RSG

Skrywers en Boeke

Tv AF ↓ 727 episodes

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Skrywers en boeke 18 Junie 2025 18.06.2025

Ilse Salzwedel gesels met Francois Bekker oor sy leeslysie. Daar is o.a. twee biografieë, een oor Van Zyl Slabbert, en ‘n outobiografie deur Tony Leon. Hy gee ook sy indrukke van Francois Loots se roman, TWYFELBOS, en die spanningsroman, LENS, deur Gert Coetzee. En vir aanhangers van ware misdaadverhale het hy iets oor die Amerikaanse reeksmoordenaar, Ted Bundy. Ilse gesels ook met Anneke Langner,...

Skrywers en boeke 11 Junie 2025 11.06.2025

Die boek-smaakmaker, Anchen Conradie, gesels oor tien boeke wat sy nooit sal vergeet nie. In Johan Myburg se internasionale insetsels bied hy ‘n interessante perspektief op THE GREAT GATSBY, wat vanjaar 100 jaar gelede vir die eerste keer verskyn het, en bring hulde aan die Amerikaanse skrywer, Edmund White. Johan het ook nuus oor The Women’s Prize for Fiction se eerbetoon aan Bernardine Evaristo,...

Skrywers en boeke 4 Junie 2025 04.06.2025

André P. Brink sou op 29 Mei 2025 sy 90e verjaarsdag gevier het. Ons onthou hierdie groot skrywer met 'n huldeblyk, wat Ina Strydom in 2015 oor hom gemaak het. Zelda Bezuidenhout gesels oor die rolprent wat gemaak is van haar boek, DIE DEKONSTRUKSE VAN RETTA BLOM. In Johan Myburg se internasionale bydraes kan jy meer uitvind oor die splinternuwe klimaatprys, en 'n twiet wat die Australiese skrywer...

Skrywers en boeke 28 Mei 2025 28.05.2025

Ilse Salzwedel gesels met Antjie Krog, een van ons land se mees bekroonde en veelsydigste digters en skrywers, oor haar outobiografiese roman, DIE BINNERYM VAN BLOED, wat onder andere die komplekse verhouding tussen haar en haar skrywer-ma, die ewe bekende Dot Serfontein, verken. Johan Myburgh praat oor die wenners van die International Booker vir vertaalde werk (HEART LAMP), asook  THE ADVERSARY,...

Skrywers en boeke 21 Mei 2025 21.05.2025

SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, bespreek Afrikaanse en plaaslike Engelse fiksie. Johan  Myburg vertel meer oor die wenner van die Dylan Thomasprys, ‘n onlangse toekenning aan Margaret Atwood, en die aangrypende ware verhaal uit die pen van die TV-ster Kelsey Grammer. Johan stel ons ook voor aan Mia Couto, die Mosambiekse skrywer wat onlangs deur PEN Amerika vereer is met die Nabokov-prys v...

Skrywers en boeke 14 Mei 2025 14.05.2025

Luister na ‘n heruitsending van ‘n onderhoud met Eunice Visser oor haar boek, DIE KAAPSE SLAWE, wat onlangs weer bekroon is. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, deel ‘n lys van interessante nie-fiksie aanbevelings. Johan Myburg het nuus oor twee internasionale romans, THE EMPEROR OF GLADNESS deur Ocean Vuong, en JAMES, deur Percival Everett.

Skrywers en boeke 7 Mei 2025 07.05.2025

Ilse Salzwedel gesels met Hennie van Deventer, oud-koerantman en skrywer van meer as 20 nie-fiksie boeke, en Elizabeth Wasserman, die skepper van die fantastiese Mevrou Smit, wat tans op RSG voorgelees word. Johan Myburg het vier bydraes uit die internasionale boekewêreld. Hy kyk terug na die onvergeetlike boeke wat presies ‘n eeu gelede in 1925 verskyn het, het nuus oor ‘n nuwe kinderboek oor die...

Skrywers en boeke 30 April 2025 30.04.2025

Luister na heruitsendings van onderhoude wat met die pas bekroonde Eben Venter en Gaireyah Fredericks gevoer is oor hulle bekroonde boeke. Eben se DECIMA is met die Hertzogprys bekroon, en Gaireyah se EEN VOET INNIE KAR met die Eugene Maraisprys.

Skrywers en Boeke 23 April 2025 23.04.2025

Ter viering van Wêreldboekedag luister ons na ‘n 1995 dokumentêr oor die skrywer, Alba Bouwer, ‘n vrou wat van baie Afrikaanse kinders lesers gemaak het. Sy was ook bekend as ‘n radiopersoonlikheid, en die skrywer van DIE AFDRAAND VAN DIE DAG IS KIL, ‘n roman vir volwassenes. Johan Myburg vertel meer oor die lewe en werk van Mario Vargas Llosa, die Peruviaanse s...

Skrywers en boeke 16 April 2025 16.04.2025

Voel jy skuldig oor al die stapels boeke op jou rakke wat jy nog nie gelees het nie? Ilse Salzwedel het goeie nuus daaroor in vandeesweek se Skrywers en Boeke.

Skrywers en boeke 9 April 2025 09.04.2025

Ilse Salzwedel gesels met Sandy Schoeman, wie se eerste twee boeke (ROOILETTERKIND en CHAKALAKA UIT ‘n BLIKKIE) albei bekroon is.  Jy kan ook uitvind watter boeke het die kortlys vir die baie gesogte letterkundige pryse van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gehaal. Johan Myburg gesels oor die kortlys van die 2025 Womens Prize for Fiction, die 62ste Bologna-kinderboekskou en die ko...

Skrywers en boeke 2 April 2025 02.04.2025

Die program word gewy aan die bekroonde digter, skrywer en vertaler Johann de Lange, wat op 27 Maart 2025 oorlede is. De Lange was bekend as iemand wat die kollig vermy het, maar jy kan luister na ‘n 1994-argiefonderhoud waarin hy met Nic Swanepoel gesels oor sy eerste ses bundels. Daarna volg ‘n opname van ‘n 2021-uitsending van VERS EN KLANK, waarin Richard van der Westhuizen gedigte voorlees ui...

Skrywers en boeke 26 Maart 2025 26.03.2025

Rudie van Rensburg gesels oor die navorsing vir sy jongste roman, LEEUMENS. Sally Andrew praat oor die sukses van haar baie gewilde TANNIE MARIA-reeks. In Johan Myburg se internasionale bydraes bring hy hulde aan die Noorweegse skrywer, Dag Solstad. Jy kan ook meer uitvind oor die wenners van die Nero-pryse, die kortlyste vir die eerste klimaatfiksie-prys, en die Dylan Thomas-letterkundeprys.

Skrywers en boeke 19 Maart 2025 19.03.2025

Die Cordis Trust is vanjaar 25 jaar oud, en Ilse Salzwedel gesels met die stigter, dr. Fanie Marais, oor die trust se wye verskeidenheid werk in, en vir, Afrikaans.  Die gewilde skrywer Sophia Kapp gesels oor die boek wat van haar ‘n skrywer gemaak het, en ander boeke wat sy nooit sal vergeet nie.  Johan Myburg vertel hoe die wêreld gereageer het op die dood van die dramaturg ,Athol Fugard, en jy...

Skrywers en boeke Bonuspotgooi: Crystal-Donna Roberts 12.03.2025

Suzette Myburg het in 2022 met Crystal-Donna Roberts gesels oor haar debuutjeugroman, SPEURDER SAMMI: DIE BLOU STEEN.

Skrywers en boeke 12 Maart 2025 12.03.2025

Ilse Salzwedel gesels met Zirk van den Bergh oor sy baie openhartige outobiografiese boek, LANDUIT. Jy kan ook luister na ‘n huldeblyk aan Crystal-Donna Roberts, wat in 2022 haar debuut as jeugboekskrywer gemaak het. In sy internasionale bydraes gesels Johan Myburg oor die 16 boeke op die langlys van die Women’s Prize for Fiction. Jy kan ook meer uitvind oor CARELESS PEOPLE, ‘n boek waarin ‘n voor...

Skrywers en boeke 5 Maart 2025 05.03.2025

Rozaan de Wet Boer gesels openhartig met Suzette Myburg oor haar tweede roman, IS JY ORRAAIT, ELIZABETH? wat handel oor die ma van ‘n Downsindroom seun en die vriendinne wat haar ondersteun. Ilse Salzwedel stel jou voor aan die kinder- en jeugboekkenner, MAGDEL VORSTER. In Johan Myburg se internasionale bydraes kan jy meer uitvind oor THE TWELVE CEASARS, ‘n boek uit die tweede eeu wat handel oor R...

Skrywers en boeke 26 Februarie 2025 26.02.2025

Betsie van Niekerk, skrywer van SO OOK OP DIE AARDE, wat soggens op RSG voorgelees word, vertel vir Ilse Salzwedel meer oor haar skryfloopbaan. Prof. Steward van Wyk gesels oor die vyfde Swart Afrikaanse Skrywersimposium wat later vanjaar by die UWK gehou word, en vertel ook meer oor die vier dekades wat verloop het sedert die eerste SAS. In Johan Myburg se insetsels oor die internasionale boekewê...

Skrywers en boeke Bonuspotgooi: Rosa Keet & Ellen Botha 19.02.2025

Luister na die digter Rosa Keet en haar suster Ellen Botha in ‘n episode uit die 2005-reeks, INK IN ONS ARE, ‘n reeks oor bekende letterkundige families.

Skrywers en boeke 19 Februarie 2025 19.02.2025

Resensent en smaakmaker-finalis Trisa Hugo gesels oor boeke wat haar lewe verander het. Van DIE REISE VAN ISOBELLE tot WILHELMINA: KAMPKIND OP JAVA tot GRIET SKRYF ‘n SPROKIE en THE BOY WHO NEVER GAVE UP – daar is iets vir elke smaak. Ilse Salwedel praat oor SKRYFNET se skryfkursusse, en hulle soektog na die beste 100 Afrikaanse boeke van die afgelope 100 jaar. In Johan Myburg se insetsels oor die...

Skrywers en boeke 12 Februarie 2025 12.02.2025

Jeremy Veary is nie net ‘n bekende oud-polisieman nie, maar ook ‘n gerekende skrywer. Ilse Salzwedel gesels met hom oor sy biografiese boeke (JEREMY VANNIE ELSIES en INTO DARK WATER) en sy jongste boek, ‘n historiese roman getiteld ROOISAND: DIE VERHAAL VAN DIRK ARUSEB EN DIE BONDELSWARTS. Die digter, liedjieskrywer en TV-draaiboekskrywer, Rosa Keet, het vandeesweek haar 80e verjaarsdag gevier, en...

Skrywers en boeke 5 Februarie 2025 05.02.2025

Luister na ‘n huldeblyk vir Joha van Dyk (27), die gewilde jeugskrywer wat onverwags oorlede is op 2 Februarie. Jy kan o.a. luister na uittreksels uit ‘n onderhoud wat in 2022 met haar gevoer is. Medeskrywers en haar uitgewer gesels oor Joha as mens, en bespreek ook haar bydrae tot Afrikaans. Elna van der Merwe, organiseerder van die Stilbaai-boekefees wat tussen 21 en 23 Februarie gehou word, ver...

Skrywers en boeke 29 Januarie 2025 29.01.2025

Ilse Salzwedel het resensent Francois Bekker gevra om ‘n paar boeke vir luisteraars aan te beveel. Só lyk sy lysie: DIE KATARTIESE METODE (Jaco Fouché); NAAM, VAN, DIER, DORP (Gielie Hoffman), PRETORIA STORIES (Pieter Swanepoel), ALL THE WORST HUMANS: HOW I MADE NEWS FOR DICTATORS, TYCOONS, AND POLITICIANS (Phil Elwood). Sy gesels ook met Helené Coetzee van Pan McMillan-uitgewers oor Wêreldhardopl...

Skrywers en boeke 22 Januarie 2025 22.01.2025

Carina Stander, die skrywer van die Bergengel-reeks, gesels met Ilse Salzwedel oor haar skryfwerk. Hulle praat oor haar kreatiewe wêreld, en verken die inspirasie agter haar magiese verhale. Desiree Gardner gesels oor die verwerking van die geliefde Reënboograntboeke vir tieners na 'n sepie, wat op Showmax te sien is. Johan Myburg vertel meer oor Fierce Elegy, die digbundel van die Amerikaanse dig...

Skrywers en boeke 15 Januarie 2025 15.01.2025

Ilse Salzwedel gesels ek met Chris Karsten oor sy roman, DIE KEISER SE DUIM. Johan Myburg bring hulde aan die Britse skrywer, David Lodge, en vertel meer oor 'n Amerikaanse mediese dokter wat rillers begin skryf het onder die skuilnaamn Freida McFadden. Johan het ook nuus oor Chimamanda Ngozi Adichie se nuwe roman. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor drie belangrike boeke oor die Gr...

Listen to the Skrywers en Boeke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.