RSG
Skrywers en Boeke
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Skrywers en boeke 7 April 2021 07.04.2021 49:59
Vanjaar dertig jaar gelede het die Suid-Afrikaanse skrywer Nadine Gordimer die eerste Suid-Afrikaner geword wat die Nobelprys vir Letterkunde gewen het. Hoor wat het sy tydens haar geskiedkundige aanvaardingstoespraak gesê oor skrywer wees en skryf. Johan Myburg vertel meer van The Guardian se lys van die 10 beste boeke van die afgelope 20 jaar, die kortlys van die Dublin Letterkundeprys, en Dante...
Skrywers en boeke 31 Maart 2021 31.03.2021 43:41
Die digter en skrywer Barend Toerien is vandeesweek 100 jaar gelede gebore. Ons onthou sy bydrae tot Afrikaans met 'n argiefonderhoud waarin hy gesels oor sy digkuns en reisjoernaal oor Rusland. Johan Myburg gesels oor die wenner van die Rathbones Folioprys, die kortlys vir die Dylan Thomasprys en die lewe en werk van die Egiptiese skrywer Nawal El Sadaawi wat onlangs oorlede is. Jy kan ook meer u...
Skrywers en boeke 24 Maart 2021 24.03.2021 43:53
Ilse Salzwedel gesels met P.P. Fourie oor sy roman, ‘N HART IS SO GROOT SOOS ‘N VUIS. Johan Myburg vertel meer van die kortlys van die Women’s Prize for Fiction, die status van Italië se boekwinkels tydens die jongste streng Covid-19-inperking en die kortlys vir Brittanje se oudste kinder- en jeugboekprys. Jy kan ook meer uitvind oor die wenners van NB Uitgewers se Groot Romanwedstryd en ‘n nuwe v...
Skrywers en boeke 17 Maart 2021 17.03.2021 48:03
Ilse Salzwedel gesels met Juliana Coetzer oor haar aangrypende nuwe nie-fiksie boek, DIE KIND SE NAAM IS ANNEKE. Sophia Kapp en Leonie van Rensburg, die samestellers van LYFSKAP, ‘n bundel erotiese kortverhale, gesels oor die bundel. Johan Myburg vertel meer van ‘n nuwe prenteboek uit die pen van die Nobelprysbekroonde Olga Tokarczuk, nog polemiek rondom die vertaling van Amanda Gorman se digkuns...
Skrywers en Boeke 10 Maart 2021 10.03.2021 46:13
Ilse Salzwedel praat met Mike Nicol oor sy jongste boek THE RABBIT HOLE. Susan Lombaard vertel meer van Akademia en Maroela Media se aanlyn skryfskool, Skryfnet. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale boekewêreld.
Skrywers en boeke 3 Maart 2021 03.03.2021 46:33
Boekliefhebbers kan luister na ‘n argiefonderhoud met F.A. Venter. Ina Strydom deel haar indrukke van Willem Anker se nuwe roman SKEPSEL. Johan Myburg gesels oor ‘n Nobelprysbekroonde Poolse roman wat binnekort in Engels beskikbaar sal wees , en jy kan luister hoe die digter Lawrence Ferlinghetti, wat onlangs in die ouderdom van 101 oorlede is, een van sy gedigte voorlees.
Skrywers en boeke 24 Februarie 2021 24.02.2021 53:52
Ilse Salzwedel gesels met Annemarie van der Walt van die Innibos se boekprogram oor haar lekkerleeslysie, en die kinder- en jeugboekskrywer Elizabeth Wasserman gesels oor haar boeke en die voordele van lees vir kinders. Johan Myburg deel nuus oor die rolprentverwerking van Avarind Adiga se roman THE WHITE TIGER, en die Time of the Writer-letterkundige fees van die Universiteit van KwaZulu-Natal. J...
Skrywers en boeke 17 Februarie 2021 17.02.2021 50:43
Ilse Salzwedel gesels met Daniël Lötter oor sy boek 17x MOORD, en jy kan luister na 'n kort voorlesing deur J.M. Coetzee uit sy roman DIARY OF A BAD YEAR. Johan Myburg vertel meer oor die Folio-prys se kortlys, die lewe van John Keats en Chimamanda Ngozi Adichie se jongste biografiese werk.
Skrywers en boeke 10 Februarie 2021 10.02.2021 50:36
Elmari Rautenbach, die organiseerder van die US Woordfees se skrywersprogram, gesels met Ilse Salzwedel oor haar onlangse leeslekkertes, en jy kan luister na ‘n argiefbydrae oor die werk van JM Coetzee, wat op 9 Februarie sy 80e verjaarsdag gevier het. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor die kortlys van die Dublin-letterkundeprys, ‘n boek oor klimaatfiksie op die Booker-kortlys en die skrywer ag...
Skrywers en boeke 3 Februarie 2021 03.02.2021 52:06
Ilse Salzwedel gesels met Christien Neser, jeugboekskrywer en spraakterapeut, oor die belangrikheid van boeke, stories en hardop-voorlees, ter viering van INTERNASIONALE HARDOPVOORLEESDAG op 3 Februarie. Christelle Van Rooyen-Wessels gesels oor haar spanningsroman BRANDMERK, en Eugenie Gregan gesels oor haar lysie lekkerleesboeke. Theo Kemp gesels oor die Jakes Gerwel Stigting se residensieprogram...
Skrywers en boeke 27 Januarie 2021 27.01.2021 45:17
Ilse Salzwedel gesels met Louis Jansen van Vuuren oor sy biografiese vertellinge, AMPER FRANS. Prof. Ryan Blumenthal, ‘n forensiese patoloog, praat oor sy nie-fiksie werk, AUTOPSY. Esté Gross lees ‘n rubriek voor uit Annelie Botes se bundel VOETSTOOTS, en Johan Myburg fokus op die digters Amanda Gorman en Seamus Heaney.
Skrywers en boeke 20 Januarie 2021 20.01.2021 48:59
Die skrywer en oud-uitgewer Kerneels Breytenbach gesels oor sy lysie leesplesiere vir 2020. Ilse Salzwedel gesels met Henda Olivier oor haar debuutroman DIE GOEIE SUSTER. Milan Murray gesels oor haar jongste kinderboek DIE HUSSE EN DIE KLEIN JAKKALSIES. Johan Myburg vertel meer van die Carol Shields prys vir vroueskrywers, die PEN vryheid van uitdrukking-prys en ‘n nuwe roman uit die pen van die...
Skrywers en boeke 13 Januarie 2021 13.01.2021 44:49
Ina Strydom deel haar indrukke van Francois Smith se roman, DIE KLEINSTE RAMP DENKBAAR. Suzette Kotze-Myburgh gesels oor die US Woordfeesbundel 2020, en haar werk as mentor in die Jakes Gerwel-stigting se mentorskapprogram. Sy gesels spesifiek oor Engela Ovies se DRAAIRIVIER en Bronwyn Davids se LANDSDOWNE DEAREST. Ilse Salzwedel vertel hoekom kinders DIE VINNIGSTE SKOENE IN DIE HELE WÊRELD deur...
Skrywers en boeke 6 Januarie 2021 06.01.2021 49:04
Ilse Salzwedel gesels met Dibi Symington oor haar nuwe roman STOM GODE, en oor THE CHOICE, die inspirerende ware lewensverhaal van dr. Edith Eger, ‘n oorlewende van die Duitse konsentrasiekampe. Johan Myburg bring hulde aan die digter en uitgewer, Gus Ferguson, en gesels oor nuwe boeke deur bekende internasionale skrywers. Hy vertel ook meer oor die werk van George Orwell, wat binnekort heruitgege...
Skrywers en boeke 23 Desember 2020 23.12.2020 37:48
Twee boekliefhebbers, RSG se Ina Strydom en die joernalis AJ Opperman, gesels oor hulle leeshoogtepunte van 2020. Johan Myburg vertel meer oor die Nederlandse PC Hooft-prys wat aan Alfred Schaffer, digter en dosent aan die Universiteit van Stellenbosch, toegeken is. Hy bring ook hulde aan John le Carre, skrywer van topverkoper-spioenasieromans, wat onlangs oorlede is, en jy kan luister na ‘n argie...
Skrywers en boeke 16 Desember 2020 16.12.2020 46:32
Ilse Salzwedel gesels oor ‘n klomp kinder- en jeugboeke wat die perfekte Kersgeskenk sal wees vir jong lesers. Daar is iets vir almal se leessmaak – van storieversamelings om voor slaaptyd te lees tot verhale oor diere en ‘n omvangryke boek oor Suid-Afrikaanse uitvinders en wetenskaplikes. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor drie boeke wat sy kan aanbeveel vir volwassenes. In sy int...
Skrywers en boeke 9 Desember 2020 09.12.2020 48:23
Ilse Salzwedel praat met Anoeschka von Meck oor haar nuwe roman DIE HEELAL OP MY TONG. Hou jou kinders van nie-fiksie? Ilse gesels oor drie oulike nuwe kinderboeke propvol interessante feite. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae oor die Britse boekbedryf, en jy kan luister na ‘n klankgreep uit ‘n onderhoud met die Britse skrywer Jan Morris, wat verlede week oorlede is.
Skrywers en boeke 2 Desember 2020 02.12.2020 51:48
Luister na die laaste bydrae in die reeks oor die Sestigers. Die kollig val op Adam Small. Daar is ‘n argiefonderhoud uit 1994 waarin Small praat oor sy lewe en werk. Prof. Willie Burger gesels oor Small se letterkundige nalatenskap. In Johan Myburg se internasionale bydrae gesels hy oor die Costa-pryse, ‘n nuwe biografie oor die Beatles, en THE SHADOW KING, een van die boeke op die Bookerprys se...
Skrywers en boeke 25 November 2020 25.11.2020 47:30
Luister na 'n argiefonderhoud met Christine Barkhuizen Le Roux, wat verlede week oorlede is. Ina Strydom gee haar mening oor Deon Meyer se DONKERDRIF, en Johan Myburg vertel meer oor die Bookerpryswenner, Douglas Stuart, wat ook voorlees uit sy wenboek SHUGGIE BAIN. Vind meer uit van die Tuin van Digters wat hierdie naweek op Wellington plaavind, asook oor die Arabies-Afrikaans-projek van die Afri...
Skrywers en boeke 18 November 2020 18.11.2020 48:55
Kan ‘n mens Karel Schoeman se naam insluit by dié van die Sestigers? hoor wat prof. Willie Burger hieroor sê. Jy kan ook luister na Karel Schoeman se aanvaardingstoespraak tydens die oorhandiging van die Hertzogprys in 1970. René van Rooyen vertel hoekom sy besluit het om ‘n rolprent te maak oor Dalene Matthee se roman TOORBOS. Johan Myburg deel in sy insetsel nuus oor nuwe woorde wat ná 2020 in d...
Skrywers en boeke 11 November 2020 11.11.2020 37:54
Ilse Salzwedel gesels met Juanita Aggenbag oor haar roman STILLE WATERS. Jy kan ook meer uitvind oor LAPA se jeugromankompetisie, die wenners van vanjaar se SALA-toekennings en nuwe spanningsromans vir jou Kerslysie. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor Roddy Doyle se nuwe roman, en bring hulde aan die Britse joernalis en skrywer Robert Fisk en die Amerikaanse digter en dramaturg, Diane de Prima,...
Skrywers en boeke 4 November 2020 04.11.2020 52:35
Hennie Aucamp se naam word tradisioneel nie saam met die van ander Sestigers genoem nie, maar luister hoekom prof. Willie Burger hierdie akademikus, digter, skrywer en letterkundige beslis as Sestiger beskou. Jy kan ook luister na ‘n hoorbeeld wat in 2008 gemaak is waarin van Aucamp se kollegas en vriende oor sy werk praat. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor die boek wat bekroon is met The Guar...
Skrywers en boeke 28 Oktober 2020 28.10.2020 50:23
Die skrywer, letterkundige en taalaktivis, prof. Ampie Coetzee, is onlangs oorlede. Drie van sy kollegas en vriende, prof. Hein Willemse, prof. Steward van Wyk en Theo Kemp, vertel vir Ilse Salzwedel hoe hulle Coetzee onthou. Johan Myburg bring hulde aan wyle prof. Stephan Gray, Suid-Afrikaanse digter en skrywer wat ook internasionaal bekend was. Jy kan ook meer uitvind oor Britse biblioteekgebrui...
Skrywers en boeke 21 Oktober 2020 21.10.2020 54:09
In nog ‘n kykie na die Sestigers val die fokus op Abraham de Vries. Jy kan luister na uittreksels uit twee onderhoude met hom, en prof. Willie Burger gesels oor De Vries se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde. Antoinette Louw gesels oor haar kinderboek DIE STORIE VAN RACHELTJIE DE BEER, en Johan Myburg gesels oor die Frankfurtse boekefees, ‘n toekenning aan ‘n skrywer wat 21 jaar gelede laas lew...
Skrywers en boeke 14 Oktober 2020 14.10.2020 54:01
Ilse Salzwedel gesels met Jan van Wyk oor sy bundel kontreisketse, VERTEL DA' VI' MY 'N STORIE VAN NAMAKWALAND. Louise Viljoen vertel meer oor haar kinderboek, BIBI BABBELBEK PRAAT TOT SY BLOU WORD. Wendy Maartens is op soek na familiestaaltjies vir 'n boek oor die Anglo Boereoorlog. Johan Myburg stel ons voor aan die wenner van die Nobelprys vir Letterkunde, wat verlede week aangekondig is.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.