RSG

Skrywers en Boeke

Tv AF ↓ 727 episodes

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Skrywers en Boeke 11.10.2017

Corina van der Spoel gesels met die skrywer Fanie de Villiers, beter bekend as Kleinboer, oor sy nuwe roman HIERDIE HUIS. Christelle Webb-Joubert gesels met die skrywer Dolf van Niekerk oor sy skryfwerk. (Dolf se jongste radiodrama, MYMERINGE VAN 'N OU MAN, word op 12 Oktober in Radioteater uitgesaai.) Johan Myburg gesels oor die Nobelprys wat verlede week toegeken is, en 'n nuwe bundel uit die pe...

Skrywers en Boeke 04.10.2017

Ilse Salzwedel gesels met Izak du Plessis oor sy boek BOEREVERNEUKERS. Darryl David vertel meer oor die Boekbedonnerd Boekefees wat van 25-28 Oktober in Richmond plaasvind. Johan Myburg gesels oor die internasionale boekbedryf en vertel onder meer meer van die Banned Books-week in die VSA.

Skrywers en Boeke 27.09.2017

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Francois Loots oor sy nuwe roman DIE DIEPBLOU SEE. Ilse Salzwedel gesels met Karina Szcurzek, weduwee van die skrywer Andre P. Brink, oor haar biografie. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, onder meer hoe skrywers oor sosiale media voel.

Skrywers en Boeke 20.09.2017

Die bekroonde jeugroman Vaselinetjie word hierdie Vrydag as 'n film uitgereik. Ilse Salzwedel gesels met die skrywer van Vaselinetjie, Anoeschka von Meck. Dan Sleigh gesels oor die ATKV Prosaprys wat onlangs aan hom toegeken is vir sy roman, 1795, en Christo Davids vertel meer oor sy drama MY SEUNS wat met 'n ATKV-Woordveertjie bekroon is as beste dramateks. Die Afrika-skrywer vandeesweek is Frank...

Skrywers en Boeke 13.09.2017

Ilse Salzwedel was by die ATKV Woordveertjies in Stellenbosch, en gesels met van die bekroondes. Bruce Koopman van Uitenhage vertel watter verskil sy huisbiblioteek maak in die lewe van die kinders van die Jazztown-woongebied by Uitenhage. September is internasionale geletterdheidsmaand, en Lizelle Langford van die READ Opvoedkundige Trust vertel van hulle Red Reading Boxes. Johan Myburg vertel me...

Skrywers en Boeke 06.09.2017

Ilse Salzwedel gesels met prof. Charles van Onselen oor sy interessante geskiedkundige boeke. Francois Lötter van die Breytenbachsentrum in Wellington vertel meer die Tuin van Digters wat op 15 en 16 September daar gehou word. Johan Myburg gesels oor die internasionale boekewêreld, en jy kan onder meer luister na die digter John Ashbury wat een van sy gedigte voorlees. Die Afrika-skrywer van die w...

Skrywers en Boeke 30.08.2017

Ilse Salzwedel gesels met Gerda Taljaard oor haar nuwe roman DIE LAKSMAN SE DOGTER. Piet Matipa, skrywer van DWARSKLAP, vertel meer oor sy bundle rubrieke en vertellings. Die Afrika-skrywer van die week is Dambudzo Marechera van Zimbabwe.

23 Aug 23.08.2017

Ilse Salzwedel gesels met Eben Venter, wat in Suid-Afrika is om sy nuwe roman GROEN SOOS DIE HEMEL DAARBO, te bemark. Suzette Kotze-Myburg gesels met Nicole Jaekel-Strauss oor haar nuwe bundel kortverhale AS IN DIE MOND. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde gesels Johan Myburg onder meer oor 'n nuwe internasionale neiging in kinderboeke, en vertel ook meer van Isabelle Allende, wat pa...

16 Aug 16.08.2017

Ilse Salzwedel gesels met Schalk Schoombie oor sy nuwe roman ROOI HARING. Die finaliste van die ATKVWoordveertjies is pas aangekondig. Johan Myburg gesels oor interessante verwikkelinge in die internasionale letterkunde. Word daar meer kru taal gebruik in hedendaagse letterkunde, of is dit net lesers se persepsie? En sal jy gewillig wees om deel te neem aan die oorspronklike manier wat ʼn Nederland...

9 Aug 08.08.2017

Mark Behr se bekroonde roman DIE REUK VAN APPELS is onlangs verwerk in 'n toneelstuk. Ilse Salzwedel gesels met Johann van der Merwe en Rudi Sadler van RocketTheatre hieroor. Maandag 14 Augustus vier ons die Vriende Van Afrikaans (VVA) se Koop-'n-Afrikaanse-boek-dag. Kom vind uit waar kan jy tot 50% afslag kry op nuwe Afrikaanse boeke op daardie dag. Johan Myburg gesels oor internasionale letterku...

2 Aug 02.08.2017

Corina van der Spoel gesels met S.J. Naude oor sy roman DIE DERDE SPOEL. Corlia Fourie gesels oor die kortverhaalbundel KLEURE VAN DIE LIEFDE, en deel ook sommer ʼn paar wenke oor die skryf van kortverhale. Dia van Staden gesels oor die Pretoria Boekejol en Filmrolfees wat van 16 tot 20 Augustus plaasvind, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde.

2 Aug 02.08.2017

Corina van der Spoel gesels met S.J. Naude oor sy roman DIE DERDE SPOEL. Corlia Fourie gesels oor die kortverhaalbundel KLEURE VAN DIE LIEFDE, en deel ook sommer ʼn paar wenke oor die skryf van kortverhale. Dia van Staden gesels oor die Pretoria Boekejol en Filmrolfees wat van 16 tot 20 Augustus plaasvind, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde.

26 Jul 26.07.2017

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Joyce Kotze oor WINTERSRUST, ʼn roman wat albei kante van die Anglo Boereoorlog belig. Johan Myburg gesels in sy internasionale letterkunde bydrae oor ʼn prys vir Graham Swift se Mothering Sunday, die Caine-prys vir letterkunde en ander interessanthede. Wou jy nog altyd ʼn kinder- of jeugboek skryf, of ʼn liefdesverhaal? Ons het nuus oor LAPA se jeugromankompetisie, di...

19 Jul 19.07.2017

Ilse Salzwedel gesels met Lloyd Zandberg oor sy bundel komiese rubrieke PER ONGELUK. Sy was ook by die Innibos Kinderboekekrôl, en gesels met die kinders oor hierdie unieke ervaring. Luister ook na wat alles die res van die week by die Vrystaat Literatuurfees aangebied word. Johan Myburg gesels in sy internasionale boeke-insetsel onder meer oor Maurice Sendak. Hierdie week se Afrika-skrywer is Hel...

12 Jul 12.07.2017

Ilse Salzwedel gesels met Santie van der Merwe oor haar nuwe roman VER IN DIE WÊRELD KITTIE. Laurinda Hofmeyer vertel waar haar liefde vir die Afrikaanse digkuns vandaan kom, en jy kan ook luister na haar toonsetting van S.J. Pretorius se gedig VERVULLING. Erns Grundling vertel meer oor sy sonderlinge reisboek en memoir ELDERS. Johan Myburg deel interessanthede oor internasionale letterkunde.

5 Jul 05.07.2017

'n Regstreekse uitsending van die Innibos-fees. Ilse Salzwedel en die hoof van RSG-drama, Kobus Burger, gesels met die skrywers Lerina Erasmus en Etienne van Heerden, en Annemarie van der Walt, die organiseerder van Innibos se boekprogram.

28 Jun 28.06.2017

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Mariel le Roux oor haar jongste roman ISABELLA. Ilse Salzwedel gesels met Elkarien Fourie oor haar nie-fiksie boek oor China, VAT JOU HELE HART. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder meer oor Sebastian Barry se DAYS WITHOUT END, en die Afrika-skrywer is Nuruddin Farah van Somalië.

21 Jun 21.06.2017

Ilse Salzwedel gesels met Marion Erskine oor sy jeugroman VLERKE VIR ALMAL. Dis 'n gesprek waarna tieners en hul ouers gerus kan luister. Johan Myburg gesels oor die Manbooker-prys en jy kan ook luister na 'n stukkie van Bob Dylan se aanvaardingstoespraak vir sy Nobelprys vir letterkunde.

14 Jun 14.06.2017

Prof. Hans du Plessis gesels met Ilse Salzwedel oor sy jarelange vriend, P.G. du Plessis. Theo Kemp vertel waarna boekliefhebbers kan uitsien by die Vrystaat Kunstefees se literatuurfees. Terrance April vertel meer oor die skrywer Thomas Mofolo in Skrywers van Afrika. En Johan Myburg gesels onder meer oor die wenner van die Baileys-prys vir fiksie deur vroue-skrywers in sy internasionale insetsel.

7 Jun 07.06.2017

Ilse Salzwedel gesels met Jennifer Friedman oor haar biografie QUEEN OF THE FREE STATE. Rudi van Rensburg gesels oor OP DIE SPOOR VAN, 'n bundel spanningsverhale wat hy saamgestel het. Annemarie van der Walt gesels oor die INNIBOS-boekeprogram. Die Afrika-skrywer is Camara Laye. Johan Myburg gesels oor die wenner van die Pinter-prys, 'n nuwe bundel deur Alan Ginsberg en 'n veldtog deur PEN Interna...

31 May 31.05.2017

Ilse Salzwedel gesels met die skrywers Irma Venter (SIRKUS) en Rudi van Rensburg (KAMIKAZE) oor hul jongste romans. Sy gesels ook met Ingred Mennen en Irene Berg oor hulle pragtige kinderboek INK. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder meer oor 'n nuwe bundel kortverhale deur Haruki Murakami, en jy kan ook luister na 'n klankopname uit die 1960's waarin wyle Sylvia Plath een van h...

24 May 24.05.2017

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Malene Breytenbach oor haar werk. Ina Strydom was by die oorhandiging van die UJ-pryse vir kreatiewe skryfwerk en het met die wenners Bibi Slippers en John Miles gesels. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, onder meer oor Arundhati Roy se nuwe roman.

17 May 17.05.2017

Ilse Salzwedel gesels met Neil Sonnekus oor sy debuutroman SEUN. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde gesels Johan Myburg onder meer oor Scott Fitzgerald. En Terrance April vertel meer oor die digkuns van Augustino Neto, beter bekend as ʼn Angolese rebelleleier.

10 May 10.05.2017

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Naomi Meyer oor haar debuutroman WEB. Terrance April vertel meer oor die Nigeriese skrywer Flora Nwapa. En Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, onder meer die nuwe Asterix en Obelix.

3 May 03.05.2017

Die bekende skrywer Karel Schoeman is vandeesweek oorlede. Ilse Salzwedel gesels met die skrywer Fanie Viljoen, wat goed bevriend was met Schoeman, oor die mens agter die openbare figuur. Luister ook na 'n insetsel wat in 2009 opgeneem is ter viering van Schoeman se 70e verjaarsdag, waarin prof. Willie Burger verduidelik hoekom Schoeman een van Afrikaans se grootstes was. En Johan Myburg gesels oo...

Listen to the Skrywers en Boeke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.