RSG

Skrywers en Boeke

Tv AF ↓ 727 episodes

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Skrywers en boeke: Theolla Langenhoven; Annemarie van Niekerk 08.07.2026

8 Julie 2026: Suzette Myburg gesels met Theolla Langenhoven oor haar treffende debuutroman, SOET ROOS VAN SARON. Annemarie van Niekerk vertel vir Ilse Salzwedel meer oor haar debuutroman, DIE OORKANT, en haar bekroonde memoir, ONDER ‘N BLOEDROOI HEMEL. In Johan Myburg se wêreldbydraes kan jy meer uitvind oor die nuwe borgskap vir die International Bookerpryse, die omstrede wenverhaal van die Commo...

Skrywers en boeke: Zelda Bezuidenhout & Naomi Morgan 01.07.2026

1 Julie 2026: Ilse Salzwedel vra Zelda Bezuidenhout uit oor haar roman, MEI EN ALLES DAARNA, en haar jeugroman, DIE TUSSENINNERS, waarmee sy ‘n tweede plek losgeskryf het in LAPA se jeugromankompetisie. Die Franse kenner, prof. Naomi Morgan, gesels oor die immergewilde verhaal van DIE KLEIN PRINSIE, wat vanjaar 80 jaar gelede gepubliseer is. Sy vertel ook meer oor die spesiale produksie waarmee di...

Skrywers en boeke: Irma Joubert & Alwyn Roux 24.06.2026

24 Junie 2026: Alwyn Roux, die medewenner van vanjaar se Eugene Maraisprys, gesels oor sy digbundel, WEERSKYN, en vertel ook meer oor MERANG, waarvan hy medesamesteller was. Irma Joubert vertel van die storie agter die storie in haar jongste roman, REBEKKA VAN KAMEELDOORNPLAAS. Johan Myburg stel ons voor aan die wenners van die Women’s Prize se fiksie en nie-fiksieprys. Hulle is Lyse Doucet vir TH...

Skrywers en boeke: Portchie oor sy outobiografie, VAN TWEELING TOT TRAFALGAR SQUARE 17.06.2026

17 Junie 2026: Francois Bekker gesels oor drie nie-fiksie boeke wat hy kan aanbeveel - VALSKERMBATALJONVERHALE, saamgestel deur Mike Bolhuis, PARLEMENTPRAATJIES deur Pieter Mulder en MY LIFE deur Bill Clinton. Johan Myburg vertel meer oor die Booker-stigting se nuwe kortverhaalbundel, ALL AROUND THE WORLD, saamgestel deur Rodney Doyle, Sarah Wynn-Williams se onthullende boek, CARELESS PEOPLE, oor...

Skrywers en boeke: Nuwe romans van Rudie van Rensburg, Irna van Zyl & Anton Roodt 10.06.2026

9 Junie 2026: Rena Rauch gesels oor haar aangrypende debuutroman, BEAUTY. Francois Bekker gesels oor Irna van Zyl se KANNIEDOOD, Rudie van Rensburg se ENIGMA en Anton Roodt se AAN DIE HEMELTRANS. Johan Myburg sorg vir drie bydraes uit die internasionale letterkunde: die wenners van die James Tait Black-prys, ‘n nuwe boek uit die pen van Ruth Ozeki, en ‘n huldeblyk oor die skrywer en digter Maureen...

Skrywers en boeke: Lynthia Julius, medewenner van Eugene Maraisprys vir poësie 03.06.2026

3 Junie 2026: Ilse Salzwedel gesels met die digter Lynthia Julius, wat onlangs aangewys is as die medewenner van die Eugene Maraisprys vir poësie. Gielie Hoffman gesels met Frederick Botha, skrywer van SEUNS WEET, oor sy debuut. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die tweede Climate-fiksieprys, die wenner van die gesogte Dublin-letterkundeprys, en ‘n belangrike internasionale poësieprys wa...

Skrywers en boeke: Anoeschka von Meck oor TWA DIE TYDLOPER; Laaste slypklasse vir radiodramaskrywers 27.05.2026

27 Mei 2026: Ilse Salzwedel gesels met Anoeschka von Meck oor haar boek, TWA DIE TYDLOPER. Johan Myburg het bydraes oor die wenners van twee gesogte internasionale letterkundepryse, die Dylan Thomas-prys en die Booker International. Hy gesels ook oor nuwe boeke vir jou leeslysie. Vir radiodramaskrywers is daar twee laaste slypklasse met raad oor die ontwikkeling van ‘n storielyn en die gebruik van...

Skrywers en boeke: Madelein van Biljon gesels met Daniël Hugo oor lees; Skryfhulp vir radiodramaskrywers. 20.05.2026

20 Mei 2026: Luister na ‘n onderhoud uit 1996 waarin wyle Madelein van Biljon met Daniël Hugo gesels oor lees. Johan Myburg sorg weer vir interessante nuus uit die internasionale boekewereld. Hy gesels oor die wenners van die British Book Awards, of Nibbies, en vertel ook meer oor Haruki Murakami se jongste roman en ‘n Engelse vertaling van die skrywer Mario Vargas Llosa se jongste roman. Voorneme...

Skrywers en boeke 13 Mei 2026 13.05.2026

Ilse Salzwedel gesels met Bun Booyens, wie se boek, TROEP, onlangs met die LW Hiemstraprys vir nie-fiksie bekroon is. Johan Myburg gesels oor literêre toerisme, en vertel meer oor ANGEL DOWN deur Daniel Krause, wat as die wenner van die Pulitzerprys vir fiksie aangewys is. Hy bring ook hulde aan die Britse digter, Carol Rumens, wat onlangs oorlede is. Radiodramaskrywers moet inskakel vir Ina Stryd...

Skrywers en boeke 6 Mei 2026 06.05.2026

Ilse Salzwedel gesels met Tom Dreyer, wie se debuutbundel, NOU IN INFRAROOI, onlangs met die Hertzogprys bekroon is. Jy kan ook hoor hoe klink van die gedigte uit die bundel. In Johan Myburg se drie insetsels uit die internasionale boekewêreld, kan jy meer uitvind oor die Miguel de Cervantes-prys vir Spaanse letterkunde. Hy vertel ook meer oor Marcia Hutchinson, ‘n 63-jarige vrou van Nigerië, wie...

Skrywers en boeke 29 April 2026 29.04.2026

Luister na ‘n hoorbeeld oor die digter Ina Rousseau, wat vanjaar 100 jaar gelede gebore is. Dis in 1996 saamgestel vir haar 70e verjaarsdag. Sy praat oor haar lewe en werk, en kenners soos Danie van Niekerk, Braam de Vries, Koos Human en Danie Botha kan ook gehoor word. Wyle Margot Luyt lees van Rousseau se gedigte voor. Johan Myburg praat oor die kortlys van die Women’s Prize for Fiction, en vert...

Skrywers en boeke 22 April 2026 22.04.2026

Ilse Salzwedel gesels met die joernalis en skrywer, Julian Jansen, wie se jongste boek, OP DIE SPOOR VAN DIE STASIEMOORDENAAR, onlangs verskyn het. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die Hans Christian Anderson-kinderboekprys asook die Hans Christian Anderson-letterkundeprys, en die wenners van die gesogte Windham-Campbell-letterkundepryse. Jy kan ook meer uitvind oor Wêreldboekedag wat o...

Skrywers en boeke 15 Maart 2026 15.04.2026

Ilse Salzwedel gesels met Jaco Jacobs, wat vanjaar sy 25e jaar as skrywer vier met die publikasie van sy 300e boek. Theo Kemp vertel meer oor die Jakes Gerwel Stigting se gratis boekprogram by vanjaar se Suidoosterfees. In Johan Myburg se internasionale insetsels kan jy meer uitvind oor die die Bologne-kinderboekfees, asook die ses boeke op die kortlys van die Dublin Letterkundeprys, en nuwe eerbe...

Skrywers en boeke 8 April 2026 08.04.2026

Ilse Salzwedel gesels met Lizette Rabe oor haar boek, 101 REMARKABLE SOUTH AFRICAN WOMEN, en vra haar ook uit na die vaardighede wat ‘n goeie skrywer en joernalis nodig het. Daar is meer oor die finaliste vir vanjaar se Tafelberg Jeugboekpryse, wat verlede week aangekondig is. Johan Myburg vertel meer oor die ses boeke op die kortlys vir die International Booker, en in sy tweede bydrae kan jy luis...

Skrywers en boeke 1 April 2026 01.04.2026

Ilse Salzwedel gesels met Michele Meyer oor EINDE en BEGIN, en Dieter Holm vertel meer oor ELY HOLM: VAN BERLYN TOT HARTBEESPOORT, die boek oor sy bekende kunstenaar-ma. Johan Myburg het bydraes oor die Britse skrywer Len Deighton, wat onlangs oorlede is, die wenner van ‘n nuwe letterkundeprys ter ere van Hilary Mantel, en die kortlys van die tweede internasionale prys vir klimaatfiksie.

Skrywers en boeke 25 Maart 2026 25.03.2026

Ilse Salzwedel gesels met Louis Jansen Van Vuuren oor BILTONG EN DIOR, sy nuwe bundel vertellings oor die lewe in Frankryk. SD Fourie, skrywer van DIE REIS, vertel meer oor die storie agter hierdie verhaal. In sy bydraes uit die internasionale boekewêreld, vertel Johan Myburg meer oor die topverkoperskrywer Colleen Hoover, en ‘n boek wat die Iranse vroueskrywer Shahrnush Parsipur vir vier jaar en...

Skrywers en boeke 18 Maart 2026 18.03.2026

Ilse Salzwedel gesels met Martin Steyn oor sy bundel kortverhale, SKIMME EN SPOORSOEKERS. Die resensent, Jannes Erasmus, praat oor vier boeke wat hy kan aanbeveel - DRIE MISDADE IN ‘N KNOOP, VOLMAAN IN BAVIAANSKLOOF, DIE AVONTURE VAN HELGA ROETS en EINDE EN BEGIN. Johan Myburg vertel hoekom Amazon aan die Parys-boekefees in Frankryk onttrek het, en stel ons voor aan die Guyanese skrywer en digter...

Skrywers en boeke 11 Maart 2026 11.03.2026

Albé Grobbelaar, bekend vir sy HISTORIESE ALMANAK-bydraes op RSG, gesels oor die gelyknamige boek wat onlangs uit sy pen verskyn het. Die skrywer, Sjaka Septembir, gesels oor sy jongste roman, DHARMA-DWAAS IN DOODLOOPSTRAAT, en vertel hoekom randfigure en kontra-kultuur hom so fassineer. Jy kan ook luister na vyf bydraes uit die internasionale boekewêreld. Johan Myburg het nuus oor die langlyste v...

Skrywers en boeke 4 Maart 2026 04.03.2026

Sowat 70% van Suid-Afrika se Graad 1 tot 3 leerders se leesvaardigheid is nie op peil nie, en byna ‘n kwart van leerders in sekere taalgroepe kan teen Graad 3 nog nie lees nie. Ilse Salzwedel wil by drie kenners weet waar die fout lê: by die regering, onderwysers of ouers? Sy praat met hulle oor die krisis, en hulle deel ook handige wenke vir ouers, onderwysers en versorgers om kinders te help om...

Skrywers en boeke 25 Februarie 2026 25.02.2026

Daniël Lötter, skrywer van verskeie nie-fiksie boeke, gesels oor sy debuutroman, WAAR DIE LAMMERS NIE SUIP NIE. Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor twee boeke wat sy kan aanbeveel: Christiaan Bakkes se roman SOETDORING IN DIE RUIGTES en THE RIFT – SCAR OF AFRICA, ‘n koffietafelboek deur Shem Compion. Jy kan ook ‘n kort voorlesing hoor uit Christiaan se roman. Kom vind uit watter skr...

Skrywers en boeke 18 Februarie 2026 18.02.2026

Februarie word wêreldwyd as die maand van die liefde beskou. Ilse Salzwedel gesels met Chanette Paul, Irma Joubert, Elsa Winckler, Malene Breytenbach, Kristel Loots, Santie van der Merwe, Helene de Kock en Dina Botha oor die plek van romantiese fiksie in Afrikaans. Johan Myburg praat oor die boeke op die langlys vir die Womens Price for Non-fiction; LOST LAMBS, ‘n aweregse, humoristiese roman wat...

Skrywers en boeke 11 Februarie 2026 11.02.2026

Ilse Salzwedel gesels met Philip de Vos oor sy boek, DIE JAAR TOE DIT GEMMERBIER GEREËN HET. Dié prettige storie word op RSG voorgelees. Elna van der Merwe, die organiseerder van die Stilbaai-boekefees (wat op 27 en 28 Februarie gehou word), vertel waarna boekliefhebbers kan uitsien. Johan Myburg gesels onder andere oor WUTHERING HEIGHTS, wat al beskryf is as die grootste liefdesverhaal van alle t...

Skrywers en boeke 4 Februarie 2026 04.02.2026

Akademikus, aktivis, die mense se digter, kultuurleier… Dit was Dr. Diana Ferrus, wat op 30 Januarie 2026 oorlede is. Sy was 72 jaar oud. Ilse Salzwedel het ‘n huldeblyk saamgestel oor haar lewe en werk. Verskeie mense deel hulle herinneringe aan hulle vriendin en mentor: Dr. Nico Koopman, prof. Steward van Wyk, die skrywer Ena Jansen, die skrywer Anzil Kulsen, Chareldine van der Merwe van die VVA...

Skrywers en boeke 28 Januarie 2026 28.01.2026

Geskiedkundige Karen Horn vertel vir Ilse Salzwedel meer oor haar boek, IN ENEMY HANDS, waarin sy die verhale vertel van ‘n klomp Suid-Afrikaanse krygsgevangenes wat in die Tweede Wêreldoorlog gevange geneem is. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die Nero-prys vir fiksie, en die wenner van die T.S. Eliot-prys vir poësie. Jy kan ook meer te wete kom oor die sangeres Dolly Parton se interna...

Skrywers en boeke 21 Januarie 2026 21.01.2026

Ilse Salzwedel gesels met die veelsydige skrywer, Francois Bloemhof, oor SPOOKSOEKER, ‘n televisiereeks vir tieners wat gebasseer is op drie van sy boeke, die waarde van lees vir kinders en jongmense, en ‘n nuwe roman gebasseer op die baie gewilde TV-reeks, EEN KEER OM DIE SON. Jy kan ook die drie skrywers ontmoet wat aangewys is as naaswenner en gesamentlike naaswenners in vanjaar se RSG-radiodra...

Listen to the Skrywers en Boeke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.