RSG

Vers en Klank

Tv AF ↓ 748 episodes

Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Vers en klank: SJ Pretorius 07.07.2026

7 Julie 2026: Die digter, SJ Pretorius, was veral bekend vir sy belangstelling in die gepynigde randfigure, die verstotenes in die krotbuurte. Hy’t ’n sagte plekke gehad vir die underdogs, die verskoppelinge. Hy was ook lief daarvoor om met die hoër klasse se maniertjies en oortuigings die draak te steek. Voorleser Johann Nel verken dié digter se deernisvolle skryfwerk oor mense wat nie oor mag of...

Vers en klank: Tom Dreyer - BRIEF OP VEERTIGDUISEND VOET 30.06.2026

30 Junie 2026: Tom Dreyer se tweede digbundel, BRIEF OP VEERTIGDUISEND VOET, het vroeër vanjaar by Queillerie Uitgewers verskyn. Sophia van Taak gesels met hom oor die genot van dieper delf in die wetenskap, om dinge óóp te skryf, ’n boerbok op Bloubergstrand, die vele Nederlandse name vir ’n skoenlapper, en die antieke Persiese Ryk.

Vers en klank: Vrugte 23.06.2026

Vrugte is so ’n alledaagse ding. Daar’s maar altyd ’n paar appels of piesangs of nartjies in die huis. En met dié dat vars produkte van oraloor ingevoer word, kom ’n mens ook nie altyd agter dat vrugte seisoenaal is nie, want daar is altyd iets van alles op die winkelrak. Voorleser Susanne Beyers bekyk allerlei vrugtesoorte ’n slag ordentlik, want vrugte is eintlik wonderlike goed: Die smake, teks...

Vers en klank: NP van Wyk Louw – RAKA (Deel 2) 16.06.2026

16 Junie 2026: Die digter NP van Wyk Louw is op 11 Junie 1906 gebore, en op 18 Junie 1970 oorlede. Hy was ’n groot gees van die Dertiger-beweging. Met sy groot tegniese vaardigheid, sterk beelde en oorspronklike taalgebruik, het Louw ons letterkunde verryk én as’t ware gemoderniseer. Ons herdenk dié reus van die Afrikaanse letterkunde met sy grootste werk – RAKA. Susanne Beyers en Johann Nel is di...

Vers en klank: NP van Wyk Louw – RAKA (Deel 1) 09.06.2026

9 Junie 2026: Die digter NP van Wyk Louw is op 11 Junie 1906 gebore, en op 18 Junie 1970 oorlede. Hy was ’n groot gees van die Dertiger-beweging. Met sy groot tegniese vaardigheid, sterk beelde en oorspronklike taalgebruik, het Louw ons letterkunde verryk én as’t ware gemoderniseer. Ons herdenk dié reus van die Afrikaanse letterkunde met sy grootste werk – RAKA. Susanne Beyers en Johann Nel is die...

Vers en klank: Bome 02.06.2026

2 Junie 2026: Dit is baie gesond vir ’n mens – veral vir jou siel – om gereeld deur ’n woud te stap of vir ’n ruk onder ’n groot boom te sit. Dis gewoonlik lekker koel daar, die lug is skoner en klanke is meer gedemp. Studies het ook al gewys dat die kleur groen jou brein help om van die tamheid van gedurige konsentrasie te herstel. Pieter van Zyl se gedigvoorlesings lei ons na plekke met baie bom...

Vers en klank: Jennifer Pape 26.05.2026

26 Mei 2026: Sophia Kapp praat met Jennifer Pape oor haar eerste digbundel, Waar daar eens ’n see was, wat by Turksvy Uitgewers verskyn het. Met ’n agtergrond in geologie, delf Jennifer graag in die oerverlede en die natuurwetenskappe. Haar skryfstyl is ’n heerlike vermenging van feite en verdigsels, wetenskap en verbeelding.

Vers en klank 19 Mei 2026 19.05.2026

Luister na gedigte oor hoe besig die brein is. Hoe ons maar altyd besig is om te beplan, te ontleed, te vergelyk, te onderskei, te benoem, te onthou…! Die brein is nooit stil nie. Die digter, T.T. Cloete, het van ’n ‘heilige nuuskierigheid’ gepraat – daardie ding wat maak dat ons nie kan ophou vrae vra oor die wêreld om ons nie. Die voorleser is Nienke Geldenhuys.

Vers en klank 12 Mei 2026 12.05.2026

Watter mens hou nie van die Karoo nie? Dié dorre binneland roer ons almal om die een of ander rede. Ons vind uit waarom so baie digters verknog is aan die Karoo, selfs aan spesifieke streke of dorpe in die streek. Wilhelm van der Walt is die voorleser.

Vers en klank 5 Mei 2026 05.05.2026

Sophia van Taak gesels met Anita van der Walt oor haar vyfde digbundel, Die aap kom uit die mou. Hulle bespreek ook verskillende digvorme soos die haikoe, die tanka en die villanelle, en ander elemente wat aan gedigte ’n sekere soort musikaliteit verleen.

Vers en klank 28 April 2026 28.04.2026

Op 27 April vier ons Vryheidsdag. Ons luister na gedigte wat vertel van die lang pad wat Suid-Afrika moes stap om by demokrasie uit te kom. Daar is heelwat gedigte deur George Weideman, ’n vers van Adam Small, en dan natuurlik ook van ons politieke kommentator, Antjie Krog. Die voorleser is Pieter van Zyl.

Vers en klank 21 April 2026 21.04.2026

22 April is Wêreld Aardedag. Sophia van Taak en die voorleser, Hannah Borthwick, vier dié belangrike, wêreldwye bewaringsinisiatief met gedigte oor die natuur se skoonheid. Daar is ook verse wat ons as mense weer ’n slag herinner aan ons verantwoordelikheid as versorgers van die planeet.

Vers en klank 14 April 2026 14.04.2026

Voorleser Schoemé Steenkamp verken die element, lug, of dan nou lug in sy bewegende vorm: wind en asem. Dis iets waaroor ons eintlik gans te min dink – lug wat pal om ons en ook ín ons is. Trouens, daarsonder sou ons nie kon lewe nie! Daar is ’n paar verrassende filosofiese verse oor die wind.

Vers en klank 7 April 2026 07.04.2026

Ons ken haar as die sangeres van die destydse televisiereeks, Sonkring, se temalied. Ook as kaberetster wat al die werke van Piaf en Brel meesterlik vertolk het, en as liedjieskrywer en komponis met menige album agter haar naam. Maar nou het Helena Hettema ook begin gedigte skryf! Sy gesels met Sophia van Taak oor haar tweetalige debuutversameling, Journeyman, wat onlangs verskyn het.

Vers en klank 3 April 2026 03.04.2026

WEG Louw se reeks van ses sonnette, Die passie van ons Heer, bly sekerlik een van sy grootste bydraes tot die Afrikaanse letterkunde. Dit verskyn in 1944 by Constantia-uitgewers in die bundel, Adam en ander gedigte. Hierdie reeks verse lei ’n mens deur al die gebeure van Goeie Vrydag: van die laaste avondmaal af, na die tuin van Getsemane en die kruise op die koppie, tot by Jesus se begrafnis. Die...

Vers en klank 31 Maart 2026 31.03.2026

In sy gedig, Mislukte Doel, vra Ernst van Heerden: “Wat is die lot van soveel woorde?” en “Kan ’n woordpyl ooit die aardekors deurdring?” Hiermee bedoel hy: het die skryf van gedigte dan enige nut? En wáárom hou digters hulle nog hoegenaamd daarmee besig? Vind uit saam met Sophia van Taak en voorleser Nienke Geldenhuys.

Vers en klank 24 Maart 2026 24.03.2026

Dit was onlangs Wêreld-Poësiedag. Hierdie inisiatief van UNESCO neem elke jaar verskillende gestaltes aan. Dit is natuurlik ’n poging om geletterdheid te bevorder, maar wil ook graag mense inspireer om hulleself met behulp van die digkuns te laat hoor. Sophia van Taak en Hannah Borthwick vier dié dag met voorlesings van gedigte oor, wel, gedigte! Ons hoor waar digters hulle inspirasie vandaan kry,...

Vers en klank 17 Maart 2026 17.03.2026

Sophia van Taak en die voorlesers, Schoemé Steenkamp en Wilhelm van der Walt, sit die reeks oor AG Visser voort. Hierdie keer luister ons na van sy grappiger gedigte, asook ’n paar verse wat al volksbesit geword het.

Vers en klank 10 Maart 2026 10.03.2026

AG Visser word nie soseer gereken as een van ons mees intellektuele digters nie, maar tog is sy werk – ’n volle eeu nadat hy dit geskryf het – steeds gewild. Dink maar aan daardie ballade oor die Ruiter van Skimmelperdpan! Die rede hiervoor is dalk omdat sy poësie so eenvoudig, maklik verstaanbaar en dikwels ook vermaaklik was. Sophia van Taak begin met ’n kort reeks oor dié digter se werk. In die...

Vers en klank 3 Maart 2026 03.03.2026

Sophia van Taak en die voorleser Julia Marone vier die volmaan met voorlesings van gedigte oor die maan.

Vers en klank 24 Februarie 2026 24.02.2026

Die digter en aktivis, Diana Ferrus, is op 30 Januarie 2026 in die ouderdom van 72 jaar oorlede. Sophia van Taak en Lee-Ann van Rooy bring hulde aan dié geliefde figuur met gedigte uit beide haar bundels – ONS KOMVANDAAN en DIE VREDE KOM LATER.

Vers en klank 17 Februarie 2026 17.02.2026

Sophia Kaap gesels met Dietloff van der Berg, wie se eerste digbundel, Feesmaalgang, onlangs verskyn het. Dietloff het ook ’n paar jaar gelede die liefdesverse en aanhalings van die Persiese digter, Rumi, na Afrikaans vertaal. Hy vertel hoe ’n mens só ’n reusetaak benader.

Vers en klank 10 Februarie 2026 10.02.2026

Rosa Keet vier op die 10de Februarie haar 81ste verjaarsdag. Sophia Kapp en Henriëtta Gryffenberg hou vir Rosa ’n partytjie met voorlesings uit haar vyf digbundels. Henriëtta vertel ook hoe Rosa haar as jong draaiboekskrywer onder haar vlerk geneem het. Rosa is ’n groot gees, wat nie net ’n bydrae tot die digkuns gelewer het nie, maar ook haar merk in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf gelaat he...

Vers en klank 3 Februarie 2026 03.02.2026

Jana Kruger neem ons diep die berge in. Ons skep asem en maak kop skoon met gedigte deur Antjie Krog, Breyten Breytenbach, Barend Toerien en nog vele ander.

Vers en klank 27 Januarie 2026 27.01.2026

Anrich Herbst en Nicole Holm sit die reeks oor Wilma Stockenström voort. Die uitgewer Naledi het inm 2025 ’n digbundel ter ere van dié 92-jarige digter gepubliseer, waarin ’n stuk of 25 digters verse vir haar geskryf het. Elkeen hierdie gedigte is geskoei op oorspronklike Stockenström-verse. Vat saam die spoor deur dié befaamde digter se werk, én hoor hoe ons jonger digters daarop gereageer het.

Listen to the Vers en Klank podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.