RSG
Skrywers en Boeke
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Skrywers en boeke 22 Februarie 2023 22.02.2023 51:38
Ilse Salzwedel gesels met Tom Dreyer, skrywer van KODACHROME, oor sy werk. Luister na uittreksels uit twee argiefonderhoude met T.O. Honnibal, die skepper van die gewilde strokiesprentkarakters Kaspaas en Adoons. Johan Myburg het nuus oor ‘n nuwe internasionale prys vir vroueskrywers van nie-fiksie, Franse eerbetoon aan die Peruviaanse skrywer Mario Vargas Llosa, die beoordelaarspaneel van die Boo...
Skrywers en boeke 15 Februarie 2023 15.02.2023 53:41
Ons maak ‘n draai in die Switserse Alpe by die skrywer skrywer Isa Konrad. Ilse Salzwedel gesels met Theo Kemp van die Jakes Gerwel-stigting oor ‘n paar van hulle beplande inisiatiewe vir 2023. Johan Myburg het internasionale nuus oor Salman Rushdie, wie se jongste roman onlangs verskyn het, aanlyn-skryfklasse deur die Skotse digter Carol Ann Duffey, en ‘n klompie boeke deur bekende internasionale...
Skrywers en boeke 8 Februarie 2023 08.02.2023 54:15
Ilse Salzwedel gesels met Amanda Botha, joernalis en skrywer, oor haar groot bydrae tot die Afrikaanse boekbedryf. Elna van der Merwe vertel meer oor die Vrye Weekblad Stilbaai-boekefees wat die laaste naweek van Februarie plaasvind. Johan Myburg het nuus oor die langlys vir die Dublin Literary Award, die kortlys vir die Rathbones Folioprys en ‘n nuwe boek, JUSTICE FOR ANIMALS: OUR COLLECTIVE RESP...
Skrywers en boeke 1 Februarie 2023 01.02.2023 49:38
Nicol Stassen, bekroonde skrywer en uitgewer, gesels oor sy driemalig bekroonde boek oor die Dorslandtrekkers, VAN HUMPATA TOT UPINGTONIA. In sy internasionale bydrae het Johan Myburg nuus oor nuwe boeke uit die pen van twee vroueskrywers, die Brit Malorie Blackman en die Chinees-Amerikaanse skrywer Kathryn Ma. Johan bring ook hulde aan die Britse reisskrywer Jonathan Raban. Theo Kemp, hoof van di...
Skrywers en boeke 25 Januarie 2023 25.01.2023 49:03
Karen Jennings, ‘n skrywer van Kaapstad wie se roman AN ISLAND in 2022 vir die gesogte Bookerprys benoem is, gesels met Ilse Salzwedel. Ilse gesels met Annelien van Basten van Skryfnet oor hulle aanlynskryfskole. Johan Myburg gesels oor BLOODBATH NATION, ‘n nie-fiksie nuwe boek wat die VSA se beheptheid met en problematiek oor vuurwapens ontleed. Hy vertel ook meer oor die wenner van Brittanje se...
Skrywers en boeke 18 Januarie 2023 18.01.2023 46:19
Ilse Salzwedel gesels met prof. Karen de Wet van die Universiteit van Johannesburg. Sy is die redakteur van ‘n huldigingsbundel oor die digter en skrywer Petra Müller, getiteld ‘N HULDIGING: PETRA MÜLLER, DIE SKERPGEVYLDE OOMBLIK. Jy kan ook luister na ‘n argiefonderhoud waarin Margot Luyt met Müller oor haar digkuns gesels. Johan Myburg het internasionale nuus oor internasionale nie-fiksie topver...
Skrywers en boeke 11 Januarie 2023 11.01.2023 48:57
Ons bring hulde aan die skrywer, dramaturg en digter Dolf van Niekerk, wat op Oujaarsdag 2022 oorlede is. Hy was een van die veelsydigste woordmense in Afrikaans met verskeie romans, kortverhale, radiodramas en digbundels op sy kerfstok. Van Niekerk het ook ‘n groot aandeel gehad in die sukses van Afrikaanse radio. Jy kan luister na ‘n dokumentêr wat Ina Strydom in 2019 saamgestel het ter viering...
Skrywers en boeke 4 Januarie 2023 04.01.2023 48:09
Chris Karsten vertel die verhaal agter sy nuwe historiese roman, OP PAD NA MOORMANSGAT, wat handel oor Billy Foster en generaal Koos de la Rey. Johan Myburg gesels oor nuwe internasionale romans, en die veertigste Asterix-boek wat vanjaar verskyn. Hy kyk ook watter skrywers 100 jaar gelede in die nuus was. As jy vanjaar wil erns maak van jou eie roman, maak seker jy luister na Ilse se onderhoud me...
Skrywers en boeke 28 Desember 2022 28.12.2022 50:48
Ilse Salzwedel gesels met narratiewe terapeut Therese Hulme oor haar boek, PRAAT JY, wat handel oor die terapeutiese waarde van skryf vir kinders. Die belangrikheid van lees word ook bespreek. Joanie Combrinck, regisseur van AMPIE, RSG se middagvervolgverhaal, vertel hoekom sy dink die verhaal is steeds relevant. Jy kan ook luister na ‘n argiefopname uit 1958 wat interessante agtergrond gee oor Jo...
Skrywers en boeke 21 Desember 2022 21.12.2022 53:34
Die wenner en naaswenner van LAPA se Jeugromankompetisie 2022, Annelie Ferreira (DIT HET ALLES BEGIN BY ‘n HOND) en Nerine Ahlers (DIE VERDWYNING VAN SEAMUS SMIT DEUR SEAMUS SMIT), gesels met Ilse Salzwedel oor hulle boeke en wat dit is wat kinders laat lees. Johan Myburg gesels oor vyf internasionale fiksieboeke wat vanjaar aandag getrek het, en jy kan ook luister na ‘n uittreksel uit ‘n onderhou...
Skrywers en boeke 14 Desember 2022 14.12.2022 55:01
Ilse Salzwedel gesels met Cliffordene Norton oor haar debuutjeugroman. OM JOU TE KEN. Deidre Jantjies vertel vir Suzette Kotze wat die inspirasie was agter haar kinderboek, STORIES IN DIE WIND. Deborah Steinmair, boekeredakteur van die Vrye Weekblad gesels oor ‘n klompie van haar gunstelingboeke van 2022. Johan Myburg gesels oor boeke vir jong volwassenes wat internasionaal aanbeveel word, en vert...
Skrywers en boeke 7 Desember 2022 07.12.2022 45:27
Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, en Deborah Steinmair, boekeredakteur van die VRYE WEEKBLAD, gesels oor ‘n klompie van hulle gunstelingboeke van 2022. Johan Myburg gesels oor boeke vir jong volwassenes wat internasionaal aanbeveel word, en vertel van die 12 skrywers wat aangewys is as 2022 se skrywers vir die Britse Royal Society of Literature se RSL 200-lys. Hy bespreek ook die sterk uitsp...
Skrywers en boeke 30 November 2022 30.11.2022 51:10
Wonder jy watter boeke jy vir die lesers in jou lewe moet koop? Ilse Salzwedel se gaste het ‘n hele klomp voorstelle. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor haar gunsteling Afrikaanse romans vir 2022 en skrywer en oud-uitgewer Kerneels Breytenbach vertel van die vyf boeke bo-aan die afgelope jaar se leeslysie. Johan Myburg gesels oor tien van die boeke op TIME se lys van 100 beste boek...
Skrywers en boeke 23 November 2022 23.11.2022 55:49
Die digter Peter Snyders het onlangs sy 83e verjaarsdag gevier. Jy kan luister na uittreksels uit twee argiefonderhoude waarin hy oor sy werk praat en ook van sy gedigte voorlees. In die eerste bydrae waarin ander boekjoernaliste oor gunstelingboeke vir 2022 praat, gesels SARIE-boekeredakteur Phyllis Green oor vyf spanningsromans wat sy kan aanbeveel. Johan Myburg het nuus oor die Universiteit va...
Skrywers en boeke 16 November 2022 16.11.2022 50:51
Suzette Myburg gesels met Francois Loots oor sy roman DIE KAPOKDOKTER, wat gebasseer is op die lewe van dr. James Barry, een van die beroemdste medici in die geskiedenis van Suid-Afrika. Daniella van Heerden vertel van haar bekroonde jeugroman, AS JY DROOM. Dis gebasseer op die ware verhaal van Megan Werner en 19 ander Suid-Afrikaanse tieners wat 'n vliegtuig gebou het waarmee hulle van die Kaap n...
Skrywers en boeke 9 November 2022 08.11.2022 54:23
Ilse Salzwedel gesels met ‘n skoolhoof van die Kaapse Vlakte, Clive Arries, en Roscoe Williams, organiseerder van ReadToRise, oor boeke en lees se invloed op kinders. Sy gesels ook met Joha van Dyk, ‘n Matie-student wat reeds twee jeugromans op haar kerfstok het. In Johan Myburg se internasionale boekenuus kan jy luister na ‘n bydrae oor Stefan Hertmans se nuwe roman wat nou in Engels beskikbaar i...
Skrywers en boeke 2 November 2022 02.11.2022 49:18
Anton Roodt gesels oor sy bekroonde satiriese toekomsroman, WEERLOSE MEGANIKA. Santie van der Merwe gesels oor UIT DIE DONKER en haar inspirasies vir verhoudingsromans. Johan Myburg het nuus oor ‘n nuwe roman deur John Irving, ‘n nuwe bundel kortverhale deur Joyce Carol Oates en verwikkelinge in die Britse boekbedryf wat dalk tot ‘n oplewing in digitale platforms as bron van stories kan lei. Daar...
Skrywers en boeke 26 Oktober 2022 26.10.2022 47:40
Ilse Salzwedel gesels met Chanette Paul oor haar nuwe roman, MURASIE. An-mari Do Carmo vertel die verhaal agter haar aangrypende jeugroman, TOE ALS GROEN WAS, wat op ‘n ware verhale gebasseer is. Johan Myburg bring hulde aan Carmen Callil, die uitgewer agter die Virago-druknaam. Hy vertel van die Nederlanders se bekroning van hulle skrywer Arnon Grunberg, en stel ons bekend aan die skrywer van die...
Skrywers en boeke 19 Oktober 2022 19.10.2022 47:47
Suzette Myburg gesels met Crystal Donna Roberts oor haar debuutjeugroman SPEURDER SAMMI: DIE BLOU STEEN. Ilse Salzwedel gesels met Madelein Rust oor haar toekomsfiksie-misdaadroman MOEDERLAND. Sophia Kapp vertel meer oor die storie agter haar nuwe verhoudingsroman HEIMWEE.
Skrywers en boeke 12 Oktober 2022 12.10.2022 49:21
Vind meer uit oor die Avbob-poësieprojek, en hulle betrokkenheid by RSG se huldigingskonsert ter viering van Antjie Krog se 70e verjaarsdag. Ilse Salzwedel gesels ook met Clinton V. Du Plessis, bekende digter en die Afrikaanse wenner van vanjaar se Avbob-projek. Johan Myburg gesels oor die Zimbabwiese skrywer, Tsitsi Dangaremgba, se vonnis vir sogenaamde aanhitsing tot geweld, ‘n biografie oor die...
Skrywers en boeke 5 Oktober 2022 05.10.2022 55:17
Ilse Salzwedel gesels met Herman Lategan oor sy biografie HOERKIND. Johan Myburg bring hulde aan Hilary Mantel, gesels oor TS Elliot, en vertel wat beroepswedders se keuses is vir vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde. Suzette Myburg gesels oor vanjaar se Woordfeesbundel, en Nadine Petrick vertel waarna boekliefhebbers kan uitsien by Aardklop.
Skrywers en boeke 28 September 2022 28.09.2022 50:17
Suzette Myburg stel jou voor aan Engela Ovies, skrywer van DRAAIRIVIER (wat op RSG voorgelees is) en FLORA. Dibi Breytenbach gesels oor haar boeiende nuwe roman BUIT. In Johan Myburg se internasionale bydrae gesels hy oor Bernardine Evaristo se inspirerende memoir. Johan vertel ook meer oor Herman Hesse se roman Siddhartha wat vanjaar ‘n 100 jaar gelede verskyn het. Dan het hy ook nuus oor ‘n bund...
Skrywers en boeke 21 September 2022 20.09.2022 49:15
Margie Orford, 'n Suid-Afrikaanse skrywer wat deesdae in Brittanje woon, gesels oor haar nuwe roman THE EYE OF THE BEHOLDER. Johan Bakkes vertel hoekom sy ou boeke heruitgegee word, en doen ‘n beroep op meer ondersteuning vir NALN. Hoor wie die wenners van die ATKV Woordveertjies en Kinderboektoekennings vir 2022 is. Johan Myburg gesels oor vertaalde boeke wat wêreldtreffers geword het, die Spaans...
Skrywers en boeke 14 September 2022 14.09.2022 53:15
Marida Fitzpatrick gesels oor haar aangrypende roman MARA. Johan Myburg het nuus oor die gunstelinge vir 2022 se Bookerprys, die kortlys vir die Sunday Times Literary Awards en Peter Straub, ‘n goeie vriend en medewerker van die skrywer Stephen King, wat onlangs oorlede is. King se aanhangers kan meer uitvind oor ‘n nuwe boek uit sy pen, waaruit hy self ‘n stukkie voorlees. Daar is ook alles wat j...
Skrywers en boeke 7 September 2022 07.09.2022 53:42
Ilse Salzwedel gesels met Engela Linda van Rooyen oor haar skryfloopbaan van meer as 60 jaar. Sy het tientalle boeke, honderde tydskrifverhale en ook radioverhale geskryf. DIEREPLAAS, die Afrikaanse vertaling van George Orwell se ANIMAL FARM, word tans op RSG voorgelees. Die vertaler Wium van Zyl verduidelik hoe hy die vertaling aangepak het. Johan Myburg het nuus oor nuwe prosa uit die pen van di...
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.