RSG

Skrywers en Boeke

Tv AF ↓ 727 episodes

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Skrywers en boeke 29 September 2021 29.09.2021

Suzette Kotze-Myburg en Theo Kemp gesels oor die Jakes Gerwel stigting se skrywers- en boekprogramme. Sidney Gilroy en Suzette Kotze-Myburgh gesels oor sy roman MIDDERNAG, wat onlangs bekroon is as mees verfilmbare roman van 2020, en hoe hy dit regkry om filmies te skryf. Johan Myburg vertel meer oor die Week van het Nederlands, wat vanjaar vir die eerste keer in Suid Afrika aangebied word, en bri...

Skrywers en boeke 22 September 2021 22.09.2021

Ilse Salzwedel gesels met Francois Smit, bekroonde skrywer van DIE GETUIENIS, wat onlangs verskyn het. Francois gee ook goeie skryfraad vir aspirantskrywers. Madelein Rust beantwoord vyf vrae oor haar jongste spanningsroman 25 TRAPPE NA BENEDE.  Jy kan ook uitvind wie is die wenners van vanjaar se ATKV Woordveertjies. In sy internasionale insetsel vertel Johan Myburg onder andere meer oor die boek...

Skrywers en boeke 15 September 2021 15.09.2021

Ons bring hulde aan die dramaturg en digter, Pieter Fourie. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg oor die Queensland Premier-letterkundepryse, dreigemente van politieke vervolging deur die regime in Nicaragua teen die skrywer Sergio Ramirez, en meer oor Piranessi, die roman wat pas aangewys is as wenner van die 2021 Women’s Prize for Fiction. Jy kan ook luister na ‘n uittreksel uit ‘n...

Skrywers en boeke 8 September 2021 08.09.2021

Ilse Salzwedel gesels met Jaco Fouche, skrywer van SIMOELÉGRI. Jy kan luister na ‘n uittreksel uit ‘n huldigingsprogram oor die werk van prof. J.C. Steyn, taalkenner, skrywer, digter en biograaf, wat die naweek oorlede is. Johan Myburg het nuus oor nuwe werk uit die pen van Salman Rushdie en Colm Toibin, en Kazuo Ishiguro gesels oor die moontlikheid dat ‘n robot dalk ‘n roman kan skryf.

Skrywers en boeke 1 September 2021 01.09.2021

Ilse Salzwedel gesels met die kinderboekskrywer, illustreerder en skepper van grafiese romans, Andre Trantraal, en Marie Lotz, skrywer van die misdaadroman ROOFDIER. Johan Myburg gesels oor ‘n nuwe Britse letterkundige prys vir vroueskrywers, die Nigeriese skrywer Chibundu Onuzo se nuwe roman en die 100ste herdenking van die geboorte van een van Ierland se bekendste skrywers, Brian Moore. En daar...

Skrywers en boeke 25 Augustus 2021 25.08.2021

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Ingrid Winterbach oor haar jongste roman VOOROUER. PELGRIM. BERG. Daar is meer inligting oor vanjaar se ATKV Woordveertjie-finaliste en die wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings. In Johan Myburg se insetsel kan jy luister na ‘n uittreksel uit ‘n onderhoud met die topverkoperskrywer Khaled Hosseini. Daar is ook nuus oor ‘n roman gegrond op die lewe van die Grie...

Skrywers en boeke 18 Augustus 2021 18.08.2021

Ilse Salzwedel gesels met Leon van Nierop oor sy nuwe boek,  MOORD OP LAKE PANIC. Johan Myburg gesels oor twee internasionale literêre pryse wat tans in die spervuur is, asook die digter  Magmoed Darwisj. Ter viering van Vrouemaand kan jy luister na ‘n argiefopname oor Petronella van Heerden, feminis, die eerste Afrikaanse vrou wat medies studeer het en die skrywer van twee memoires, KERSSNUITSELS...

Skrywers en boeke 11 Augustus 2021 11.08.2021

Ilse Salzwedel gesels met Zirk van den Bergh oor sy roman EEN OF ANDER HELD. Daar is nuus oor KYKNET RAPPORT BOEKPRYSE se kortlyste, afslag op Afrikaanse boeke ter viering van die KOOP-‘n- AFRIKAANSE-BOEK-dag eerskomende naweek en meer inligting oor die kortverhaalkompetisie vir die samestelling van die jaarlikse US Woordfeesbundel. In Johan Myburg se weeklikse bydrae oor die internasionale letter...

Skrywers en boeke 4 Augustus 2021 04.08.2021

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Miriam Telanie oor haar debuutroman, HIER VERLAAT EK JOU.  Bibi Slippers deel haar indrukke van S.J. Naude se kortverhaalbundel, DOL HEUNING. Johan Myburg vertel meer oor Karen Jennings en Damon Galgut, twee Suid-Afrikaners wie se boeke albei op vanjaar se BOOKER-kortlys verskyn. In haar laaste slypklas vir skrywers gesels Ina Strydom met die radiodramaskrywer, Lee...

Skrywers en boeke 28 Julie 2021 28.07.2021

Ons bring hulde aan die digter Rosa Smit, wat verlede week oorlede is. Ilse Salzwedel gesels verder met digter Fanie Olivier. Ina Strydom gesels oor byklanke in haar slypklas vir die skryf van radiodramas. Johan Myburg vertel meer van ‘n nuwe roman oor die vroue van Troje, die wenner van die Theakston Old Peculier misdaadroman van die jaar, en ‘n nuwe biografie oor Dante ter herdenking van hierdie...

Skrywers en boeke 21 Julie 2021 21.07.2021

In die eerste van twee gesprekke gesels Ilse Salzwedel met die digter en letterkundige Fanie Oliver. Die digter en letterkundige, Daniël Hugo, praat oor die kuns van vertaling uit Nederlands.  In Ina Strydom se slypklas vir skrywers gee sy raad oor die ontwikkeling van die storie. Johan Myburg deel ‘n inspirerende storie oor boekversamelaars in ‘n oorloggeteisterde Damaskus, en JK Rowling se jongs...

Skrywers en boeke 14 Julie 2021 14.07.2021

Ilse Salzwedel gesels met Gerda Taljaard oor haar nuwe roman VIER SUSTERS, en met Daniël Hugo, medesamesteller van die versamelbundel MASKERS EN MURE. In die slypklas vir voornemende skrywers gesels Ina Strydom oor die storielyn. Johan Myburg vertel meer oor die Bookerprys se beoordelaars, die Edinburgh boekfees, en die werk van William Blake, die Britse digter.

Skrywers en boeke 7 Julie 2021 07.07.2021

Ilse Salzwedel gesels met Susan Coetzer oor haar roman, DIE UIL IN DIE YSBOS. Suzette Kotze-Myburg gesels oor ‘n nie-fiksieboek oor Genghis Khan wat sy kan aanbeveel. In die slypskool vir voornemende skrywers, gesels Ina Strydom oor karakters en karakterisering. In Johan Myburg se internasionale bydrae kan jy meer uitvind oor die werk van die kinderboekskrywer, David Walliams, wat ook in Afrikaans...

Skrywers en boeke 30 Junie 2021 30.06.2021

Ons bring hulde aan die skrywer en digter Petra Müller, wat verlede week oorlede is. Jy kan luister na ‘n gesprek wat Suzette Kotze-Myburgh in 2016 met haar gevoer het. Ina Strydom gesels in ons skrywerslypklas oor die skryf van dialoog, veral vir radiodramas. Johan Myburg gesels oor ‘n e-boekprojek wat ou Australiese letterkunde wil help bewaar, en hy vertel meer oor die werk van die Ierse topver...

Skrywers en boeke 23 Junie 2021 23.06.2021

Ilse Salzwedel gesels met Helene de Kock oor haar jongste roman ELISABET SE OORLOG. Die kinderboekskrywer  Fanie Viljoen vertel meer van vier nuwe boeke  in sy Klein Boeke-reeks, en ons gesels ook oor sy eerste geestelike kinderboek BRIEWE VAN MIELIEPIT.  In die derde aflewering van ons RSG Radiodrama Slypskool gesels Ina Strydom oor wat belangrik is wanneer jy ‘n radiodrama skryf, en spesifiek ho...

Skrywers en boeke 16 Junie 2021 16.06.2021

Luister na ‘n argiefopname uit 1957 waarin die digter en akademikus, W.E.G. Louw, gesels oor dit wat die lewe hom geleer het. Daar is ook ‘n musikale storie uit Coenie de Villiers en Deon Meyer se Karoosuite, met meer inligting oor hulle tweede koffietafelboek, ONS KAROO.  Ina Strydom gesels in vandeesweek se skryfslypskool oor die storie-aspek van skryf. Johan Myburg vertel meer van die wenner va...

Skrywers en boeke 9 Junie 2021 09.06.2021

Heruitsending: Die skrywer Elsa Joubert het in 2017 haar 95e verjaarsdag gevier met die publikasie van SPERTYD, die derde deel van haar outobiografie. Suzette Kotze-Myburgh het destyds met haar gesels oor haar lewe en skryfwerk.

Skrywers en boeke 2 Junie 2021 02.06.2021

Cas Vos gesels met Ilse Salzwedel oor sy passie vir die werk van die Italiaanse digter, Dante, en lees ook voor uit sy vertaling van Dante se INFERNO. Johan Myburg vertel meer oor 'n veiling van o.a. die Brönte-susters se werk, 'n ongepubliseerde manuskrip van John Steinbeck en die kinderboekskrywer Eric Carle, wat onlangs oorlede is. Ina Strydom vra in die eerste van 'n reeks slypklasse vir skryw...

Skrywers en boeke 26 Mei 2021 26.05.2021

Ilse Salzwedel gesels met twee misdaadskrywers, Rudie van Rensburg (skrywer van o.a. HARTEDIEF) en Carla van der Spuy (haar jongste boek is GANGSTER). Die een skryf fiksie, die ander nie-fiksie. Die kinderboekskrywer Wendy Maartens vertel meer oor VAANDELDRAERS, haar nuwe reeks nie-fiksie boeke vir kinders. Johan Myburg vertel meer oor die spioenasiemeester John Le Carre se nuutste boek wat in Okt...

Skrywers en boeke 19 Mei 2021 19.05.2021

Vind meer uit oor die skrywer CJ Langenhoven se geheime liefde, Sarah Goldblatt, wanneer Ilse Salzwedel met die skrywer Dominique Malherbe gesels oor haar biografie OP SOEK NA SAARTJIE. Ilse gesels ook met Wilmi Wheeler oor haar radiodrama, DIE HUISBESOEK, wat met ‘n Writers Guild of South Africa-toekenning bekroon is. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor die internasionale letterkunde onder ander...

Skrywers en boeke 12 Mei 2021 12.05.2021

Ilse Salzwedel gesels met Bibi Slippers oor ‘n paar boeke wat sy onlangs gelees het en kan aanbeveel. Johan Myburg vertel in sy internasionale insetsel meer van Jumpa Lahiri se nuwe roman, en ‘n biografie oor die Britse digter, dramaturg en komponis Ivor Gurney. Jy kan ook luister na ‘n klankopname waarin Lahiri ‘n stuk uit haar roman voorlees. Kom vind ook uit wie vir die Jakes Gerwel Stigting en...

Skrywers en boeke 5 Mei 2021 05.05.2021

Ilse Salzwedel gesels met Irma Joubert oor haar nuwe roman, NA 'N PLAAS IN AFRIKA. Jy kan meer uitvind oor die ATKV-Skryfskool se Winterskool wat vanjaar aanlyn plaasvind. In sy bydrae oor die internasionale letterkunde, gesels Johan Myburg oor die ses finaliste vir die Women's Prize for Fiction en 'n wêreldwye peiling oor leespatrone tydens die pandemie.

Skrywers en boeke 28 April 2021 28.04.2021

Ilse Salzwedel gesels met Frederik de Jager oor sy bundel rubrieke, MAN OP 'N FIETS ÊRENS HEEN. Johan Myburg gesels oor die kortlys vir die internasionale Bookerprys, nog polemiek rondom die biografie van Phillip Roth en ‘n biografie oor die skrywer Edward Said. Verlede week het ons Wêreldboekedag gevier, en die skrywers Karin Brynard, Bettina Wyngaard, Didi Potgieter, Fanie Viljoen, Madelein Rust...

Skrywers en boeke 21 April 2021 21.04.2021

Ryan Pedro, wenner van die UJ-debuutprys, gesels oor sy digkuns. Theo Kemp vertel meer oor die Jakes Gerwel-boekegesprekreeks by die Suidfoosterfees. Hoor wie is die wenners van vanjaar se Akademiepryse. Johan Myburg vertel meer oor die nuwe Phillip Roth-biografie en die langlys vir die Dagger-pryse vir internasionale misdaadfiksie.

Skrywers en boeke 14 April 2021 14.04.2021

Ina Strydom gesels met Willem Anker oor sy bekroonde roman, Skepsel. ‘n Luisteraar vertel van haar leesprojek vir kinders. Suzette Kotze-Myburg vertel hoekom sy The Boys in the Boat kan aanbeveel. In sy bydrae oor die internasionale letterkunde, gesels Johan Myburg  oor die jongste polemiek rondom die Britse Women’s Prize for Fiction, die wenner van die Astrid Lindgrenprys vir kinderlektuur en die...

Listen to the Skrywers en Boeke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.