RSG
Skrywers en Boeke
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
11 Jun 2014 11.06.2014 48:39
Ilse Salzwedel bespreek die wenners van Media 24 se literêre pryse.
4 Jun 2014 04.06.2014 45:46
Skrywers en boeke 4 Junie 2014
4 Jun 2014 04.06.2014 45:46
Ina Strydom gesels met die digter T.T. Cloete, wat op 31 Mei sy negentigste verjaarsdag gevier het. Johan Myburg bring hulde aan Maya Angelou, die ikoniese Amerikaanse skrywer en digter wat verlede Woensdag oorlede is.
28 May 2014 28.05.2014 48:13
Skrywers en Boeke 28 Mei 2014
28 May 2014 28.05.2014 48:13
Ilse Salzwedel gesels met Marius Crous oor Andries Bezuidenhout se nuwe bundel Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle. Luister na ʼn uittreksel uit Murray La Vita se US-Woordfeesgesprek met Lina Spies, wat onlangs haar 75e verjaarsdag gevier het. Ilse gesels met Casey B. Dolan oor haar debuutroman When the bough breaks, wat pas verskyn het en reeds in Frans en Spaans vertaal is. Johan Myb...
21 May 2014 21.05.2014 59:13
Ilze Salzwedel vind meer uit oor hoe mens kinders aan die lees kan kry. Sy praat ook met Leti Kleyn oor Die Afrikaanse Skryfgids wat sy en Riana Scheepers saamgestel het.
14 May 2014 14.05.2014 56:21
Daar is twee uittreksels uit die US Woordfees-gesprekke: Irma Joubert gesels oor haar jongste roman TOLBOS, en Abram Phillips vertel meer van sy aangrypende roman DIE HART VAN 'N MA. Ilse Salzwedel gesels met Kerneels Breytenbach en uitgewer Riana Barnard oor die stand van Afrikaanse erotiese literatuur. Johan Myburg gesels weer oor die internasionale letterkunde.
7 May 2014 06.05.2014 36:06
Ilse Salzwedel gesels met prof. Steward van Wyk van UWK oor wat die afgelope 20 jaar van demokrasie vir Afrikaanse letterkunde beteken het. Johan Myburg gesels oor onder meer Miguel de Cervantes, skrywer van die legendariese Don Quixote.
30 Apr 2014 30.04.2014 51:14
Ilse Salzwedel gesels met prof. Andries Visagie oor T.T. Cloete se jongste digbundel, KARNAVAL EN LENT. Corina van der Spoel gesels met Mark Gevisser oor sy boek JOHANNESBURG LOST AND FOUND. Johan Myburg vertel wat in die internasionale letterkunde gebeur.
23 Apr 2014 23.04.2014 52:47
Joan Hambidge praat met uitgewer Etienne Bloemhof oor haar nuwe digbundel MEDITASIES in ʼn gesprek wat tydens die US Woordfees opgeneem is. Ilse Salzwedel gesels met Steve Hofmeyr oor sy roman LAASTE DANS, DRIENIE. Johan Myburg vertel meer oor die jongste verwikkelinge in die internasionale letterkunde.
16 Apr 2014 16.04.2014 47:24
Luister na 'n gesprek wat tydens die US Woordfees opgeneem is. Amanda Botha gesels met Mari Heese oor haar roman VUURKLIP, die eerste roman in Afrikaans wat in die oertydperk afspeel. Ilse Salzwedel gesels met Dominique Botha oor haar aangrypende debuutroman VALSRIVIER, wat onlangs deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns met die Eugene Maraisprys bekroon is. Johan Myburg het interessante nuus oor...
9 Apr 2014 09.04.2014 48:51
Luister na uittreksels uit die Digtersparadys-gesprek by vanjaar se US Woordfees. T.T. Cloete, Adam Small, Wilma Stockenström en Hennie Nortje gesels oor hulle werk en lees van hulle eie gedigte voor. Ilse Salzwedel gesels met Tinus Horn oor sy nuwe roman BOMSKOK.
26 Mar 2014 26.03.2014 42:12
Hennie Aucamp is op 20 Maart in die ouderdom van 80 jaar oorlede. Ons bring hulde aan hierdie groot Afrikaanse skrywer. Corina van der Spoel gesels ook met Sandra Saayman oor 'n nuwe boek oor die werk van Breyten Breytenbach.
19 Mar 2014 19.03.2014 47:07
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Christiaan Bakkes oor sy nuwe Stoffel Matthysen-boek, KROKODIL AAN MY SKOUER. Ilse Salzwedel gesels met kinderboekskrywer Keina Swart oor haar nuwe jeugroman BLOUJAAR. Sy vertel ook hoe sy haar kinders aan die lees gekry het. Johan Myburg het weer nuus uit die internasionale boekewêreld.
5 Mar 2014 05.03.2014 34:44
Ilse Salzwedel praat met Jan van Tonder oor IS WEER SAGIE, die opvolg op sy 1987-roman Is SAGIE. Johann Nell vertel meer oor sy debuut, SONDAG OP 'N VOËLPLAAS. Johan Myburg deel ook weer 'n paar interessanthede uit die internasionale letterkunde.
19 Feb 2014 19.02.2014 45:59
Ilse Salzwedel gesels met IRMA VENTER oor haar jongste spanningsroman, SKRAPNEL. MADRI VICTOR vertel wat boekliefhebbers alles te wagte kan wees tydens vanjaar se US Woordfees. In haar gereelde gesprek oor die skryfkuns, vertel LETI KLEYN meer oor dinge soos ruimte en die verteller. Die Afrikaskrywer van die week is FRANK CHIPASULA.
5 Feb 2014 05.02.2014 51:33
Ilse Salzwedel gesels met die dramaturg PIETER FOURIE, skrywer van FAAN SE TREIN. Die resensent PAUL BOEKOOI vergelyk die film met die destydse verhoogproduksies. RONEL NEL, redakteur van Rooi Rose se boekeblad, gesels oor haar gunstelingboeke, en JOHAN MYBURG het nuus oor 'n internasionale letterkundeprys.
29 Jan 2014 29.01.2014 56:01
Ilse Salzwedel gesels met die skrywers ANNELIE FERREIRA en ALTA CLOETE. In die gereelde bydrae oor die skryfkuns verduidelik LETI KLEYN hoekom beplanning belangrik is wanneer jy skryf. JOHAN MYBURG gesels oor die internasionale letterkunde, en Terrance April se Afrikaskrywer vandeesweek is TSITSI DANGAREMBA.
22 Jan 2014 22.01.2014 47:31
Ilse Salzwedel bring hulde aan Hennie Aucamp wat vandeesweek sy tagtigste verjaarsdag vier. Sy gesels met prof. Andries Visagie (UP), prof. Louise Viljoen (US) en prof. Helize van Vuuren (NMM) oor sy werk. Daar is ook argiefopnames van ʼn veel jonger Aucamp wat een van sy gedigte voorlees en ʼn voorlesing van ʼn Bruidsbed vir Tant Nonnie, een van Aucamp se bekendste verhale. Amanda Strydom sing Fanie...
15 Jan 2014 15.01.2014 37:57
Corina van der Spoel gesels met Shaun Viljoen en Basil Apolis oor Shaun se boek Richard Rive: a partial biography. Die Afrikaskrywer van die week is Buchi Emeceta, en Johan Myburg is terug met sy gereelde insetsels oor internasionale letterkunde.
8 Jan 2014 08.01.2014 43:05
Ilse Salzwedel gesels met prof. Wille Burger oor Etienne Van Heerden se roman KLIMTOL. Prof. Thys Human gesels oor Abraham H. de Vries se kortverhaalbundel WIE SNOEI DIE ROSE IN DIE NAG? Johan Myburg vertel meer oor nuwe werk van wyle J.D. Salinger wat onlangs ontdek is. Die Afrikaskrywer van die week is Cyprian Ekwensi.
1 Jan 2014 01.01.2014 51:26
Ilse Salzwedel gesels met twee topverkoperskrywers: Deon Meyer, spanningsverhaalskrywer gesels oor KOBRA, sy jongste roman, en Kristel Loots, skrywer van onder meer SUSHI EN SJAMPANJE, gesels oor haar werk en verduidelik ook wat die verskil is tussen chick lit en ander liefdesverhale.
11 Dec 2013 11.12.2013 46:52
Ilse Salzwedel praat met Leon van Nierop oor sy jongste roman PLESIERENGEL. Corina van der Spoel gesels met Zakes Mda oor sy roman THE SCULPTORS OF MAPUNGUBWE. Terrance April se Afrikaskrywer van die week is Naguib Mahfouz van Egipte.
4 Dec 2013 04.12.2013 51:38
Ilse Salzwedel praat met prof. Andries Visagie van Tukkies oor Adam Small se digbundel KLAWERJAS. Il…
20 Nov 2013 20.11.2013 40:52
Ilse Salzwedel gesels met prof. Andries Visagie oor Hennie Aucamp se briewebundel MITS DESE WIL EK V…
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.