RSG

Skrywers en Boeke

Tv AF ↓ Odcinki: 741

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategoria

Tv

Strona podcastu

www.rsg.co.za

Ostatni odcinek

14 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Skrywers en boeke: Jean Cooper (WAAR DIE TEERPAD OPHOU); Nederlandse digter Mustafa Stitou 14.10.2026

14 Oktober 2026: Ilse Salzwedel gesels met Jean Cooper oor sy boek, WAAR DIE TEERPAD OPHOU, waarin hy skryf oor sy 80 dae per motorfiets deur Afrika. Dr. Marni Bonthuys van die UWK gesels met die besoekende Nederlandse digter, Mustafa Stitou. Johan Myburg het ook vier insetsels oor die internasionale boekewereld. Hy gesels onder andere oor nog ‘n letterkundeprys wat teruggehou word weens bewerings...

Skrywers en boeke: Bekroningsplegtigheid van SA Akademie vir Wetenskap en Kuns 07.10.2026

7 Oktober 2026: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon jaarliks uitsonderlike werk in die Afrikaanse letterkunde. Ons neem jou saam na vanjaar se bekroningsaand. Die digters Lynthia Julius (KINDERLê) en Alwyn Roux (WEERSKYN) is vanjaar die gesamentlike wenners van die Eugene Maraisprys vir poësie. Naomi Morgan is vereer met die Akademieprys vir Vertaalde Werk vir haar vertaling...

Skrywers en boeke: Joan Hambidge se 70e verjaarsdagviering by Tuin van Digters 30.09.2026

30 September 2026: Die digter en akademikus Joan Hambidge se 70e verjaarsdag is tydens die onlangse Tuin van Digters by die Breytenbachsentrum op Wellington gevier. Ons luister na ‘n geredigeerde weergawe van hierdie huldigingsgeleentheid. Dis saamgestel deur prof. Karen de Wet van die Universiteit van Johannesburg, en Nina Swart het Hambidge se gedigte voorgelees. In sy drie bydraes uit die inter...

Skrywers en boeke: Loftus Marais oor Karel Schoeman-biografie DAARDIE LEWE 23.09.2026

23 September 2026: Loftus Marais gesels oor Karel Schoeman se biografie, DAARDIE LEWE. Vind meer uit oor die boeke wat vanjaar bekroon is met ATKV Woordveertjies. Johan Myburg bring hulde aan die skrywers Bonnie Greer en Annie Dillard, wat onlangs oorlede is, en vertel meer oor die langlys vir die VSA se National Book Awards-vertaalprys. Ons maak ‘n draai by die Tuin van Digters, en jy kan luister...

Skrywers en boeke: Henda Olivier (DONKERHART); Erla Diedericks (JAGSPINNEKOP) 16.09.2026

16 September 2026: Aanhangers van die Gruffalo (Goorgomgaai in Afrikaans) sal bly wees om te hoor daar is ‘n splinternuwe boek in dié reeks, GRUFFALO GRANNY. Ilse Salzwedel gesels met Henda Olivier oor haar spannende roman, DONKERHART. Erla Diedericks vertel meer oor JAGSPINNEKOP, haar jongste roman. In Johan Myburg se bydraes oor verwikkelinge in die internasionale boekewêreld gesels hy oor THE W...

Skrywers en boeke: UJ-Pryse vir Afrikaans en Literêre Vertaling 09.09.2026

8 September 2026: Die Universiteit van Johannesburg se pryse vir Afrikaans en die vertaalprys is op 4 September aan die wenners oorhandig. Luister na ‘n geredigeerde weergawe van dié geleentheid om te hoor wat die keurpaneel te sê gehad het oor Antjie Krog se BINNERYM VAN BLOED, Shane van der Hoven (debuutpryswenner) se KRUIPER/CRAWLER, en Wium van Zyl se vertaling van DIE ONGELUKKIGE EN TREURIGE...

Skrywers en boeke: Olive Schreiner se VAN MAN TOT MAN; Stefaans Coetzee; M.E.R. 02.09.2026

2 September 2026: Prof. Marni Bonthuys gesels oor VAN MAN TOT MAN, ‘n voorheen ongepubliseerde roman van Olive Schreiner was pas in Afrikaans verskyn het. J.M. Coetzee het die oorspronklike teks verwerk, en Antjie Krog het dit in Afrikaans vertaal. Johan Myburg vertel hoe Dolly Parton – wat verlede week oorlede is – oor haar boekprogram vir kinders gevoel het. Hy stel ons voor aan die Nederlandse...

Skrywers en boeke: Elmarie Dercksen - Wat Die Witbors Wou Sê 26.08.2026

26 Augustus 2026: Elmarie Dercksen gesels oor haar tweede roman, WAT DIE WITBORS WOU SÊ. Johan Myburg het nuus oor internasionale boeke, soos DREAM COUNT van Chimamanda Ngozi Adichie, Rachel Cusk se nuwe roman LIFE OF M, THE SCHOOL OF NIGHT van Karl Ove Knausgård, en DISCONTENT van Beatriz Serrano. Hy vertel ook meer oor die onlangse verering van Ann Patchet, en jy kan hoor wat – volgens haar – bo...

Skrywers en boeke: Carel van der Merwe 19.08.2026

19 Augustus 2026: Carel van der Merwe is bekend as bekroonde skrywer van nie-fiksie. Hy gesels oor sy loopbaan en DIE SERWIËR, ‘n spanningsroman uit sy pen. Ons kyk na die finaliste vir die gesogte KykNET/Rapport-boekpryse. Johan Myburg het heelwat nuus uit die internasionale boekewêreld. Uit Australië is daar nuus oor FIERCELAND, die wenner van die Miles Franklin-prys, asook die boeke op die kort...

Skrywers en boeke: Wenners van LAPA-jeugromankompetisie; Martin Versfeld 115 jaar 12.08.2026

12 Augustus 2026: Anschen Conradie gesels oor die wenners van die LAPA-jeugromankompetisie. (Fanie Viljoen se DIE SEUN MET DIE SWAELTJIE, Zelda Bezuidenhout se DIE TUSSENINNERS, en DIE FLUISTERAAR deur Jacolet van den Bergh.) Sy vertel ook meer oor drie boeke vir jonger kinders: Hannes Barnard se GRAPGAT en die eerste twee boeke in die BOBBOB-reeks. Dis geskryf deur Marion Erskine en Heléne de Cle...

Skrywers en boeke: Nie-fiksie boeke; Zirk van den Berg 05.08.2026

5 Augustus 2026: Anschen Conradie gesels oor vier nie-fiksie boeke wat sy kan aanbeveel: Graham Coetzer se ZAMA ZAMA, Ryan Blumenthal se TRACE, Dominique Olivier se LESSONS FROM LOSS en BETHULIE: MY LEWE IN DIE KAMP deur Rensche van der Walt. Zirk van den Berg gesels oor sy nuwe roman, MY SKADUWEE LOOP LOS. Johan Myburg praat oor die sogenaamde Booker Dozen, of langlys van 13 boeke wat vir die Boo...

Skrywers en boeke: Bettina Wyngaard (1971 – 2026) 29.07.2026

29 Julie 2026: ‘n Huldigingsprogram vir die skrywer en aktivis, Bettina Wyngaard, wat op 24 Julie oorlede is. Kerneels Breytenbach, Ingrid Jones, Marni Bonthuys, Fourie Botha, Suzette Myburg, Naomi Bruwer, Hein Willemse, Mercy Kannemeyer en Theo Kemp deel hulle herinneringe aan Bettina, en gesels oor haar bydrae tot die Afrikaanse letterkunde.

Skrywers en boeke: Allen Grootboom - AS DIE VUUR HUIL 22.07.2026

22 Julie 2026: Suzette Myburg gesels met die skrywer Allen Grootboom oor sy debuutroman, AS DIE VUUR HUIL. Ilse Salzweddel praat met Anchen Conradie oor twee belangrike boeke wat gemik is op jong kinders. Die een handel oor emosies (MY GEVOELENS DAGBOEK), en die ander een (SKERMSLIM) gee handige raad oor hoe om jou kind in die digitale era aanlyn te beskerm. Johan Myburg het ‘n bydrae waarna jy mo...

Skrywers en boeke: Daniëlla van Heerden; Jeanne Goosen 15.07.2026

15 Julie 2026: Ilse Salzwedel gesels met Daniëlla van Heerden oor haar bundel onderhoude met ma’s, DIE HART VAN ‘N MA. Johan Myburg bring hulde aan die Iranese vroueskrywer, Shahrnush Parsipur, en vertel meer oor Tom Stoppard se nalatenskap. Hy het ook nuus oor 'n hele klomp nuwe boeke deur bekende internasionale skrywers waarna jy in die res van die jaar kan uitsien. Jy kan ook luister na ‘n 1995...

Skrywers en boeke: Theolla Langenhoven; Annemarie van Niekerk 08.07.2026

8 Julie 2026: Suzette Myburg gesels met Theolla Langenhoven oor haar treffende debuutroman, SOET ROOS VAN SARON. Annemarie van Niekerk vertel vir Ilse Salzwedel meer oor haar debuutroman, DIE OORKANT, en haar bekroonde memoir, ONDER ‘N BLOEDROOI HEMEL. In Johan Myburg se wêreldbydraes kan jy meer uitvind oor die nuwe borgskap vir die International Bookerpryse, die omstrede wenverhaal van die Commo...

Skrywers en boeke: Zelda Bezuidenhout & Naomi Morgan 01.07.2026

1 Julie 2026: Ilse Salzwedel vra Zelda Bezuidenhout uit oor haar roman, MEI EN ALLES DAARNA, en haar jeugroman, DIE TUSSENINNERS, waarmee sy ‘n tweede plek losgeskryf het in LAPA se jeugromankompetisie. Die Franse kenner, prof. Naomi Morgan, gesels oor die immergewilde verhaal van DIE KLEIN PRINSIE, wat vanjaar 80 jaar gelede gepubliseer is. Sy vertel ook meer oor die spesiale produksie waarmee di...

Skrywers en boeke: Irma Joubert & Alwyn Roux 24.06.2026

24 Junie 2026: Alwyn Roux, die medewenner van vanjaar se Eugene Maraisprys, gesels oor sy digbundel, WEERSKYN, en vertel ook meer oor MERANG, waarvan hy medesamesteller was. Irma Joubert vertel van die storie agter die storie in haar jongste roman, REBEKKA VAN KAMEELDOORNPLAAS. Johan Myburg stel ons voor aan die wenners van die Women’s Prize se fiksie en nie-fiksieprys. Hulle is Lyse Doucet vir TH...

Skrywers en boeke: Portchie oor sy outobiografie, VAN TWEELING TOT TRAFALGAR SQUARE 17.06.2026

17 Junie 2026: Francois Bekker gesels oor drie nie-fiksie boeke wat hy kan aanbeveel - VALSKERMBATALJONVERHALE, saamgestel deur Mike Bolhuis, PARLEMENTPRAATJIES deur Pieter Mulder en MY LIFE deur Bill Clinton. Johan Myburg vertel meer oor die Booker-stigting se nuwe kortverhaalbundel, ALL AROUND THE WORLD, saamgestel deur Rodney Doyle, Sarah Wynn-Williams se onthullende boek, CARELESS PEOPLE, oor...

Skrywers en boeke: Nuwe romans van Rudie van Rensburg, Irna van Zyl & Anton Roodt 10.06.2026

9 Junie 2026: Rena Rauch gesels oor haar aangrypende debuutroman, BEAUTY. Francois Bekker gesels oor Irna van Zyl se KANNIEDOOD, Rudie van Rensburg se ENIGMA en Anton Roodt se AAN DIE HEMELTRANS. Johan Myburg sorg vir drie bydraes uit die internasionale letterkunde: die wenners van die James Tait Black-prys, ‘n nuwe boek uit die pen van Ruth Ozeki, en ‘n huldeblyk oor die skrywer en digter Maureen...

Skrywers en boeke: Lynthia Julius, medewenner van Eugene Maraisprys vir poësie 03.06.2026

3 Junie 2026: Ilse Salzwedel gesels met die digter Lynthia Julius, wat onlangs aangewys is as die medewenner van die Eugene Maraisprys vir poësie. Gielie Hoffman gesels met Frederick Botha, skrywer van SEUNS WEET, oor sy debuut. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die tweede Climate-fiksieprys, die wenner van die gesogte Dublin-letterkundeprys, en ‘n belangrike internasionale poësieprys wa...

Skrywers en boeke: Anoeschka von Meck oor TWA DIE TYDLOPER; Laaste slypklasse vir radiodramaskrywers 27.05.2026

27 Mei 2026: Ilse Salzwedel gesels met Anoeschka von Meck oor haar boek, TWA DIE TYDLOPER. Johan Myburg het bydraes oor die wenners van twee gesogte internasionale letterkundepryse, die Dylan Thomas-prys en die Booker International. Hy gesels ook oor nuwe boeke vir jou leeslysie. Vir radiodramaskrywers is daar twee laaste slypklasse met raad oor die ontwikkeling van ‘n storielyn en die gebruik van...

Skrywers en boeke: Madelein van Biljon gesels met Daniël Hugo oor lees; Skryfhulp vir radiodramaskrywers. 20.05.2026

20 Mei 2026: Luister na ‘n onderhoud uit 1996 waarin wyle Madelein van Biljon met Daniël Hugo gesels oor lees. Johan Myburg sorg weer vir interessante nuus uit die internasionale boekewereld. Hy gesels oor die wenners van die British Book Awards, of Nibbies, en vertel ook meer oor Haruki Murakami se jongste roman en ‘n Engelse vertaling van die skrywer Mario Vargas Llosa se jongste roman. Voorneme...

Skrywers en boeke 13 Mei 2026 13.05.2026

Ilse Salzwedel gesels met Bun Booyens, wie se boek, TROEP, onlangs met die LW Hiemstraprys vir nie-fiksie bekroon is. Johan Myburg gesels oor literêre toerisme, en vertel meer oor ANGEL DOWN deur Daniel Krause, wat as die wenner van die Pulitzerprys vir fiksie aangewys is. Hy bring ook hulde aan die Britse digter, Carol Rumens, wat onlangs oorlede is. Radiodramaskrywers moet inskakel vir Ina Stryd...

Skrywers en boeke 6 Mei 2026 06.05.2026

Ilse Salzwedel gesels met Tom Dreyer, wie se debuutbundel, NOU IN INFRAROOI, onlangs met die Hertzogprys bekroon is. Jy kan ook hoor hoe klink van die gedigte uit die bundel. In Johan Myburg se drie insetsels uit die internasionale boekewêreld, kan jy meer uitvind oor die Miguel de Cervantes-prys vir Spaanse letterkunde. Hy vertel ook meer oor Marcia Hutchinson, ‘n 63-jarige vrou van Nigerië, wie...

Skrywers en boeke 29 April 2026 29.04.2026

Luister na ‘n hoorbeeld oor die digter Ina Rousseau, wat vanjaar 100 jaar gelede gebore is. Dis in 1996 saamgestel vir haar 70e verjaarsdag. Sy praat oor haar lewe en werk, en kenners soos Danie van Niekerk, Braam de Vries, Koos Human en Danie Botha kan ook gehoor word. Wyle Margot Luyt lees van Rousseau se gedigte voor. Johan Myburg praat oor die kortlys van die Women’s Prize for Fiction, en vert...

Słuchaj podcastu Skrywers en Boeke w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS