. Gemengde reaksie op president Ramaphosa se aankondiging dat alle spazawinkels binne 21 dae geregistreer moet word. Die G20-beraad begin in Rio de Janeiro.
Spektrum 15 November 2024 15.11.2024 47:03
Jou Mosambiek-vakansie - moet jy bly of kan jy ry? Hoe maklik sal dit vir Donald Trump wees om sy kabinetsbenoemings deur die senaat goedgekeur te kry? Rassie Erasmus verduidelik hoekom daar 12 veranderinge aan môre se Bok-span teen Engeland is.
Spektrum 14 November 2024 14.11.2024 47:28
Die Minister in die Presidensie se uitlatings oor die "uitrook" van onwettige mynwerkers lok gemengde reaksie uit. Die situasie by die Lebombo-grenspos tussen Suid-Afrika en Mosambiek bly gespanne, met vragmotors wat steeds nie deurgelaat word nie. Die vroeë stemproses in Namibië en ander lande waar Namibiërs woon, het begin. Diplomatieke verhoudinge tussen Amerika en Spanje is gespanne.
Spektrum 13 November 2024 13.11.2024 53:42
Die Departement van Basiese Onderwys sê meer as R200 miljoen is bestee aan die druk van matriekvraestelle. Honderde onwettige mynwerkers is steeds ondergronds in Stilfontein, sonder kos en water. Die president van Suid-Afrika se sokkerfederasie, Danny Jordaan, is in hegtenis geneem.
Spektrum 12 November 2024 12.11.2024 49:46
Die Minister van Water en Sanitasie sê waterskaarsheid in Suid-Afrika is ’n realiteit. Johannesburg-metro stem in om sy uitstaande Eskom-rekening van R4,9 miljard te betaal. 'n Peiling deur die Instituut vir Rasseverhoudinge wys dat die meeste mense gunstig voel teenoor die Regering van Nasionale Eenheid.
Spektrum 11 November 2024 11.11.2024 50:03
Vragmotorbestuurders dreig om vandag met 'n staking te begin. Die Gautengse regering gaan die verkoop van plaagdoders by informele winkels verbied. Die wetsontwerp op die SAUK word herroep.
Spektrum 8 November 2024 08.11.2024 49:31
Die kragtoevoer na Johannesburg kan onderbreek word. Ons praat met 'n kenner oor die plofbare situasie in Mosambiek. goeie reën word die naweek oor groot dele van die land verwag.
Spektrum 7 November 2024 07.11.2024 49:54
Advokaat Dali Mpofu sluit aan by 'n reeks voormalige EFF-lede wat nou 'n nuwe politieke tuiste het. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat deklassifiseer sy geheime verslag oor die beweerde aandeel van top-polisielede in die sluipmoord op die teenbende-speurder, Charl Kinnear. Die wenners van die Earthsot-pryse is by 'n glansgeleentheid in Kaapstad bekendgemaak. Een-miljard rand se opgrader...
Spektrum 6 November 2024 06.11.2024 48:17
Die Lemombo-grens tussen Suid-Afrika en Mosambiek bly tot verdere kennisgewing gesluit. Donald Trump van die Republikeine wen die Amerikaanse presidentsverkiesing. Nog onwettige myners kom uit verlate mynskagte na die oppervlak in en rondom Stilfontein en Orkney.
Spektrum 5 November 2024 05.11.2024 45:09
Die Parlement gaan binnekort 'n strenger oog oor die Presidensie hou, danksy 'n nuwe komitee. Die eerste kruisies in die VSA se algemene verkiesing word in die dorpie Dixville Notch in die deelstaat New Hampshire getrek. Sneeu sak uit op Graaff-Reinet in die Oos-Kaap.
Spektrum 4 November 2024 04.11.2024 46:55
Meer as 50 onwettige myners verskyn vandag in die hof in Stilfontein. Die polisie sê 'n span kundiges gaan bewerings oor besmette kositems, wat by spaza-winkels verkoop word, ondersoek. Beleggers in Amerika hou vir eers terug op nuwe beleggings, in afwagting op die verkiesingsuitslag.
Spektrum 1 November 2024 01.11.2024 50:34
Ons praat met 'n kenner oor die aanklagte wat teen oudminister Kodwa laat vaar is. Oproepe dat die brandseisoen verleng word. Suid-Afrika se duurste munt gaan opgeveil word.
Spektrum 31 Oktober 2024 31.10.2024 52:00
Huldeblyke stroom in na die dood van die bekroonde rolprentmaker, Danie Odendaal. Daar is uiteenlopende reaksie op die mediumtermyn-begrotingsrede van die Minister van Finansies, Enoch Godongwana. Noord-Korea wys sy tande vir die Weste.
Spektrum 30 Oktober 2024 30.10.2024 50:00
Die land se oë is op die Minister van Finansies se mediumtermynbegroting wat vandag in die Parlement gelewer word. ‘n Geregtelike doodsondersoek na die Enyobeni Taverne-tragedie in die Oos-Kaap word hervat. Die stryd verdiep tussen die Demokratiese en Republikeinse presidentskandidate in die komende Amerikaanse verkiesing.
Spektrum 29 Oktober 2024 29.10.2024 50:14
Die ANC se nuwe lidmaatskapstelsel sal voornemende partylede aan strenger verifikasieprosesse onderwerp. Die Departement van Korrektiewe Dienste ondersoek bewerings dat welgestelde gevangenes tronkbewaarders omkoop om spesiale behandeling te ontvang. Die VN se sekretaris-generaal sê Israel se verbanning van die Palestynse Vlugtelinge Agentskap, UNRWA, sal verwoestende gevolge vir Palestynse burger...
Spektrum 28 Oktober 2024 28.10.2024 52:27
Die ANC blyk verdeeld te wees oor die kwessie van nasionale gesondheidsversekering. Ons vind meer uit oor 'n ooreenkoms wat glo visumvrye toegang aan sekere Oekraïense burgers tot Suid-Afrika sal gee. Die oorsaak van die ses kinders wat dood is nadat hulle eetgoed by 'n spaza-winkel in Naledi, Soweto, geëet het, word bekendgemaak. 'n Versoek om die Polisiediens se topbestuur aan leefstyloudits te...
Spektrum 25 Oktober 2024 25.10.2024 46:12
Nóg 'n kind sterf naDAT hy glo smulhappies van 'n spaza-winkel geëet het, dié keer in Khubvi buite Thohoyandou in Limpopo. Nog polisiebeamptes word op die toneel van 'n skietery in Bishop Lavis in Kaapstad ontplooi. Elf mense sterf die afgelope twee dae in twee verskillende voorvalle van bendegeweld in Kaapstad. Die Pluimveevereniging vra dat BTW op hoenderprodukte gestop word.
Spektrum 24 Oktober 2024 24.10.2024 51:06
80% van Johannesburg se brûe is op die randjie van ineenstorting. Eskom erken dat die omskepping van die Komati-kragstasie na skoner energie, 'n duur blaps was. Dertig lande wil by die BRICS-groepering aansluit.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.