RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 1 Mei 2025 01.05.2025

Werkersdag word landwyd gevier met 'n sterk klem op swart bemagtiging en die jeug. 44 Ethiopiërs word uit 'n huis in Sandton, Johannesburg, gered. Wye reaksie op die regering se besluit om 'n kommissie van ondersoek aan te stel in verband met apartheidsgruweldade.

Spektrum 30 April 2025 30.04.2025

Die DA vra die hof om te besin oor watter magte die Minister van Indiensneming en Arbeid het om rigiede rassekwotas af te dwing. Die onttrekking van soldate uit die Demokratiese Republiek die Kongo het begin. Slotbetoeë in die opspraakwekkende Joshlin Smith ontvoering- en mensehandelsaak gaan voort.

Spektrum 29 April 2025 29.04.2025

Slotbetoë word gelewer in die saak oor die verdwyning van die sesjarige Joshlin Smith van Middelpos in Saldanhabaai. Ons kry die jongste nuus oor hoe brandbestrydingsoperasies in die Tafelberg Nasionale Park en omliggende gebiede in Kaapstad vorder. Afriforum gaan kriminele klagte teen senior amptenare van die ANC en EFF indien, nadat 'n Oos-Kaapse skoolhoof valslik van verkragting beskuldig is.

Spektrum 28 April 2025 28.04.2025

Minstens 198 huishoudings moet vlug voor die vlamme op Tafelberg. Moet Suid-Afrika se grondwet verander om 'n regering van nasionale eenheid 'n lewensvatbare opsie te maak? Kanadese gaan na die stembus te midde van 'n versuurde verhouding met sy buurland, Amerika.

Spektrum 25 April 2025 25.04.2025

Nóg sluise word by die Vaaldam oopgemaak, wat die gevaar van oorstromings rivier-af verder vergroot. 'n Top polisie-afvaardiging besoek Eldoradopark in Johannesburg oor misdaad in die buurt. Die Wêreld Natuurfonds is bekommerd oor planne om fosfaat in die Weskus Nasionale Park te myn.

Spektrum 24 April 2025 24.04.2025

Verskeie politieke partye beskou die skrapping van die beplande BTW-verhoging as 'n oorwinning vir belastingbetalers. Die misbruik van polisievoertuie is in die kollig. Oekraïne wil sy diplomatieke bande met Suid-Afrika versterk.

Spektrum 23 April 2025 23.04.2025

Laer ekonomiese groei word vir Suid-Afrika voorspel te midde van die tariefoorlog. Die griepseisoen is vroeër hier as verwag. Sneeu word vir die Drakensberg voorspel.

Spektrum 22 April 2025 22.04.2025

Die Hooggeregshof hoor 'n dringende aansoek aan om die BTW-verhoging te verhoed. Die gemeenskap van Kleinfontein ontken dat hy nóg 'n Orania wil skep. Reaksie op bewerings dat president Cyril Ramaphosa 'n Afrikaanse man as ambassadeur tot die VSA wil aanstel.

Spektrum 21 April 2025 21.04.2025

Wie was Pous Franciskus? Ons praat met 'n leier van die Roomse kerk. 'n Politieke ontleder bespreek die beweerde kortlys vir Suid-Afrika se ambassadeur na die VSA. President Trump dreig om befondsing aan Amerikaanse universiteite verder te sny.

Spektrum 17 April 2025 16.04.2025

Ons kyk na die moordsaak wat geopen is ná die dood van 'n gevangene by die Mangaung Korrektiewe-sentrum in Bloemfontein. Die DA lê kriminele klagte teen die Minister van Menselike Nedersettings, Thembi Simelane, ná haar beweerde betrokkenheid by korrupsie. Owerhede maan motoriste om veilig te wees oor die langnaweek.

Spektrum 16 April 2025 16.04.2025

Die gesloer met die polisieondersoek na die beweerde verkragting van 'n sewejarige meisie van Matatiele is in die kollig. Die MRK is bekommerd oor die veiligheid van studente op universiteitskampusse. Afriforum oorweeg dit om die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, privaat te vervolg.

Spektrum 15 April 2025 15.04.2025

Reaksie op die aanstelling van Mcebisi Jonas as Suid-Afrika se spesiale gesant vir die VSA. Navorsing wys damprook maak tieners meer verslaaf as nikotien. Hamas oorweeg 'n voorstel vir 'n skietstaking in die Gasastrook.

Spektrum 14 April 2025 14.04.2025

Aandelemarkte in Asië en Europa begin kop optel. Padveiligheid is onder die vergrootglas soos die Paasnaweek nader kruip. Die SAOU sê die regering se beplande vroeë aftredepakkette aan staatsdienswerknemers kan die onderwyssektor knou. Inwoners van Centurion is warm onder die kraag oor die voortslepende kragonderbrekings.

Spektrum 11 April 2025 11.04.2025

Ons kry reaksie by politieke partye wat reeds met die ANC oor onder meer die begroting vergader het. Talle onderwysers is geskors weens seksuele wangedrag teenoor leerlinge. Die prys van vis is in die kollig, soos Paasnaweek nader kom.

Spektrum 10 April 2025 10.04.2025

Markte reageer positief op die opheffing van die Trump-tariewe vir 90 dae, maar 'n ekonoom sê dis nie die einde nie. Die hoofsweep van die Umkhonto we Sizwe-party, Mzwanele Manyi, se voorstel vir die bekamping van werkloosheid het omtrent die tonge los. Johannesburg se kragverskaffer, City Power, verloor R20-miljoen in een week weens onwettige kragverbindings en vandalisme.

Spektrum 9 April 2025 09.04.2025

Markte wêreldwyd verswak steeds weens die impak van die Trump-tariewe op verskeie lande. Intussen verbeter Suid-Afrika se buitelandse beleggersvertroue. Dis dag twee van die regering se Polisieberaad in Gauteng, en COSATU sê hy soek doelgerigte resultate. TikTok moet Suid-Afrika se inhoudskeppers betaal, eis die Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi. Nuwe wetgewing wat di...

Spektrum 8 April 2025 08.04.2025

Die regering se Polisieberaad begin in Gauteng, met 'n sterk fokus op polisiëring te midde van begrotingstekorte. Die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde is op die randjie van ineenstorting. Die toekoms van die Regering van Nasionale Eenheid hang steeds in die weegskaal.

Spektrum 7 April 2025 07.04.2025

Die Vryheidsfront Plus se daar moet ernstig gedink word oor die toekoms van die RNE. Ons praat met 'n ontleder oor die jongste verwikkelinge. ’n Afrika-kinderberaad in Johannesburg plaas die klem op kinderregte in lig van die G20-beraad later vanjaar. Daar is nou meer vrae as antwoorde oor die George-gebouramp in Mei verlede jaar, wat die lewens van 34 mense geëis het.

Spektrum 4 April 2025 04.04.2025

'n Peiling wys Suid-Afrikaners is skepties oor die samewerking binne die RNE. Kritiek teen konsepregulasies wat die private veiligheidsbedryf se gebruik van vuurwapens wil beperk. Die Suid-Koreaanse president, Yoon Suk Yeol, is uit die kussings gelig. Die George-gebouramp is onder die vergrootglas in die parlement.

Spektrum 3 April 2025 03.04.2025

Ons kry reaksie by onder meer die landbou- en sakesektor ná die aanvaarding van die nasionale begroting. Suid-Afrika word swaar getref deur die VSA se sogenaamde bevrydingstariewe. Driehonderd-en-twintig humanitêre werkers van die Verenigde Nasies se Agentskap vir Palestynse Vlugtelinge het reeds in die oorlog in Gasa gesterf. Geslagsgebaseerde geweld en moord op vroue moet tot 'n nasionale ramp v...

Spektrum 2 April 2025 02.04.2025

'n Taakspan van addisionele polisiebeamptes is na die Oos-Kaap ontplooi om die ondersoek na die verkragting van 'n sewejarige meisie te verskerp. 'n Hoogs-aansteeklike nuwe variant van a-pokke is reeds in sewe Afrikalande aangemeld. Spanning bou wêreldwyd in afwagting op die Amerikaanse president, Donald Trump, se aankondiging oor tariewe. Die hoof van Ernstige en Geweldsmisdade in die Wes-Kaap on...

Spektrum 1 April 2025 01.04.2025

Nog geen ooreenkoms bereik tussen die DA en die ANC oor die begroting. Die departement van samewerkende regering maak R1,4-miljard rand beskikbaar aan sekere munisipaliteite vir rampbestuur. Meer as 8 000 Suid-Afrikaners doen aansoek vir asiel in die VSA.

Spektrum 31 Maart 2025 31.03.2025

Die ANC neem sy buitelandse beleid onder die loep, en fokus op plaaslike diensleweringskwessies tydens 'n vergadering van sy Nasionale Uitvoerende Komitee. Ons kry duidelikheid oor hoe die byna R1-miljard rand se rampbestuurfondse aan die onderskeie provinsies toegewys sal word. Die DA sê hy is positief dat 'n ooreenkoms oor die voorgestelde begroting bereik sal word. Arrive Alive waarsku teen die...

Spektrum 28 Maart 2025 28.03.2025

Die parlement word gevra om die digitale migrasie-projek, te ondersoek. Die regering wil nuwe lewe in die Poskantoor blaas. Die hof dwing Gauteng se gesondheidsdepartement om die agterstand in kankerbehandeling uit te wis. Suid-Afrika se waterkrisis is onder die vergrootglas by 'n indaba in Midrand.

Spektrum 27 Maart 2025 27.03.2025

Eskom kry toestemming om 'n vaste bedrag op huishoudings se sonkragstelsels te hef. Die Westdene-dam busramp word vandag, 40 jaar later, herdenk. Die Vaaldam is 107% vol.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.