RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 5 Junie 2025 05.06.2025

Die Vereniging van Gesondheidsfinansiers sleep die regering hof toe oor die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan. Motoriste in Gauteng gaan in die toekoms nuwe nommerplate kry. Huldeblyke stroom steeds in ná die dood van Rashid Lombard. Die bekamping van plastiekbesoedeling is onder die vergrootglas op Wêreld Omgewingsdag.

Spektrum 4 Junie 2025 04.06.2025

Die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, sê hy sien uit na die asbeshofsaak in die Bloemfontein Hooggeregshof, nadat die hof gister beslis het dat die uitlewering van sy voormalige persoonlike assistent, Moroadi Cholota, onwettig was. Die saak is intussen tot Januarie uitgestel. Nog vermeende slagoffers kom na vore in die nadraai van die moord op die joernalis, Orlolato Mogale. Die sardie...

Spektrum 3 Junie 2025 03.06.2025

'n Nuwe wending in die asbesdak-saak in die Bloemfonteinse hooggeregshof. Die EFF se hofaansoek teen 'n verhoging in die brandstofheffing ontketen 'n nuwe debat oor die samestelling van die brandstofprys. 'n Moeilike politieke situasie ontwikkel in Pole nadat Karol Nawrocki, 'n konserwatiewe nasionalis, die presidentsverkiesing week gewen het.

Spektrum 2 Junie 2025 02.06.2025

Die MK-party kritiseer die toekenning van 'n energietender aan die voormalige Eskombaas, Jan Oberholzer. Huldeblyke stroom in ná die sluipmoord op die IVP-leier, "KP" Sithole. Die sekretaris van die party in Gauteng, Alco Ngobese, is in die voorval gewond. Rusland se afvaardiging daag in Istanbul op vir 'n tweede ronde vredesgesprekke met Kijif, teen die agtergrond van 'n groot Oekraïense hommeltu...

Spektrum 30 Mei 2025 30.05.2025

Die DA sê die voorgestelde Transformasiefonds is 'n hindernis vir ekonomiese groei. Die dwelmmisbruik van die drie veroordeeldes in die Joshlin Smith-saak is in die kollig. Die Withuis sê Israel ondersteun 'n voorstel vir 'n 60-dag lange skietstilstand in Gasa.

Spektrum 29 Mei 2025 29.05.2025

Die drie verdagtes in die Joshlin Smith-saak kry elkeen lewenslange tronkstraf vir mensehandel, en tien jaar vir ontvoering. Die EFF neem die styging in die brandstofheffing hof toe. 'n Verdagte is vas in verband met die moord op die 30-jarige Olorato Mongale - inwoners van Lombardy-wes in Johannesburg sê hulle voel onveilig.

Spektrum 28 Mei 2025 28.05.2025

Kritiek op die president se antwoord oor nie-rassigheid. Israel se bondgenote spreek hulle sterk uit teen die land se militêre optrede in Gaza. Rayno Nel, die wêreld se sterkste man, praat oor sy toekomsplanne.

Spektrum 27 Mei 2025 27.05.2025

Die oorsaak van 'n busongeluk buite Durban wat drie lewens geeis het, is bekend. Die skuldiges in die Joshlin Smith-ontvoeringsaak se vonnisoplegging begin in die Wes-Kaap. Die Suid-Afrikaanse akteur, Presley Chweneyagae, wat die titelrol in die rolprent, Tsotsi, vertolk het, sterf in die ouderdom van 40 jaar.

Spektrum 26 Mei 2025 26.05.2025

Die witskrif oor plaaslike munisipaliteite is onder die loep - ons praat met 'n kenner oor die sleutelkwessies. Steeds talle onsekerhede oor die Suid-Afrikaanse soldate in die DRK se terugkeer. Arabiese en Europese lande vergader in Spanje om vrede in Gasa, en 'n tweestaat-oplossing, te bevorder.

Spektrum 23 Mei 2025 23.05.2025

Ons ontleed die jongste kwartaallikse misdaadstatistiek. 'n Kenner verduidelik watter voordele Elon Musk se Starlink vir Suid-Afrika inhou. Louis Massyn, wat oor twee weke sy 50ste Comrades-medalje wil loshardloop, kry sy eie wegspring-groep.

Spektrum 22 Mei 2025 22.05.2025

Kort nadat geweld op die Kaapse Vlakte in die Amerikaanse Withuis te sprake gekom het, vra gemeenskapsleiers vir 'n Kommissie van Ondersoek na wapengeweld in die gebied. Die Nasionale Tesourie het 'n bykomende R7,5-miljard oor die mediumtermyn aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens toegeken om staatsinkomste in te vorder. Afriforum wend hom tot die hof om wetgewing ten opsigte van grondonteiening o...

Spektrum 21 Mei 2025 21.05.2025

Politieke partye en ekonome deel hulle verwagtinge vir die derde begroting. President Cyril Ramaphosa vergader later vandag met sy Amerikaanse eweknie Donald Trump. Eskom sê daar is tans genoeg elektrisiteitkapasiteit om die netwerk in die wintermaande te onderhou.

Spektrum 20 Mei 2025 20.05.2025

Die Suid-Afrikaanse regeringsafvaardiging vind hulle voete in die VSA op die vooraand van 'n geskiedkundige vergadering met die Amerikaanse president. Politieke partye gee hulle mening oor môre se begroting. Rhyno Nel is die eerste Suid-Afrikaner om die titel van die wêreld se sterkste man in te palm.

Spektrum 19 Mei 2025 19.05.2025

Wye bespiegeling oor presies hoe president Cyril Ramaphosa se besoek aan sy Amerikaanse eweknie, Donald Trump, sal afloop. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy sal aansoek doen dat die Nigeriese pastoor, Timothy Omotoso, in die nabye toekoms aan Suid-Afrika uitgelewer word. Die voortgesette stropery van aasvoëls in Suid-Afrika kan lei tot 'n toename in die oordrag van siektes tussen wilde diere en...

Spektrum 16 Mei 2025 16.05.2025

Die minister van landbou is positief dat die handelsverhouding tussen Suid-Afrika en Amerika versterk kan word. SANRAL het bewerings weerlê dat spoedbeperkings verlaag gaan word. Die Suid-Afrikaanse wolmark is steeds onder druk. Kosstalletjies by Nampo maak goeie geld.

Spektrum 15 Mei 2025 15.05.2025

R7,3-Miljard - dis hoeveel die SAUK nodig het om sy openbare mandaat te befonds. Oekraïne se minister van buitelandse sake pleit by die land se bondgenote om druk op Moskou te plaas om die beplande vredesonderhandelings by te woon. Adjunkpresident Paul Mashitile besoek NAMPO, en grondonteiening is in die kollig.

Spektrum 14 Mei 2025 14.05.2025

Die SAUK-raad word geloof vir sy pogings om die finansiële situasie by die openbare uitsaaier te stabiliseer. Die Minister van Elektrisiteit bly positief oor die vooruitsigte vir die winter, ondanks die huidige beurtkrag. By die Nampo Oesdag in Bothaville bespreek ons die effek van Amerikaanse handelstariewe op kommersiële landbou, en hoe ware transformasie in die landboubedryf bewerkstellig kan w...

Spektrum 13 Mei 2025 13.05.2025

Die werkloosheidskoers styg met een persent in die eerste kwartaal van 2025. President Cyril Ramaphosa werp lig op wie nou eintlik vlugtelinge is, en hoekom hy dink Amerika word leuens gevoer. Die Staat beplan om te appelleer teen die Timothy Omotoso-uitspraak. By die NAMPO-Oesdag praat ons met 'n ekonoom oor die uitwerking van die politieke- en ekonomiese landskap op landbou.

Spektrum 12 Mei 2025 12.05.2025

‘n Groep wit Suid-Afrikaners wat deur Amerika as vlugtelinge beskou word, kom in dié land aan. Die binneverhoor oor die sogenaamde asbesdak-bedrogsaak word in Bloemfontein uitgestel. Die Indiese kolwer, Virat Kohli, kondig sy uittrede uit toetskrieket aan.

Spektrum 9 Mei 2025 09.05.2025

Vonnisverrigtinge in die Joshlin Smith-ontvoeringsaak is uitgestel. 'n Versoek dat leefstyloudits op regters gedoen moet word. Reaksie op die verkiesing van Pous Leo die veertiende.

Spektrum 8 Mei 2025 08.05.2025

Die Valke maak hulle jonsgte misdaadvoorkomingsprestasies bekend. Die Hooggeregshof in Pretoria herbevestig dat die ANC se kaderontplooiingsbeleid nie ongrondwetlik is nie. NSFAS sê hy sal ’n besluit, om in sekere gevalle befondsing vir studente se behuising te staak, hersien.

Spektrum 7 Mei 2025 07.05.2025

Die hofuitspraak dat die ondertekening van die wet op nasionale gesondheidsversekering op hersiening geneem mag word, word uit verskeie oorde verwelkom. Die verval van Johannesburg is in die kollig in aanloop tot die burgemeester se stadsrede. Kardinale vergader om 'n nuwe pous te verkies. Adjunkpresident Paul Mashatile se BBP-lyfwagte, wat by 'n beweerde aanrandingsvoorval betrokke was, is ná 'n...

Spektrum 6 Mei 2025 06.05.2025

Die DA en die Minister van Arbeid pak mekaar in die hof oor die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming. 'n Gedenkdiens word vir die oorlede polisiekonstabels gehou. Die George-gebouramp word 'n jaar later herdenk. 'n Bewaringsgroep vra jagters om nie ammunisie wat lood bevat, te gebruik nie.

Spektrum 5 Mei 2025 05.05.2025

Eskom sê die kans op beurtkrag in die winter is skraal. Die meeste Suid-Afrikaanse soldate in die DRK sal teen einde Mei terug op eie bodem wees. Israel beplan om sy offensief in Gasa uit te brei.

Spektrum 2 Mei 2025 02.05.2025

Uitspraak in die veelbesproke Joshlin Smith-hofsaak word in Saldanha aan die Kaapse Weskus gelewer. Is 'n resessie en geldelike ramp Suid-Afrika se voorland? Die MK Party spog met sy vierde oorwinning in 'n munisipale tussenverkiesing in KwaZulu-Natal.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.