RSG

Skrywers en Boeke

Tv AF ↓ 727 episodes

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Skrywers en boeke 14 Januarie 2026 14.01.2026

Gerda Taljaard gesels oor haar roman, DIE GRAFDIGTER. Johan Myburg vertel meer oor die Jaipur-letterkundefees, vanjaar se International Bookerprys, en Elif Shafak se aanwysing as president van die Royal Society of Literature. Daar is ook twee bydraes oor verskillende skryfskole wat vanjaar aangebied word.

Skrywers en boeke 7 Januarie 2026 07.01.2026

Die skrywer Marko van der Colff is onlangs oorlede, en jy kan luister na ‘n argiefopname waarin SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, oor sy debuutroman gesels. Suzette Myburg gesels oor vier boeke wat haar verlede jaar beïndruk het. Johan Myburg bring hulde aan die Vlaamse digter, Leonard Nolens, en die gewilde Britse skrywers, Joanne Trollope en Sophia Kinsella (‘n skuilnaam vir die skrywer Ma...

Skrywers en boeke 17 Desember 2025 17.12.2025

Anita du Preez vertel meer oor haar sielkundige riller, DIE LAASTE LEUEN. Chris Karsten vertel van die inspirasie vir sy baie vermaaklike misdaadroman, AL DIE SWENDELAARS. In sy bydraes uit die internasionale boekewêreld vertel Johan Myburg meer oor die wenner van die Bollingerprys, waar dié beroemde Franse sjampanje die groot prys is, en ‘n nuwe bundel briewe deur die skrywer John Updike wat meer...

Skrywers en boeke 10 Desember 2025 10.12.2025

Irma Venter gesels oor haar jongste misdaadroman, DIE DRIE WEDUWEES. Deborah Steinmair en Ina Strydom, beide groot boekliefhebbers, gesels oor boeke wat hulle onlangs gelees het en kan aanbeveel. Johan Myburg praat oor die lewe en werk van Tom Stoppard, vertel meer van die wenner van die Brics-letterkundeprys, en het nuus oor AudioFile, ʼn gedrukte en aanlynpublikasie wat oudioboeke aanbeveel en re...

Skrywers en boeke 3 Desember 2025 03.12.2025

Marita van der Vyver gesels oor haar reisboek, MY JAAR VAN VREES EN VRYHEID. Skrywer en resensent Deborah Steinmair vertel meer oor haar gunsteling Afrikaanse romans en misdaadfiksie vir 2025. In Johan Myburg se internasionale boekenuus vertel hy meer oor die baie vermaaklike roman, THE TRUE STORY OF RAJA THE GULLIBLE (AND HIS MOTHER), deur Rabih Alameddine wat onlangs met ‘n gesogte Amerikaanse p...

Skrywers en boeke 26 November 2025 26.11.2025

Marieta Carrick gesels oor haar mediese riller, BLOED VAN ’N VLINDER. Daar is ‘n uittreksel uit ‘n onderhoud met die Springbok, Eben Etzebeth, oor sy biografie, TEN SLOTTE. Johan Myburg het nuus oor die pas aangekondigde Booker-kinderboekprys, en vertel meer oor ‘n nuwe boek deur die Poolse skrywer, Olga Tokarczuk. Hy bring ook hulde aan Marina Lewycka, skrywer van onder andere A SHORT HISTORY OF...

Skrywers en boeke 19 November 2025 19.11.2025

Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor lekkerlees fiksie wat sy kan aanbeveel. Dis die ideale leesstof vir die vakansieseisoen wat voorlê. Daar is ook twee aanbevelings vir jonger lesers. Jy kan ook op hoogte kom van alles wat die afgelope paar weke in die internasionale boekewêreld gebeur het met sewe bydraes deur Johan Myburg. Hy het nuus oor die wenners van vier groot pryse (die Boo...

Skrywers en boeke 22 Oktober 2025 22.10.2025

Francois Bekker, ‘n boekresensent en groot boekliefhebber van Pretoria, stel lesers voor aan sewe goeie Afrikaanse boeke. Johan Myburg bring hulde aan die Suid-Afrikaanse skrywer, Zoe Wicomb, wat onlangs oorlede is. Hy verklap ook hoekom sekere bekende en verdienstelike skrywers oorgesien is met die Nobelprys.

Skrywers en boeke 15 Oktober 2025 15.10.2025

Die boekbeïnvloeder en resensent Anschen Conradie gesels oor vyf uiteenlopende Afrikaanse boeke wat sy onlangs gelees het en kan aanbeveel. Dit wissel van Antjie Krog en Vickie de Beer se boek, KOMBUISTAAL, tot Erla Diedericks se BONSAIMEISIES, ‘n Afrikaanse riller. Ilse Salzwedel gesels met Carla van der Spuy oor haar jongste nie-fiksie boek, UITVAART. In Johan Myburg se segment oor die internasi...

Skrywers en boeke 8 Oktober 2025 08.10.2025

Ons hoor wie is bekroon met die Netwerk24 kykNET Rapport-pryse, en jy kan ook luister na argiefonderhoude waarin die skrywers van die top 5-boeke op Rapport se lys van 100 beste boeke, oor hulle werk gesels. Marlene van Niekerk praat oor AGAAT en TRIOMF, onderskeidelik in die eerste en derde plekke op die lys, Etienne Leroux gesels oor SEWE DAE BY DIE SILBERSTEINS, en Elsa Joubert vertel die stori...

Skrywers en boeke 1 Oktober 2025 01.10.2025

Ilse Salzwedel gesels met Pauli van Wyk oor haar onthullende boek oor Julius Malema. Anneli du Preez, die skepper van RSG se nuwe middagvervolgverhaal, gesels oor haar skryfwerk. Johan Myburg het weer nuus oor wêreldklas storievertellers, en in sy bydraes kan jy hoor wie op die kortlys vir die Bookerprys is, hoekom Sally Rooney nie self ‘n groot Britse prys kon gaan ontvang nie, en meer oor die Hi...

Skrywers en boeke 24 September 2025 24.09.2025

Ilse Salzwedel gesels met twee toegewyde Stephan King-aanhangers en versamelaars van sy boeke, Anchen Conradie en Riaan Strauss, oor dié baie gewilde skrywer, wat vandeesweek verjaar. Sy vra Elmari Rautenbach, een van die samestellers van BLOEI EN BLOM uit oor hierdie lieflike versamelaarsboek wat beskryf word as ‘n viering van Afrikaans. Jy kan ook uitvind wie is die wenners van die ATKV Woordvee...

Skrywers en boeke 17 September 2025 17.09.2025

Ilse Salzwedel gesels met Theo Kemp oor sy derde roman, KLEIN KONINGS. Jy kan ook luister na ‘n tien-minuut lange uittreksel uit ‘n onderhoud met Jeff Wicks, die skrywer van THE SHADOW STATE, wat Jeff se ondersoek na die moord op die fluitjieblaser Babita Deokaran dokumenteer. Johan Myburg het oudergewoonte weer interessante boekenuus, o.a. ‘n hele lang lys nuwe boeke waarin jy dalk sal belangstel...

Skrywers en boeke 10 September 2025 10.09.2025

Ilse Salzwedel gesels met Francois Lotter oor hierdie naweek se Tuin van Digters-program by die Breytenbachsentrum op Wellington. Sy stel jou ook voor aan Wilna Roux, skrywer van die spannende hofroman, DIE OOGGETUIE. Nedine Petrick, mede-organiseerder van die Aardklop-kunstefees se boekeprogram, vertel waarna lesers alles kan uitsien. Johan Myburg gesels oor die gissinge en nuwe verwikkelinge met...

Skrywers en boeke 3 September 2025 03.09.2025

Luister na ‘n 2018-onderhoud wat Ilse Salzwedel met Nico Moolman gevoer het. Hy is verlede week oorlede, en sy voormalige uitgewer, Annie Olivier, bring ook hulde aan hom. Jy kan ook luister na Gareayah Fredericks en Ingrid Winterbach se aanvaardingstoesprake by die UJ-prysoorhandiging. Johan Myburg vertel meer oor die Kirkus-pryse, die Britse skrywer Richard Osman se gunstelingboeke, en hy gesels...

Skrywers en boeke 27 Augustus 2025 27.08.2025

Ilse Salzwedel praat met prof. Naomi Morgan oor haar jongste vertalings uit Frans: die drama ONS WAG OP GODOT (waarvoor sy pas met die UJ-Prys bekroon is), en DIE ANDER DOGTER, ‘n novelle deur Annie Ernaux. Johan Myburg bespreek die BBC se lys van topverkoperboeke vir die eerste ses maande vanjaar, en jy kan ook uitvind hoekom die Britse Polari-letterkundeprys nie meer vanjaar toegeken gaan word n...

Skrywers en boeke 20 Augustus 2025 20.08.2025

Skryf se terapeutiese waarde word ondersoek. Ilse Salzwedel het die skrywers, Adele Vorster en Zarine Roodt, gevra om saam met Francois Smith, skrywer en dosent in kreatiewe skryfwerk, daaroor te gesels. Dis ‘n gesprek vir meer as net mense wat wil publiseer – luister gerus as jy deur groot gebeure in jou lewe moet werk. Johan Myburg het oudergewoonte weer nuus uit die internasionale boekewêreld....

Skrywers en boeke 13 Augustus 2025 13.08.2025

Ons onthou die skrywer Madelein Rust in ‘n huldigingsprogram. Jy kan ook luister na Iris Bester, wat gesels oor ‘n TV-dokumentêr wat sy gemaak het oor Antjie Krog se ma, Dot Serfontein. Johan Myburg het weer internasionale boekenuus, en het ook vandeesweek ‘n insetsel oor die boeke op die Sunday Times se langlys vir fiksie.

Skrywers en boeke 6 Augustus 2025 06.08.2025

Luister na ‘n huldeblyk oor die digter, skrywer en dramaturg, Pirow Bekker. Hy is onlangs in die ouderdom van 89 jaar oorlede. Jy kan luister hoe sy vrou, kinders en kleinkinders hom as mens en skrywer onthou. Drie van sy voormalige uitgewers (Petrovna Metelerkamp, Martjie Bosman en Jeanette Ferreira) gee ook hulle indrukke van hom. Daar is ook twee argiefonderhoude waarin jy die digter en skrywer...

Skrywers en boeke 30 Julie 2025 30.07.2025

Ilse Salzwedel gesels met Maretha Maartens, wat onlangs haar 80e verjaarsdag gevier het. Maretha het meer as 160 boeke in verskeie genres geskryf, en gesels oor haar loopbaanhoogtepunte en -uitdagings. Johan Myburg vertel meer oor Woody Allen (wat vanjaar 90 word) se roman, internasionale misdaadfiksie en rillers, en die Noorweegse skrywer Linn Ullmann se biografiese roman, GIRL1983.

Skrywers en boeke 23 Julie 2025 23.07.2025

Ilse Salzwedel gesels met Marthinus van Bart, oud-joernalis en kultuurskrywer, oor sy boeke oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis (DIE KAAP VAN SLAWE, SONGS OF THE VELD-heruitgawe, DIE WOLRAAD WOLTEMADE GEDENKBOEK). En as jy hou van boeke wat jou laat lag, Johan Myburg het ‘n paar aanbevelings van boeke wat al vir die Bookerprys benoem is. Hy bring ook hulde aan Andrea Gibson, digter en aktivis, wat...

Skrywers en boeke 16 Julie 2025 16.07.2025

Suzette Myburg praat met Reginald Hufkie, ‘n suksesvolle akteur wat ewe bekend is as die musikant Reggie Peace, oor sy inspirerende lewensverhaal, VREDEMAKER. Ons onthou vir JEANNE GOOSEN, wat op die 13e Julie haar verjaarsdag sou vier. Johan Myburg het nuus van regoor die boekewêreld. Hy gesels oor die invloed van kunsmatige intelligensie op letterkundige vertaling, die wenner van vanjaar se PEN...

Skrywers en boeke 9 Julie 2025 09.07.2025

Wil jy ‘n radiodrama skryf? Hoor hoe skrywers Hendie Grobbelaar en Annerle Barnard dit aangepak het. Estel de Beer, RSG se dramahoof, het ook praktiese inligting oor vanjaar se radiodramaskryfkompetisie. Jy kan ook meer uitvind oor Hendie se debuutroman, WILDE VERE. Johan Myburg het interessante nuus uit die internasionale boekwêreld, en gesels onder andere oor die Orwell-pryse.

Skrywers en boeke 2 Julie 2025 02.07.2025

Wie was die man agter die legende? C. Johan Bakkes, die bekende en gewilde reisskrywer, se vrou Nanna, ander familielede en Johan se heel naaste vriende onthou hom. Jy kan ook luister na uittreksels uit ‘n 2010-onderhoud waarin Daniël Hugo met Johan gesels het.

Skrywers en boeke 25 Junie 2025 25.06.2025

Het verhale, wat van ons lesers gemaak het, soos Liewe Heksie en Huppelkind, nog ‘n plek in Afrikaanse kinderharte? Beslis, sê Magdel Vorster, ‘n kinderboekkenner wat hierdie verhale self beproef het op ‘n klompie kinders. Johan Myburg gesels oor die wenner van die Womens’ Prize for Fiction (THE SAFEKEEP), die Walter Scott-prys vir historiese fiksie, en ‘n nuwe boek deur Taylor Jenkins Reid.

Listen to the Skrywers en Boeke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.