RSG

Skrywers en Boeke

Tv AF ↓ 727 episodes

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Skrywers en boeke 30 Maart 2022 30.03.2022

Twee skrywers, De Waal Venter en Derrick van der Walt, is verlede week oorlede, en jy kan luister na argiefonderhoude met hulle. Daar is nuus oor ‘n skryfskool vir kinder- en jeugliteratuur. Ina Strydom vertel meer oor die ekstra boekvoorlesings waarna RSG-luisteraars van 4 April af kan uitsien. In Johan Myburg se internasionale bydrae gesels hy oor twee nuwe boeke uit die pen van bekroonde skrywe...

Skrywers en boeke 23 Maart 2022 23.03.2022

Ilse Salzwedel gesels met Jan van Tonder oor sy nuwe roman GROOTGELUK, wat afspeel in die Oudtshoorn-omgewing. Hy lees voor uit ‘n Hooghollandse koerantberig wat hy in die C.P. Nel-museum op die dorp opgespoor het, en wat gedien het as die vonk vir die roman. Elna van der Merwe, organiseerder van die KKNK se boekprogram, vertel waarna feesgangers vanjaar kan uitsien. In Johan Myburg se internasion...

Skrywers en boeke 16 Maart 2022 16.03.2022

Ilse Salzwedel gesels met Lien Botha oor VIN, haar tweede roman, en met Marié Heese, skrywer van DIE UURWERK KANTEL, wat saans op RSG voorgelees word. Ilse vertel meer oor die wenners van die LAPA Jeugromanwedstryd. Johan Myburg het nuus oor die langlys vir die Women’s Prize for Fiction, die Booker Internationalprys vir vertaalde werk en twee nuwe boeke deur Cormac McCarthy.

Skrywers en boeke 9 Maart 2022 09.03.2022

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Audrey Jantjies oor haar debuutroman, AS DIE KATJIEPIERING BLOM. Deborah Steinmair vertel vir Ilse Salzwedel van IEWERS, ÊRENS, ‘n pragtige kuns- en storieboek oor die werk van die Rosendalse skilder WILLEM PRETORIUS. In Johan Myburg se internasionale insetsel bring hy hulde aan Shirley Hughes, die Britse kinderboekskrywer en illustreerder wat verlede week oorlede...

Skrywers en boeke 2 Maart 2022 02.03.2022

Ter viering van ‘n heruitgawe van ‘n bundel met 30 van P.G. du Plessis se gewildste Koöperasiestories gesels Ilse Salzwedel met prof. Hans du Plessis oor die gewildheid van hierdie kontreikunsverhale. P.G. self vertel in ‘n kort argiefopname wat hy dink die rede was vir die gewildheid, en jy kan luister na grepe uit een van die gewildste episodes van die destydse TV-reeks, Koöperasiestories. Johan...

Skrywers en boeke 23 Februarie 2022 23.02.2022

Ilse Salzwedel gesels met Ronelda Kamfer oor haar debuutroman KOMPOUN. Johan Myburg het nuus oor die Suid-Afrikaanse skrywer Damon Galgut se nuutste benoeming vir ‘n groot internasionale prys vir sy boek THE PROMISE, en jy kan uitvind watter drie skrywers word deur PEN Amerika vereer vir hulle bydrae tot die letterkunde. Johan vertel ook meer oor die skrywer PJ O’Rourke, wat onlangs oorlede is.

Skrywers en boeke 16 Februarie 2022 16.02.2022

Luister na ‘n bekendstelling van Dan Sleigh (bekend vir sy bekroonde geskiedkundige romans soos 1795, Eilande, Afstande en Wals vir Matilda) se jongste nie-fiksie boek RETOERVLOOT. Dis gebasseer op ‘n voorheen onontdekte skeepsjoernaal van ‘n VOC-vlootadmiraal. Sleigh vertel van sy werk as geskiedkundige, en hoe dit gebeur het dat hy ook fiksieskrywer geword het.

Skrywers en boeke 9 Februarie 2022 09.02.2022

Luister na ‘n argiefonderhoud met die digter en skrywer Thomas Deacon, wat onlangs oorlede is. Die nuwe direkteur van die ATKV-skryfskool aan die Noordwes-Universiteit, prof. Thys Human, vertel van sy planne om kreatiewe Afrikaanse skryfwerk te bevorder. Johan Myburg vertel meer oor Hannah Lowe, 'n Britse digter, wat pas aangewys is as die wenner van die Costa-boek van die jaar prys, die verbannin...

Skrywers en boeke 2 Februarie 2022 02.02.2022

Ons vind meer uit van Marinda van Zyl se nuutste roman VELDHOSPITAAL 12. Vandag is Wêreldvoorleesdag, en Erika Lourens, die Laerskool Eikestad se pas afgetrede en baie inspirerende biblioteekjuffrou, gee raad om kinders aan die lees te kry en te hou. Jy kan ook uitvind waar om gratis kinderstories af te laai ter viering van Wêreldvoorleesdag.  Johan Myburg het nuus oor die Bookerpryswenner Keri Hu...

Skrywers en boeke 26 Januarie 2022 26.01.2022

Malvory Adams vertel vir Ilse Salzwedel van sy biografiese boek ALS IS NIE NET SWART EN WIT NIE. Johan Myburg het nuus oor nuwe romans deur Christos Tsiolkas en Ian McEwan, asook ‘n eerbewys aan Ingrid Glorie, onder andere organiseerder van die week van die Afrikaanse roman in Nederland. Jy kan ook luister na ‘n kort argiefonderhoud met wyle Esme Mittner, skrywer en vir baie jare SARIE se verhaler...

Skrywers en boeke 19 Januarie 2022 19.01.2022

Die Afrikaanse digter en skrywer, Eugene Marais, die Franse dramaturg Moliere en die fantasieskrywer JRR Tolkien kom aan die beurt. Jy kan o.a. luister na ‘n heruitsending van Ina Strydom se dokumentêr EUGENE MARAIS: EWIGE ENIGMA. Johan Myburg vertel van die jongste roman van die Franse skrywer Michel Houellebecq, en stel jou bekend aan Joelle Taylor, die Britse slam-digter wat pas aangewys is as...

Skrywers en boeke 12 Januarie 2022 12.01.2022

Ilse Salzwedel gesels met Jaco Wolmarans oor sy drie aksieromans BOS, SKAG en IVOOR, wat almal afspeel teen die agtergrond van die Angolese bosoorlog en ander geheime militêre operasies. Irna van Zyl antwoord vyf vrae oor haar roman OP ‘N MOOI DAG. Johan Myburg het nuus oor die vyf kategoriewenners van die Costa-pryse.

Skrywers en boeke 5 Januarie 2022 05.01.2022

Ilse Salzwedel en Suzette Kotze-Myburgh gesels oor ‘n paar van hulle 2021-leeshoogtepunte. Johan Myburg bring hulde aan Joan Didion en Anne Rice, wat albei onlangs oorlede is. Hy gee ook meer inligting oor Arnon Grunberg, die wenner van die Nederlandse P.C. Hooft-prys, en gesels oor ‘n paar nuwe boeke deur bekroonde internasionale skrywers.

Skrywers en boeke 22 Desember 2021 22.12.2021

SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor mooi koffietafelboeke, inspirerende selfhelpboeke en kookboeke. Bibi Slippers deel haar lekkerleesboeke vir 2021, en Johan Myburg gesels oor sy top drie Afrikaanse boeke vir die afgelope jaar. In sy gebruiklike internasionale insetsel gesels Johan oor Britse biblioteke se gewildste oudio- en e-boeke vir 2021, en ‘n besondere koffietafelboek uit di...

Skrywers en boeke 15 Desember 2021 15.12.2021

Drie boekmense – Deborah Steinmair, Bettina Wyngaard en Phyllis Green – deel hulle 2021-leeshoogtepunte. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae oor die Russiese skrywer, Yurie Felsen, wie se debuutroman byna ‘n 100 jaar na publikasie vir die eerste keer in Engels gaan verskyn. Hy het ook nuus oor twee hervertellings van die Griekse mitologie, en jy kan meer uitvind oor Adam Aitken, ʼn Aust...

Skrywers en boeke 8 Desember 2021 08.12.2021

Suzette Kotze Myburg en Azille Coetzee gesels oor Azille se jongste boek en haar eerste roman, DIE TEENOORGESTELDE IS NET SO WAAR. SARIE se boekeredakteur Phyllis Green gesels oor ‘n paar moet-lees-memoires. Johan Myburg kyk in sy internasionale insetsel na ‘n klompie boeke uit Afrika wat die afgelope jaar met pryse weggestap het, verwikkelinge by die Britse Royal Society of Literature en die Brit...

Skrywers en boeke 1 Desember 2021 01.12.2021

Ilse Salzwedel gesels met die jeugskrywer Annerlé Barnard, wie se derde jeugroman, SPEL, pas bekroon is met ‘n goue Sanlamprys vir jeugfiksie. Irma Venter gesels oor haar jongste spanningsroman, MINDER AS NIKS. Johan Myburg het nuus oor die kortlyste vir die Costa-pryse en die Amerikaanse National Book Foundation se toekenning vir die beste fiksie. Hy bring ook hulde aan die Amerikaanse digter, Ro...

Skrywers en boeke 24 November 2021 24.11.2021

SP Benjamin praat oor sy roman DIE DINGE VAN ‘N HOND. Luister na ‘n onderhoud uit die argiewe met die topverkoperskrywer Wilbur Smith, wat onlangs oorlede is. In sy internasionale boekinsetsel gesels Johan Myburg onder andere oor nuwe internasionale wetenskapsfiksie, fantasie en rillers, asook die Turkse regering se ondersoek na die skrywer Orhan Pamuk. Jy kan ook luister na ‘n kort voorlesing deu...

Skrywers en boeke 17 November 2021 17.11.2021

Luister na ‘n spesiale bekendstelling van Wilna Adriaanse se VLUG, ‘n boeiende roman wat afspeel teen die agtergrond van die burgeroorlog in die DRK. Dit word eerste hier op Skrywers en Boeke bekendgestel, en Ilse Salzwedel gesels met Wilna in Kaapstad.

Skrywers en boeke 10 November 2021 10.11.2021

Ilse Salzwedel gesels met Matty Strydom oor haar biografiese boek HIER WAAR EK NOU IS. Chanette Paul vertel meer oor haar roman MARILYN. Johan Myburg gesels oor die Frankfurtse Boekeskou, die Bookerprysoorhandiging en die Russiese skrywer Fjeodor Dostojefski. Jy kan ook uitvind wie die wenners is van die 2021 SALA-toekennings.

Skrywers en boeke 3 November 2021 03.11.2021

Damon Galgut se roman, THE PROMISE, is op vanjaar se Booker-kortlys. Ilse Salzwedel gesels met hom oor sy werk. Johan Myburg vertel meer van die nuwe Ursula K Le Guin-fiksieprys en Luke Kennard, die wenner van die Forward-prys vir poësie in Brittanje. Jy kan ook luister na ‘n argiefopname oor die digter PJ Philander, wat vandeesmaand 100 jaar gelede gebore is.

Skrywers en boeke 27 Oktober 2021 27.10.2021

Ilse Salzwedel gesels met Francois Bloemhof oor sy skryfwerk, en spesifiek ook oor sy jongste roman DIE DUISEND EN EERSTE NAG. Suzette Kotze-Myburg deel haar indrukke van Shana Fife se baie inspirerende en broodnodige memoir getiteld OUGAT. In Johan Myburg se insetsel gesels hy onder andere oor die ware identiteit agter ‘n gewilde Spaanse skrywer se skuilnaam, en ‘n nuwe Winnie the Pooh-verhaal, p...

Skrywers en boeke 20 Oktober 2021 20.10.2021

Skrywer Erika Murray-Theron gesels openhartig oor haar nuwe boek, KOM ONS LOOP WEG: ONS PAD MET PARKINSONSIEKTE. Chris Karsten praat oor sy nuwe roman, GERUGTE VAN ‘N ONTVOERING. Johan Myburg vertel in sy internasionale insetsel onder meer van die polemiek oor ‘n Franse letterkunde prys, ‘n interessante nuwe sosiale media tendens om boeke onder tieners te bemark, en ‘n nuwe bundel uit die pen van...

Skrywers en boeke 13 Oktober 2021 13.10.2021

Ilse Salzwedel gesels met Nicole Jaekel-Strauss oor haar roman, OM ALLEEN TE GAAN. Suzette Kotze-Myburgh vertel meer oor vanjaar se US Woordfeesbundel, getiteld IETS ANDERS,. In Johan Myburg se internasionale insetsel kan jy meer uitvind oor die wenner van vanjaar se Nobelprys vir letterkunde, Abdulrazak Gurnah, wat ook een van sy kortverhale voorlees.

Skrywers en boeke 6 Oktober 2021 06.10.2021

Ilse Salzwedel gesels met Zelda Bezuidenhout, skrywer van DIE WAARDE VAN STIL BURE, oor haar loopbaan.  Die digter en musikant Andries Bezuidenhout vertel meer oor die gedigte wat hy, Mercy Kannemeyer, Lydia Gittens, Salvia Ockhuis en Valda Jansen tydens ‘n skrywersresidensie in Somerset-Oos geskep het en saam met musiek op die album DERDE GOLF bekendgestel het. Jy kan ook luister na twee van hier...

Listen to the Skrywers en Boeke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.