RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 15 Januarie 2025 15.01.2025

Die lyke van minstens 60 onwettige mynwerkers is die afgelope twee dae by 'n mynskag in Stilfontein na die oppervlak gebring. Die Sentrale Energiefonds voorspel 'n beduidende brandstofprysstyging in Februarie. Ná 'n maandelange dooiepunt hieroor, is bemiddelaars hoopvol dat 'n skietstilstand tussen Israel en Hamas in Gasa bereik sal word.

Spektrum 14 Januarie 2025 14.01.2025

Politieke partye en ander belanghebbendes in die onderwys reageer op die matriekuitslae van 2024. Dit is dag twee van reddingsoperasies by die Stilfonteinmyn in Noordwes, waar honderde onwettige mynwerkers steeds ondergronds is. Honderde mense is dakloos gelaat ná swaar reën in Limpopo. Die Oscar-benoemings is vir 'n tweede keer uitgestel weens die brande wat voortvoed in Los Angeles. Die Mededing...

Spektrum 13 Januarie 2025 13.01.2025

Terwyl die land asem ophou vir die uitslae van die matriekklas van 2024, heers daar groot ontevredenheid oor bewerings dat die uitslae vooraf te koop was. Die voormalige spioenbaas, Niël Barnard, sterf. Swaar reën word vandag vir Pretoria voorspel. Besoekers is steeds welkom om die Nasionale Kruger Wildtuin te besoek ondanks oorstromings in die gebied.

Spektrum 10 Januarie 2025 10.01.2025

Vyf beskuldigdes, wat die kleinkind van voormalige president Nelson Mandela insluit, verskyn in die Johannesburgse landdroshof in verband met ’n voertuigkaping. Donald Trump het sy visier op Groenland gestel - ons praat met 'n ontleder oor hoekom dié eiland so belangrik vir die Amerikaners is. Die polisie se ondersoek na 'n plaasaanval in die Stellenbosch-ongewing duur voort.

Spektrum 9 Januarie 2025 09.01.2025

Twee EFF-parlementslede, waaronder dr. Mbuyiseni Ndlozi, bedank. President Cyril Ramaphosa skop vas en sê alle prosesse is gevolg toe Jacob Zuma se partylidmaatskap opgeskort is. ‘n Groot verwelkoming in Maputo vir Mosambiek se opposisieleier. Talle Hollywoodsterre verloor hulle huise in 'n vernietigende brand in Los Angeles.

Spektrum 8 Januarie 2025 08.01.2025

Oudpresident Jacob Zuma stel 'n ultimatum aan die ANC oor sy lidmaatskap van dié party. Stille samesprekings word gevoer oor die moontlike samesmelting van kleiner partye in die parlement. Mosambiek se opposisieleier, Venâncio Mondlane, kondig op sy sosiale media aan dat hy môre in Mosambiek sal aankom.

Spektrum 7 Januarie 2025 07.01.2025

'n Hofsaak bepaal vandag of die 2024-matriekuitslae aanstaande week in koerante gepubliseer mag word of nie. NUMSA soek antwoorde van die regering oor ArcelorMittal Suid-Afrika se moontlike afleggings. Moet jy vanjaar meer opdok vir skoolfooie en skryfbehoeftes? Ons praat met 'n kenner hieroor. Amerika sê sy inligting wys dat die aardbewing in Tibet hewiger is as wat beraam word.

Spektrum 6 Januarie 2025 06.01.2025

Vyf-en-veertig mense is beseer in 'n botsing op die N3 in KwaZulu-Natal te midde van voorspellings van erge reën en stormweer in die provinsie. Die laaste gesoekte verdagte in die Lusikisiki-massamoord is agter tralies. Ons praat met 'n kenner oor die gebeure in Mosambiek waar 'n nuwe vlaag betogings dreig. Die Chinese minister van buitelandse sake besoek vier Afrikalande.

Spektrum 20 Desember 2024 20.12.2024

Verkeersvloei op die hoofroetes neem toe soos mense na hulle vakansiebestemmings stroom. Talle senior staatsamptenare in Noordwes verklaar nie hulle belange nie. Krugersdorp aan die Wesrand is steeds sonder water ná 'n 86-uur waterafsluiting. Durban hoop om 'n rekordgetal besoekers hierdie feesseisoen te verwelkom. Dokters sê jy moet ook jou kopvel teen die son beskerm.

Spektrum 19 Desember 2024 19.12.2024

Die president onderteken wetgewing oor die nasionale kernreguleerder. Eskom maak die stand van sy geldsake bekend. Ons praat met 'n mediese kenner oor Rubella-gevalle wat landwyd toeneem. Suid-Afrikaners praat oor die proses om MUFASA - THE LION KING te maak.

Spektrum 18 Desember 2024 18.12.2024

Spazawinkels het nog twee maande tyd om te registreer. Die Grensbestuurowerheid sê die situasie by die Lebombo-grenspos in Mpumalanga het na normaal teruggekeer. Die jongste oor die stand van KwaZulu-Natal se strande.

Spektrum 17 Desember 2024 17.12.2024

President Cyril Ramaphosa herbevestig die regering se voorneme om Khoi-, Nama- en San-tale deel te maak van die skolekurrikulum. Landbou-organisasies reageer op die president se Versoeningsdag-toespraak. Nóg organisasies vra vir 'n verlenging van die registrasieproses vir informele handelaars. Rolprentmakers is hoopvol dat Suid-Afrika se inskrywing vir beste internasionale rolprent die gesogte Osc...

Spektrum 16 Desember 2024 16.12.2024

Ons praat met 'n ontleder oor die verloop van die EFF se verkiesingskongres die afgelope naweek. Die MK-party vier sy eerste bestaansjaar by 'n saamtrek van duisende ondersteuners in Durban. Suid-Afrikaners vier vandag Versoeningsdag. Die tydperk waarin Spazawinkels kan registreer, loop môre ten einde.

Spektrum 13 Desember 2024 13.12.2024

Die gemeenskap van Westbury in Johannesburg sê die polisie is traag om sake van bendegeweld te ondersoek. Alle oë is op die EFF wat nuwe leierskap verkies. Die tyd raak min vir sake-eienaars om hulle spazawinkels te registreer.

Spektrum 12 Desember 2024 12.12.2024
Spektrum 11 Desember 2024 11.12.2024

Het smokkelary in Suid-Afrikaanse tronke 'n krisispunt bereik? Afriforum gaan hof toe oor 'n reuse ontwikkeling tussen Sasolburg en Vanderbijlpark. Voetgangers loop deesde voor voertuie in om geld van die Padongelukkefonds te eis.

Spektrum 10 Desember 2024 10.12.2024

Parys in die Vrystaat steier onder 'n waterkrisis. Die skending van menseregte in konflikgeteisterde gebiede is in die kollig op Internasionale Menseregtedag. Die dobbelbedryf se bydrae tot die ekonomie neem toe.

Spektrum 9 Desember 2024 09.12.2024

Die ANC se werkkomitee vergader met Gauteng se partyleierskap oor die moontlike ontbinding van dié provinsiale struktuur. Wêreldleiers hoop op 'n bestendige oorgangsregering in Sirië. 'n Kenner meen die regering se voorstel dat verpligte gemeenskapsdiens vir gesondheidsinspekteurs geskrap moet word, tot erge gesondheidskrisisse in gemeenskappe kan lei.

Spektrum 6 Desember 2024 06.12.2024

Die jongste oor die SAL-staking. 'n Ekonoom verduidelik wat die belasting op koolstofdioksied-uitlatings vir ons inhou. Die Proteas is stewig in die saal teen Sri Lanka.

Spektrum 5 Desember 2024 05.12.2024

Teenkanting teen 'n salarisverhoging vir die president. Die politieke krisis in Frankryk verdiep. Die jongste Afrimat konstruksie-indeks toon daar is ‘n toename in indiensneming.

Spektrum 4 Desember 2024 04.12.2024

President Cyril Ramaphosa skommel sy kabinet. Met die taxi-staking in KwaZulu-Natal in sy vyfde dag, sê die LUR vir Vervoer, Siboniso Duma, dat die provinsiale regering nie sal toelaat dat taxiverenigings hulle boelie nie. Thabazimbi stem vir 'n nuwe stadsraad na byna drie jaar van chaos. Parlementslede in Suid-Korea begin met 'n proses om die land se president, Yoon Suk Yeol, in 'n staat van besk...

Spektrum 3 Desember 2024 03.12.2024

Die ANC sê hy moet harde besluite neem oor die lot van sy leierskapstrukture in Gauteng en KwaZulu-Natal. 'n Nuwe verordening word in die Tshwane-metro voorgestel om die registrasieproses vir informele handelaars te vergemaklik. Groot afwagting oor die bekendmaking van die verkiesingsuitslae in Namibië. Die Grensbestuurowerheid sê hy is gereed om al 72 grensposte tydens die feesgety te beveilig. H...

Spektrum 2 Desember 2024 02.12.2024

Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party besluit om onafhanklik te staan vir die 2026 munisipale verkiesing. Ons praat met 'n ontleder oor wat dit vir die toekoms van die drieparty-alliansie beteken. Ons kry die jongste nuus uit Noordwes waar nóg onwettige mynwerkers oor die naweek by Stilfontein na die oppervlak teruggekeer het. Meer oor planne vir 'n sentrale register om verbruikers teen die daaglik...

Spektrum 29 November 2024 29.11.2024

'n Verduideliking van wat gister se BELA-ooreenkoms behels. 'n Optog na die Uniegebou as deel van die 16 dae-veldtog teen geslagsgeweld. Kommer oor die langasems van Kenia en Ethiopië.

Spektrum 28 November 2024 28.11.2024

Die publisering van vanjaar se matriekeksamen-uitslae móét ingevolge 'n hofbevel in die media gepubliseer word. 'n Meksikaanse burger is polisieaanhouding nadat wetstoepassers toesak op 'n dewlmlaboratorium in Pretoria. Inwoners van verskeie gemeenskappe beskuldig Johannesburg Water van gebrekkige kommunikasie te midde van die metro se verdiepende waterprobleme. Betogings breek opnuut uit in Mosam...

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.