RSG
Skrywers en Boeke
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
26 Apr 26.04.2017 40:14
Ilse Salzwedel gesels met Ronel Nel oor haar debuutroman Pelgrimshoop. Hoor watter Afrikaanse skrywers het onlangs internasionale deurbrake gemaak. En Johan Myburg vertel meer oor die Cervantesprys en die boeke op die Manbooker-kortlys.
19 Apr 19.04.2017 40:39
In die plek van vanaand se normale Skrywers en Boeke saai ons DIE WOORDKETTING uit wat tydens vanjaar se US Woordfees opgeneem is. Die digters Diana Ferrus, Philip de Vos en Andries Bezuidenhout vermaak met variasies op bekende gedigte wat deur Susanne Beyers voorgelees word.
12 Apr 11.04.2017 38:44
Ilse Salzwedel gesels met Jaco Jacobs, wie se boek 'N GOEIE DAG VIR BOOMKLIM, nou in Engels uitgegee gaan word deur 'n Britse uitgewer. Chareldine van der Merwe van die VRIENDE VAN AFRIKAANS gesels oor die organisasie se bedrywighede. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, en praat onder meer oor Wolf Ehrlbruch se prys vir EEND, DOOD EN TULP, 'n kinderboek wat in tal...
5 Apr 04.04.2017 40:53
Ilse Salzwedel gesels met Wilna Adriaanse, skrywer van EINDSPEL, die opvolg op die baie gewilde DUBBELSPEL. Wilna deel skryfraad en praat oor die effek wat lesers se verwagtings op die skryfproses kan hê. Johan Myburg praat in sy internasionale letterkunde-bydrae onder meer oor die groei in Afrika se kortverhaalkuns, en die Nederlander Rutger Bregman se boek UTOPIA FOR REALISTS.
29 Mar 29.03.2017 47:14
Ilse Salzwedel gesels met Isa Konrad oor haar werk. Luister ook na die inspirerende verhaal van John en Gail Nicholson van Lavender Hill wat met 'n boekprojek 'n groot verskil in hulle gemeenskap maak. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.
22 Mar 22.03.2017 33:01
Ilse Salzwedel gesels met Marieta van der Vyver oor haar nuwe roman, Misverstand.
15 Mar 15.03.2017 35:02
Ilse Salzwedel gesels met Bernard Odendaal oor sy bundel rubrieke en essays WOORDE HUL STORIE SIEN KEN. En Johan Myburg gesels oor wetenswaardighede uit die internasionale letterkunde.
8 Mar 08.03.2017 43:21
Ilse Salzwedel gesels met Elna van der Merwe oor die Afrikaanse vertaling van SINK, die roman deur Brett Michael-Innes. Johan Myburg gesels met Stefan Hertmans oor sy roman OORLOG IN TERPENTYN, in Afrikaans vertaal deur Daniel Hugo. Johan gesels ook oor die internasionale letterkunde.
1 Mar 01.03.2017 46:06
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Gerhard Scholtz oor sy roman LIG WANKELEND. Kobus Burger vertel meer oor die RSG Kunstefees-drama ENGEL MET 'N HAMER wat nou in boekvorm beskikbaar is. En Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde.
22 Feb 22.02.2017 46:40
Ilse Salzwedel gesels met prof. Franck Hendricks oor die boek KAAPS IN FOKUS. Sy gesels ook met die 15-jarige Alme Hugo oor haar tienerroman SPEURDER NINA LUCKY, waarmee sy 'n finalis was in die Maskew Miller Longman-kompetisie. En Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde.
15 Feb 15.02.2017 47:40
Ilse Salzwedel gesels met Elmari Rautenbach, organiseerder van die Skrywersfees by die Woordfees, oor waarna boekliefhebbers vanjaar kan uitsien. Betina Wyngaardt gesels oor PEN Afrikaans se Trippelsewe-toer deur die Noord-Kaap, en vertel ook sommer meer oor haar eie boekliefdes. Luister ook na haar gunstelingmusiek om die muse te laat ontwaak.
8 Feb 08.02.2017 48:20
Ilse Salzwedel gesels met Danie Marais van PEN Afrikaans oor die organisasie se doen en late. Johan Myburg deel internasionale boekenuus, en Lauren Goldman van The Book Station vertel hoe hulle mense se lewens deur boeke aanraak.
1 Feb 01.02.2017 47:17
Suzette Kotze-Myburgh gesels met die joernalis, dramaturg en filmmaker Sylvia Vollenhoven oor haar memoire KEEPER OF THE KUMM. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde. Ilse Salzwedel gesels oor nuwe kinderboeke, die derde week van die Afrikaanse roman en die ATKV-Skryfskool se Winterskryfskool op Potchefstroom.
25 Jan 25.01.2017 54:07
Phyllis Green vertel vir Ilse Salzwedel wat haar gunstelingboeke in 2016 was. Die jeugboekskrywer Cecilia Steyn gesels oor haar werk, en Johan Myburg gesels oor interessante internasionale nuusgebeure in die boekewêreld.
18 Jan 18.01.2017 53:36
Corina van der Spoel gesels met Bronwyn-Law Viljoen oor haar debuutroman THE PRINTMAKER. Ilse Salzwedel gesels met Elmari Rautenbach oor haar gunstelingboeke van 2016. En Johan Myburg gesels oor die internasionale boekewêreld.
11 Jan 11.01.2017 47:20
Leonie van Rensburg van Graffiti Boeke vertel meer oor die topverkoper Afrikaanse boeke van 2016. Gielie Hoffman gesels oor die vyf beste boeke wat hy in 2016 gelees het. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde, bring Johan Myburg hulde aan die kunsskrywer John Berger wat op 2 Januarie oorlede is. Hy gesels ook oor die Costapryse, en vertel meer oor Jacqui L'Ange, die Suid-Afrikaner wat...
4 Jan 04.01.2017 38:08
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Tom Dreyer oor sy nuwe roman DORADO. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, en Ilse Salzwedel speel drie skrywers se gunstelingskryfmusiek.
28 Dec 28.12.2016 38:11
Ilse Salzwedel gesels met Annelie Botes oor haar nuwe boek LUGKASTEEL. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, en skrywers deel die musiek waarop hulle skryf.
21 Dec 21.12.2016 44:58
Suzette Kotze-Myburg gesels met John Miles oor sy nuwe roman OP 'N DAG, 'N HOND. Ilse Salzwedel hoor by Suzette wat haar top vyf Afrikaanse boeke in 2016 was. En Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.
14 Dec 13.12.2016 45:46
Ilse Salzwedel gesels met Sally Andrew, skrywer van Recipes for Love and Murder: A Tannie Maria mystery en Tannie Maria and the Satanic Mechanic. Anneli Groenewald, skrywer van Die Skaalmodel, vertel wat presies ʼn mens kan verwag van ʼn meestersgraadkursus in kreatiewe skryfkuns. En Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.
7 Dec 07.12.2016 47:51
Ilse Salzwedel gesels met kinderboekillustreerder Zinelda McDonald oor haar werk. Johan Myburg gesels oor gebeure in die internasionale boekewêreld, en vertel ook van sy top vyf Afrikaanse boeke vir 2016. En Ilse gesels oor lekker boeke vir kinders se Kerskouse.
30 Nov 30.11.2016 52:06
Corina van der Spoel gesels met Harry Kalmer oor DIE BRAM FISCHER-WALS, sy onlangs gepubliseerde drama. Suzette Kotze-Myburgh gesels met Elisabeth Wasserman oor ELF DAE IN PARYS, haar nuwe jeugroman. En Johan Myburg gesels oor interessanthede uit die internasionale letterkunde.
23 Nov 23.11.2016 45:29
Ilse Salzwedel gesels met Anneli Groenewald oor haar debuutroman, Die Skaalmodel, wat die debuutprys gewen het in NB se Groot Romanwedstryd 2015. Die boek speel af op Skipskop, ʼn dorpie wat deur die NP-regering onteien is om ʼn missieltoetsbaan te maak. Ilse gesels ook met dr. Lynette Jacobs van die Universiteit van die Vrystaat oor ʼn biblioteekbusprogram wat boeke na die verste uithoeke van die Vr...
9 Nov 09.11.2016 54:14
Ons bring hulde aan die skrywer Dot Serfontein wat in die ouderdom van 91 jaar oorlede is, met 'n uittreksel uit die 2014 RSG Kunstefees-produksie My Mense. Johan Myburg gesels oor die internasionale boekewêreld, en vertel onder meer van 'n interessante boekklub.
2 Nov 02.11.2016 43:04
Die aktrise Milan Murray se tweede pragtig geïllustreerde kinderboek het pas verskyn. Ilse Salzwedel gesels met haar en die illustreerder Marisa du Toit oor die wisselwerking tussen skrywer en illustreerder. Daniel Hugo vertel waarna boekliefhebbers kan uitsien tydens die Prince Albert Leesfees wat van 4 tot 6 November in die Karoodorpie plaasvind. Johan Myburg deel interessanthede uit die interna...
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.