RSG

Skrywers en Boeke

Tv AF ↓ 727 episodes

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Bonuspotgooi: Fanie Viljoen oor Karel Schoeman 24.07.2024

Tydens die onlangse Vrystaat Kunstefees het die skrywer, Fanie Viljoen, gesels oor sy besonderse vriendskap met die kluisenaarskrywer, Karel Schoeman. In Skrywers en Boeke van 24 Julie 2024 is ‘n gedeelte van die gesprek uitgesaai, maar na versoeke van verskeie luisteraars het Fanie ingestem dat die res van sy gesprek oor Karel Schoeman ook beskikbaar gestel mag word. Hierdie is die volledige gesp...

Skrywers en boeke 24 Julie 2024 24.07.2024

Wie was Karel Schoeman werklik? In ‘n geredigeerde gedeelte van sy aanbieding, AANKOMS, AFSKEID en VERTREK: MY VRIENDSKAP MET KAREL SCHOEMAN, belig die skrywer Fanie Viljoen ‘n ander kant van Schoeman. Johan Myburg vertel meer oor Irvin Welsh se nuwe roman RESOLUTION, en gesels oor Christopher Marlowe, ‘n Engelse digter wat in dieselfde jaar as William Shakespeare gebore is. Johan het ook nuus oor...

Skrywers en boeke 17 Julie 2024 17.07.2024

Die skrywer, Audrey Blignaut, is op 6 Julie 1916 gebore. Ons stap terug op haar spore. Jy kan luister na ‘n argiefopname van Bettie Kemp se program, DAAR'S INK IN ONS ARE, oor Blignaut en haar dogter Marie Heese. Die joernalis, AJ Opperman, vertel ook meer oor Audrey en haar groot bydrae tot die Afrikaanse boekwêreld.

Skrywers en boeke 10 Julie 2024 10.07.2024

Ilse Salzwedel gesels met Helena Hugo, een van die mense wat al jare lank sorg vir radiodramas en vervolgverhale op RSG. Het jy geweet sy het al 87 boeke geskryf? Ilse gesels ook met Henda Olivier oor haar tweede boek, ONDER WATER, ‘n roman in die huishoudelike noir genre wat lesers behoorlik aan die gons het. Johan Myburg vertel van die jongste verwikkeling in die polemiek oor die Indiese skrywer...

Skrywers en boeke 3 Julie 2024 03.07.2024

Ilse Salzwedel vertel meer oor die kortlys en wenner van die UJ-prys. Johan Myburg, vanjaar se Innibos-feesdigter, lees die gedig voor wat hy in opdrag van die fees geskryf het. Johan het ook ‘n bydrae oor Iris Murdoch, en nuus oor Karin Slaughter se nuwe roman WHY WE LIED, asook haar betrokkenheid by ‘n veldtog om VSA-biblioteke se deure oop te hou. Ons kyk terug in die letterkunde-geskiedenis me...

Skrywers en boeke 26 Junie 2024 26.06.2024

Corlia Fourie en Annelize van Rooyen gesels oor hulle reisbundel DRAAIE, SWAAIE EN AFDWAALPAAIE waarin 46 skrywers oor hulle eie reise (met kinkels!) skryf. Annemarie van der Walt van die Innibos-kunstefees vertel waarna boekliefhebbers die volgende paar dae kan uitsien. Kerneels Breytenbach gesels oor twee internasionale boeke wat hy kan aanbeveel (KAIROS, die Booker International-wenner, en PARA...

Skrywers en boeke 19 Junie 2024 19.06.2024

Ilse Salzwedel gesels met Hettie Scholtz, een van die staatmakers in die Afrikaanse uitgewersbedryf – eers as uitgewer, later as boekjoernalis en vir die laaste dekade as die sameroeper van die KykNET/Rapportboekpryse, die belangrikste Afrikaanse letterkundepryse. Hettie was vir jare aan die hoof van HAUM-Literêr en was die stigter-eienaar van Quellerie Uitgewers. Skrywers soos Marlene van Niekerk...

Skrywers en boeke 12 Junie 2024 12.06.2024

NP Van Wyk Louw is op 11 Junie 1906 gebore, en op 18 Junie 1970 oorlede. Ter herdenking hiervan kan jy luister na ‘n argiefopname oor sy lewe en werk. Dis in 2006 saamgestel deur Daniël Hugo, en bevat baie interessante inligting oor die digter. Ilse Salzwedel gesels met die geskiedkundige en skrywer, Karen Horn, oor haar boek. PRISONERS OF JAN SMUTS - ITALIAN PRISONERS OF WAR IN SOUTH AFRICA IN WW...

Skrywers en boeke 5 Junie 2024 05.06.2024

Jy het seker al die naam Rumi iewers raakgelees, maar wie was hierdie digter en filosoof wat ook al die Shakespeare van die Midde-Ooste genoem is? Ilse Salzwedel gesels met dr. Dietlof van den Bergh, wat ‘n keur van Rumi se werk in Afrikaans vertaal het. Die joernalis, AJ Opperman, vertel waar sy belangstelling in skrywers en boeke ontstaan het, en gesels oor sy gunstelinge. Johan Myburg het nuus...

Skrywers en boeke 29 Mei 2024 29.05.2024

Ilse Salzwedel gesels met Karl Kemp oor ‘n fassinerende nie-fiksie boek met die titel WHY WE KILL: MOB JUSTICE AND THE NEW VIGILANTISM IN SOUTH AFRICA. Hierin probeer Kemp, wat ‘n Meestersgraad in Internasionale Reg het, ‘n verklaring vind vir die toename in geweld in Suid-Afrika. Johan Myburg stel ons voor aan Jenny Erpenbeck wie se boek, KAIROS, verlede week met die International Bookerprys bekr...

Skrywers en boeke 22 Mei 2024 22.05.2024

Ilse Salzwedel gesels met Theresa Papenfus oor haar aangrypende biografiese boek, SING MAMMA SING! Dit handel oor die siekte en dood van haar jongste seun, Braam. Die boek is egter allesbehalwe ‘n klaaglied vir Braam, en bevat heelwat humor, staaltjies uit haar seuns se kleintyd en lieflike prosa oor lewensvreugde, vasbyt en genade. Johan Myburg bring hulde aan Alice Munroe, voormalige Nobelpryswe...

Skrywers en boeke 15 Mei 2024 15.05.2024

Ilse Salzwedel bring hulde aan prof. Maritha Snyman, kinderboekskrywer, akademikus en voormalige uitgewershoof, wat onlangs oorlede is. Vier voormalige studente/kollegas (Drr. Nandi Lessing-Venter en Marieta Nel, Samantha Miller en Anzil Kulsen) gesels oor Maritha se werk en menswees. Johan Myburg gesels oor die voordele van hardop voorlees vir kinders, ‘n leeslys vir twintigplussers wat deur ‘n I...

Skrywers en boeke 8 Mei 2024 08.05.2024

Ilse Salzwedel gesels met Portchie oor sy outobiografie, VAN TWEELING TOT TRAFALGAR SQUARE. Die skrywer en joernalis, Alita Steenkamp, is op 1 Mei oorlede – luister na ‘n onderhoud wat in 2023 met haar gedoen is oor haar skrywersloopbaan en boeke. In sy bydrae gesels Johan Myburg oor ‘n nuwe boek uit die pen van die Johannesburgse skrywer Nic Mohlongo. Hy vertel ook meer oor Isabelle Hammad, wie s...

Skrywers en boeke 1 Mei 2024 01.05.2024

Nathan Trantraal gesels oor sy skryfwerk, en vertel meer oor DIE MAN WAT DIE KINNES VANG, sy jongste grafiese roman wat pas verskyn het. Hy praat ook oor die belangrike plek van Kaaps in die Afrikaanse letterkunde. Daar is meer inligting oor die Vryeweekblad Boekefees wat van 10 tot 12 Mei in Cullinan plaasvind, en die Afrikaanse skrywers wat vanjaar se Exclusive Books Homebru-lys gehaal het. Joha...

Skrywers en boeke 24 April 2024 24.04.2024

Ilse Salzwedel gesels met Irma Venter oor AL WAT TEL. Rachelle Greeff vertel meer oor haar biografie van Phoebe Gerwel, PHOEBE: ‘N LEWE SAAM MET JAKES GERWEL. Johan Myburg vertel van die nuwe Latyns-Amerikaanse letterkundige oplewing wat gelei word deur vroueskrywers, Salman Rushdie se outobiografie KNIFE: MEDITATIONS AFTER AN ATTEMPTED MURDER, en stel ons voor aan die Australiese misdaadskrywer G...

Skrywers en boeke 17 April 2024 17.04.2024

Jeanette Ferreira vertel vir Ilse Salzwedel van die storie agter haar jongste roman, DIE MELKWEG EN DIE MISKRUIER. In Johan Myburg se internasionale insetsel kan jy meer uitvind oor Meta, die sosiale mediaplatform, se beweerde plan om ‘n bekende uitgewery te koop om hulle kunsmatige intelligensie-toepassing ‘n hupstoot te gee. Johan het ook vir jou nuus oor die kortlyste vir die International Book...

Skrywers en boeke 10 April 2024 10.04.2024

Ilse Salzwedel gesels met Marina Auer, ‘n nuwe stem in Suid-Afrikaanse misdaadfiksie, oor haar roman DOUBLE EDGED. Theo Kemp vertel waarna lesers kan uitsien by vanjaar se Suidoosterfees-boekprogram. In sy internasionale bydrae vertel Johan Myburg hoe beroepswedders reeds spekuleer oor vanjaar se Nobelpryswenner. Hy bring ook hulde aan Maryse Condé, en vertel meer oor die Windham Campbellprys vir...

Skrywers en boeke 3 April 2024 03.04.2024

Ilse Salzwedel gesels met Chanette Paul oor ANONIEM, haar vyftigste roman wat pas verskyn het. Stefaans Coetzee, wat onlangs aangewys is as Netwerk24 se smaakmaker van die jaar vir die boekbedryf, gesels oor sy liefde vir boeke en hoe dit sy lewe verander het. In sy internasionale bydrae vertel Johan Myburg meer oor die kortlyste vir die Dublin- en Aspen-letterkundepryse, en ‘n nuwe roman wat oors...

Skrywers en boeke 27 Maart 2024 27.03.2024

Ilse Salzwedel gesels met Zirk van den Bergh oor sy jongste roman HEMEL EN AARDE EN ONS. Resensent Francois Bekker deel sy indrukke van STILTES EN STEMME, saamgestel deur prof. Willie Burger, wat handel oor die werk van Karel Schoeman, en Lize Albertyn-Du Toit se tweede roman, DUIFELING. Johan Myburg vertel in sy internasionale insetsel onder andere meer oor die kortlys van die Dylan Thomasprys, ...

Skrywers en boeke 20 Maart 2024 20.03.2024

Ilse Salzwedel gesels met Sidney Gilroy oor sy jongste spanningsroman BLOEDSOMER. Die wenners van LAPA se jeugromanwedstryd, Fanie Viljoen, en die drie naaswenners, Zelda Bezuidenhout, Jacolet van den Bergh en Annerle Barnard, vertel meer oor hulle wenboeke.  In sy internasionale bydrae het Johan Myburg nuus oor die International Bookerprys vir vertaalde werk se langlys, ‘n gesogte Nederlandse let...

Skrywers en boeke 13 Maart 2024 13.03.2024

Ilse Salzwedel gesels met die digter, skrywer, akademikus en resensent, Joan Hambidge, oor haar jongste roman, STASIES. Jy kan ook luister na ‘n argiefopname van 1974 waarin Elisabeth Eybers van haar eie gedigte voorlees. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg oor die langlys vir die Britse Women’s Prize for Fiction, en ‘n nuwe roman uit die pen van Gabriel García Márquez, tien jaar na sy...

Skrywers en boeke 6 Maart 2024 06.03.2024

Charmaine Africa se meesleurende en aangrypende memoir, AMMA, is ‘n boek wat jy nie sommer sal vergeet nie. Sy gesels daaroor met Ilse Salzwedel.  In ‘n kykie na ‘n Afrikaanse skrywer uit die verlede, kan jy luister na ‘n gedeelte van ‘n 2016-onderhoud met Abraham de Vries, meester van die kortverhaal. In Johan Myburg se internasionale bydraes is daar iets oor FOURTEEN DAYS, ‘n roman wat in New Yo...

Skrywers en boeke 28 Februarie 2024 28.02.2024

Ilse Salzwedel gesels met die wêreldbekende profileerder, dr. Micki Pistorius, oor die heruitgawe van haar boek oor reeksmoordenaars, CATCH ME A KILLER. Daar is internasionale boekenuus, onder andere ‘n boek oor klimaatsverandering deur die Suid-Afrikaner Adam Welz. wat oorsee baie aandag trek. Die kinderboekskrywer David Walliams kom Suid-Afrika toe, en Tsitsi Dangarembga se eerste roman word in...

Skrywers en boeke 21 Februarie 2024 21.02.2024

Ilse Salzwedel gesels met Anoeschka von Meck oor haar nuwe roman, TWA DIE TYDLOPER, en SARIE se boekeredakteur Phyllis Green deel haar indrukke van die roman. Gys Visser, hoof van NB Uitgewers se regsdienste, verduidelik hoekom ‘n onlangse hooggeregshoofuitspraak dit voortaan soveel makliker en vinniger sal maak om mense te vervolg wat elektroniese weergawes van boeke onwettig versprei en aflaai....

Skrywers en boeke 14 Februarie 2024 14.02.2024

Kristel Loots, gewilde skrywer van verhoudingsromans, gesels met Ilse Salzwedel oor die liefde, en of moderne vroue steeds oor romantiese liefde wil lees. Elna van der Merwe gesels oor die Stilbaai-boekefees wat van 23 tot 25 Februarie gehou word. Johan Myburg gesels oor die wenners van die Neropryse, ‘n Japanese roman wat gedeeltelik met die hulp van ChatGPT geskryf is, en vier nuwe Engelse verta...

Listen to the Skrywers en Boeke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.