RSG

Skrywers en Boeke

Tv AF ↓ 727 episodes

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Skrywers en Boeke 2 Oktober 2019 02.10.2019

Ilse Salzwedel gesels met die gewilde rubriekskrywer Blou Willem (Willem Theron) oor sy derde bundel rubrieke, 50 BLERTSE BLOU. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae onder meer oor poësie in die tyd van sosiale media.

Skrywers en Boeke 25 September 2019 25.09.2019

Calvyn van Niekerk gesels met Ilse Salzwedel oor sy nuwe roman, DIE MAN VAN QUATRO. Jy kan ook hoor hoe verander die Du Toitskloof Mobiele Biblioteek die lewe van plaaswerkers en hulle kinders. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, en jy kan luister na 'n kort onderhoud met die Britse skrywer Zadie Smith.

Skrywers en Boeke 18 September 2019 18.09.2019

Luister na 'n argiefonderhoud met wyle prof. Ampie Muller. Die ATKV Woordveertjiewenners word aangekondig, en Ilse gesels met twee wenners. Ons hoor ook wie die wenners is van die KykNET/Rapport-boekpryse. En Johan Myburg gesels onder meer oor die kortlys van die Bookerprys.

Skrywers en Boeke 11 September 2019 11.09.2019

Ilse Salzwedel gesels met Andries Buys, skrywer van die veelbekroonde boek DIE DAO VAN DAAN VAN DER WALT. Dit is verlede week aangewys as dioe wenner van die gesogte ATKV-Prosaprys. Hulle gesels oor die boek se ontstaan, en hoekom hy besluit het om dit onder 'n skuilnaam te publiseer. Die boek is reeds voorheen met drie literêre pryse bekroon.

Skrywers en Boeke 4 September 2019 04.09.2019

Ilse Salzwedel gesels met Nadia de Kock oor haar roman DIE WOLKVERSAMELAARS. Francois Lötter vertel van die Tuin van Digters wat op 13 en 14 September by die Breytenbachsentrum in Wellington plaasvind, en Johan Myburg gesels onder meer oor die pas afgelope Edinburgh-boekefees.

Skrywers en Boeke 28 Augustus 2019 28.08.2019

Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green, Sarie se boekeredakteur, oor haar gunsteling fiksieboeke uit onlangse nuwe publikasies. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.

Skrywers en Boeke 21 Augustus 2019 21.08.2019

Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green oor goeie nie-fiksie boeke wat in die laaste paar maande verskyn het. In Johan Myburg se internasionale insetsel is daar ook nuus oor 'n internasionale nie-fiksie werk wat onlangs bekroon is.

Skrywers en Boeke 14 Augustus 2019 14.08.2019

Ilse Salzwedel gesels met Lize Albertyn-Du Toit oor haar debuutroman DIE KINDERS VAN SPOOKWERWE. Jy kan ook luister na 'n kort argiefonderhoud uit 1964 waarin Verna Vels met die digter Ingrid Jonker gesels oor haar werk. Johan Myburg fokus in sy internasionale bydrae op die skrywer Toni Morrison, wat onlangs oorlede is. Daar is ook 'n kort onderhoud met Morrison.

Skrywers en Boeke 7 Augustus 2019 07.08.2019

Ilse Salzwedel gesels met Kirby van der Merwe oor sy vertalings van Carol Campbell se DIE SKILPAD SE LAASTE TRAAN en Meg Vannermerwe se VROU VAN DIE KLIPPESEE. Carla van der Spuy vertel meer oor haar jongste boek LIEFDE AGTER TRALIES en haar belangstelling in ware misdaad. Chareldine van der Merwe vertel meer van die Vriende Van Afrikaans se Koop-'n-Afrikaanse-boek-dag op 14 Augustus.

Skrywers en Boeke 31 Julie 2019 31.07.2019

Die bekroonde skrywer en dramaturg, Harry Kalmer, is onlangs oorlede. Luister na 'n onderhoud wat Corina van der Spoel in 2014 met hom gevoer het oor sy bekroonde boek 'N 1000 STORIES OOR JOHANNESBURG. Ilse Salzwedel gesels oor nuwe nie-fiksie vir volwassenes en oulike nuwe kinder- en jeugboeke. En Johan Myburg gesels onder meer oor twee internasionale boekpryse.

Skrywers en Boeke 24 Julie 2019 24.07.2019

Jeanne Goosen het onlangs haar 81e verjaarsdag gevier. Luister na 'n onderhoud uit die argiewe waarin Jeanne met wyle Nic Swanepoel gesels oor haar skryfwerk. Kortverhaalskrywers kan meer uitvind van die skryfkompetisie waaruit die US Woordfeesbundelbydraes gekies word. In Johan Myburg se bydrae oor die internasionale letterkunde is daar onder andere 'n voorlesing deur Alice Walker, skrywer van Th...

Skrywers en Boeke 17 Julie 2019 17.07.2019

Ilse Salzwedel gesels met Zelda Bezuidenhout oor DIE DEKONSTUKSIE VAN RETTA BLOM, haar eerste roman vir volwassenes, en oor haar bekroonde jeugroman AS MENS GELUK KON PROE. Bernette Bergenthuin gesels met Ilse oor haar nuwe roman DIE LEWE VIR BEGINNERS. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor 'n nuwe prys vir vroueskrywers van komiese Britse fiksie.

Skrywers en Boeke 10 Julie 2019 10.07.2019

John W. Frederick, die skrywer van NOEM MY SKOLLIE (wat ook in 'n rolprent verwerk is) is onlangs oorlede. Luister na 'n argiefonderhoud waarin hy vertel hoe stories en boeke hom teen tronkbendes beskerm het. Hoor wat is alles op die program by die Montagu Boekefees en die Elgin/Grabouw Krimifees. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae onder meer oor die rolprent Pan's Labyrinth wat nou i...

Skrywers en Boeke 3 Julie 2019 03.07.2019

Ter viering van George Weideman, wat op 2 Julie 72 sou wees, se verjaarsdag - 'n onderhoud uit die SAUK-argief; en Johan Myburg praat oor die internasionale boekewêreld.

Skrywers en Boeke 26 Junie 2020 26.06.2019

Die program word gewy aan kinder- en jeugfiksie. Ilse Salzwedel vertel meer oor die jongste Afrikaanse boeke vir peuters, kleuters en ouer kinders, en jy kan ook luister na stukkies van die klankbane van films wat van topverkoper kinderboeke gemaak is.

Skrywers en Boeke 19 Junie 2020 19.06.2019

Rene Warrington praat oor haar roman, Smit Motors; daar is meer inligting oor die Vrystaatse Kunstefees se boekeprogram, en die jonste nuus uit die internasionale boekewêreld saam met Johan Myburg.

Skrywers en Boeke 12.06.2019

Ilse Saltzwedel praat onder andere met Ivan Vladislavic en Chanette Paul, en Johan Myburgh vertel wat in die internasionale boekwêreld gebeur.

Skrywers en Boeke 05.06.2019

Ilse Salzwedel praat met Gerard Scholtz oor sy reisboek HIER GAAT ONS! Sy praat ook met Tobie Wiese, die samesteller van die bundel essays WREED ÉN MOOI IS DIE DOOD. In sy bydrae oor die internasionale boekwêreld vertel Johan Myburg onder andere meer oor die Suid-Afrikaanse kosskrywer Prue Leith se gesprek tydens die onlangse Hay-letterkundefees in Brittanje.

Skrywers en Boeke 29.05.2019

Ilse Salzwedel gesels met Theo Kemp oor sy roman STRAFJAART, en Petrovna Metelerkamp vertel meer van Cas van Rensburg se boek MANS EN HUL WONDE. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, en gesels onder meer oor die wenners van die Man Bookerprys, die Rathbones-prys en die Walt Whitman-vieringe in die VSA.

Skrywers en Boeke 22.05.2019

Luister na 'n argiefonderhoud waarin die digter en skrywer, Petra Müller, gesels oor haar werk en lewe. Ilse Salzwedel gesels oor bekende Afrikaanse boeke wat nou ook in Engels verskyn het, en ander nuusgebeure in die Afrikaanse boekewêreld. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor die Dylan Thomas-prys.

Skrywers en Boeke 15.05.2019

Wat doen 'n skrywer as die lewe se branders haar voete onder haar uitslaan? Sy skryf daaroor, en vandeesweek val die fokus op spanningskrywer Madelein Rust se boek KANKER SCHMANKER! waarin sy skryf oor haar stryd teen borskanker. Sy gesels ook oor haar jongste spanningsroman DOODSENGEL. Ilse Salzwedel gesels met Lanie van Reenen oor haar boek NET MOOI FINE, die opvolg van C'EST LA VIE. Johan Mybur...

Skrywers en Boeke 07.05.2019

Die skrywer Elsa Joubert het in 2017 haar 95e verjaarsdag gevier met die publikasie van SPERTYD, die derde deel van haar outobiografie. Suzette Kotze-Myburgh het met haar gesels oor haar lewe en skryfwerk.

Skrywers en Boeke 30.04.2019

Jeanette Ferreira gesels oor haar nuwe roman BLOEDLELIE, 'n historiese roman met 'n moderne verhaallyn wat die verband tussen bloed en grond ondersoek. Dit fokus op Magdalena Retief, die vrou van die Voortrekkerleier Piet Retief. Fanie Viljoen praat oor DIE GROOT BOEK VAN SPOKE EN GRILLE, en Ilse Salzwedel kyk na 'n klompie ander lekkerleesboeke vir kinders. In sy insetsel oor die internasionale l...

Skrywers en Boeke 24.04.2019

Prof. Lizette Rabe gesels oor haar boek OM TOT VERHAAL TE KOM, 'n boek oor skryf as terapie en ook 'n waardevolle gids vir voornemende skrywers. Fanie Viljoen gesels oor hoe sy boek DIE DAG TOE DIE DRAAK KOM kan help om kinders, ouers en onderwysers te bemagtig m.b.t. die seksuele misbruik van kinders. Johan Myburg is weer in die ateljee met wetenswaardighede uit die internasionale boekewêreld.

Skrywers en Boeke 17.04.2019

Wyle Madeleine van Biljon word onthou as een van die beste rubriekskrywers wat Afrikaans nog opgelewer het. Luister na 'n onderhoud wat in 1992 met haar opgeneem is. Theo Kemp vertel ook waarna lesers kan uitsien tydens die Suidoosterfees, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde.

Listen to the Skrywers en Boeke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.