RSG
Skrywers en Boeke
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Skrywers en Boeke 8 April 2020 08.04.2020 31:23
Luister na sketse uit die pen van Annemarie van der Walt, Pieter Pieterse en Johann C. Bakkes en nuus uit die internasionale boekewêreld, wat onder andere die voorlesing van 'n Pablo Neruda-gedig insluit.
Skrywers en Boeke 1 April 2020 01.04.2020 38:12
Ilse Salzwedel gesels met Petrovna Metelerkamp oor die werk van Jeanne Goosen. Petrovna het onlangs 'n biografie van Jeanne saamgestel, asook 'n digbundel van Goosen se voorheen ongepubliseerde gedigte en 'n bundel getiteld LOS GEDAGTES met filosofiese aanhalings uit die gevierde skrywer, dramaturg en rubriekskrywer se pen. Johan Myburg gesels in sy rubriek oor die internasionale letterkunde onder...
Skrywers en Boeke 25 Maart 2020 25.03.2020 46:15
Kinderboekskrywer Alba Bouwer sou vandeesmaand 100 jaar oud gewees het, en 'n heruitgawe omnibus van haar gewilde Rivierplaas- en Ruyswyck-stories het pas verskyn. Jy kan luister na uittreksels uit twee argiefopnames waarin Bouwer gesels oor haar skryfwerk, en die aktrise Mila Guy lees ook 'n uittreksel uit 'n Rivierplaas-storie. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae oor vertaalde fiksie...
Skrywers en Boeke 18 Maart 2020 18.03.2020 48:12
Ses dekades gelede is Afrikaanse letterkunde heeltemal verander deur 'n groep skrywers, digters en dramaturge na wie steeds verwys word as die Sestigers. Luister in hierdie program na 'n informele gesprek (uit die argiewe) wat opgeneem is tydens Bartho Smit se sestigste verjaarsdag in 1984. Jy kan die stemme hoor van Smit, Chris Barnard, Jan Rabie, Andre P. Brink en Etienne Leroux. In sy insetsel...
Skrywers en Boeke 11 Maart 2020 11.03.2020 41:49
Die eerste Afrikaanse vertaling van 'n Jodi Picoult-roman het onlangs in Afrikaans verskyn. Hoor hoe die topverkoper internasionale skrywer daaroor voel. Ilse Salzwedel gesels met die geskiedskrywer Albert Blake, oor sy werk. Vind uit wie onlangs aangewys is as wenners van die LAPA Jeugromankompetisie, en watter boek wat oorspronklik in Afrikaans uitgegee is, se Engelse weergawe onlangs benoem is...
Skrywers en Boeke 4 Maart 2020 04.03.2020 44:55
Ilse Salzwedel gesels met Elmari Rautenbach, koordineerder van die US Woordfees se Skrywersfees, oor vanjaar se program. Olivia Coetzee, skrywer van INNIE SHADOWS, vertel vir Ilse Salzwedel hoekom sy gekies het om haar debuutroman in Kaaps te skryf. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder meer oor W.H. Auden, en jy kan ook 'n stemopname hoor waarin Auden een van sy eie verse voorle...
Skrywers en Boeke 26 Februarie 2020 26.02.2020 39:52
Sonya van Schalkwyk-Barois, die vrou agter die splinternuwe Afrikaanse vertalings van die Kuifie-strokiesprentreeks, vertel vir Ilse Salzwedel hoe sy die enorme taak benader. Sonya is ook die vertaler van die baie gewilde Asterix en Obelix-reeks, waarvan daar reeds meer as 20 nuwe Afrikaanse titels op die rak is. Jy kan ook luister na 'n mini-drama uit die argiewe uit die pen van Cor Nortje. En Jo...
Skrywers en Boeke 19 Februarie 2020 19.02.2020 34:39
Luister na argiefmateriaal oor die digter, liedjieskrywer en dramaturg Rosa Keet, wat onlangs haar 75e verjaarsdag gevier het. Keet was instrumenteel in die ontstaan van die Musiek-en-Liriek-beweging. Die werk van die Nobelprysbekroonde skrywer J.M. Coetzee, wat onlangs 80 geword het, word ook belig. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor interessante gebeure in die internasionale boekewêreld.
Skrywers en Boeke 12 Februarie 2020 12.02.2020 49:42
Hoe omskep jy 'n klassieke roman soos DIE SWERFJARE VAN POPPIE NONGENA in 'n rolprent? Dramaturg Saartjie Botha vertel hoe sy en haar mededraaiboekskrywer Christiaan Olwagen dit gedoen het vir die rolprent Poppie Nongena. Jy kan ook luister na 'n klanksnit uit die argief waarin Elsa Joubert vertel van die reaksie op haar bekroonde roman. Marie Heese vertel vir Ilse Salzwedel van die inspirasie vir...
Skrywers en Boeke 5 Februarie 2020 05.02.2020 41:45
Ilse Salzwedel gesels met Stefaans Coetzee, skrywer van WIT WOLF, oor hoe boeke sy lewe tydens sy byna twee dekades in die tronk verander het. 1 Februarie was Internasionale Hardop-voorleesdag, maar hoekom is dit so goed vir kinders? Ilse vertel ook meer van 'n paar oulike kinderboeke vir voorlees en self lees. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg onder andere oor die kortlys vir die Dy...
Skrywers en Boeke 29 Januarie 2020 29.01.2020 48:48
Ilse Salzwedel gesels met Sidney Gilroy oor sy debuutroman KLIKBEK. Jy kan ook luister na 'n argiefopname waarin die digter en skrywer Wilma Stockenström van haar gedigte voorlees. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae onder andere oor AMERICAN DIRT, 'n boek wat tans tot groot debat lei in die VSA.
Skrywers en Boeke 22 Januarie 2020 22.01.2020 35:27
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Kerneels Breytenbach oor sy nuwe roman HOND SE GEDAGTE. Johan Myburg deel interessante nuus uit die internasionale boekewêreld, en vertel onder andere meer oor 'n nuwe roman wat geinspireer is deur die lewe van die sanger Leonard Cohen.
Skrywers en Boeke 15 Januarie 2020 15.01.2020 48:34
Ilse Salzwedel praat met Christine Barkhuizen-Le Roux oor haar roman My naam is Prins en ek slaap met die lig aan. Johan Myburg vertel wat in die internasionale boekewêreld gebeur.
Skrywers en Boeke 8 Januarie 2020 08.01.2020 47:03
Ilse Salzwedel gesels met Chris Karsten oor sy nuwe roman ANDERMAN SE VROU. Jy kan ook luister na 'n argiefopname uit 1991 waarin die bekende skrywer Audrey Blignaut een van haar essays voorlees. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde gee Johan Myburg 'n kort voorskou van boeke wat in 2020 verskyn.
Skrywers en Boeke 18 Desember 2019 18.12.2019 44:32
Die baanbreker-uitgewer, Cecilia Britz, is verlede week oorlede. Luister na 'n huldeblyk ook die vrou wat Afrikaanse ontspanningsfiksie nuwe momentum gegee het. Vir sy internasionale bydrae, het Johan Myburg twee baie besondere argiefopnames opgespoor. Die ikoniese Amerikaanse digter Robert Frost lees een van sy eie gedigte voor, en die Walliese skrywer Dylan Thomas lees 'n gedeelte van een van sy...
Skrywers en Boeke 11 Desember 2019 11.12.2019 49:59
Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, oor interessante nie-fiksieboeke vir die kerskous. Johan Myburg gee in sy internasionale bydrae 'n oorsig oor die jaar se letterkundige pryse.
Skrywers en Boeke 4 Desember 2019 04.12.2019 52:54
Ilse Salzwedel fokus op boeke wat goeie geskenke sal maak. Sy gesels met Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, oor 'n paar van haar gunsteling fiksieboeke, en in Johan Myburg se insetsel gesels hy onder meer oor TIME se lys van die top 10 boeke vir 2019.
Skrywers en Boeke 27 November 2019 27.11.2019 40:25
Ilse Salzwedel gesels met Suzette Kotze-Myburgh oor haar lysie gunstelingboeke vir 2019. En Johan Myburg gesels in sy bydrae onder andere oor 'n 100-jaar oue boekwinkel in Parys, Frankryk.
Skrywers en Boeke 20 November 2019 20.11.2019 43:57
Marita van der Vyver gesels oor haar jongste boek, GRENSGEVAL. Erns Grundling gesels oor sy reisboek SUSHI EN SHOSHOLOZA, wat die leser na Japan neem. En Johan Myburg vertel meer oor 'n nuwe boek uit die pen van Elena Ferrante.
Skrywers en Boeke 13 November 2019 13.11.2019 46:44
Ilse Salzwedel gesels met Johan Jack Smith oor sy debuutroman ZOLA. Vind uit wie is wenners van die Sanlampryse vir Jeuglektuur 2019, en hoor hoe het Riana Scheepers die onlangse Week van De Afrikaanse Roman in Nederland ervaar wanneer sy met Milton Webber gesels. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae oor die lewe en werk van Harold Bloom en Doris Lessing.
Skrywers en Boeke 6 November 2019 06.11.2019 52:11
Die spotprenttekenaar, Fred Mouton, is volksbesit. Ilse Salzwedel gesels met Bun Booyens, die samesteller van die boek 50 JAAR MET FRED: FRED MOUTON SE BESTE SPOTPRENTE. Luister ook na Milton Webber se gesprek met Karin Brynard oor haar belewing van die Week van die Afrikaanse Roman in Nederland. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg met uitgewer Annie Olivier, wat onlangs die Frankfur...
Skrywers en Boeke 30 Oktober 2019 30.10.2019 50:57
Ilse Salzwedel gesels met Annelie Botes oor haar nuwe boek KAMMALAND, 'n dokumentering van Annelie en haar man se 90 dae op 'n kanaalboot in Engeland. Jy kan ook meer uitvind oor die Prince Albert-leesfees wat hierdie naweek plaasvind. Milton Webber gesels met Valda Jansen oor haar ervaring van die Week van die Afrikaanse Roman. Johan Myburg gesels oor interessanthede uit die internasionale boekew...
Skrywers en Boeke 23 Oktober 2019 23.10.2019 50:05
Dalene Matthee sou vandeesmaand 81 jaar oud gewees het. Luister na 'n argiefopname wat gemaak is kort na die publikasie van Fiela se Kind waarin sy onder andere gesels oor die uitdagings van die skryfkuns. Milton Webber het by die Week van de Afrikaanse roman gesels met Eben Venter. Johan Myburg vertel meer van die twee medewenners van vanjaar se Bookerprys.
Skrywers en Boeke 16 Oktober 2019 16.10.2019 46:31
Die Week van die Afrikaanse Roman het onlangs in Nederland plaasgevind, en Milton Webber was daar. Hy het onder andere 'n vertaalslypskool bygewoon waar hy met Karin Brynard, die skrywer van TUISLAND, en drie Nederlandse vertalers gesels het oor die kuns van vertaling. Luister ook hoe het Valda Jansen die week in Nederland ervaar het. Die skrywer, Engemi Ferreira, is onlangs oorlede, en jy kan lui...
Skrywers en Boeke 9 Oktober 2019 09.10.2019 46:00
Ilse Salzwedel gesels met SD Fourie, skrywer van die baie gewilde, Die Lanternswaaier, oor haar nuwe roman, NOORMAN. Rudie van Rensburg vertel hoe sy nuwe roman, VLOEK, verskil van sy vorige spanningsverhale. Johan Myburg gesels oor die twee Nobelpryse wat vandeesweek toegeken word. En jy kan luister na 'n onderhoud wat Milton Weber met digter Pieter Odendaal gevoer het tydens die pas afgelope Wee...
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.