RSG

Skrywers en Boeke

Tv AF ↓ 727 episodes

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Skrywers en Boeke 04.04.2018

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Petrovna Metelerkamp oor haar nuwe INGRID JONKER-biografie waarin heelwat nuwe inligting oor die bekende digter vervat is. Hpor meer oor die wenners van NB Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd en die wenners van die UJ-pryse. Johan Myburg gesels oor interessanthede uit die internasionale boekewêreld, en gesels ook oor die kortlys vir die Sunday Times/Barry R...

Skrywers en Boeke 28.03.2018

Corina van der Spoel gesels met prof. Willie Burger oor sy nuwe boek DIE WÊRELD VAN DIE STORIE. Ilse Salzwedel gesels met dr. Karen de Wet oor die kortlyste van die UJ-pryse wat pas bekendgemaak is. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale boekewêreld, onder meer 'n gesprek deur die Skotse skrywer Phillip Kerr, wat verlede week oorlede is.

Skrywers en Boeke 21.03.2018

Ilse Salzwedel gesels met Cas Wepener oor sy roman JOHANNA. Daniël Hugo, samesteller van die KKNK se boekeprogram, vertel waarna feesgangers kan uitsien. En Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel oor onder andere die langlys van die Man Booker-prys.

Skrywers en Boeke 14.03.2018

Jan Vermeulen, bekroonde jeugromanskrywer, se eerste spanningsroman vir volwassenes het pas verskyn. Ilse Salzwedel gesels met hom oor DIE VYFDE ASPOESTER. In 'n kykie na interessante Suid-Afrikaanse nie-fiksie, gesels Ilse met Pieter-Louis Myburgh oor THE REPUBLIC OF GUPTA, sy boek wat staatskaping blootgelê het. Hulle gesels onder meer oor die navorsing wat so 'n boek vereis. In sy bydrae oor di...

Skrywers en Boeke 07.03.2018

Regstreeks vanaf die Woordfees: Antoinette Pienaar, Schalk Schoombie, Julian Jansen, Irna van Zyl en Leon van Nierop gesels oor hulle reis met hulle boeke wat handel oor alles van regte moorde tot die helende krag van die natuur en ingewikkelde liefdesverhoudings.

Skrywers en Boeke 28.02.2018

Suzette Kotze-Myburg gesels met rolprentmaker Franz Marx oor sy spannende debuutroman, Spieëlbeeld. Prof. Chris van der Merwe gesels met Ilse Salzwedel oor die briewe van pres. M.T. Steyn, wat hy uit Nederlands vertaal het vir 'n boek van die Van Riebeeckstigting. En Johan Myburg deel oudergewoonte internasionale boekenuus.

Skrywers en Boeke 21.02.2018

In 'n spesiale uitsending kan jy luister na die Karoo Suite, 'n woord-en-musiekskepping deur Coenie de Villiers en die skrywer Deon Meyer. Ons gee ook meer besonderhede oor die ATKV Winterskryfskool. Johan Myburg deel oudergewoonte interessanthede uit die internasionale letterkunde.

Skrywers en Boeke 14.02.2018

Ilse Salzwedel gesels met Machiel Viljoen van Afrifiksie.com, 'n Afrikaanse webwerf wat fokus op wetenskapfiksie. Hoor hoekom hardop lees so belangrik is vir jou kind se ontwikkeling, en vind uit wie het LAPA se jeugromankompetisie gewen. In sy weeklikse bydrae oor die internasionale letterkunde vertel Johan Myburgh meer oor onder andere 'n nuwe boek van Barbara Kingsolver.

Skrywers en Boeke 07.02.2018

Steve Hofmeyr vertel vir Ilse Salzwedel van sy nuwe spanningsverhaal, DIE ONAANTASBARES. Kerneels Breytenbach gesels oor die moets en moenies van boekresensies, en Johan Myburg deel oudergewoonte interessanthede uit die internasionale letterkunde.

Skrywers en Boeke 31.01.2018

Afrikaans se topverkoperskrywer, Deon Meyer, gesels met Suzette Kotze-Myburgh oor sy jongste boek, DIE VROU IN DIE BLOU MANTEL. Hy deel ook skryfraad met aspirantskrywers. As jy bekommerd is oor jou kind se leesvaardighede, luister na Jose Palmer en Reinette Lombaard wat gesels oor hulle oulike progressiewe leesreeks vir kinders in die grondslagfase. En Johan Myburg deel oudergewoonte interessanth...

Skrywers en Boeke 31.01.2018

Afrikaans se topverkoperskrywer, Deon Meyer, gesels met Suzette Kotze-Myburgh oor sy jongste boek, DIE VROU IN DIE BLOU MANTEL. Hy deel ook skryfraad met aspirantskrywers. As jy bekommerd is oor jou kind se leesvaardighede, luister na Jose Palmer en Reinette Lombaard wat gesels oor hulle oulike progressiewe leesreeks vir kinders in die grondslagfase. En Johan Myburg deel oudergewoonte interessanth...

Skrywers en Boeke 24.01.2018

Die Woordfees vind vanjaar van 2 tot 11 Maart plaas. Ilse Salzwedel gesels met Elmari Rautenbach oor wat boekliefhebbers alles by die fees se Skrywersfees kan verwag. Suzette Kotze-Myburgh, een van die drie samestellers van die Woordfeesbundel, gesels oor die inskrywings wat vir vanjaar se kortverhaalbundel ontvang is. Sy gee ook skryfwenke vir voornemende kortverhaalskrywers. Johan Myburg gesels...

Skrywers en Boeke 17.01.2018

JRR Tolkien se THE HOBBIT is al in dosyne tale vertaal, en het onlangs vir die eerste keer in Afrikaans verskyn. Ilse Salzwedel gesels met die vertaler, Janie Oosthuyzen, oor hierdie reuse taak. Leonie van Rensburg gesels oor die Graffiti Boeke/Lekkerlees Boekrak-prys vir Wilna Adriaanse se EINDSPEL. En in sy internasionale letterkunde-bydrae gesels Johan Myburg onder meer oor die langlys vir die...

Skrywers en Boeke 10.01.2018

Die kinder- en jeugboekskrywer Marga Jonker gesels met Ilse Salzwedel oor haar reeks perdeboeke. Leonie van Rensburg gesels oor die topverkopers van 2017, en Johan Myburg deel wetenswaardighede uit die internasionale letterkunde.

Skrywers en Boeke 03.01.2018

Ilse Salzwedel gesels met William Rowland, voorsitter van die SA Biblioteek vir Blindes in Grahamstad, oor gratis boeke vir blindes en siggestremdes. Derick van der Walt gesels oor sy nuwe volwasse roman, TUSSEN VRIENDE, en Cliffordene Norton van LAPA vertel hoekom liefdesverhale 'n topverkopergenre is.

Skrywers en Boeke 27.12.2017

Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, oor haar gunstelingboeke van 2017.

Skrywers en Boeke 20.12.2017

Ilse Salzwedel gesels met James Styan oor HARTEBREKER, sy biografie oor die hartchirurg Chris Barnard. Nelia Engelbrecht gesels oor haar POORT-reeks vir tieners, en Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.

Skrywers en Boeke 13.12.2017

Die skrywer Elsa Joubert het onlangs haar 95e verjaarsdag gevier met die publikasie van SPERTYD, die derde deel van haar outobiografie. Suzette Kotze-Myburgh het met haar gesels oor haar lewe en skryfwerk.

Skrywers en Boeke 06.12.2017

Ilse Salzwedel gesels met Heilna du Plooy oor die brieweboek GESPREKSGENOOT. Dit bevat die briefwisseling tussen prof. Elize Botha en verskeie Afrikanse skrywers. Hans du Plessis gesels oor sy nuwe boek DRIE VROUE EN 'N MEISIE. Vind meer uit oor Rudie van Rensburg se skreeusnaakse komedie oor bejaardes, HANS STEEK DIE RUBICON OOR. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.

Skrywers en Boeke 22.11.2017

Ilse Salzwedel gesels met prof. Wannie Carstens, die mede-skrywer van ONS KOM VAN VER AF en DIE TWEE STORIES VAN AFRIKAANS. Albei boeke dokumenteer belangrike inligting oor ons taal. In sy interessante bydrae oor die internasionale boekewêreld gesels Johan Myburg onder meer oor Duitsland se hardop-voorleesdag, en hoekom dit gevier word.

Skrywers en Boeke 15.11.2017

Ilse Salzwedel gesels met die Afrikaanse wenner en naaswenner van die Sanlamjeugfiksiewedstryd wat verlede week aangekondig is. Carin Krahts gesels oor BLOU IS NIE 'N KLEUR NIE, en Jan Vermeulen praat oor SOEN. Johan Myburg gesels in sy internasionale letterkunde bydrae onder meer oor George Orwell se 1984 en 'n nuwe PADDINGTON BEAR-boek, sestig jaar na die publikasie van die eerste boek.

Skrywers en Boeke 08.11.2017

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Adeline Radloff oor haar werk, wat twee bekroonde jeugromans, ʼn spanningsverhaal vir volwassenes en ʼn kinderboek insluit. Hulle praat ook oor die belangrikheid van lees in ʼn kind se akademiese ontwikkeling. En Lame Ebersohn gesels oor Die Filosofiekafee, ʼn maandelikse boekegesprek by Cafe Riche in Pretoria.

Skrywers en Boeke 01.11.2017

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Juanita Aggenbach oor haar roman GISTER IS VERBY, die eerste borskankerroman in Afrikaans. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde. Malene Breytenbach en Elsa Winckler gesels oor die pas afgelope konferensie van die Romance Writers of South Africa.

Skrywers en Boeke 25.10.2017

Ilse Salzwedel gesels met Irma Joubert oor haar jongste roman, Mentje, kind van die Pasop-kamp. Daniel Hugo vertel meer oor die Prins Albert-leesfees. Johan Myburg vertel in sy bydrae oor die internasionale letterkunde meer oor die jongste bespiegelings oor die Chileense digter Pablo Neruda se dood.

Skrywers en Boeke 18.10.2017

Ons bring hulde aan die skrywer Ryk Hattingh wat verlede week oorlede is. Kom vind uit wie is die vyf Afrikaanse skrywers wat pas benoem is vir SALA-toekennings. Milton Weber het die Week van die Afrikaanse Roman bygewoon en gesels met twee Nederlandse vertalers, Rob van der Veer en Dorien de Vries, asook met die skrywers Rudi van Rensburg en Ingrid Winterbach. Johan Myburg vertel meer oor die opl...

Listen to the Skrywers en Boeke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.