RSG

Skrywers en Boeke

Tv AF ↓ 727 episodes

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

26 Oct 26.10.2016

Regstreekse uitsending van die bekendstelling van Chris Karsten se nuwe misdaadroman DIE DOOD VAN 'N GOEIE VROU. Karsten, ʼn oud-Rapportjoernalis wat deesdae in Kanada woon, het spesiaal Suid-Afrika toe gekom vir die geleentheid. Sue Pyler lees voor uit die roman, en Matthys Roets maak musiek.

19 Oct 19.10.2016

Ilse Salzwedel gesels met Annekie Botha Du Plessis van Pooka Uitgewers oor Die groot misterie van twee Vroue: Briewe aan Anna deur T.T. Cloete wat pas verskyn het. Lien Botha, skrywer van Wonderboom, vertel van haar besoek aan die Week van die Afrikaanse Roman in Nederland. En Johan Myburg deel wetenswaardighede uit die internasionale letterkunde.

12 Oct 2016 11.10.2016

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Mari Heese oor haar nuwe roman, MAESTRO. Prof. Heilna du Plooy gesels oor wyle prof. Elize Botha se boekversameling wat aan Foxwood House in Johannesburg geskenk is vir bewaring. En Johan Myburg gesels in sy insetsel oor internasionale letterkunde onder meer oor ʼn skrywer se reg op anonimiteit.

5 Oct 2016 05.10.2016

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Christine Barkhuizen-Le Roux oor haar nuwe roman DRIEKLAWERBLAAR. Corina van der Spoel gesels met die letterkundige Jacomien van Niekerk oor haar boek OM TE WORDE, wat die werk van Antjie Krog ontleed. En Johan Myburg vertel meer oor gebeure in die internasionale letterkunde en boekbedryf.

28 Sep 2016 28.09.2016

Ilse Salzwedel gesels met Martin Steyn oor sy derde misdaadroman SWARTVAL. Sy gesels ook met Wilbur Smith, wie se 41e boek pas verskyn het. Die wenners van die KykNET/Rapport-boekpryse word aangekondig. En Johan Myburg gesels oor interessanthede uit die internasionale letterkunde.

21 Sep 2016 21.09.2016

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Irna van Zyl oor haar debuutroman MOORDVIS. Theo Kemp gesels oor die ATKV-Boeke-oase se program by die nuwe Aardklop-kunstefees in Oktober, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale boekewêreld.

14 Sep 2016 14.09.2016

Ilse Salzwedel gesels met die kleurryke Phillip de Vos oor sy lang en interessante loopbaan en sy jongste boek vol guitige versies, Prente by 'n Uitstalling (na die musiek van Moessorgski). Phillip dra ook van sy versies voor. Die wenners van die ATKV Woordveertjies 2016 word aangekondig. En Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde.

7 Sep 2016 07.09.2016

Ilse Salzwedel gesels met Karin Brynard oor haar nuwe roman TUISLAND. Ingrid Erlank van Afrikaans.com gesels oor hulle boeke-uitskieterlys. En Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, onder meer Deon Meyer se benoeming vir 'n internasionale misdaadskrywersprys.

31 Aug 2016 31.08.2016

Suzette Kotze-Myburgh praat met die bekroonde romansier Dan Sleigh oor sy nuwe roman 1795. Ilse Salzwedel gesels met Hettie Scholtz oor die kortlyste van did KykNET-Rapport Boekpryse wat pas aangekondig is. En Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde.

24 Aug 2016 24.08.2016

Elsabe Brits, 'n bekroonde joernalis, vertel vir Ilse Salzwedel oor haar nuwe boek EMILY HOBHOUSE: GELIEFDE VERRAAIER. Dr. Fanie Marais van die Cordis Trust gesels oor die vyf boeke wat die trust vanjaar gepubliseer het. Die ATKV se Filmverse 2 is nou op DVD beskikbaar. Vind meer uit oor hierdie unieke projek wat animasie met Afrikaanse digkuns kombineer. Johan Myburg gesels weer oor die internasi...

17 Aug 2016 17.08.2016

Corina van der Spoel gesels met Ena Jansen oor haar nuwe boek, Ons Japie, die Boereoorlogdagboek van Anna Barry. Ilse Salzwedel gesels met Darryl David oor die Soweto Literary Festival wat van 19 tot 21 Augustus by die Sowetoteater gehou word. Dr. Fanie Marais van die Cordis Trust vertel meer oor die Cordis Trust/RSG Christelike radiodramakompetisie. En Johan Myburg deel interessanthede uit die in...

10 Aug 2016 10.08.2016

Die rolprent Noem My Skollie is gebaseer op die lewe van John W. Fredericks, wat ook die draaiboek geskryf het. Ilse Salzwedel gesels met John oor hoe boeke sy lewe verander het. Dia van Staden gesels oor die Pretoria Boekejol en Filmrol wat van 17 tot 21 Augustus in Pretoria gehou word. En Theo Kemp vertel waarna poësieliefhebbers kan uitsien by vanjaar se Tuin van die Digters op Wellington van 1...

2 Aug 2016 02.08.2016

RSG stel Deon Meyer se nuwe roman KOORS regstreeks, eerste en eksklusief bekend by die Drostdyteater in Stellenbosch. Ilse Salzwedel gesels met Meyer oor sy nuwe boek. Lize Beekman en Jaconell Mouton sorg vir heerlike musiek, en Zoë Brown lees voor uit die roman.

27 Jul 2016 27.07.2016

Ilse Salzwedel gesels met Celeste Fritze oor haar debuutroman VERLORENKOP. Anzil Kulsen gesels oor die inspirasie vir haar jongste jeugroman SORRIE MAAK NIE GESOND NIE, wat sterk temas soos afspraakverkragting en groepsdruk hanteer. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, en gesels onder meer oor 'n nuwe woordeboek met spesiale Roald Dahl-skeppings wat onlangs verskyn...

20 Jul 2016 20.07.2016

Suzette-Kotze Myburg gesels verder met Abraham de Vries, hierdie keer oor sy akademiese werk. Bekroonde kinderboekvertaler Kobus Geldenhuys gesels oor sy werk, en Johan Myburg deel wetenswaardighede uit die internasionale letterkunde en boekewêreld.

13 Jul 2016 13.07.2016

Suzette Kotze-Myburgh gesels met die skrywer Abraham de Vries oor sy lewe en werk. Ilse Salzwedel gesels met Dina Botha oor haar vyftigste romanza wat onlangs gepubliseer is. En Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde.

6 Jul 2016 06.07.2016

Die skrywer Margaret Bakkes is verlede week in die ouderdom van 84-jaar oorlede. Luister na uittreksels uit argiefonderhoude met haar. Ilse Salzwedel gesels ook met die skrywer Johan Bakkes oor sy ma. Johan vertel ook meer van die Bakkes-se-boeke-bakkie-boemel-projek om boeke na die platteland te neem. Johan Myburg gesels oor interessanthede uit die internasionale letterkunde en boekbedryf.

29 Jun 2016 29.06.2016

Die skrywer Wille Martin is die naweek oorlede. Luister na uittreksels uit argiefonderhoude met haar en haar ma, die ewe bekende skrywer Minnie Postma. Ilse Salzwedel gesels ook met Delphine van Wyk, die eerste Skrywers en Boeke-boekheld, oor haar passie vir geletterdheid en haar boekeprojekte. Johan Myburg deel interessante internasionale boekenuus.

22 Jun 2016 22.06.2016

Corina van der Spoel gesels met prof. Heilna du Plooy oor haar debuutroman DIE TAAL VAN BEEN. Kinderboekskrywer Wendy Maartens praat oor die terapeutiese waarde van boeke vir kinders met probleme. Johan Myburg deel wetenswaardighede oor die internasionale boekbedryf, en gesels onder meer oor die Amazon-topverkoperlys vir die eerste ses maande van 2016. Die wenners van die Media 24 Boeke-literêre t...

15 Jun 2016 15.06.2016

Regstreekse boekbekendstelling van Valda Jansen se debuutroman

8 Jun 2016 08.06.2016

Suzette Kotze-Myburg gesels met Pienkes du Plessis oor sy bundel kortverhale ROBBIE SE BROER SE ROER EN ANDER JAGSTORIES. Ilse Salzwedel gesels met Annemarie van der Walt, die koördineerder van die Innisbosfees se boekprogram, oor waarna feesgangers kan uitsien tydens die fees wat van 29 Junie tot 2 Julie in Nelspruit gehou word. Johan Myburg deel wetenswaardighede uit die internasionale boekwêrel...

1 Jun 2016 01.06.2016

Ilse Salzwedel gesels met Hans du Plessis oor sy nuwe roman TUSSEN DIE KLIPPE. Christopher Hope gesels oor sy loopbaan en sy jongste roman, JIM FISH. Johan Myburg het nuus oor die internasionale letterkunde.

25 May 2016 25.05.2016

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Marinda van Zyl oor haar nuwe roman AMRAAL. Nicol Stassen gesels oor die Bologne Kinderboekskou, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale boekewêreld. Hettie Roux van die Vriende van die Hermanus-biblioteek vertel hoe hulle die biblioteek bystaan en bevorder.

18 May 2016 18.05.2016

Luister na 'n opname uit die argiewe waarin Winnie Rust, wat verlede week grusaam vermoor is, met Christelle Webb-Joubert gesels. Johan Myburg gesels oor internasionale boekdinge, en Theo Kemp vertel waarna boekliefhebbers kan uitsien tydens die Vrystaat Literatuurfees wat van 11 tot 16 Julie in Bloemfontein gehou word as deel van die Vrystaat Kunstefees.

11 May 2016 11.05.2016

'n Nuwe bundel liefdesverhale uit die pen van wyle Doc Immelman, veral bekend vir sy jag- en avontuurverhale, het pas verskyn. Ilse Salzwedel gesels met sy dogter daaroor. Nicol Stassen gesels oor 'n klomp klassieke Afrikaanse boeke wat heruitgegee word. En Johan Myburg deel interessante nuus uit die internasionale boekewêreld.

Listen to the Skrywers en Boeke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.