Maroela Media
Leon van Nierop se fliekresensies
Leon van Nierop resenseer weekliks rolprente en televisiereekse op Maroela Media.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Robuuste Skotse speurverhale te taai vir vraatkykers 20.06.2025 1:36
Elke episode oor die getraumatiseerde karakters is so volgepak met gebeure en slaggate, jy moet eers asemskep.
Vriendskaplike draakopleiding sorg vir skouspelagtige tonele 11.06.2025 1:23
Dit is ʼn meer realistiese, nugtere en oopkop hantering van ʼn storie vol subteks oor ʼn onwaarskynlike vriendskap wat ʼn land verander.
Italiaanse oumas roer kykerharte met komieklike kosfliek 27.05.2025 1:42
“Nonnas” is ʼn pragtige, ontroerende fliek met ʼn kinkel in sy spaghetti.
Ondeunde Stitch en kie sorg weer vir pure pret 27.05.2025 1:44
Dis ook ʼn fliek vir ouers wat die subteks maar al te goed sal verstaan. Gaan verlustig jou in ʼn meisietjie en vreemdsoortige brakkie-parmant se avonture.
Toertjies tot vervelens toe in agtste hoofstuk van Tom Cruise-flieks 22.05.2025 2:00
Dis net Cruise wat sy beeld met elke rolprentskoot verder poets en nog meer onwaarskynlike toertjies uithaal.
Ontledende Helderberg-dokkie met blitssnelle tempo boei kykers 15.05.2025 1:53
Volgens die dokumentêr was daar na bewering ongerymdhede en knellende vrae wat onbeantwoord gebly het, soos ʼn klankopname van presies wat kort voor die ramp gebeur het, wat spoorloos verdwyn het.
Waardevolle lewenslesse by dié pikkewyn te leer 07.05.2025 1:50
Dit klink dalk baie gemiddeld, maar hierdie rolprent is besonders.
‘Sinners’ is ene vampier en visuele vuurwerke 30.04.2025 2:04
Coogler herontwerp die vampiergenre met brute styl en verskaf ʼn kykervaring wat deur jou lyf sal dreun.
Spanningsvolle storielyn opgedis in speurverhaal 25.04.2025 1:31
Die genot lê in die onverwagse skokke wat die kyker telkens tref en die goeie karakterisering van al die verdagtes.
‘Minecraft’ laat ouers sug en kinders juig 17.04.2025 1:58
Wees gewaarsku – dis buitensporig lawaaierig en oordadig, en vir baie lesers sal dit g’n grap wees nie.
Briljante reeks gooi kollig op jeugmisdaad 11.04.2025 2:07
Elke episode is in ʼn aaneenlopende skoot geskiet waarin daar geen merkbare redigering is nie. Dit is soos ʼn verhoogstuk.
Volpunte vir boeiende dramareeks oor jong niggies se gru-dood 04.04.2025 2:19
“Niggies” is ʼn uitsonderlike produksie wat die Afrikaanse televisiebedryf ʼn stewige hupstoot gee. Dit is briljante gehaltewerk.
Moderne Sneeuwitjie steek af teen sprokie van ouds 28.03.2025 1:31
As jy jou vermaak met ʼn stewige versoeter en ʼn pragtige voorkoms verkies, net reg vir die kinders, is hierdie een vir jou.
Onderhoud wat prins laat sweet in boeiende drama vervat 14.03.2025 1:47
Dit is ʼn gedramatiseerde weergawe van die onderhoud op televisie en wat vooraf gebeur het, met Michael Sheen knap as prins Andrew.
TV-debuut vir gesoute De Niro in aksiereeks 07.03.2025 1:41
Vraatkykmateriaal, maar skakel jou breinselle af. Aanbeveel met voorbehoud.
Jong liefde laat Bridget Jones, fliekgangers ewe bloos 27.02.2025 1:49
Jy sal dit gate uit geniet as jy sien hoe Bridget haar lewe probeer balanseer, opnuut leer wat dit is om verlief te raak en om weer met ʼn loopbaan te begin, want sy maak die een blaps ná die ander.
Nuwe Marvel-fliek torring los by die nate 19.02.2025 2:01
Waar vorige “Captain America”-flieks pret was wat jou aan die skerm vasgenael gehou het van skone lekkerkry, is hierdie vervolg nie op dieselfde standaard nie.
Storievrate verslind Harlan Coben se jongste Netflix-reeks 14.02.2025 1:15
Die storie se ontknoping is ʼn bietjie voorspelbaar, maar jy sal aanhou kyk om agter die kap van die byl te kom. En dan sal jy sug: “Het jou mos gesê!”
Aksiefliek met Cameron Diaz, Jamie Foxx ‘lig in die broek’ 13.02.2025 1:31
Wel, dis miskien nie jou tipiese Valentynsdagfliek nie.
Resensie | Hardebaard-held sorg vir prima aksie-vermaak 30.01.2025 1:44
Inspanningloos met ʼn komkommerkoel houding, vol aksie met ʼn storie wat darem boei, en ʼn manlike held wat nie soos Jason Statham probeer manlik wees nie. Hy is net.
Bloeddorstige kinderspeletjies terug vir ronde twee 23.01.2025 1:43
Dié slag kom die spelers in opstand, nie net teen mekaar nie, maar ook teen die meesterbrein.
Eddie Redmayne ‘uitsonderlik’ in pakkende ‘Jackal’-reeks 17.01.2025 2:05
Die ironie is dat die kyker aan die kant van die gewetenlose sluipskutter is, maar eweneens ʼn bewondering vir die slim, uitgeslape en vasberade agent het.
Teer, intieme punte aangeraak in ‘Babygirl’ 08.01.2025 1:34
ʼn Alternatief vir al die ligsinnige Kers- en vakansievermaak.
Oordadige aksie, geweld in 'Canary Black' 03.01.2025 1:39
Daar is meer aksie en geweld as wat een fliek kan hanteer.
Mufasa-verhaal minder ‘veelvlakkig, musikaal’ as voorgangers 20.12.2024 1:25
Ai, mens voel dat die vlakvark en die meerkat te min gesien word, en dat selfs Rafiki soebat om meer tyd op die skerm.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.