RSG
Skrywers en Boeke
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Skrywers en boeke 8 Januarie 2025 08.01.2025 48:32
SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, het ‘n lys van nie-fiksie boeke wat sy aanbeveel. Skrywer en Hertzogpryswenner SJ Naude gesels oor ‘n lys uiteenlopende Suid-Afrikaanse boeke wat ‘n impak op sy lewe gehad het. Johan Myburg bespreek ‘n paar internasionale boeke waarna jy kan uitsien in 2025, en vertel van die eer wat die Britse skrywer Alan Hollinghurst te beurt geval het. Daar is ook nuus o...
Skrywers en boeke 25 Desember 2024 25.12.2024 40:57
Ervaar die warmte van Kersfees met 'n spesiale uitsending. Laat jou inspireer deur die stories, gedigte en musiek wat Ilse Salzwedel en Johan Myburg uitgesoek het. Luister na Johan Myburg se voorlesing van DJ Opperman se Kersliedjie, en beleef Abraham de Vries se verhaal, Kerssang by Pitlamplig, ‘n roerende blik op 'n Klein Karoo-Kersaand. Donald W. Riekert se gedigte Kersfees en Kersfees in Ouet...
Skrywers en boeke Bonuspotgooi: Annelie Botes 18.12.2024 1:10:48
Ontspan met drie van Annelie Botes se kortverhale en twee rubrieke, soos oor die jare voorgelees in KORTOM. Die volgende kortverhale kom uit haar bundel Trousseaukis: OP SOEK NA SKADUWEE, voorgelees deur Martelize Kolver; HUIS OP DIE MAAN, voorgelees deur Anna-Mart van der Merwe; SKRIF AAN DIE MUUR, voorgelees deur Jana Kruger; Riëlle Heine lees twee rubrieke ‘N LYS VAN TROUMANNE en ‘N VERPLIGTE V...
Skrywers en boeke 18 Desember 2024 18.12.2024 47:24
KIND VAN DIE KAMMANASSIE is ‘n huldeblyk aan topverkoperskrywer Annelie Botes – soms omstrede, maar ook een van Afrikaans se mees geliefde skrywers. Ilse Salzwedel gesels met haar eerste uitgewer, Hettie Scholtz, en Melt Myburg, haar uitgewer van die laaste 12 jaar. Digter, skrywer en joernalis Selwyn Millborrow en Marion Erskine (skrywer en wenner van RSG se 2025-radiodramakompetisie) deel ook h...
Skrywers en boeke 11 Desember 2024 11.12.2024 51:01
Ilse Salzwedel praat met P.J.O. Jonker oor sy debuutroman, DIE ONSIGBARE. Nadine Petrick (LAPA) en Helene Coetzee (Pan McMillan) gesels oor oulike kinder- en jeugboeke wat hulle aanbeveel vir Kersgeskenke. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor Trevor Noah se nuwe kinderboek, INTO THE UNCUT GRASS. Johan Myburg gesels oor die eerste wenner van Wits se Achmat Dangor-prys, en Yang Shuang-...
Skrywers en boeke Bonuspotgooi: Breyten Breytenbach 04.12.2024 35:44
Luister na uittreksels uit twee Vers en Klank-programme, wat deur wyle Margot Luyt saamgestel is. In die eerste een, wat in 2015 uitgesaai is, gesels sy met Breyten oor sy tien gunsteling Afrikaanse gedigte, wat hy ook voorlees. In die tweede Vers en Klank lees Dawid Minnaar van Breyten se gedigte voor. Daar is ook ‘n argiefopname waar Breyten van sy eie gedigte voorlees.
Skrywers en boeke 4 Desember 2024 04.12.2024 42:38
Ilse Salzwedel praat met Susan Coetzer oor haar nuwe lekkerlees-roman, HAAS EN HARRIET. AJ Opperman vertel meer oor Nathan Trantraal. Johan Myburg stel ons voor aan die wenners van die National Book Awards van die VSA, en gesels oor ‘n klompie nuwe internasionale boeke vir jou boekrak. Hy vertel ook hoekom ‘n bekende internasionale uitgewer besluit het om van sy boeke beskikbaar te stel vir gebrui...
Skrywers en boeke 27 November 2024 27.11.2024 37:28
Breyten Breytenbach was een van die invloedrykste letterkundige figure in Afrikaans. Hy was wêreldberoemd as aktivis, digter, skrywer en skilder. Maar hy was ook iemand se man, pa, seun en broer. ‘n Vriend en mentor vir baie. In hierdie huldeblyk gesels die skrywers Justin Fox, Theo Kemp en Kerneels Breytenbach oor hulle vriend en mentor, en Brenda Breytenbach (sy broer Cloete se weduwee) onthou h...
Skrywers en boeke 20 November 2024 20.11.2024 50:53
Ilse Salzwedel gesels met Bettina Wyngaardt oor WAT SÊ BETTINA, ‘n bundel met ‘n keur uit haar Litnet-rubrieke. Joernalis AJ Opperman vertel meer oor die bekroonde skrywer, digter, dramaturg en akademikus Marlene van Niekerk. Ilse Salzwedel gesels met Jeretha van der Merwe van die Kleinmond-leeskring. Johan Myburg gesels oor die wenners van die plaaslike Sunday Times-pryse, en stel ons voor aan Sa...
Skrywers en boeke 13 November 2024 13.11.2024 51:23
Luister na ‘n heruitsending van Bettie Kemp se 2004-hoorbeeld oor Anjie Krog en haar ewe bekende ma, Dot Serfontein. In Johan Myburg se internasionale boekenuus stel hy ons voor aan die skrywer Rachel Cusk. Haar roman, PARADE, is pas met die Goldsmiths-prys bekroon. Jy kan ook meer uitvind oor Hanif Kureishi se outobiografiese boek, SHATTERED, wat handel oor ‘n val wat hom verlam gelaat het. Johan...
Skrywers en boeke 6 November 2024 06.11.2024 43:30
Sakejoernalis TJ Strydom gesels oor sy boeke oor drie leiers in die sakewêreld: Christo Wiese (RISIKO EN RYKDOM), Koos Bekker (BEKKER’S BILLIONS) en CAPITEC: STRYD MET DIE GROTES. Skrywer en letterkundige Jeanette Ferreira vertel van die boek wat haar lewenslank sal bybly. AJ Opperman vertel meer oor die digter Bibi Slippers wat onlangs verjaar het. In Johan Myburg se internasionale bydraes kan jy...
Skrywers en boeke 30 Oktober 2024 30.10.2024 51:19
‘n Huldigingsprogram oor die lewe en werk van prof. Hans du Plessis - digter, skrywer en akademikus. Hy is op 25 Okt 2024 oorlede. Die eerste gedeelte van die program bevat ‘n dokumentêr (DIE STORIEVERTELLER VAN DIE MOOIRIVIER) wat Ina Strydom in 2018 oor Du Plessis se werk saamgestel het. In die tweede gedeelte bring oud-studente, skrywers, voormalige kollegas, familie en vriende aan hom hulde. D...
Skrywers en boeke 23 Oktober 2024 23.10.2024 1:23:28
AJ Opperman onthou die lewe en werk van Dalene Matthee, wie se geboortedag ons vandeesweek herdenk. Ilse Salzwedel gesels met Helené Coetzee van Kaapstad oor twee van haar geliefkoosde boekplekke: die Mothercity Bookclub, en Kaapstad se Silent Bookclub. In Johan Myburg se internasionale nuus vertel hy waarom die pas aangewese Nobelpryswenner, Han Kang, geweier het om ‘n perskonferensie te hou oor...
Skrywers en boeke 16 Oktober 2024 16.10.2024 1:09:34
Ilse Salzwedel gesels met Kevin van Wyk, skrywer van CHRIS VAN WYK: IRASCIBLE GENIUS, ‘n biografie oor sy bekende skrywerspa. Johan Myburg stel ons voor aan Han Kang, vanjaar se wenner van die Nobelprys vir Letterkunde, en vertel ook meer oor Alan Hollinghurst se nuwe roman OUR EVENINGS. Daar is meer oor die wenners van vanjaar se ATKV-Kinderboektoekennings, en Christina Simelane vertel van haar d...
Skrywers en boeke 9 Oktober 2024 09.10.2024 52:02
Martin Steyn gesels oor sy nuwe roman, DONKER WATER, wat handel oor polisieduikers en hulle belangrike werk. Jonathan Amid gesels oor twee romans deur Barbara Boswell en Siphiwe Gloria Ndlovu. In Johan Myburg se internasionale insetsels kan jy meer uitvind oor Shehan Karunatilaka, ‘n Bookerpryswenner van Sri Lanka wat einde Oktober deelneem aan die BookBedonnerd-fees op Richmond in die Karoo. Joha...
Skrywers en boeke 2 Oktober 2024 02.10.2024 1:28:41
Die wenners van die jaarlikse AVBOB-poësiekompetisie is onlangs aangekondig. Salvia Ockhuis, wenner van die Afrikaanse afdeling, gesels oor haar pad met woorde. Adriaan Bester, hoofbestuurder van korporatiewe aangeleenthede by AVBOB, vertel meer oor die brûe wat hierdie groep met woorde en boeke bou. AJ Opperman gesels oor die digter DJ Opperman. Johan Myburg deel in sy internasionale insetsels nu...
Skrywers en boeke 25 September 2024 25.09.2024 1:21:29
Prof. Willie Burger vertel hoekom Ingrid Winterbach se jongste roman hom so betower. Ons praat oor die gewaarwordinge wat groot romans – soos groot kunswerke – by lesers ontlok. AJ Opperman vertel meer oor Olga Kirsch, wat vandeesweek 100 jaar gelede gebore is. Jy kan ook luister na ‘n kort argiefgesprek waarin Egonne Roth gesels oor haar biografie oor Kirsch, getiteld ‘N LEWE IN GEDIGTE. Johan My...
Skrywers en boeke 18 September 2024 18.09.2024 1:57:55
Die digter, skrywer, dramaturg en skilder, Breyten Breytenbach, het op 16 September sy 85e verjaarsdag gevier. Ons vier dit deur te luister na die eerste deel van Johan Rademan se bekroonde dokumentêre program ‘N ANDER SKAKERING. (Dit is ter viering van Breyten se 80e verjaarsdag saamgestel.) Prof. Willie Burger gesels met ons oor lesersindrukke en literêre kritiek en die waarde daarvan. Johan My...
Skrywers en boeke 11 September 2024 11.09.2024 50:32
Dibi Breytenbach gesels oor haar nuwe roman HEKS. Johan Myburg praat oor die langlys vir die Britse Baillie Gifford-prys, en EDENGLASSIE, die wenner van die Queensland-letterkundeprys. Antjie Krog is verlede week vereer met ‘n ere-doktorsgraad, en prof. Willie Burger van die UP vertel hoekom sy departement haar genomineer het.
Skrywers en boeke 4 September 2024 04.09.2024 1:38:12
SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor die volgende boeke: Die onsigbare deur PJO Jonker; As klippe kon praat deur Connie Luyt; Foto’s en fairylights deur AnMari do Carmio; Kinderlê deur Lynthia Julius; Prune like a pro deur Anton Roux en SAPPI Tree spotting-reeks; Prescription: Ice Cream deur Allister McAlpine; Wake up, this is Joburg deur Tanya Zack en Mark Lewis; Wat sê Bettina? de...
Skrywers en boeke 28 Augustrus 2024 28.08.2024 1:03:48
Die skrywer, Abraham (Braam) de Vries, is op 23 Augustus 2024oorlede. Prof. Willie Burger praat oor Braam die mens en skrywer. Jy kan ook luister na ‘n uittreksel uit ‘n 1997-onderhoud wat Daniel Hugo met Braam gevoer het. Die resensent. Jonathan Amid, gesels oor ‘n klompie gunstelingboeke: Rudie van Rensburg se GEBOOIE, Ingrid Winterbach se ONRUS OP STEYNSRUS, Elizabeth Wasserman se DIE NEGE LEWE...
Skrywers en boeke 21 Augustus 2024 21.08.2024 51:53
Hoor hoe groot Karel Schoeman se bydrae tot die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse boekewêreld was, wanneer prof. Willie Burger gesels oor STILTES EN STEMME, ‘n huldigingsbundel oor die werk van Schoeman. Johan Myburg gesels oor ‘n interessante toekomsbiblioteekprojek waarby die skrywer, Tommy Orange, ook nou betrek is, die kortlys van die Dayton Vredesprys en ‘n hernieude belangstelling in liefdesverh...
Skrywers en boeke 14 Augustus 2024 14.08.2024 50:21
Deborah Steinmair, Vrye Weekblad se boekeredakteur, gesels oor vier boeke wat sy baie geniet het: GEBOOIE (Rudie van Rensburg), ONRUS OP STEYNSHOOP (Ingrid Winterbach), A SHORT LIFE (Nicky Greenwall) en WEGKRUIPER (Christelle Wessels). AJ Opperman vertel van Annesu de Vos, wat onlangs 60 geword het, en jy kan luister na ‘n kort onderhoud met haar uit 1980. In Johan Myburg se internasionale insetse...
Skrywers en boeke 7 Augustus 2024 07.08.2024 50:51
Luister na ‘n heruitsending van Ina Stydom se 2018-dokumentêr, ‘N GELEEFDE LEWE, ter viering van John Miles se 86e verjaarsdag. Daar is nuus oor die finaliste vir die 2024 kykNET-Rapport-boekpryse, Booker-langlys en die wenner van Australië se Miles Franklinprys. Johan Myburg bring ook hulde aan die Ierse skrywer, Edna O’Brien, wat verlede week oorlede is.
Skrywers en boeke 31 Julie 2024 31.07.2024 50:44
Francois Bekker, ‘n resensent, bespreek Dana Snyman se outobiografiese boek, SEUN; Albert Blake se JOPIE FOURIE: ‘N BESINNING; en Riëtte Rust se DIE GESKENK. Ilse Salzwedel gesels met Madelein Rust oor haar roman, BESSIE SE HANGKASBIBLIOTEEK. Johan Myburg gesels oor drie nuwe internasionale romans (IN THE BLINK OF AN EYE deur Jo Callaghan, Martin MacInnes se IN ASCENSION en Claire Messud se THIS S...
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.