Maroela Media

Leon van Nierop se fliekresensies

Tv AF ↓ 150 episodes

Leon van Nierop resenseer weekliks rolprente en televisiereekse op Maroela Media.

Author

Maroela Media

Category

Tv

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Dec 22, 2025

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Onvoorspelbare rillerfliek sterk aanbeveel op grootskerms 22.12.2025

Alles loop voor die wind, maar daar is fout met die oppasser se kamer, want daar is nie ʼn handvatsel aan die binnekant nie. Wat kan dit beteken?

Avatar-slawe kan tande slyp vir 3D-skouspel 17.12.2025

Daar is ook ʼn storie oor ouerskap, liefde en verantwoordelikheid. Hoe ver sal ʼn pa gaan om vir sy seun die waarheid te vertel, en wat is die ma se houding teenoor die seun?

Clooney, Sandler neem stewige stelling in oor bekendheid 11.12.2025

Die punt is: George Clooney speel hier eintlik in ʼn mate homself as Jay Kelly. Die bekendste ster in die wêreld. Hy kan nêrens heen loop nie en reis met straler ná straler van plek tot plek.

Top-animasiefliek lok alle ouderdomme na teaters  05.12.2025

Dis slim, doen verskriklik baie moeite met karakterisering en leer die kroos boonop ʼn les.

Kulkunstenaars maak derde draai op grootskerm 20.11.2025

In hierdie geval is daar ʼn Suid-Afrikaner betrokke wat met ʼn reusediamant in Limpopo sit waarop talle mense hul hande wil lê. Kan sy hoegenaamd vertrou word?

Riller geskoei op ware moordverhaal is g’n piekniek 13.11.2025

Nie een van die karakters vind eintlik aanklank by die gehoor nie, veral as jy sien waarmee die stroewe pa wegkom, pens dik geëet van die vet van sy rykdom en ander mense se geld wat hy verduister het.

Juweel oor straatbrak ontroer diep 07.11.2025

Dit gaan ook oor die feit dat daar darem nog menslikheid in ʼn onvriendelike wêreld is, en ʼn liefde vir diere wat weggegooi is.

Fliekresensie | Stroewe reeks oor psigopaat wat Italië geteister het 31.10.2025

Dit sal jou ontsenu en skok, maar tog nuuskierig en gefassineer laat staar na wat gebeur het.

Verhaal oor vermiste hondjie roer gesinsharte 24.10.2025

Hierdie storie gaan eintlik oor eenvoudige mense en hul verhoudings met diere.

Moord op boot sorg vir vergesogte dog boeiende reeks 17.10.2025

Keira Knightley hou alles bymekaar terwyl die storie voortsnel en na sy spannende einde vaar.

Ierse skuimkoppe sorg vir boeiende familiedrama 07.10.2025

Die eienaar van die Guinness-brouery in Dublin sterf. Wanneer sy testament gelees word, wag daar groot verrassings op sy vier kinders.

Toni Collette ʼn kragtoer in aweregse TV-reeks 02.10.2025

Jy moet ʼn stewige ondersteuner van aweregse televisiereekse wees om hierdie een te oorleef, maar jy kan dit probeer as jy dapper is.

Dokterdrama vol kinkels, verrassings 26.09.2025

Vir ʼn verandering sien ons nie weer bloed en derms in ʼn hospitaalreeks nie, maar ʼn dokter in ʼn krisis.

Verhaal oor liefde vir rooibostee sorg vir kunsfliek van formaat 19.09.2025

Boonop mag dit Suid-Afrika se inskrywing vir die Oscar-toekennings wees.

Stywelip Britte sorg vir sielvolle afskeid met laaste ‘Downton Abbey’-fliek 12.09.2025

Al die pittigheid, stywelip Britse humor, nietige insidente wat in reusedramas ontaard en die verhoudings en doenighede van die karakters vul steeds twee uur soos ʼn droom.

Skadelose bejaardes los moord op met humor 04.09.2025

“The Thursday Murder Club” is gemiddelde, knus vermaak vir ʼn warm Saterdagmiddag as jy wil lag terwyl jy ʼn moord help oplos.

Liefde, deernis, hoekpale in pragprent 28.08.2025

Uittreksel: Hierdie rolprent sal aan jou hartsnare vat en jou aanspoor om ʼn tweede keer te gaan kyk.

‘The Pitt’ – soms bombasties maar briljant 22.08.2025

Uittreksel: Dit is ʼn uitsonderlike hardekwas en soms bombastiese, maar briljante reeks oor hoe mediese personeel trauma hanteer. Baie sterk aanbeveel, maar moenie Binnelanders verwag nie.

Trae tranetrekker met skoongesig-akteur tref oppervlakkig 15.08.2025

Die fliek probeer hard om ‘The Notebook’ te wees, kompleet met ʼn aanloop tot ʼn soen op die plakkaat.

Rhodesiese tragedie met nugterheid, mededoë vertel 08.08.2025

Dit sal jou aangryp, boei en met hartseer vul wanneer dit die kollig plaas op die desperaatheid van die destydse boere wat moes padgee, en hoe die ontwortelde gesinne net met die klere aan hul lyf moes vlug.

Vurige 4 bied g’n oorspronklikheid, opwinding 01.08.2025

Al is die resensie negatief en die punte laag: Gehore is gek hieroor en klap hande en kekkel en jubel soos kleuters wanneer hul helde die magtiges in die heelal aandurf.

Aksie, ongeskonde wildernis ʼn trekpleister 25.07.2025

Die reeks gaan oor geregtigheid, oor om die park skoon te hou van dwelms en verderflike invloede.

Superman kry nuwe krag op silwerdoek 18.07.2025

Die vonk tussen Rachel Brosnahan as Lois en David Corenswet as Superman is elektries. Daardie dialoog vlieg soos tafeltennisballe heen en weer.

Nie die oorspronklike nie, maar steeds ʼn dino-fliek met tande 03.07.2025

Niks kan weer naby die eerste een kom nie, maar hierdie een staan onafhanklik op sy eie vier pote en wikkel sy stert.

Animasiefliek gevul met filosofieë en skouspelagtigheid 27.06.2025

Bewys jouself ʼn guns en gaan kyk saam met die kroos na ʼn animasiefliek wat ʼn bietjie meer om die lyf het as net ʼn oppervlakkige gejodel.

Listen to the Leon van Nierop se fliekresensies podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.