RSG

Skrywers en Boeke

Tv AF ↓ 727 episodes

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

4 May 2016 04.05.2016

Ilse Salzwedel gesels met Helena Hugo oor haar skryfloopbaan en haar nuwe roman, MISPA, wat pas bekendgestel is. Prof. Wium van Zyl gesels oor ONTDEKKINGSREISIGER OF SOLDAAT, sy vertaling van die Nederlandse Luc Panhuysen se boek oor die VOC-ontdekkingsreisiger Robert Jacob Gordon (1743-1795). Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.

27 Apr 2016 26.04.2016

Luister na die tweede gedeelte van Suzette Kotze-Myburgh se gesprek met die bekroonde skrywer en digter Petra Müller. Roela Hatting gesels met Ilse Salzwedel oor KAMEE, haar bundel kortverhale wat onlangs met die UJ-prys vir beste kreatiewe debuut bekroon is. En Johan Myburg gesels oor wetenswaardighede uit die internasionale letterkunde.

20 Apr 2016 20.04.2016

Die Hertzogprysbekroonde digter en skrywer Petra Müller gesels met Suzette Kotze-Myburgh oor haar lewe en werk. Vind meer uit oor inskrywings vir die Sanlamjeuglektuurprys vir 2017, en 'n opwindende nuwe veldtog wat aspirantskrywers aanmoedig om 250 woorde per dag te skryf. Vind uit oor ons nuwe veldtog om Suid-Afrika se boekhelde te vereer, en oor Wêreldboekedag wat op 23 April gevier word. Johan...

13 Apr 2016 13.04.2016

Elmari Rautenbach het tydens die Woordfees met Alexander Strachan gesels oor sy nuwe roman BRANDWATERKOM. Luister na 'n uittreksel van hierdie gesprek. Ilse Salzwedel gesels met Santie van der Merwe, skrywer van GELYKE KANSE en VANDAT JY WEG is. Johan Myburg deel interessante internasionale boekenuus in sy weeklikse bydrae. En die wenners van die 2016 UJ-pryse vir beste Afrikaanse kreatiewe tekste...

6 Apr 2016 06.04.2016

Corina van der Spoel gesels met Pieter Duvenhage oor sy boek Afrikaanse Filosofie. Luister na 'n uittreksel van Danie Marais se Woordfees-gesprek met Craig Bartholomew Strydom en Stephen 'Sugar' Segerman oor hulle boek Sugar Man: The Life, Death and Resurrection of Sixto Rodriguez. En Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.

30 Mar 2016 30.03.2016

Corina van der Spoel gesels met Pieter Duvenhage oor sy boek Afrikaanse Filosofie. Luister na 'n uittreksel van Danie Marais se Woordfees-gesprek met Craig Bartholomew Strydom en Stephen 'Sugar' Segerman oor hulle boek Sugar Man: The Life, Death and Resurrection of Sixto Rodriguez. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.

23 Mar 2016 23.03.2016

Luister na prof. Albert Grundlingh se Woordfees-onderhoud met die geskiedkundige Chris Schoeman oor sy boek DIE ONBEKENDE VAN GOGH, wat handel oor Vincent van Gogh se jonger broer wat in Suid-Afrika gewerk en gesterf het. Ilse Salzwedel gesels met Yvonne Beyers oor die splinternuwe kykNET/Rapportpryse vir boekresensies. Johan Myburg deel nuus uit die internasionale letterkunde.

16 Mar 2016 16.03.2016

Suzette Kotze-Myburg gesels met Bettina Wyngaardt oor haar nuwe spanningsroman, SLAAFS. Leon van Nierop gesels oor sy boek DAAR DOER IN DIE FLIEK, wat die laaste 120 jaar van die Afrikaanse filmbedryf dokumenteer. En Johan Myburg deel interessante nuus oor die internasionale letterkunde.

9 Mar 2016 09.03.2016

'n Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees in Stellenbosch.

2 Mar 2016 02.03.2016

Ilse Salzwedel en prof. Willie Burger gesels met prof. Jerzy Koch, hoof van die Universiteit van Poznan in Pole se departement Afrikaans, oor sy liefde vir en werk oor Afrikaans. Jy kan ook luister na 'n huldeblyk vir die oud-uitgewer en kinderboekskrywer, Leon Rousseau, 'n man wat diep spore in Afrikaanse letterkunde getrap het. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor die lewe, werk en nalatenskap v...

24 Feb 2016 24.02.2016

Prof. Joan Hambidge gesels met Suzette Kotze-Myburgh oor die heruitgawe van D.J. Opperman se versamelde poësie. Ilse Salzwedel gesels met Andre Pretorius oor sy nuwe reisboek, ITALIAANSE INTERMEZZI. Johan Myburgh gesels oor die internasionale letterkunde.

17 Feb 2016 17.02.2016

Ilse Salzwedel gesels met prof. Willie Burger oor resensies en die groter plek wat dit in letterkunde behoort te beklee. Corina van der Spoel gesels met Boris Gorelic oor sy nuwe boek, AN ENTIRELY DIFFERENT WORLD: RUSSIAN VISITORS TO THE CAPE 1797-1870, wat die rol van die Russe in die vestiging van die Kaap verken. Johan Myburg gesels in sy weeklikse bydrae oor die Jaipur Letterkundefees, die nad...

10 Feb 2016 10.02.2016

Hoe verskil 'n goeie en 'n slegte resensie van 'n positiewe en 'n negatiewe resensie? Hoe kies boekeredakteurs resensente? Wat is die moets en moenies as dit kom by die skryf van 'n resensie? Ilse Salzwedel gesels hieroor met prof. Thys Human, professor in Afrikaanse letterkunde aan die NWU, en self 'n gerekende resensent. Jo Prins, boekeredakteur by Media 24 se dagblaaie deel ook sy insigte. Joha...

3 Feb 2016 03.02.2016

Ilse Salzwedel gesels met prof. Willie Burger oor VLAM IN DIE SNEEU, die briefwisseling tussen Andre P. Brink en Ingrid Jonker. Prof. Bernard Odendaal gesels oor die ATKV-skryfskool se Herfsskryfskool wat in Maart plaasvind. Johan Myburg gesels onder meer oor die Oxford Literary Festival, die Franse skrywer Michel Tournier en Roald Dahl.

27 Jan 2016 27.01.2016

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Marzanne le Roux-van der Boon oor haar skryfloopbaan. Prof. Willie Burger gesels oor Breyten Breytenbach se PAROOL. En Marga Stoffer van NB Uitgewers gesels oor nuwe publikasies uit hul stal.

20 Jan 2016 20.01.2016

Corina van der Spoel gesels met die skrywer en digter Dolf van Niekerk oor sy jongste digbundel Portrette in my gang. Prof. Willie Burger gesels oor Carel van der Merwe se Donkerstroom, die outobiografie oor Eugene Marais. Johan Myburg gesels oor 'n paar internasionale letterkundepryse en 'n polemiek oor die Oxford-skrywersfees.

13 Jan 2016 13.01.2016

Johan Myburg gesels met die besoekende Nederlandse skrywer en ekonoom, Nachoem Wijnberg, oor sy nuwe bundel Van Groot Belang. Izak de Vries praat oor die nuutste publikasies van Lapa Uitgewers. Leonie van Rensburg gesels oor die Top 20 Afrikaanse verkopers vir die feestyd. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde gesels Johan Myburg oor Julian Barnes se nuwe boek, 'n letterkunde prys vir...

6 Jan 2016 06.01.2016

Suzette Kotze-Myburgh praat met Piet van Rooyen oor sy nuwe roman, Voëlvry. Dan Sleigh gesels oor sy uitgewer, Riana Barnard. Riana verduidelik aan Ilse Salzwedel presies wat die werk van 'n uitgewer behels. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde en boekbedryf.

30 Dec 2015 30.12.2015

Ilse Salzwedel gesels weer oor skrywers en hul klankbane. Jy kan onder meer luister na die musiekkeuses van Chris Karsten, Sophia Kapp, Jaco Jacobs en Chanette Paul.

23 Dec 2015 23.12.2015

Ilse Salzwedel wou by 'n paar skrywers weet wat hulle gunstelingmusiek is om mee te skryf. Jy kan luister na die musiekkeuses van onder meer Kerneels Breytenbach, Peet Venter, Corlia Fourie, Schalk Schoombie en Christien Neser.

16 Dec 2015 15.12.2015

Die bekende kinderboekskrywer Freda Linde sou op 12 Desember haar honderdste verjaarsdag gevier het - jy kan luister na 'n argiefopname waarin Nic Swanepoel met haar gesels oor haar skryfwerk. Ilse Salzwedel gesels met drie bekende boekliefhebbers (Johan Myburg, Helen Schoer en Phyllis Green) oor hul gunstelingboeke van 2015. Johan Myburg gesels oudergewoonte weer oor die internasionale letterkund...

9 Dec 2015 09.12.2015

Prof. Thys Human gesels met Ingrid Winterbach oor haar jongste roman, Vlakwater. Ilse Salzwedel gesels met Chanette Paul oor haar nuwe roman, Offerlam. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, en John King van Graffiti gee raad oor lekker boeke vir die Kerskous.

2 Dec 2015 02.12.2015

Ilse Salzwedel gesels met die skrywer Francois Bloemhof en die akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts oor hulle gesamentlike nuwe boek VIR ALTYD. Johan Myburg deel interessante nuus uit die internasionale letterkunde. En Nicol Stassen van Protea Boekehuis verduidelik hoe outeursregte werk.

25 Nov 2015 25.11.2015

Suzette Kotze-Myburg gesels met Francois Loots oor sy nuwe roman, IN SNEEU GESKRYF. Prof. Hein Willemse gesels oor 'N VLAG AAN DIE TONG, 'n publikasie wat voortgevloei het uit die derde Swart Afrikaanse Skrywersimposium. En Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.

11 Nov 2015 11.11.2015

Ilse Salzwedel gesels met Irma Joubert, bekroonde skrywer van historiese fiksie, oor haar splinternuwe roman IMMER WES. Irma vertel ook van die belangstelling in haar werk in Nederland, Duitsland en die VSA, en hoe die markte verskil. Ilse Salzwedel gesels met die besoekende Nederlandse skrywer, Arnon Grunberg, skrywer van Tirsa, wat deur Lina Spies in Afrikaans vertaal is. Johan Myburg deel inter...

Listen to the Skrywers en Boeke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.