RSG
Skrywers en Boeke
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Skrywers en boeke 31 Augustus 2022 31.08.2022 53:06
Ilse Salzwedel gesels met Tinus le Roux oor sy boek DIE ANGLO-BOEREOORLOG IN KLEUR. Ina Strydom gesels met Joe Kleinhans, gewilde radioskrywer, oor sy lewe en skryfwerk. Daar is meer oor die ATKV-Woordveertjie finaliste vir 2022, nuwe boeke uit die pen van Maggie O’Farrell, Ian McEwan, Kamila Shamsie, William Boyd, Kate Atkinson en ook Salman Rushdie. Johan Myburgh vertel ook meer oor Yuval Noah H...
Skrywers en boeke 24 Augustus 2022 24.08.2022 46:04
Marzanne Le Roux-Van der Boon, bekroon vir romans soos KLAPROSE TEEN DIE WIND en GRANATE BLOEI IN JERUSALEM, is oorlede. Jy kan luister na ‘n argiefonderhoud waarin sy in 2016 oor haar werk en lewe praat. Skrywer Elias P. Nel gesels ook oor sy jarelange skrywersvriendin. Johan Myburg vertel meer oor die talle mense wat al gesterf het of ernstig beseer is weens hulle verbintenis met Salman Rushdie...
Skrywers en boeke 17 Augustus 2022 17.08.2022 50:35
Suzette Kotze Myburg gesels met Chase Rhys oor MISFIT: STORIES VANNIE ANNE KANT, sy bundel rubrieke en kortprosa. Daar is nuus oor die vier kortlyste vir die KYKNET/RAPPORT-boekpryse. In internasionale nuus bring Johan Myburg hulde aan die skrywer David McCullough en skrywer en illustreerder Raymond Briggs, wat albei onlangs oorlede is. Hy vertel ook meer oor Neil Gaiman, pas aangewys as die wenne...
Skrywers en boeke 10 Augustus 2022 10.08.2022 50:15
Die digter Sheila Cussons is vandeesweek ‘n 100 jaar gelede oorlede. Jy kan luister na ‘n dokumenter oor haar lewe en werk. Johan Myburg vertel meer oor Babes in the Wood, ‘n nuwe Margaret Atwood-kortverhaalbundel, die kortlys vir die Ursula K. Le Guinprys vir wetenskapsfiksie en The Last White Man, Mohsin Hamid se nuwe roman. Kom vind ook meer uit oor 14 Augustus se Koop-‘n-Afrikaanse-boek-dag.
Skrywers en boeke 3 Augustus 2022 03.08.2022 56:23
Augustus is die maand waarin Afrikaans in al sy vorme gevier word. Ons luister na ‘n hoorbeeld uit die argief oor AHM Scholtz, skrywer van die bekroonde roman VATMAAR. In Johan Myburg se internasionale nuus gesels hy oor die Britse boekbedryf, die Bookerprys se langlys en Ada Limon, die nuwe amptelike digter van die VSA. Ilse Salzwedel gesels met Annie Olivier, uitgewershoof by Jonathan Ball, oor...
Skrywers en boeke 27 Julie 2022 27.07.2022 52:42
Brian Fredericks praat met Suzette Kotze-Myburgh oor sy roman HOU JOU OË OOP. Troula Goosen, 'n jeugromanskrywer, gesels oor haar skryfwerk en gratis kreatiewe skryfkursus wat sy vir skole beskikbaar stel. Johan Myburg bespreek Claire Keegan se SMALL THINGS LIKE THESE en ander wenners van die Britse Orwell-pryse; en BODIES OF LIGHT, Jennifer Down se roman wat met die Australiese Miles Franklin-pry...
Skrywers en boeke 20 Julie 2022 20.07.2022 49:18
Ilse Salzwedel gesels met Ilse Verster, ‘n slagoffer van mishandeling, oor haar inspirerende boek, SO LYK ‘N VROU – MY 40 JAAR SAAM MET ‘N NARSIS. Marie Lotz gesels oor haar nuwe spanningsroman, POLSSLAG. In sy internasionale bydrae het Johan Myburg nuus oor John Galsworthy, skrywer van The Forsyte Saga, wat tans op TV te sien is. Johan gesels ook oor nuwe internasionale vrystellings vir jou boekr...
Skrywers en boeke 13 Julie 2022 13.07.2022 53:09
Ilse Salzwedel gesels met Helena Gunther oor haar bundel, DIE HART HET SY REDES. Johan Myburg vertel meer oor die Nederlandse digter en skrywer Remco Campert, wat onlangs oorlede is, en die Duitse vertaling van die skrywer Cristina Morales se boek EASY READING wat pas met ‘n internasionale letterkundeprys bekroon is. Hy gesels ook oor ‘n heruitgawe van die Antiguaans-Amerikaanse skrywer Jamaica Ki...
Skrywers en boeke 6 Julie 2022 06.07.2022 44:21
Kaptein Ben Booysen, die man wat die Electus Per Deus-moordbendem aangekeer het, wat Krugersdorp sedert 2012 geterroriseer het, gesels met Ilse Salzwedel oor sy boek OP DIE DUIWEL SE SPOOR (geskryf in samewerking met Nicki Gules). In sy internasionale insetsel bring Johan Myburg hulde aan die Australiese skrywer Frank Moorhouse, wat onlangs oorlede is. Jy kan ook hoor wat die Britse skrywer Phili...
Skrywers en boeke 29 Junie 2022 29.06.2022 56:38
Die skrywer en dramaturg Athol Fugard het op 11 Junie sy 90e verjaarsdag gevier. Kom luister saam na ‘n profiel oor hom, saamgestel deur wyle Margot Luyt, waarin bekende teatermense, soos Sandra Prinsloo, John Kani, Marius Weyers en Yvonne Bryceland oor Fugard en sy werk gesels. Fugard self kan ook daarin gehoor word. Dan kan jy luister na ‘n uittreksel uit ‘n 1993-onderhoud waarin Fugard aan Gerd...
Skrywers en boeke 22 Junie 2022 22.06.2022 44:14
Ilse Salzwedel gesels met die Christelle Van Rooyen-Wessels oor haar misdaadroman OM BETER TE KAN MOOR. Voornemende radiodramaskrywers kan luister na die laaste van Ina Strydom se radiodramaslypklasse. Ina gesels met ‘n vorige wenner van die radiodramaskryfkompetisie, Lee Doubell. Johan Myburg se bydrae oor die internasionale boekewêreld klink bietjie anders as gewoonlik. Jy kan luister na ‘n ges...
Skrywers en boeke Bonuspotgooi 15 Junie 2022 15.06.2022 44:38
In hierdie bonuspotgooi is daar onderhoude met twee baie uiteenlopende Afrikaanse skrywers, wat albei op die 13e Junie gebore is. Verna Vels, die skepper van die legendariese Liewe Heksie, is in 1922 gebore, en die Sestiger Etienne Leroux in 1933. Albei is reeds oorlede, maar hulle boeke word steeds gelees en geniet. Die onderhoud met Verna is in 2013 deur Ilse Salzwedel opgeneem, byna presies ‘n...
Skrywers en boeke 15 Junie 2022 15.06.2022 46:50
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Hannes Barnard oor sy misdaadroman DIE WET VAN GAUTENG. In Johan Myburg se internasionale boekenuus kan jy meer uitvind oor ‘n nuwe roman uit die pen van die Britse skrywer Julian Barnes, die skrywer Abdulrazak Gurnah se bespreking tydens vanjaar se Hay-letterkundefees en ‘n inspirerende skoolbiblioteek-veldtog deur die bekende Britse skrywer Cressida Cowell. In di...
Skrywers en boeke 8 Junie 2022 08.06.2022 51:05
Johan Myburg het nuus oor TOMB OF SAND, die wenner van die Booker International; THE ART OF LOSING, wat met die Dublin-letterkundeprys bekroon is; en ‘n nuwe roman deur die Turkse skrywer en Nobelpryswenner Orhan Pamuk. Ilse Salzwedel gesels ook met Johan, wat in 2018 met die Hertzogprys vir poësie bekroon is, oor sy nuwe digbundel NARRESKIP. Ina Strydom praat oor kopiereg, en die RSG-bonuspotgooi...
Skrywers en boeke 1 Junie 2022 01.06.2022 43:36
NUWE GESKIEDENIS VAN SUID-AFRIKA is ‘n splinternuwe, opgedateerde boek wat ‘n baie gebalanseerde oorsig gee oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis. In net meer as 700 bladsye word die hele land se geskiedenis opgesom, beginnende by die eerste nasies wat hier gewoon het, tot die Suid-Afrika van 2022. Ilse Salzwedel se gaste, professore Herman Giliomee (een van die redakteurs van die boek) en Albert Gr...
Skrywers en boeke 25 Mei 2022 25.05.2022 53:31
Ilse Salzwedel gesels met Rudie van Rensburg oor sy spanningsroman en oor die verfilming van sy boek HANS STEEK DIE RUBICON OOR. Sy gesels ook met Philip de Vos oor MÔRE EN GISTRAAND EN DIE EINDE VAN DIE MAAND, sy nuwe bundel verse. In die radiodramaslypklas gesels Ina Strydom oor al die moets en moenies van die storielyn. In sy internasionale bydrae vertel Johan Myburg meer oor die polemiek oor d...
Skrywers en boeke 18 Mei 2022 18.05.2022 50:13
Die bundel, VRYDAGAAND, bevat 27 kortverhale deur bekende skrywers soos Elsa Winckler, Dibi Breytenbach, Kristel Loots, Nanette van Rooyen en Jaco Jacobs. Hulle gesels met Ilse Salzwedel oor die gewildheid van hierdie genre. Elsje van Jaarsveld gesels met Tinus van Staden oor RATELTAAI, ‘n biografie oor die oudrugbyspeler Etienne Reynecke. Dr. Mia Oosthuizen gesels oor die SA Kinderliteratuurfees...
Skrywers en boeke Bonuspotgooi 11 Mei 2022 11.05.2022 24:40
Uit die argief: Bun Booyens, oudredakteur van Die Burger, gesels oor sy boek oor die legendariese spotprentkunstenaar Fred Mouton, wat verlede week oorlede is.
Skrywers en boeke 11 Mei 2022 11.05.2022 51:02
Ilse Salzwedel gesels met SJ Naude, wat onlangs vir die tweede keer met die Hertzogprys bekroon is vir sy bundel kortverhale, DOL HEUNING. Barend Vos, skepper van die humoristiese GROOTSEUNSTORIES en vier romans, gesels oor die uitdagings van skryf in verskillende genres. In die weeklikse radiodramaslypklas gee Ina Strydom raad oor karakters en karakterisering. Johan Myburg gesels oor Elspeth Bark...
Skrywers en boeke 4 Mei 2022 04.05.2022 50:45
Ilse Salzwedel gesels met Charne Kemp oor haar nuwe ware misdaadverhaal MOORD OP POFADDER. Elsje van Jaarsveld gesels met Lizz Meiring, samesteller van SOETE SONDE, ‘n bundel essays oor sjokolade. Ina Strydom bespreek die skryf van dialoog in haar radiodramaslypklas. Johan Myburg het nuus oor onverwagte groei in ‘n Amerikaanse boekwinkelgroep, die kortlys van die Britse Women’s Prize vir fiksie, e...
Skrywers en boeke 27 April 2022 27.04.2022 52:57
Ilse Salzwedel gesels met Jeanette Stals oor haar jongste spanningsroman, BLOEDBANDE.Die wenners van die Akademie vir Wetenskap en Kuns se letterkundige pryse, asook die UJ-pryse, is onlangs aangekondig. Leon van Nierop en Ina Strydom vertel meer van die nuwe RSG-middagvervolgverhaal, HET VAN VERLANGEKRAAL, wat op ‘n roman uit 1960 gebasseer is. Wil jy ‘n radiodrama skryf? In vanaand se slypklas k...
Skrywers en boeke 20 April 2022 20.04.2022 49:08
Kirby van der Merwe gesels met Suzette Kotze-Myburgh oor sy tweede roman, EUGENE. In die #BoekeWatBetower-bydrae vertel skrywer en joernalis Annemarie van der Walt van die vyf boeke wat sy vir haar dogters gekoop het toe hulle die huis verlaat het, en van die besonderse manier waarop die roman BOENDOE van Chris Barnard haar lewe verander het. Voornemende skrywers van radiodramas kan uitsien na goe...
Skrywers en boeke 13 April 2022 13.04.2022 49:49
Sally Andrew se Tannie Maria misdaadromans is reeds in 14 tale vertaal en ook in ‘n internasionale TV-reeks verwerk. Ilse Salzwedel gesels met Andrew oor The Milktart Murders. Daar is reeds vier boeke in die reeks, wat in die styl van die Agatha Christie-misdaadverhale geskryf is, maar met ‘n lekker koskinkel in die kabel, want Tannie Maria is boonop ‘n troostante wat heerlike kos en resepte gebru...
Skrywers en boeke 6 April 2022 06.04.2022 54:49
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Michelle Meyer oor MOER, haar aangrypende en soms ontstellende debuutroman oor moederskap. Joan Hambidge bring hulde aan die digter Johan van Wyk, en jy kan ook luister na ‘n uittreksel uit ‘n onderhoud met die digter en skrywer Ronel Nel. Albei is verlede week oorlede. Johan Myburg het nuus oor die wenner van die Rathbones-Folioprys, Colm Toibin, en die agt wenner...
Skrywers en Boeke Bonuspotgooi 30 Maart 2022 30.03.2022 1:01:47
In die eerste bonuspotgooi van Skrywers en Boeke kan jy luister na ‘n onderhoud met wyle De Waal Venter, wat Nic Swanepoel in 1989 met hom gevoer het, asook ‘n onderhoud wat Ilse Salzwedel in 2018 met wyle Derick van der Walt gevoer het oor sy eerste volwasse roman, Tussen Vriende. En het jy geweet Barbara Kingsolver is ‘n opgeleide bioloog? Ilse Salzwedel het in 2015 met Kingsolver gesels oor haa...
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.