RSG

Skrywers en Boeke

Tv AF ↓ 727 episodes

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Skrywers en Boeke 09.04.2019

Ilse Salzwedel gesels met Jennifer Friedman oor haar nuwe bundel Vrystaat-vertellinge, THE MESSIAH'S DREAM MACHINE. Die wenners van die 2019 UJ-pryse word aangekondig, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, onder meer nuus oor Milan Kundera.

Skrywers en Boeke 03.04.2019

Ilse Salzwedel gesels met Jan van Tonder oor sy nuwe roman, DIE VEREVROU. Daar's 'n kykie na nuwe Afrikaanse boeke, en Johan Myburg deel interessanthede oor die internasionale letterkunde.

Skrywers en Boeke 27.03.2019

Ilse Salzwedel gesels met Zakes Mda oor sy nuwe boek The Zulu's of New York. Rudie van Rensburg vertel meer oor sy jongste spanningsroman Medusa. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale boekwêreld.

Skrywers en Boeke 20.03.2019

Deon Maas woon deesdae in Duitsland, en kom gesels oor WITBOY IN BERLYN, sy nuwe boek oor hierdie interessante stad. Kom vind ook meer uit oor oulike nuwe kinderboeke, Duitse speurromans wat in Afrikaans vertaal is, en 'n memoir oor die lewe in Angola voor die uitbreek van die Grensoorlog. Johan Myburg gesels in sy insetsel oor die internasionale boekewereld onder andere oor 'n boek uit die pen, e...

Skrywers en Boeke 13.03.2019

Die digter en akademikus, Lina Spies, het onlangs haar tagtigste verjaarsdag gevier. Jy kan luister na 'n onderhoud wat Daniel Hugo in 1989 ter viering van haar vyftigste verjaarsdag met haar gevoer het. Ilse Salzwedel gesels met Bettina Wyngaardt oor haar jongste spanningsroman, JAGTER, waarin 'n eeu oue historiese stryd in die Midde-Ooste 'n Kaapse kinkel kry. In Johan Myburg se internasionale b...

Skrywers en Boeke 06.03.2019

Dit was onlangs die geboortedag van die digter Elisabeth Eybers, en in hierdie episode kan jy luister na argiefmateriaal waarin sy gehuldig word. Jy kan ook luister na 'n seldsame opname waarin Eybers vyf van haar eie gedigte voorlees. Ilse Salzwedel gesels ook met Zirk van den Bergh oor sy nuwe romans, EK WENS, EK WENS en DIE VERTES IN. Johan Myburg vertel meer oor drie internasionale letterkunde...

Skrywers en Boeke 27.02.2019

Hans Pienaar vertel vir Ilse Salzwedel van sy roman DIE GENERAAL. Nog 'n Tolkien-boek is onlangs in Afrikaans vertaal - kom vind uit hoe die vertaler Janie Oosthuysen die groot taak aanpak. Johan Myburg gesels in sy insetsel onder meer oor 'n nuwe roman, gebasseer op die klassieke DR. ZHIVAGO, wat die internasionale boekwêreld aan die gons het.

Skrywers en Boeke 20.02.2019

Die skrywer Dolf van Niekerk word vandeesweek 90 jaar oud. Luister na uittreksels uit twee argiefonderhoude wat presies 40 jaar uitmekaar met hom gevoer is. In Johan Myburg se insetsel is daar nuus oor vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde.

Skrywers en Boeke 13.02.2019

Ilse Salzwedel gesels met Karin Cronje oor THERE GOES ENGLISH TEACHER, haar boek oor die twee jaar wat sy in Korea skoolgehou het. Rouxnette Meiring gesels oor haar twee wetenskapfiksie-jeugromans KRAAK en SNAK, en Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder andere oor die Britse skrywer Rosamund Pilcher, wat onlangs oorlede is.

Skrywers en Boeke 06.02.2019

Die digter Lina Spies vertel meer oor D.J. Opperman, haar dosent en mentor, se impak op haar lewe en ook op Afrikaans. Jy kan ook luister na 'n opname uit die argiewe waarin Opperman self vertel van sy Letterkunde-laboratorium. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg onder meer oor die Dylan Thomas-prys.

Skrywers en Boeke 30.01.2019

Erika Murray-Theron vertel meer van haar jongste roman, 'N SKERFIE GLAS, wat handel oor vier geslagte sterk vroue. Jos Palmer en Reinette Lombaard gesels oor hulle oulike leesreeks ONTDEK IN AFRIKAANS, en hoe dit leesvaardighede by kinders ontwikkel. In Johan Myburg se internasionale bydrae gesels hy onder andere oor die skrywer Diana Athill, wat verlede week op 101 oorlede is.

Skrywers en Boeke 23.01.2019

Sheila Cussons se digkuns en lewe het mense aangegryp, veral nadat sy byna gesterf het in 'n gasontploffing. In hierdie program kan jy luister na uittreksels uit 'n onderhoud wat in 1984 met haar opgeneem is, en sy lees ook van haar gunsteling-gedigte voor. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder meer oor die digter Mary Oliver, wat onlangs oorlede is, en Joyce Carol Oates se jongs...

Skrywers en Boeke 16.01.2019

Ilse Salzwedel gesels oor die 2016 Costa-pryswenner Gail Honeyman se ELEANOR OLIPANT IS COMPLETELY FINE en Rebecca Davis se SELFHELPLESS. Wendy Maartens, kinderboekskrywer en oud-onderwyseres, gesels met Ilse oor die terapeutiese waarde van boeke vir kinders. Johan Myburg gesels in sy bydrae onder meer oor die finaliste vir die 2018 Costa-pryse.

Skrywers en Boeke 09.01.2019

Charl-Pierre Naude vertel vir Ilse Salzwedel van sy nuwe roman DIE ONGELOOFLIKE ONSKULD VAN DIRKIE VERWEY. In die insetsel oor internasionale letterkunde kan jy onder meer luister na 'n stukkie onderhoud met die skrywer Amos Oz, wat onlangs oorlede is. Ilse gesels ook oor 'n paar oulike kinderboeke.

Skrywers en Boeke 19.12.2018

Ilse Salzwedel gesels met Bibi Slippers oor haar tien gunstelingboeke vir 2018. In sy internasionale letterkunde-insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor die Suid-Afrikaans gebore Britse skrywer Justin Cartwright wat onlangs oorlede is.

Skrywers en Boeke 12.12.2018

Phyllis Green vertel vir oulaas vir Ilse Salzwedel van 'n paar interessante boeke wat sy onlangs gelees het. Johan Myburg gesels onder meer oor die benoemings vir 'n prys waarvoor skrywers nie juis toustaan nie. Want wie wil nou benoem word as die skrywer wat die slegste liefdestoneel van die jaar geskryf het?

Skrywers en Boeke 05.12.2018

Ilse Salzwedel gesels met prof. Franci Greyling van die NWU oor 'n multi-sensoriese tuin by die Pionierskool in Worcester, waar tegnologie ingestel is om poësie en prosa vir blinde mense toeganklik te maak. Jy kan ook luister na van die materiaal wat in die projek gebruik is. Phyllis Green gesels oor nog 'n paar boeke vir jou Kersfeesboeklysie, en Johan Myburg vertel in sy internasionale bydrae va...

Skrywers en Boeke 28.11.2018

Ilse Salzwedel gesels met prof. Franci Greyling van die NWU oor 'n multi-sensoriese tuin by die Pionierskool in Worcester, waar tegnologie ingestel is om poësie en prosa vir blinde mense toeganklik te maak. Jy kan ook luister na van die materiaal wat in die projek gebruik is. Phyllis Green gesels oor nog 'n paar boeke vir jou Kersfeesboeklysie, en Johan Myburg vertel in sy internasionale bydrae va...

Skrywers en Boeke 21.11.2018

Ilse Salzwedel praat met Martin Steyn oor LOSPRYS, sy nuutste roman. Phyllis Green vertel van 'n paar interessante boeke wat sy onlangs gelees het. En Johan Myburg gesels onder meer oor Suid-Afrika se nuwe amptelike staatsdigter.

Skrywers en Boeke 07.11.2018

Coenie de Villiers gesels oor KAROO SUITE, die boek wat voortspruit uit die gelyknamige musiekproduksie deur Coenie en die skrywer Deon Meyer. Fanie Viljoen gesels oor sy jeugroman VELDIEP, en in sy insetsel oor die internasionale letterkunde gesels Johan Myburg onder meer oor die skrywer Haruki Murakami se argief.

Skrywers en Boeke 31.10.2018

Sophia Kapp se nuwe roman KANTELPUNT, Deon Meyer se PROOI en Pieter-Dirk Uys se biografie WEERKLANK VAN 'N WANKLANK word bespreek. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg onder meer oor Roald Dahl se MATILDA, wat vanjaar 30 jaar gelede gepubliseer is.

Skrywers en Boeke 24.10.2018

Die program word gewy aan die digter Olga Kirsch. Ilse Salzwedel gesels met Egonne Roth oor haar Kirsch-biografie, OLGA KIRSCH: 'N LEWE IN GEDIGTE. Jy kan ook luister na uittreksels uit 'n dokumentêre program wat Daniel Hugo in 1994 saamgestel het, waarin Kirsch haar eie gedigte voorlees. Johan Myburg vertel in sy insetsel meer oor die wenner van die Manbookerprys.

Skrywers en Boeke 17.10.2018

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Alettie van den Heever oor haar distopiese roman STOF. W.O.Kühne se bekroonde kinderboeke oor Huppelkind is onlangs heruitgegee in die versamelwerk HUPPELKIND, en jy kan luister na 'n stukkie uit 'n argiefopname waarin die skrywer en sy vrou, die illustreerder Dorothy Hill, oor die boeke gesels. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die eenmalige alternatiewe...

Skrywers en Boeke 10.10.2018

Ilse Salzwedel gesels met Irma Venter oor haar splinternuwe spanningsroman SONDAG, waarin die donker wêreld van mensehandel verken word. Santie van der Merwe gesels oor haar jongste verhoudingsroman AL WAT OORBLY. In Johan Myburg se internasionale letterkunde bydrae word daar onder meer gesels oor skrywersblok, rillers en die Frankfurtse boekeskou.

Skrywers en Boeke 03.10.2018

Ilse Salzwedel se gaste is Pat Stamatelos en Maire Fisher. Pat gesels oor haar nuwe roman AANKOMS EN VERTREK, en Maire vertel meer oor haar jongste roman THE ENUMERATIONS. Milton Weber was by die onlangse Afrikaanse fees in Nederland, waar hy met Zelda le Grange gesels het oor die draaie wat haar biografie GOEIEMORE MNR. MANDELA al oorsee gemaak het. Johan Myburg gesels oudergewoonte oor internasi...

Listen to the Skrywers en Boeke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.