RSG
Skrywers en Boeke
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Skrywers en Boeke 26.09.2018 50:51
Quarnita Loxton gesels met Ilse Salzwedel oor haar hoog aangeskrewe debuutroman BEING KARI en die opvolg, BEING LILY, wat pas verskyn het. Hoor wat het die beoordelaars gedink van die wenners van die KykNET/Rapport-boekpryse wat verlede week aangekondig is. Kinderboekresensent Louise Viljoen vertel van 'n paar oulike boeke vir jong lesertjies. In Johan Myburg se internasionale letterkunde insetsel...
Skrywers en Boeke 19.09.2018 39:52
Die verdwyning van ses tienermeisies 30 jaar gelede in en om Pretoria bly een van die grootste onopgeloste misdaadraaisels in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Ilse Salzwedel gesels met Pieter van Zyl oor sy nuwe boek, Gert en Joey: Nuwe lig op 'n raaisel van dertig jaar. Johan Myburg gesels in sy bydrae onder meer oor podium-poësie.
Skrywers en Boeke 12.09.2018 44:58
Ilse Salzwedel gesels met Maya Fowler oor haar interessante nuwe roman, Patagonië. Dis gedeeltelik gebasseer op 'n interessante stuk van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, nl. 'n groep Afrikaanse boere wat na Argentinië gevlug het om die Anglo-Boereoorlog te vermy. Vir haar navorsing het Maya onder meer Patagonië besoek en met van die Afrikaanssprekende Argentyne gepraat. En in sy bydrae oor die int...
Skrywers en Boeke 05.09.2018 47:20
'n Leesprojek met honde as "terapeute" is onlangs deur die ATKV bekroon. Ilse Salzwedel gesels met dr. Marieanna le Roux oor Pets As Therapy se Lees-Ukufunda-Read-program. Ilse gesels ook met Jo Nel oor sy debuutroman DIE HOND WAT OPHOU BLAF HET. Francois Lötter vertel meer oor die TUIN VAN DIGTERS se program op 14 en 15 September in Wellington. Johan Myburg gesels oor die benoemings vir die alter...
Skrywers en Boeke 29.08.2018 50:44
Ilse Salzwedel gesels met Philip de Vos (digter en skrywer) en die illustreerder Piet Grobler oor hulle gesamentlike boekprojekte oor die jare. Dit sluit kinderboeke en ook strokiesprente vir volwassenes in. Joanita Fourie, ervare teksredakteur, deel waardevolle raad met voornemende skrywers, en Dia van Staden vertel waarna boekliefhebbers kan uitsien by die Pretoria Boekejol wat hierdie naweek in...
Skrywers en Boeke 22.08.2018 46:36
Ilse Salzwedel gesels met die skrywer Jean-Pierre de Kock en die teksredakteur Suzette Kotze-Myburg oor Jean-Pierre se debuutroman DAGGABOER. Die ervare redigeerder Joanita Fourie deel nog klein jakkalsies wat skrywers liefs moet vermy, en Johan Myburg gesels oor onder meer Muriel Spark, skrywer van THE PRIME OF MISS JEAN BRODIE, wat vanjaar 100 jaar gelede gebore is.
Skrywers en Boeke 15.08.2018 48:04
Ilse Salzwedel praat met Joanita Fourie, 'n ervare teksredakteur, oor foute wat skrywers moet vermy. Madelein Rust gesels oor haar nuwe roman LAM TER SLAGTING, en in sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor SV Naipaul, die Trinidadse skrywer wat onlangs oorlede is.
Skrywers en Boeke 08.08.2018 54:22
Hoe beïnvloed die tydsgees moderne letterkunde? Madelein Rust, die bekende skrywer van misdaadromans, het navorsing hieroor gedoen en gesels met Ilse Salzwedel oor hierdie interessante onderwerp. Izak du Plessis gesels oor sy boek RALPH HEYNS, GODFATHER VAN DIE WES-RAND. Amanda de Stadler van Vriende van Afrikaans (VVA) gesels oor Koop-'n-Afrikaanse-boekdag op 14 Augustus, en vertel ook hoe luiste...
Skrywers en Boeke 31.07.2018 42:18
Ilse Salzwedel gesels met Beyers De Vos oor sy debuutroman WROK. James Brent-Styan vertel hoekom sy boek STEINHOFF EN DIE STELLENBOSSE BOYS deur almal gelees behoort te word. FA Venter se OFFERLAND-reeks is pas herdruk, en jy kan luister na 'n onderhoud met hom wat in 1967 opgeneem is. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg onder meer oor 'n verrassende naam op die Manbooker-prys se langl...
Skrywers en Boeke 25.07.2018 44:14
Ilse Salzwedel gesels met Sarel en Elizabeth Venter oor WAAR RATS DIE RIBBOK GAAN, 'n bundel met briewe wat Elsabe Steenberg aan Elizabeth geskryf het. Ilse Salzwedel het Dibi Breytenbach uitgevra oor DOWE GODE, haar jongste misdaadroman. In Johan Myburg se internasionale insetsel kan jy luister na 'n uittreksel uit 'n onderhoud met Stav Sherez, wie se roman THE INTRUSIONS, onlangs bekroon is.
Skrywers en Boeke 17.07.2018 53:25
Ilse Salzwedel het by die onlangse Vrystaatse Kunstefees gesels met verskeie skrywers oor nuwe boeke. Kom vind meer uit oor DANKIE, GENERAAL deur Nico Moolmoon, DIE ANGLO-BOEREOORLOG IN 100 OBJEKTE saamgestel deur die personeel van die Boereoorlogmuseum en BLOED, DUNNER AS WATER deur Charne Kemp. Daar is ook 'n bydrae oor NALN, die letterkundemuseum in Bloemfontein. In sy internasionale insetsel g...
Skrywers en Boeke 11.07.2018 52:03
In November 1977 is die politikus Robert Smit en sy vrou Jeanne in hulle huis vermoor. Die WVK het bevind dit was 'n politieke moord, maar 40 jaar later is dit steeds onopgelos. Ilse Salzwedel gesels met die Smit-egpaar se dogter Liza, en Raquel Lewis, skrywer van Liza se boek EK IS LIZA SMIT. Ilse gesels ook met die skrywers van TRUITJIE ROER MY NIE, die komediant/akteur Schalk Bezuidenhout en jo...
Skrywers en Boeke 04.07.2018 50:48
Die skrywers van twee uiteenlopende boeke oor die Dorslandtrek gesels met mekaar. Nicol Stassen, skrywer van 'n omvattende nie-fiksie boek oor die trek, gesels met Marinda van Zyl, skrywer van die roman DORS. Corneli van den Bergh, organiseerder van die boekprogram van die Vrystaat Kunstefees, vertel waarna lesers kan uitsien by die fees wat van 9 tot 14 Julie plaasvind. In sy gereelde insetsel oo...
Skrywers en Boeke 27.06.2018 36:04
Kuier saam by die AKTV Boekeoase by Innibos! Paul Eilers, oud-radioman en akteur, lees 'n kortverhaal voor. Die geskiedkundige en skrywer Fransjohan Pretorius gesels oor storielegendes van die Laeveld. Annemarie van der Walt, organiseerder van Innibos se boekeprogram, vertel waarna boekliefhebbers kan uitsien. En die akoestiese groep, Hummingbirds, sorg vir musikale vermaak.
Skrywers en Boeke 20.06.2018 43:09
Ilse Salzwedel gesels oor kinder- en jeugboeke, en drie jong lesers vertel wat hulle dink van die Afrikaanse boeke wat hulle onlangs gelees het. In sy insetsel oor die internasionale boekwêreld gesels. Johan Myburg onder meer oor die PEN Pinter-prys en die wenner van die Women's Prize for Fiction, Kamila Shumzi. Sy lees ook voor uit haar wenboek.
Skrywers en Boeke 13.06.2018 42:57
Ilse Salzwedel gesels met Anneliese Burgess oor HEIST, haar boek oor transitorooftogte. Annemarie van der Walt vertel waarna feesgangers kan uitsien by die ATKV-boekoase by Innibos. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, en praat onder meer oor 'n bekende skrywer se woede omdat sy nie vir 'n internasionale prys benoem is nie.
Skrywers en Boeke 06.06.2018 45:35
Die Britse skrywer Kate Mosse was onlangs in Suid-Afrika om haar nuwe roman THE BURNING CHAMBERS, wat in Franschhoek afspeel, te kom bekendstel. Mosse is ook een van die stigterslede van die Orange Prize for Fiction, en gesels oor die gesogte prys en haar eie skryfwerk. Rudi van Rensburg gesels oor sy nuwe spanningsroman YS. En Johan Myburg deel oudergewoonte interessanthede uit die internasionale...
Skrywers en Boeke 30.05.2018 52:29
Ilse Salzwedel gesels met die veteraan radio-persoonlikheid Kate Turkington oor haar biografie YES REALLY! Bets Smith vertel meer oor haar vierde spanningsroman KRINGLOOP. Die skrywer Elkarien Fourie het deelgeneem aan 'n uitreikprogram gemik op leesbevordering by die Drakenstein Gevangenis, en vertel van haar ervaring.
Skrywers en Boeke 23.05.2018 48:39
Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, oor drie interessante Afrikaanse boeke wat sy onlangs gelees het. Jy kan ook luister na 'n uittreksel uit 'n Woordfees-onderhoud wat Dave Pepler met Riana Scheepers gevoer het oor haar nuwe roman STORMKIND. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, en gesels onder meer oor 'n gesogte letterkundeprys wat '...
Skrywers en Boeke 16.05.2018 46:03
Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, oor 'n paar nuwe Afrikaanse boeke wat sy onlangs gelees het. Cecilia van Zyl gesels oor DIE ROOIKOP EN DIE REDAKTEUR, 'n bundel tydskrifkortverhale uit die vyftigerjare uit die pen van Andre P. Brink wat pas verskyn het. Johan Myburg sorg weer vir interessante nuus uit die internasionale boekewêreld, en gesels onder meer oor die wen...
Skrywers en Boeke 09.05.2018 42:42
Ilse Salzwedel gesels met Jaco Fouche oor sy nuwe jeugroman SOMER. Johan Myburg gesels oor gebeure in die internasionale boekwêreld, en gee onder meer agtergrond oor die besluit om vanjaar nie 'n Nobelprys vir letterkunde toe te ken nie.
Skrywers en Boeke 02.05.2018 42:27
Ilse Salzwedel gesels met Ruda Landman oor haar nuwe boek, TELL ME YOUR STORY. In Johan Myburg se insetsel oor die internasionale letterkunde kan jy onder meer luister na 'n deel van die bekroonde Nigeriese skrywer Chimamanda Ngozi Adichie se onlangse toespraak by die Stockholm Forum vir Geslagsgelykheid.
Skrywers en Boeke 25.04.2018 42:51
Christelle Webb-Joubert gesels met Cecile Cilliers oor haar kortverhaalbundel DIE OU VROU EN DIE PRIESTER. Ilse Salzwedel gesels met Haydn Eastwood oor sy biografie LIKE SODIUM IN WATER. In sy insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor die Pulitzerpryse wat onlangs toegeken is.
Skrywers en Boeke 18.04.2018 44:11
Veelbekroonde digter Bibi Slippers gesels oor die digkuns, die rigting wat Afrikaanse poësie ingeslaan het, en hoe 'n mens 'n gepubliseerde digter word. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, onder meer die kortlys van die Man Bookerprys.
Skrywers en Boeke 11.04.2018 49:26
Ilse Salzwedel gesels met Annelize Slabbert oor haar lekkerlees Kalahari-biografie 'N LUIPERD IN MY BED. Theo Kemp van die Jakes Gerwel-stigting gesels oor wat die stigting alles doen om die letterkunde te bevorder, ook op skoolvlak. In Johan Myburg se insetsel oor internasionale letterkunde kan jy luister na 'n opname uit die 1940's waarin T.S. Elliot een van sy gedigte voorlees.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.