RSG
Skrywers en Boeke
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
17 Apr 2013 17.04.2013 56:22
Op 17 Oktober vanjaar vier die Weskus-skrywer E. Kotzé (oftwel Sussie Kotzé) haar 80ste verjaardag. Tydens die onlangse Woordfees is daar ‘n profiel-gesprek met haar gevoer deur die uitgewer Nèlleke de Jager en die digter Petra Müller. Kotzé is bekend om onlangse romans soos Hoogty en Toring se baai, asook kortverhaalbundels soos Halfkrone vir die nagmaal.
10 Apr 2013 10.04.2013 53:26
Die skrywer Dot Serfontein vier op 30 April vanjaar haar 88ste verjaardag. Tydens die onlangse Woordfees het haar dogter, die digter Antjie Krog, en verskeie ander haar met ‘n profielgesprek vereer. Hierdie geredigeerde gesprek, wat ook ‘n voorlesing deur die aktrise Antoinette Kellermann insluit, word deur prof. Dorothea van Zyl en Marius Crous ingelei. Serfontein se kleindogter, Susan Samuel, le...
27 Mar 2013 27.03.2013 55:16
Het jy geweet dat die oudste Afrikaanse geskrif in 1845 verskyn het en dat dit Afrikaans was geskryf in die Arabiese alfabet? Wat is tans die kwessies rondom die oorsprong van Afrikaans? Hein Willemse, professor in Afrikaans by die Universiteit van Pretoria, vertel meer oor kreolisering en die belang van Afrikaans in die Kaapse Moslemgemeenskap.
20 Mar 2013 20.03.2013 55:49
Kobus Burger, hoof van drama by RSG, gesels met die jeugboekskrywer Derick van der Walt oor sy jongste jeugboek, HOOPVOL. Dit het in 2012 die silwer prys vir Sanlam se kompetisie vir jeuglektuur gewen. Terrance April vertel meer van die skrywer Grace Ogat. Chanette Paul is een van die produktiefste skrywers in Afrikaans. Sy skryf sowel spanningsverhale as liefdesverhale. Christelle van Tonder het...
13 Mar 2013 13.03.2013 53:58
Die letterkundige Willie Burger vertel in die gereelde gesprekke oor die kuns van die roman, oor die roman as resep tot betekenis. Terrance April vertel meer oor die Nigeriese skrywer, Ben Okri. Die woordeboekman Anton Prinsloo het ‘n woordeboek van bygelowe saamgestel. Bygelowe en waar hulle vandaan kom is die eerste omvattende naslaanbron oor bygelowe wat in Suid-Afrika verskyn. Die boek werp li...
6 Mar 2013 06.03.2013 51:10
Terrance April vertel meer oor die Nigeriese skrywer, Kole Omotoso, wat al jare lank in Suid-Afrika woon en meer bekend is as die goedige oom in die Vodacom-advertensies. Die joernalis Ilse Salzwedel wat al verskeie pryse gewen het vir haar besondere bydrae tot die Afrikaanse joernalistiek, vertel meer oor haar boek, Onvertelde stories van Afrikaans. Sy vertel waar hierdie stoies vandaan kom en wi...
27 Feb 2013 27.02.2013 54:23
Corina van der Spoel gesels met Suzette Kotze-Myburg wat een van die samestellers is van ‘n boek met debuutverhale. NUWE STORIES is die beste 21 verhale uit die inskrywings vir die kortverhaalwedstryd vir skrywers onder dertig. Die letterkundige Willie Burger praat oor die kuns van die roman en oor die slotte en eindes van romans. Die skrywer Jan Huisamen, wat in die Richtersveld grootgeword het,...
17 Oct 2012 17.10.2012 55:36
Die wenner van die Nobelprys vir letterkunde vir 2012 is pas bekendgemaak. Darryl Accone, boekeredakteur en kenner van Mandaryns vertel meer oor die Chinese skrywer, Mo Yan, wat die prys gewen het. Die bekende skrywer Elsa Joubert word op 19 Oktober 90 jaar oud. Corina van der Spoel het met prof. Willie Burger gesels oor die belang van Joubert se oeuvre en skryfwerk. Daar is ook ‘n onderhoud met E...
10 Oct 2012 10.10.2012 56:05
Die Melville Poësiefees vind die naweek in Johannesburg plaas. Die digter en joernalis, Hans Pienaar vertel meer daaroor. Terrance April vertel meer oor die skrywer, Ken Saro-Wiwa. Lapa-uitgewers het ‘n grappiesboekie uitgegee wat saamgestel is uit Upingtonse skoolkinders se bydraes. ‘n Paar van die bydraers vertel hulle grappies wat in die boekie ingesluit is. Salman Rushdie se jongste roman, Jos...
3 Oct 2012 03.10.2012 53:38
Corina van der Spoel praat met Leon Rousseau, skrywer van die Storieman-stories, oor die heruitgawe van die boek en sy Dr. Seuss-vertalings, of herdromings, soos hy dit noem. Terrance April vertel meer oor die Kaapstadse skrywer, Patricia Schonstein Pinnock. Dan gesels Willie Burger in sy gereelde gesprekke oor die aard en kuns van die roman oor genrefiksie en die rol wat plot speel. In die laaste...
26 Sep 2012 26.09.2012 54:57
Hoor wattter gesprekke plaasvind by die Boeke-Oase by die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom. Terrance April vertel meer oor die skrywer Banny Sembene. Die skrywer en dramaturg Harry Kalmer gesels oor sy nuwe toneelstuk, DIE BRAM FISCHER-WALS, en hy vertel watter boeke hy gelees het in sy navorsing en hoe hy onbedoeld eintlik ‘n biograaf van Bram Fischer geword het. Dawid Minnaar, wat...
19 Sep 2012 19.09.2012 54:51
Afrikaans word al jare lank aan universiteite in Pole gedoseer. Prof. Jerzy Koch, wat homself Afrikaans leer praat het en tans op besoek in Suid-Afrika is, vertel waarom Poolse studente Afrikaans wil studeer. Terrance April vertel meer oor die skrywer Leopold Senghor. Anzil Kulsen is ‘n skrywer van Upington. Haar jeugroman, Zita, word wyd in skole gelees. Dié storie oor ’n meisie uit ’n arm bruin...
12 Sep 2012 12.09.2012 56:52
Daar is ‘n regstreekse oorskakeling na die toekenning van die Hertzogprys aan die digter en dramaturg Adam Small vanaf die HB Thomteater op Stellenbosch. Small se vrou Rosalie sal die toekenning in ontvangs neem. Daarna saai ons ‘n eksklusiewe onderhoud uit wat RSG se Johan Rademan met Adam Small gevoer het waarin Rademan hom pols oor die 1965-drama, Kanna hy ko hystoe, se onderliggende boodskap v...
5 Sep 2012 05.09.2012 55:09
Corina van der Spoel gesels met Karin Eloff, voormalige redakteur van die tydskrif Loslyf, ontkleedanser, kopie-redakteur en nou medesamesteller van die erotiese kortverhaleboek Bloots. Cecile Cilliers, skrywer, resesent en rubriekskrywer en ook een van die bydraers tot Bloots, vertel watter boeke sy op die oomblik lees wat haar plesier gee. Corina van der Spoel gesels ook met Dawid Minnaar wat ro...
29 Aug 2012 29.08.2012 56:33
Die wenners van die Universiteit van Johannesburg-pryse vir skeppende skryfwerk vir 2011 word aangekondig. Daar is nuus oor die Mail & Guardian Literary Festival. Willie Burger gesels oor karakters in stories in ons gereelde gesprekke oor die kuns van die roman. Joan Hambidge voer ‘n onderhoud met siw historikus en skrywer, Dan Sleigh, skrywer van die roman Wals met Matilda, oor sy historiese roma...
22 Aug 2012 22.08.2012 58:01
Corina van der Spoel gesels oor die jongste boekenuus.
15 Aug 2012 15.08.2012 56:56
Daar word gesels met die sekretaris van die Pothefstroomse leeskring oor die leeskringring wat al byna 50 jaar bestaan. Die letterkunde kenner Willie Burger gesels oor perspektief in die roman. Terrance April vertel meer oor die skrywer Gail Sobotmokwe. Joan Hambidge gesels met die digter en vertaler Charl JF Cilliers oor sy digkuns en die vertaling van Afrikaanse gedigte na Engels. Corina van der...
8 Aug 2012 08.08.2012 52:58
Corina van der Spoel gesels oor die jongste boekenuus.
1 Aug 2012 01.08.2012 47:17
Daar is nuus oor die Booker-prys langlys waarop André P. Brink se nuwe roman, Philida, is. Daar is ‘n kort bespreking van vier nuwe Afrikaanse ligte romans met Christelle Webb-Joubert. Daar’s ‘n onderhoud met Leti Kleyn, medesamesteller van ‘n nuwe Afrikaans skryfgids en handleiding vir voornemede skrywers. Terrance April vertel meer oor die digter Kelvin Sole. Willie Burger praat in sy gereelde r...
25 Jul 2012 25.07.2012 46:43
‘n Paar romans waarin die Olimpiese Spele ‘n rol speel, word bespreek. Daar is ‘n gesprek met PG du Plessis wat die Helgaard Steyn-prys gekry het vir sy roman, Fees van die Ongenooides. Hy gesels oor die vertaling van die boek waaraan hy nou werk en ook waarmee hy hom tans besig hou. Die digter Wopko Jensma sou op 26 Julie 73 jaar oud gewees het en daar word gekyk na sy bydrae tot die Suid-Afrikaa...
18 Jul 2012 18.07.2012 44:50
Twee groot stemme uit die Afrikaanse en Nederlandse literêre geledere het stil geword – dié van Gerrit Komrij en PH Nortjé. Anke Marais (14jr) van Kaapsche Hoop vertel hoekom sy so baie hou van The Hunger Games, ‘n trilogie van jeugboeke wat al weke op die beste verkooplys is. ‘n Gesprek met Willie Burger oor die literatuur en hoe stories inmekaar steek – hierdie keer oor openingsinne. Terrance Ap...
11 Jul 2012 11.07.2012 56:43
Johan Badenhorst, vervaardiger van die Voetspore TV-programme, vertel van sy oudioboek, DRIE REISIGERS EN VALIANT SWART VAT WEER DIE PAD. ‘n Bonus in die program is ‘n voorlesing deur Dana Snyman van een van sy stories wat op die luisterboek verskyn. Joan Hambidge gesels met die bekroonde Nederlandse vertaler, Riet de Jong-Goosens, oor hoe daar besluit word op ‘n vertaling en die probleme waarmee...
4 Jul 2012 04.07.2012 53:49
Daar is nuus oor wat jy op die Boekefees by die Vryfees in Bloemfontein kan verwag. Marita van der Vyver vertel meer oor watter boeke sy graag lees en die letterkundige Willie Burger vertel hoe stories werk. Terrance April praat oor die skrywer Can Themba. Die skrywer TT Cloete het onlangs 88 jaar oud geword. Hierdie literator, kritikus, digter, dramaturg, prosaskrywer en psalmverwerker is ‘n merk...
27 Jun 2012 27.06.2012 52:19
Corina van der Spoel praat met Wilna Pretorius, sekretaris van die Potchefstroomse leesunie, ‘n leeskring wat reeds 50 jaar bestaan. Die skrywer Marlene van Niekerk se roman AGAAT is in Sweeds vertaal en is reeds vir vyf weke die topverkoper in dié Skadinawiese land. Sy vertel hoekom sy dink die Swede so baie van die boek hou en wat die toekoms vir ernstige Afrikaanse literatuur is. Andries Visasi...
20 Jun 2012 20.06.2012 56:04
In Boekenuus word daar gesels oor Internasionale Kortverhaaldag op 20 Junie en om dit te vier is daar ‘n gesprek met Jeanette Ferreira, skrywer en ook samesteller van twee nuwe kortverhaalbundels (Grensoorlogstories en Boere-oorlogstories 2). Daar is Terrance April se gereelde bydrae oor skrywers van Afrika waarin hy meer vertel van die Johannesburgse skrywer Chris van Wyk. Daar is ook ‘n gesprek...
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.