RSG
Skrywers en Boeke
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Skrywers en Boeke 7 Oktober 2020 07.10.2020 51:36
Die fokus val op Jan Rabie se werk en letterkundige invloed as Sestiger. Jy kan luister na 'n hoorbeeld waarin Rabie self gesels, en prof. Willie Burger gesels oor Rabie se bydrae tot Afrikaans. Johan Myburg het onder andere nuus oor 'n Belgiese digbundel wat binnekort in Afrikaans verskyn.
Skrywers en boeke 30 September 2020 30.09.2020 49:32
Francois Smuts gesels met Ilse Salzwedel oor sy debuutroman SLAGOFFER. Ria Winters se boek oor haar korrespondensie met Karel Schoeman, DIE REISE VAN SCHOEMAN, Fanie Viljoen se DONKER WEB, en kontreistories uit Wini Esterhuizen se boek DIE DAG TOE ONS KRISMIS GAAN SOEK HET word bespreek.
Skrywers en boeke 23 September 2020 23.09.2020 53:17
Wie was Bartho Smit, digter, dramaturg en uitgewer van baie van die Sestiger-beweging se werk? Jy kan luister na stemopnames van Smit self, en prof. Willie Burger gee ook 'n oorsig oor Smit se nalatenskap. Johan Myburg het onder andere nuus oor nuwe boeke uit die pen van John Irvin en Kazuo Ishiguro, en gesels ook oor die lewe en werk van die digter, skrywer en Sylvia Plath-biograaf, Anne Stevenso...
Skrywers en boeke 16 September 2020 16.09.2020 48:07
Connie Luyt se roman WAAR ONTHOU BEGIN, Jaco Fouche se AANSPREEKLIKHEID en Renee Rautenbach Conradie se debuutroman MET DIE VIERKLEUR IN PARYS word bespreek. Johan Myburg bring hulde aan Achmat Dangor, die Suid-Afrikaanse skrywer wat onlangs oorlede is, en vertel meer oor Maggie O' Farrell, wenner van die Women's Prize for Fiction.
Skrywers en boeke 9 September 2020 09.09.2020 52:47
Etienne Leroux word steeds beskou as een van die belangrikste Sestigers. Luister na 'n uittreksel uit 'n 1987-onderhoud waarin hy oor sy werk en lewe gesels. Prof. Willie Burger gesels ook oor Leroux se letterkundige nalatenskap. Johan Myburg vertel meer oor die Dublinprys se kortlys, en die Goethe-medalje, wat vanjaar aan Ian McEwan toegeken is. Jy kan ook luister na 'n kort onderhoud met McEwan.
Skrywers en boeke 2 September 2020 02.09.2020 51:45
Ilse Salzwedel gesels met die die skrywer van RSG se nuwe kinderstorie, BLINKTAND VAN BOSVELDPARADYS, wat ook in boekvorm beskikbaar is. Jy kan ook luister na die eerste episode van hierdie baie oulike nuwe verhaal. Kom vind meer uit oor die Vrystaat Kunstefees se boekprogram VRY-SPRAAK DIGITAAL, wat deur die loop van September aanlyn aangebied word. 'n Leser gee haar indrukke van Henriette Linde-...
Skrywers en Boeke 26 Augustus 2020 26.08.2020 38:18
Breyten Breytenbach kom aan die beurt in die minireeks oor die Sestigers. Jy kan onder andere luister na 'n argiefonderhoud met hom wat in 1964 opgeneem is, asook toonsettings van gedigte uit sy pen. Prof. Willie Myburg gesels oor Breytenbach se letterkundige nalatenskap, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde. Hy gesels onder andere oor die gewildheid van Nordiese...
Skrywers en boeke 19 Augustus 2020 19.08.2020 39:32
Die kollig val op die digkuns. Ilse Salzwedel gesels met prof. Karen de Wet, die samesteller van VERS EN VROU, en van die digters wie se werk daarin opgeneem is, lees van hul eie gedigte voor. Jy kan ook luister na 'n argiefonderhoud met Annesu de Vos wat in 1980 opgeneem is kort voor die publikasie van haar digbundel GEBED VAN 'N GROEN PERSKE. Sy was destyds maar 16 jaar oud en die jongste gepubl...
Skrywers en boeke 12 Augustus 2020 12.08.2020 45:41
Ingrid Jonker kom aan die beurt in ons minireeks oor die Sestigers. Jy kan luister na 'n 1964-argiefonderhoud met haar, en prof. Willie Burger gesels oor haar werk en lewe. In Johan Myburg se insetsel oor die internasionale letterkunde kan jy meer hoor van die Caine-pryswenner, en daar is 'n kort voorlesing uit die boek AN UNNECESSARY WOMAN.
Skrywers en boeke 5 Augustus 2020 05.08.2020 42:14
Ilse Salzwedel gesels met Cecilia Steyn oor haar jeugroman DIE VLERKE VAN NAALDEKOKERS en oor haar jongste kinderboekreeks. Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, deel haar indrukke van 'n paar lekkerleesboeke, en Johan Myburg gesels onder andere oor die finaliste vir die Bookerprys.
Skrywers en boeke 29 Julie 2020 29.07.2020 48:05
Luister na nog 'n gesprek uit die argiewe met 'n Sestiger. Hierdie keer is dit die veelsydige en baie interessante Chris Barnard wat gesels oor sy lewe en werk. Prof. Willie Burger gee ook 'n oorsig oor Barnard se letterkundige bydrae tot Afrikaans.
Skrywers en boeke 22 Julie 2020 22.07.2020 42:00
Ilse Salzwedel gesels met Deborah Steinmair oor haar nuwe boek (AS JY VAN MOORD DROOM). Phyllis Green vertel meer oor drie jeugromans vir seuns. In Johan Myburg se insetsel is daar klankgrepe van gesprekke met die Amerikaanse digter Linton Kwesi Johnson en die misdaadskrywer wat beskryf is as die koningin van misdaad, PD James. Sy sou vanjaar 100 jaar oud gewees het.
Skrywers en boeke 15 Julie 2020 15.07.2020 52:22
Ses dekades nadat die Sestigers Afrikaanse letterkunde in 'n nuwe rigting gestuur het, is hulle werk en nalatenskap nog net so belangrik. In die eerste episode van 'n mini-reeks oor die sleutelfigure van hierdie beweging, kan jy luister na 'n argiefgesprek met Andre P. Brink. Ilse Salzwedel gesels ook met prof. Willie Burger oor Brink se nalatenskap.
Skrywers en boeke 8 Julie 2020 08.07.2020 35:54
Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor drie interessante biografiese boeke. Ilse Salzwedel gesels met Anchien Troskie oor haar nuwe roman, SOMTOTAAL. In Johan Myburg se insetsel kan jy meer hoor van die jongste polemiek met die Bookerprys, en jy kan luister na 'n uittreksel oor die lewe van die Spaanse skrywer, Carlos Ruiz Savon.
Skrywers en boeke 1 Julie 2020 01.07.2020 50:35
Die skrywer, dramaturg en digter N.P. Van Wyk Louw is vanjaar 50 jaar gelede oorlede, en ons bring hulde aan die enigste skrywer wat vyf maal met die Hertzogprys bekroon is. Jy kan luister na uittreksels uit twee stemopnames waarin hy oor sy werk praat, onder andere met sy broer, W.E.G. Louw. Prof. Willie Burger gesels ook oor Louw se nalatenskap. Johan Myburg vertel meer van twee kinderboekhelde...
Skrywers en boeke 24 Junie 2020 24.06.2020 42:58
Ilse Salzwedel gesels met Ben Viljoen oor sy roman 'N BALLADE VIR NKUNZI. Phyllis Green gesels oor interessante nie-fiksie wat sy onlangs gelees het, en Johan Myburg gesels oor die wenners en kortlyste van twee groot internasionale letterkunde pryse. Jy kan ook luister na 'n uittreksel uit 'n onderhoud met die Nigeriese skrywer Chigozie Obioma.
Skrywers en boeke 17 Junie 2020 17.06.2020 47:23
Die skrywer Elsa Joubert is vandeesweek in die ouderdom van 97 jaar oorlede. Luister na 'n heruitsending van 'n onderhoud wat Suzette Kotze-Myburgh in 2018 met haar gevoer het met die verskyning van SPERTYD, die derde deel van haar outobiografie. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel oor Rutger Bregman se boek, HUMANKIND, A HOPEFUL HISTORY, wat 'n vars blik op die mensdom se uitdagings...
Skrywers en boeke 10 Junie 2020 10.06.2020 42:29
Ilse Salzwedel gesels met Daniël Lötter oor sy bundel Karoostories, DIE GROOTPAD IS 'N GRONDPAD. Jaco Jacobs vertel meer van 'n gratis e-boek wat help om alles oor die coronavirus vir kinders te verduidelik. Hy gesels ook oor die internasionale eer vir sy boek, 'N LEKKER DAG VIR BOOMKLIM, en sy jongste boek, OUPA ZOMBIE. Johan Myburg vertel van Joyce Carol Oates se nuwe roman.
Skrywers en boeke 3 Junie 2020 03.06.2020 43:36
Ilse Salzwedel gesels met Sophia Kapp oor haar nuwe roman KANAÄN. Johan Myburg gesels in sy insetsel oor die internasionale letterkunde oor die digter Philip Larkin en die skrywers Charles Dickens en Joyce Carol Oates.
Skrywers en Boeke 27 Mei 2020 27.05.2020 49:53
Ilse Salzwedel gesels met Johan Myburg oor sy Hertzogprys, en jy kan ook luister na 'n heruitsending van 'n 2016 RSG Kunstefees-program oor UITTOGBOEK, die bundel waarvoor hy bekroon is. Die gedigte word voorgelees deur die akteur Louis van Niekerk. In sy bydrae oor die internasionale boekewereld, gesels Johan oor die Booker International-kortlys, klassieke romans wat in Alaska van die skoolkurrik...
Skrywers en Boeke 20 Mei 2020 20.05.2020 43:16
Ina Strydom praat met Etienne van Heerden oor sy jongste roman DIE BIBLIOTEEK AAN DIE EINDE VAN DIE WÊRELD. Johan Myburg sorg vir ekstra baie nuus uit die internasionale letterkundige wêreld, en gesels onder andere oor die Suid-Afrikaanse skrywer Marguerite Poland se benoeming vir 'n gesogte internasionale prys. Jy kan ook luister na Johan se insetsel wat verlede week nie uitgesaai is nie, waarin...
Skrywers en Boeke 13 Mei 2020 13.05.2020 47:47
Luister na 'n heruitsending van 'n insetsel oor 'n multi-sensoriese tuin by die Pionierskool in Worcester, waar tegnologie help om poësie en prosa vir blinde mense toeganklik te maak. Die digters Diana Ferrus, William Rowland en Jacques Coetzee lees werke voor wat hulle vir die projek geskep het. In Johan Myburg se internasionale letterkunde bydrae kan jy luister na 'n insetsel oor die werk van W....
Die woordketting 3 06.05.2020 40:39
Die derde in die reeks van hierdie gewilde, bekroonde produksie. Met Ilse Salzwedel en die digters Diana Ferrus, Andries Bezuidenhout en Philip de Vos
Die woordketting 2 22.04.2020 34:41
Die digters toor met woorde en borduur vrolik voort op verse van onder andere Boerneef en Barend J. Toerien. Daar is ook kans om ‘n gunstelinggedig te herbesoek. En dan moet hulle binne vyf minute ‘n bekende en klassieke Afrikaanse gedig nuwe lewe gee. Kom luister en lag saam. Poësie was lanklaas soveel pret en plesier.
Die woordketting 1 15.04.2020 31:47
In die plek van vanaand se normale Skrywers en Boeke saai ons DIE WOORDKETTING uit wat tydens die 2014 RSG Kunstefees uitgesaai is. Ilse Salzwedel doen die woordketting met die digters Philip de Vos, Diana Ferrus en Andries Bezuidenhout. Elize Cawood is die spesiale gas.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.