RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 26 Maart 2025 26.03.2025 50:28
Eenheid ses van die Kusile-kragstasie is uiteindelik aan die nasionale kragnetwerk gekoppel, maar is die kool die sous werd? Magalies Water sê hy is bekommerd oor MIV-medikasie in die Roodeplaatsdam. Internasioanle klimaatdialoë gaan voort, ondanks die VSA se afwesigheid by vanjaar se G20-omgewingswerksgroep.
Spektrum 25 Maart 2025 25.03.2025 50:05
Die ANC se voormalige woordvoerder, Pule Mabe, verskyn in die hof op aanklagte van bedrog. Kruisondervraging van die staat se sleutelgetuie in die Joslin Smith-verhoor duur voort. Gevangenes kla oor die gehalte van maaltye ná die implementering van Korrektiewe Dienste se nuwe, koste-effektiewe maaltydplan.
Spektrum 24 March 2025 24.03.2025 53:05
Spanning bou te midde van beweerde grondgrype in Fort Jackson in die Oos-Kaap. Burgerregtegroepe sê die pos van adjunk openbare beskermer moet dringend gevul word. Die hoogeregshowe in Johannesburg en Pretoria kan nie nuwe sake aanhoor nie weens oorvol hofrolle. Ses mense in hegtenis geneem in verband met die naweek se bloedbad in Shoshanguve.
Spektrum 21 Maart 2025 21.03.2025 49:46
Ons praat met 'n kenner oor Suid-Afrika se menseregte-uitdagings. Reaksie op die Reserwebank se onveranderde repokoers. Hoe lyk die toekoms van die IVP vandag, op sy 50ste herdenking?
Spektrum 20 Maart 2025 20.03.2025 47:02
Vandag is D-dag vir SASSA-begunstigdes om hulle goue kaarte te vervang. Ons praat met SASSA oor probleme landwyd. Ons praat met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie oor kinderhandel te midde van erge armoede. Is Suid-Afrika gereed vir 'n rentekoersverlaging? Alle oë is op die Reserwebank.
Spektrum 19 Maart 2025 19.03.2025 49:47
Die kruisondervraging van Lourentia Lombaard duur voort in die saak van die vermiste Joslin Smith. Die DA eis antwoorde by die koalisieregering in Tshwane oor 'n multimiljoenrand tender, wat glo verbind is met die metro se onderburgemeester. Meer oor die geskiedkundige vredesamesprekings tussen leiers van die Demokratiese Republiek die Kongo en Rwanda. LP’s kla oor die lugversorging in die tentstr...
Spektrum 18 Maart 2025 18.03.2025 50:47
Die Vereniging vir Plaaslike Regering waarsku dat die toename in elektrisiteitspryse sal lei tot al hoe meer onwettige kragverbindings. Die regering erken hy is verantwoordelik vir die ernstige tekortkominge in Suid-Afrika se vroeë-kinderontwikkelingsprogramme. Ses Eskom-werknemers is in hegtenis geneem in verband met, onder meer, tenderbedrog by die Kusile-kragstasie.
Spektrum 17 Maart 2025 17.03.2025 52:43
President Cyril Ramaphosa sê hy verwag 'n verslag van Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Ebrahim Rasool, wat die land moet verlaat. Die regering is bekommerd oor die situasie in KwaZulu-Natal waar oorstromings reeds sedert Januarie, 24 lewens geëis het. Vrae oor staatsdienswerkers in die Vrystaat se mediese fonds-bydraes wat nie by die fonds uitkom nie. Insekte word in die Hartebeespoortdam vr...
Spektrum 14 Maart 2025 14.03.2025 52:14
Suid-Afrika se ontrekking uit die DRK skep 'n leemte wat gevul moet word, sê president Cyril Ramaphosa. Die Europese Unie se belegging van R94-mijard in Suid-Afrika, wat Amerikaanse beleggings vervang, dui op geopolitieke spanning. Graanproduksie word deur regeringbeleid gekniehalter.
Spektrum 13 Maart 2025 13.03.2025 53:09
Miljarde rand is begroot om onderwysposte te behou, en om die weermag te ondersteun. Die kabinet verwelkom die begrotingsrede. Suid-Afrika en die Europese Unie wil hulle diplomatieke en handelsbande versterk. Die bemarking van Suid-Afrikaanse rolprente is in die kollig.
Spektrum 12 Maart 2025 12.03.2025 51:50
Bespiegelings dat BTW effens sal styg, te midde van groot teenkanting. Ons praat hieroor met politieke partye, 'n ekonoom en 'n politieke ontleder. Die jongste van die Joslin Smith-verhoor.
Spektrum 11 Maart 2025 11.03.2025 49:12
Ons praat met 'n regskenner oor die MK Party wat dreig om die land onregeerbaar te maak. Kommer oor die moontlike afskaffing van die maatskaplike verligtingstoelae se impak op armes. 'n Suid-Afrikaanse televisieaanbieder en aktrise moet haar kinders onmiddelik terugneem Duitsland toe.
Spektrum 10 Maart 2025 10.03.2025 50:52
Steeds onsekerheid onder RNE-vennote oor môre se begrotingsrede. Vrae oor Suid-Afrika en Iran se warm verhouding - ons praat met 'n politieke ontleder. Die uitvoerbaarheid van 'n elektroniese stemproses word bespreek.
Spektrum 7 Maart 2025 07.03.2025 46:34
Ons bespreek Gauteng se misdaadstatisitiek met 'n kenner. President Donald Trump skort invoertariewe teen Kanada en Meksiko tydelik op. Die Vaaldam is propvol.
Spektrum 6 Maart 2025 06.03.2025 51:00
Die bevelvoerder van die Saldanha-polisiekantoor is in die getuiebank op dag vier van die Joslin Smith-hofsaak. Die weerdiens waarsku dat Gautengers hulle moet staal vir nóg ontwrigtende reën. Vrystaat Landbou is bekommerd oor die moontlike uitkringeffek van die VSA se opskorting van noodlening aan Lesotho. Die Verkiesingskomissie ondersoek die haalbaarheid van 'n digitale stemproses vir Suid-Afri...
Spektrum 5 Maart 2025 05.03.2025 50:58
'n Organisasie bekend as die Betereinders begin 'n veldtog teen die narratief dat Afrikaners slagoffers is. 'n Resolusie oor wetgewing om fluitjieblasers te beskerm, word na verwagting vandag bekendgemaak. Ons bespreek die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, se ommekeer om met die Amerikaanse president Donald Trump saam te werk. Kenners waarsku teen die gebruik van medisyne wat verval het.
Spektrum 4 Maart 2025 04.03.2025 49:58
Die hofsaak oor die verdwyning van Joshlin Smith word voortgesit, te midde van die raaisel oor wat van haar geword het. Die helfte van Suid-Afrikaners word as oorgewig beskou. Donald Trump belowe vuurwerke wanneer hy die Amerikaanse Kongres en Huis van Verteenwoordigers vanaand toespreek. Inwoners van die Kaapse Vlakte vra dat die weermag ontplooi word om bendeweld te beveg.
Spektrum 3 Maart 2025 03.03.2025 49:29
Motoriste kan moontlik 'n klein verligting in die brandstofprys verwag. Die vermiste Joslin Smith se Ma en haar twee medebeskuldigdes verskyn in die hof in Saldanha. Op Wêreld Wildlewedag fokus ons op die meer as een miljoen spesies wat op die rand van uitwissing staan. Die Suid-Afrikaanse Roofdiervereniging begin met regsoptrede, wat die regering kan dwing om 'n jaarlikse kwota vas te stel vir di...
Spektrum 28 Februarie 2025 28.02.2025 51:47
Vandag is die sperdatum vir sake-eienaars om hulle spazawinkels te registreer. Die staking van Pepfar-befondsing kan die stryd teen MIV/Vigs in Suid-Afrika kelder. 'n Versoek om die sperdatum vir die oorskakeling van SASSA-kaarte te verleng.
Spektrum 27 Februarie 2025 27.02.2025 52:36
Die Onderwys-lekgotla skop af aan die Gautengse Oos-Rand te midde van 'n verdoemende verslag oor leerders se gebrekkige leesvermoë. Die Pluimveebedryf waarsku dat 'n voëlgriep-uitbreking rampspoedige gevolge vir die sektor kan hê. 'n Veldtog van burgerlike organisasies vra die regering om hongersnood in Suid-Afrika tot 'n nasionale noodtoestand verklaar. Die polisie-diens se K9-eenheid het 'n teko...
Spektrum 26 Februarie 2025 26.02.2025 52:43
’n Geringe, maar kommerwekkende styging in verbruikersinflasie. Kan die ANC sy ondersteunersbasis in Kwazulu-Natal en Gauteng herbou? 'n Bekende in musiekkringe, Nota Baloyi, is in die Menseregtekommissie se visier ná neerhalende opmerkings oor witmense. Suid-Afrika bly buite stemming in 'n Verenigde Nasies-resolusie wat Rusland vir die oorlog in Oekraïne veroordeel. Spanning is aan die oplaai oor...
Spektrum 25 Januarie 2025 25.02.2025 53:17
Drie gewonde soldate keer terug na Suid-Afrika uit die Kongo. Die kwessie van regter John Hlophe se deelname aan die Regterlike Dienstekommissie is weer voor die hof. Johannesburg se metro spring rond om plek vir dooies te vind. Brande in dele van die Wynland-streek duur voort. 'n Toonaangewende hofsaak kan lei tot vryheid vir 'n ma wat haar lewensmaat vermoor het.
Spektrum 24 Februarie 2025 24.02.2025 53:44
Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie en digitale tegnologieë besoek die SAUK se hoofkantoor in Johannesburg. Die IVP betoog teen planne om die Ithala-bank te likwideer. Onderhandelings vorder goed om beseerde soldate uit die DRK te repatrieer. Ons praat oor Suid-Afrika se strafregstelsel, wat volgens baie landsburgers 'n oorblyfsel van Apartheid is, en nie die Grondwet weerspieël n...
Spektrum 21 Februarie 2025 21.02.2025 48:30
Die jongste kwartaallikse misdaadsyfers is bekendgemaak. Studente maak amok op verskeie kampusse. Die jongste oor die brande by Wellington.
Spektrum 20 Februarie 2025 20.02.2025 51:10
Die ministers van finansies en die presidensie is in die sop oor uitlatings oor die kommissaris van die Inkomstediens. Die ANC het sy provinsiale uitvoerende komitees in Gauteng en KwaZulu-Natal met taakspanne vervang. Die ministers van Buitelandse Sake van die G20-groepering kom in Johannesburg byeen. Erge ontwrigende reën word in groot dele van die land verwag.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.