RSG
Skrywers en Boeke
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Skrywers en boeke 16 Augustus 2023 16.08.2023 52:03
CJ Langenhoven was skrywer, digter, dramaturg en koerantman, en het op daardie manier ‘n sleutelrol in die ontwikkeling van Afrikaans gespeel. As politikus het hy gehelp om dit as amptelike taal erken te kry. Langenhoven is vandeesweek 150 jaar gelede gebore, en ons vier dit met ‘n heruitsending van Ina Strydom se hoorbeeld LANGENHOVEN: DWEPER VIR AFRIKAANS. Johan Myburg deel nuus uit die internas...
Skrywers en boeke 9 Augustus 2023 09.08.2023 51:12
Die digter en skrywer Wilma Stockenström het op 7 Augustus haar 90e verjaarsdag gevier. Luister na ‘n spesiale huldigingsprogram wat Ina Strydom in 2018 saamgestel het oor haar lewe en werk.
Skrywers en boeke 2 Augustus 2023 02.08.2023 49:04
Dan Sleigh was een van die groot meesters van die Afrikaanse letterkunde. Hy was ewe bekend as historikus, en sy dood word allerweë beskou as ‘n verlies vir Afrkaans én Suid-Afrika. Ilse Salzwedel bring hulde aan hierdie bekroonde skrywer van EILANDE, AFSTANDE, WALS MET MATILDA, 1795 en verskeie ander publikasies, onder meer die omvangryke nie-fiksiewerk, RETOERVLOOT, deur middel van uittreksels u...
Skrywers en boeke 26 Julie 2023 26.07.2023 55:40
Ilse Salzwedel gesels met Michiel Heyns oor sy jongste roman EACH MORTAL THING. Johan Myburg vertel hoe die Britte hulle hofdigter, of poet laureate, kies, en jy kan luister na ‘n stokou voorlesing van WH Auden, wat twee maal oor die hoof gesien is as Britse hofdigter. Johan het ook nuus oor ‘n nuwe wetenskapsfiksieroman wat in Meksiko afspeel, en deel die kortlys van die Ursule K. Le Guinprys. J...
Skrywers en boeke 19 Julie 2023 19.07.2023 55:13
Helene de Kock, wie se 47e roman onlangs verskyn het, gesels oor DIANA SE DAG. Sy gesels ook oor haar loopbaan, en deel waardevolle skryfraad. In sy internasionale bydrae bring Johan Myburg hulde aan Milan Kundera en Pascal Mercier, wat albei vandeesweek oorlede is. Hy het nuus oor ‘n nuwe roman deur MJ Arlidge. Jy kan ook luister na ‘n argiefopname waarin wyle Madeleine van Biljon wys hoekom sy e...
Skrywers en boeke 12 Julie 2023 12.07.2023 56:32
Ilse Salzwedel gesels met Ted Botha oor sy nie-fiksie boek, DAISY DE MELKER: HIDING AMONG KILLERS IN THE CITY OF GOLD. Jeanne Goosen sou op 13 Julie haar 85e verjaarsdag gevier het, en jy kan luister na ‘n argiefonderhoud wat Nic Swanepoel in 1995 met haar gevoer het. Johan Myburg bring hulde aan die Engelse skrywer, Mavis Cheek. Hy vertel van die storie agter ALL QUIET ON THE WESTERN FRONT, en st...
Skrywers en boeke 5 Julie 2023 05.07.2023 55:22
Ilse Salzwedel gesels met P.P. Fourie oor sy nuwe roman, ONS SKULDE. Johan Myburg vertel van die polemiek oor die boek, SHAKESPEARE WAS A WOMAN AND OTHER HERESIES, wat o.a. William Shakespeare se identiteit bevraagteken. Daar is meer oor Michael Rosen, die wenner van vanjaar se PEN Pinterprys, en THE SHARDS, ‘n nuwe roman uit die pen van die Amerikaanse skrywer Brett Easton Ellis. Jy kan ook luist...
Skrywers en boeke 28 Junie 2023 28.06.2023 49:12
Ilse Salzwedel gesels met Adriaan Potgieter oor sy boek, IN DIE KLIPKNOETS VAN HAAR VUIS, ‘n studie oor die lewe en werk van Sheila Cussons. In Johan Myburg se uiteenlopende bydraes oor internasionale skrywers en boeke, gesels hy oor boeke wat dalk net ‘n plek op jou leeslys verdien, weerstand teen die verbanning van boeke in die VSA, en Salman Rushdie se eerste openbare optrede sedert die aanval...
Skrywers en boeke 21 Junie 2023 21.06.2023 47:31
Erla Diedericks gesels oor skryf, lees en haar nuwe roman, SALEMSTRAAT. In Johan Myburg se internasionale insetsel bring hy hulde aan die Amerikaanse skrywer, Cormac McCarthy; die redes agter die besluit om THE SNOW FOREST, Elizabeth Gilbert se jongste roman, van publikasie te onttrek; en die publikasie van George Orwell se ANIMAL FARM in Zimbabwe. Kom vind uit wie is vanjaar se Women’s Prize for...
Skrywers en boeke 14 Junie 2023 14.06.2023 49:30
Ilse Salzwedel stel jou voor aan Beverley Roos-Muller, skrywer van BULLET IN THE HEART, ‘n nie-fiksie werk wat die Anglo-Boereoorlog belig uit die hoek van die vier Muller-broers. In internasionale nuus deel Johan Myburg nuus oor die kortlys van die gesogte Britse James Tait-Blackpryse, en hy vertel meer oor die Nederlandse prys wat onlangs aan Annemarie van Niekerk toegeken is vir haar memoir OND...
Skrywers en boeke 7 Junie 2023 07.06.2023 51:59
Elmarie Viljoen-Massyn vertel van haar spannende debuutroman, VUURVOËL, wat afspeel in die farmaseutiese bedryf. Met meer as 200 kinderboeke op sy kerfstok, weet die bekroonde skrywer Jaco Jacobs seker ‘n ding of twee oor wat kinders graag lees. Hy gesels vertel vir Ilse Salzwedel van die belangrikheid van boeke en lees in kinders se lewe. Johan Myburg vertel in sy internasionale bydrae hoe die Fr...
Skrywers en boeke 31 Mei 2023 31.05.2023 43:03
Ilse Salzwedel gesels met Anchien Troskie oor haar nuwe roman, DIE LAASTE KANARIEGEEL NOTABOEK. Vyf aspirantskrywers kan elkeen ‘n driewekelange kortverhaalskryfskool gratis bywoon – Theo Kemp van die Jakes Gerwel-stigting gee meer inligting hieroor. Adv. Jackie Fick, ‘n kubermisdaadkenner, verduidelik hoekom die rondstuur van onwettige e-boeke ‘n misdaad is. In sy internasionale bydrae stel Johan...
Skrywers en boeke 24 Mei 2023 24.05.2023 54:57
Suzette Myburg gesels met Pieter Marais oor sy debuutroman, KONKEL. Wyno Simes van NALN in Bloemfontein vertel vir Ilse Salzwedel van die werk wat daar gedoen word om die Afrikaanse letterkundige en kunstenalatenskap te help bewaar. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg oor die Zimbabwiese skrywer, Tsitsi Dangarembga, en die aanklagte teen haar van aanhitsing tot geweld; ‘n 20-jarige Kaa...
Skrywers en boeke 17 Mei 2023 17.05.2023 51:28
Ilse Salzwedel gesels met SD Fourie oor haar nuwe roman, DIE REIS. Dis ‘n moderne roman met die geskiedenis as agtergrond. Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor vier Engelse boeke uit die pen van Suid-Afrikaanse skrywers wat sy glo luisteraars sal geniet. Ingeborg Pelser van die Franschhoek Literary Festival gesels oor waarna besoekers kan uitsien by hierdie fees wat van 19 tot 21 Mei...
Skrywers en boeke 10 Mei 2023 10.05.2023 52:18
Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor vier Afrikaanse boeke wat sy kan aanbeveel. Ilse Salzwedel gesels met Nicol Stassen in ‘n laaste gesprek oor die bewaring van ouer Afrikaanse skryfkuns. Johan Myburg het nuus oor ‘n nuwe roman uit die pen van die gevierde Gabriel García Márquez wat reeds in 2014 oorlede is, beroepswedders se idees oor wie later vanjaar met die Nobelprys vir letter...
Skrywers en boeke 3 Mei 2023 03.05.2023 54:19
Antjie Krog is onlangs vir die derde keer met die Hertzogprys bekroon, hierdie keer vir haar bundel PLUNDER. Ons vier dit met die heruitsending van ‘n uittreksel uit die AVBOB/RSG-huldigingskonsert wat op 23 Oktober 2022 uitgesaai is om Krog se 70e verjaarsdag te vier. In Johan Myburg se internasionale insetsel gesels hy oor ‘n nuwe internasionale debuutprys vir vroueskrywers ouer as 50, nuwe in...
Skrywers en boeke 26 April 2023 26.04.2023 48:36
Ilse Salzwedel gesels met Madelein Rust oor haar biografiese boek, VAN VREES NA VREDE, waarin sy skryf oor haar stryd teen terminale kanker. VivA se Rone Wierenga vertel meer oor die digitisering en digitalisering van die Afrikaanse letterkunde. Die Akademie vir Wetenskap en Kuns het verlede week die wenners van die Hertzogprys en ander letterkundige pryse bekendgemaak. Johan Myburg het onder ande...
Skrywers en boeke 19 April 2023 19.04.2023 50:13
Carien Smith, wenner van die UJ-debuutprys, gesels oor haar kortverhaalbundel BOT. Johan Myburg vertel meer oor die kortlys vir die Carol Shields- letterkundeprys, SALT, ‘n nuwe projek om die letterkunde van Suid-Asië toeganklik te maak vir lesers in die Weste, en Eleanor Catton se nuwe roman BIRNAM WOOD. Jy kan ook hoor wat Catton self daaroor te sê het. As jy ‘n kortverhaalskrywer is, maak seker...
Skrywers en boeke 12 April 2023 12.04.2023 55:15
Ilse Salzwedel gesels met Elmarie Dercksen oor haar debuutroman, DIE GAWE VAN GROEN, wat beskryf word as historiese fantasie met ‘n stewige skeut magiese realisme. Daar is ook nuus oor die ATKV-Skryfskool se landswye projekte. Ilse Salzwedel wil by prof. Bernard Odendaal, voorsitter van PEN-Afrikaans, weet wie se plig dit is om die werk van ouer Afrikaanse skrywers te bewaar. Johan Myburg vertel m...
Skrywers en boeke 5 April 2023 05.04.2023 49:04
Ilse Salzwedel gesels met Elizabeth Wasserman oor haar “cozy mystery”, DIE FANTASTIESE MEVROU SMIT. Daar is nuus oor die finaliste en wenners van die UJ-Pryse en die eerste Vrye Weekblad Boekefees in Cullinan. In internasionale nuus vertel Johan Myburg meer oor die wenners van die baie gesogte Britse Rathbones Foliopryse, die kortlys vir die Dublin Letterkundeprys, THE CATS WE MEET ALONG THE WAY,...
Skrywers en boeke 29 Maart 2023 29.03.2023 52:51
Ilse Salzwedel gesels met Bettina Wyngaard oor haar jongste misdaadroman LOKVAL. Fanie Viljoen vertel meer oor DIE LEWE SE VUIL HOUE, sy nuwe jeugroman. In Johan Myburg se internasionale nuus kan jy uitvind wie is op die Booker International se langlys, en Johan bring ook hulde aan Kenzaburo Oe, die Japanse skrywer wat onlangs oorlede is. Elna van der Merwe gee meer inligting oor die KKNK se grati...
Skrywers en boeke 22 Maart 2023 22.03.2023 55:07
Ontmoet vir Jerzy Koch, die Poolse professor wat so lief is vir Afrikaans. Hy vertel hoe hy Afrikaans ontdek het, en lees ook van die gedigte uit sy nuwe bundel, POLKADRAAI, voor. Willemien du Preez gesels oor haar outobiografiese roman, ‘N PLAAS SE PRYS. In ‘n onderhoud uit die argief kan jy hoor hoekom wyle Elsabé Steenberg fantasie en boeke as so belangrike deel van kinders se lewe beskou het.
Skrywers en boeke 15 Maart 2023 15.03.2023 50:13
Ilse Salzwedel gesels met Elise Bishop oor TWEE LEWENS, Elise se aangrypende lewensverhaal. Sy is as ‘n seuntjie gebore en het op 32 ‘n lewenseranderende geslagsveranderingsoperasie ondergaan. Johan Myburg het nuus oor die Women’s Prize for Fiction se langlys en David Walliams se kinderboeke, wat ook in Afrikaans vertaal word. Hy bring ook hulde aan die Britse skrywer, Christopher Fowler, wat onla...
Skrywers en boeke 8 Maart 2023 08.03.2023 53:21
Ilse Salzwedel gesels met Joan Kruger oor haar boek WIEG, ‘n biografie oor ‘n Franse vrou wat aan die einde van die jaar 1700 in Kaapstad kom woon het. Frederik de Jager, gesels oor VER IN DIE WÊRELD, ‘n boek met stories uit die pen van Suid-Afrikaanse skrywers wat oorsee woon. Johan Myburg het nuus oor die heruitgawe van Ian Fleming se beroemde reeks boeke oor James Bond, kortverhale deur Terry...
Skrywers en boeke 1 Maart 2023 01.03.2023 47:33
Ilse Salzwedel gesels met Antoinette Venter oor haar KINDERS VAN DIE GODE-reeks vir laerskoolkinders, en vertel ook meer oor die AVBOB Road to Literacy-projek (in samewerking met Oxford University Press). Met hierdie inisiatief kan ‘n behoeftige laerskool een van 260 trolliebiblioteke met 500 kinderboeke (in leerders se moedertaal) wen. Inskrywings sluit op 14 April. Johan Myburg vertel meer oor d...
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.