RSG

Skrywers en Boeke

Tv AF ↓ 727 episodes

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Skrywers en boeke 7 Februarie 2024 07.02.2024

Ilse Salzwedel stel jou voor aan Gaireyah Fredericks, skrywer van EEN VOET INNIE KABR, 'n Afrikaapse kortverhaalbundel, polsend met Kaaps-Maleise invloede. Ilse gesels ook met die bekende kinderboekskrywer, Jaco Jacobs, oor die belangrikheid van lees vir kinders, en oor ‘n paar nuwe benoemings vir sy boeke. Annelien van Basten van Skryfnet vertel meer oor die skryfkursusse wat Skryfnet in die volg...

Skrywers en boeke 31 Januarie 2024 31.01.2024

Justin Fox vertel vir Ilse Salzwedel meer oor PLACE: SOUTH AFRICAN LITERARY JOURNEYS, sy literêre reisboek oor die plekke wat nege prominente Suid-Afrikaanse skrywers se skryfwerk beïnvloed het. Onder hulle is J.M. Coetzee, Dalene Matthee, Eugene Marais en Deneys Reitz. Theo Kemp van die Jakes Gerwel-stigting vertel wat hulle alles vir vanjaar beplan. Vir die 90e herdenking van die geboortedag van...

Skrywers en boeke 24 Januarie 2024 24.01.2024

Ilse Salzwedel se gas is Irma du Plessis, dogter van wyle Koos du Plessis, die sanger en liedjieskrywer. Irma is die samesteller van ERFDEEL: VERSAMELDE WERKE VAN KOOS DU PLESSIS, wat onlangs heruitgegee is. Johan Myburg gesels oor die langlys van die Dublin-letterkundeprys, en stel ons voor aan die wenner van die T.S. Eliotprys vir poësie,  Jason Allen-Paisant. Johan vertel meer oor die teisterin...

Skrywers en Boeke 17 Januarie 2024 17.01.2024

Ilse Salzwedel se gas is Marita van der Vyver, skrywer van 30 boeke, wat kinderboeke, jeugboeke en romans soos GRIET SKRYF ‘n SPROKIE, WEGKOMKANS en LAASTE KANS insluit. Hulle kyk terug op Marita se loopbaan wat oor meer as 40 jaar strek. Johan Myburg gesels oor die kortlys vir die Rathbone Foliopryse en het nog ‘n lys internasionale boeke waarna lesers kan uitsien. Daar is selfs ‘n roman uit die...

Skrywers en boeke 10 Januarie 2024 10.01.2024

Ilse Salzwedel gesels met oud-joernalis, skrywer, biograaf en uitgewer Petrovna Metelerkamp, wat onlangs 80 jaar oud geword het, oor haar interessante loopbaan en pad met boeke. Johan Myburg vertel watter bekendes in die boekwêreld vanjaar weer ingesluit is in die lys Nuwejaarvererings van die Britse koningshuis. Hy vertel ook meer oor BOUND TO VIOLENCE, ʼn roman van die Malinese skrywer Yambo Ouol...

Skrywers en boeke 3 Januarie 2024 03.01.2024

In die laaste oorsigtelike gesprek oor 2023 se boekhoogtepunte, gesels Ilse Salzwedel met Jonathan Amid, boekresensent en manuskripontwikkelaar. Jonathan het ‘n wonderlike lys boeke, wat romans, jeugboeke, misdaadfiksie en ook Engelse boeke deur verskeie Suid-Afrikaanse skrywers insluit. Hou gerus ‘n pen en papier byderhand – daar is beslis iets vir almal se smaak.

Skrywers en boeke 27 Desember 2023 27.12.2023

Ilse Salzwedel kuier vanaand saam met Deon Meyer. Hulle gesels onder andere oor sy jongste roman LEO, en Deon speel ook drie van sy gunstelingliedjies voor. Johan Myburg vertel meer oor drie historiese romans uit die pen van bekende internasionale skrywers: Joyce Carol Oates se BUTCHER, Paul Theroux se BURMA SAHIB en Colm Tóibín se LONG ISLAND.

Skrywers en boeke 20 Desember 2023 20.12.2023

Ilse Salzwedel gesels met Nataniël oor sy jongste bundel verhale HELP, HELP! Hy vertel ook meer oor sy betrokkenheid by sy Franse broerskind se oulike kinderboek VYF VERLORE VERE. Johan Myburg is ook weer op sy pos met nuus uit die internasionale letterkundewêreld.

Skrywers en boeke 13 Desember 2023 13.12.2023

Francois Bekker, ‘n resensent van Pretoria, gesels met Ilse Salzwedel oor boeke wat hy vanjaar geniet het. Hy maak ‘n hele paar interessante aanbevelings,  wat ook goeie nie-fiksie insluit. In sy internasionale insetsels gesels Johan Myburg oor ‘n lys aanbevelings vir internasionale misdaadromans, en hy kyk terug op 2023 en die boeke wat die groot literêre pryse verower het.

Skrywers en boeke 6 Desember 2023 06.12.2023

In hierdie week se Skrywers en Boeke kan jy luister na 3 onderhoude wat by die Festival Voor Het Afrikaans in Den Haag, Nederland opgeneem is. Johan Myburg bespreek o.a. die Bookerpryswenner en vertel meer van die Britse kinderboek wat as ‘n boekwinkelgroep se boek van die jaar aangewys is.

Skrywers en boeke 29 November 2023 29.11.2023

Wium van Zyl gesels met Ilse Salzwedel oor sy vertaling van die klassieke werk 1001 Nagte . Alita Steenkamp, ‘n  joernalis, vertel van die jeugroman, DEUR DIE VUUR . In Johan Myburg se internasionale bydrae het hy nuus oor ‘n bekroning vir komediant Bob Mortimer se roman THE SATSUMA COMPLEX, en die finaliste van die nuwe Nero-romanpryse. Johan vertel ook meer oor die baie bekende Britse skrywer, A...

Skrywers en boeke 22 November 2023 22.11.2023

Digter, skrywer en resensent Daniel Hugo gesels oor sy boek, VERS EN KAPITTEL 2, en ook oor ‘n paar boeke wat hy kan aanbeveel. Deborah Steinmair, Vrye Weekblad se boekeredakteur, het ook ‘n paar aanbevelings. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg oor die belang van oudioboeke, ‘n Franse letterkundeprys vir die Suid-Koreaanse skrywer Han Kang, en nuwe boeke uit die pen van Sigrid Nunez e...

Skrywers en boeke 15 November 2023 15.11.2023

Chris Vorster gesels oor sy biografie van die akteur Marius Weyers, bloot getiteld MARIUS WEYERS. Morné Malan, skrywer van MINDER AS WATER, praat oor sy jongste boek en sy benadering tot skryfwerk. Johan Myburg het nuus oor ‘n kinderboek wat oorlog vir kinders verduidelik, asook die Festival voor Het Afrikaans in Den Haag. Hy kyk ook na die werk van WB Yeats, wat ‘n eeu gelede met die Nobelprys vi...

Skrywers en boeke 8 November 2023 08.11.2023

Ilse Salzwedel gesels met dr. Hestelle van Staden oor haar boek, OUTOPSIE: BLOED VERTEL ‘N STORIE. Hestelle is ‘n forensiese patoloog, en lig in die boek die sluier oor haar baie uitdagende, maar baie interessante werk. Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, het ‘n klompie voorstelle oor boeke wat oulike Kersgeskenke sal maak. In Johan Myburg se internasionale bydrae gesels hy oor nuwe misdaadrom...

Skrywers en boeke 1 November 2023 01.11.2023

Sussie Kotze het onlangs haar 90e verjaarsdag gevier. Sy vertel vir Ilse Salzwedel van die inspirasie agter haar roman wat vroeër vanjaar verskyn het, en gesels oor haar lewe en werk. Joan Hambidge gesels oor vier Afrikaanse boeke wat haar vanjaar beïndruk het. Johan Myburg het nuus oor twee goed wat hoofopskrifte gehaal het tydens die onlangse Frankfurtse boekeskou: ‘n toekenning aan Salman Rushd...

Skrywers en boeke 25 Oktober 2023 25.10.2023

Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, vertel vir Ilse Salzwedel van ‘n klompie nie-fiksieboeke wat sy onlangs gelees het en kan aanbeveel.  Ilse gesels met Fanie Olivier oor sy Afrikaanse vertaling van die Belgiese skrywer Erwin Mortier se GODENSLAAP. Johan Myburg bring hulde aan die Amerikaanse digter en voormalige Nobelpryswenner, Louise Glück, ná haar onlangse dood. Hy gesels ook oor ʼn nuwe b...

Skrywers en boeke 18 Oktober 2023 18.10.2023

Ilse Salzwedel gesels met vier skrywers tydens ‘n spesiale opname by die Toyota US Woordfees. Johann Rossouw vertel van die inspirasie vir sy nuwe roman, SLUITSTUK, en gesels ook oor VERNIETIG, sy vertaling van ‘n roman deur die Franse skrywer, Michelle Houellebecq. Beryl Botman vertel meer oor haar twee outobiografiese boeke, SEDERT DIE DOOD ONS SKEI en STEEDS BLY DIE LIEFDE. Rina Bester, wat die...

Skrywers en boeke 11 Oktober 2023 11.10.2023

Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor ‘n Afrikaanse boeke wat sy kan aanbeveel, soos Marita van der Vyver (LAASTE KANS), Madelein Rust (SIEMBAMBA) en Nicole Jaekel Strauss (DEELFONTEIN) se nuwe romans, en Marco van der Colf se debuutroman (DIEPER DROME). Ons kondig die wenner aan van die Stellenbosch Woordfees se kortverhaalbundelwedstryd. In sy internasionale bydrae vertel Johan Mybu...

Skrywers en boeke 4 Oktober 2023 04.10.2023

Ilse Salzwedel gesels met Julio Agrella, skepper van die Zeus van Wyngaardt-misdaadfiksiereeks. Daar is  meer oor die wenners van die ATKV Woordveertjies en die kykNET-Rapportboekpryse. In sy internasionale bydrae vertel Johan Myburg meer oor voorspellings oor wie vanjaar aangewys sal word as die wenner van die Nobelprys vir letterkunde. Hy het ook nuus oor die  kortlys van die Bookerprys en die f...

Skrywers en boeke 27 September 2023 27.09.2023

Ilse Salzwedel gesels met SJ Naude, tweemalige Hertzogpryswenner, oor sy jongste roman VAN VADERS EN VLUGTELINGE. In die tweede gedeelte van die program kan jy luister na ‘n hoorbeeld wat in 1993 deur Chris Swanepoel saamgestel is om die sestigste herdenking van Ingrid Jonker se geboortedag te vier. Daarin gesels die digter self oor haar lewe, en jy kan ook die stemme hoor van verskeie bekende Ses...

Skrywers en boeke 20 September 2023 20.09.2023

Schalk Schoombie was ‘n bekroonde akteur, dramaturg, joernalis en skrywer. Ilse Salzwedel onthou hom met ‘n argiefonderhoud uit 2015. Elize Parker gesels oor haar jongste roman, WANNEER SKADUWEES KANTEL. In Johan Myburg se internasionale insetsel het hy nuus oor die veranderings aan die Pulitzerpryse se reglemente, en twee boeke wat benoem is vir die Bookerprys (Chetna Maroo se WESTERN LANE en Ayo...

Skrywers en boeke 13 September 2023 13.09.2023

Pieter Stoffberg is die skrywer van TENK, RSG se nuwe laataandboekvoorlesing. Hy vertel van die storie agter hierdie oorlogsroman. Ilse Salzwedel bring hulde aan Gerrit Olivier, bekende musikus, akademikus en skrywer met ‘n argiefgesprek oor sy bundel biografiese sketse KERSFEES OP WONDERFONTEIN. Johan Myburg vertel meer oor Edith Grossman, bekende Amerikaanse vertaler van o.a. LOVE IN THE TIME OF...

Skrywers en boeke 6 September 2023 06.09.2023

Ilse Salzwedel gesels met Eunice Visser, skrywer van DIE KAAPSE SLAWE: 1652-1838, wat pas deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns met die LW Hiemstraprys bekroon is. Rudie van Rensburg gesels oor sy nuwe Kassie Kasselman-roman, DWELM, en die rolprentweergawe van HANS STEEK DIE RUBICON oor. Johan Myburg stel ons voor aan die Roemeens-Duitse skrywer en digter Herta Müller en die Maleisiese skrywe...

Skrywers en boeke 30 Augustus 2023 30.08.2023

Ilse Salzwedel gesels met Eben Venter oor sy jongste boek, DECIMA, waarin ‘n swartrenosterkoei een van die hoofkarakters is. Ons hoor watter skrywers vir vanjaar se ATKV-Woordveertjietoekennings benoem is. Johan Myburg het ‘n hele klomp interessante nuus uit die internasionale letterkundige wêreld, van  kunsmatige intelligensie en die splinternuwe probleme wat dit vir skrywers veroorsaak, tot hoe...

Skrywers en boeke 23 Augustus 2023 23.08.2023

Ilse Salzwedel gesels met Naomi Morgan, die vertaler van MADAME PYLINSKA EN DIE GEHEIM VAN CHOPIN, wat tans op RSG voorgelees word. Johan Myburg het nuus oor ‘n nuwe roman uit die pen van die Suid-Afrikaanse skrywer, Ivan Vladislavich, die boek wat as die gewildste voorleesboek vir kinders aangewys is in ‘n Britse peiling, en ‘n lys boeke wat volgens die Britse koerant, The Guardian, beskou kan wo...

Listen to the Skrywers en Boeke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.