RSG
Skrywers en Boeke
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
17 Sep 2014 17.09.2014 51:28
Skrywers en Boeke 17 September 2014
17 Sep 2014 17.09.2014 51:28
Ilse Salzwedel gesels met die topverkoperskrywer Wilbur Smith oor sy 50 jaar as topverkoperskrywer. Suzette Kotze-Myburgh gesels met Henry Jack Cloete oor sy debuutroman DRAALNOOT VIR 'N JANFISKAAL. Johan Myburg vertel meer oor onder meer die langlys vir die Manbookerprys, en die ATKV-Woordveertjiewenners word bekend gemaak.
10 Sep 2014 10.09.2014 48:07
Skrywers en boeke 10 September 2014
3 Sep 2014 03.09.2014 46:34
Skrywers en boeke 3 September 2014
27 Aug 2014 27.08.2014 51:34
Skrywers en boeke 27 Augustus 2014
27 Aug 2014 27.08.2014 51:34
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Daniël Hugo oor sy vertaling van die werk van Omar Khajjam. Ilse Salzwedel gesels met Ann Hiemstra oor haar besondere boek 'N PLAN IS 'N DUINEBOERDERY. Prof. Andries Visagie vertel meer oor die boek ANTJIE KROG: AN ETHICS OF BODY AND OTHERNESS, waarvan hy die mede-samesteller is.
20 Aug 2014 20.08.2014 45:47
Skrywers en boeke 20 Augustus 2014
20 Aug 2014 20.08.2014 45:47
Ilse Salzwedel gesels met Anzil Kulsen oor die Noord-Kaap Leesprojek. Sy gesels ook met 'n paar vroue van die Kalksloot Leesklub in die Kalahari. Leon van Nierop is in die ateljee om te gesels oor sy jongste roman, Ballade vir 'n Enkelling, en vertel hoekom dit baie verskil van die destydse TV-reeks. Johan Myburg deel interessante nuus uit die internasionale letterkunde.
13 Aug 2014 13.08.2014 49:42
Skrywers en boeke 13 Augustus 2014
13 Aug 2014 13.08.2014 49:42
Ilse Salzwedel gesels met dr. Karen de Wet van die Universiteit van Johannesburg oor Heilna du Plooy se jongste digbundel, DIE STILTE OPGESKORT. Corina van der Spoel gesels met die uitgewer Alison Lowry. Johan Myburg vertel meer oor die jongste gebeure in die internasionale letterkunde.
6 Aug 2014 06.08.2014 44:40
Skrywers en boeke 6 Augustus 2014
6 Aug 2014 06.08.2014 44:40
Madri Victor gesels met Ilse Salzwedel oor GLIPSTROOM, Anemari Jansen se debuutroman. Corina van der Spoel gesels met Alsion Lowry, bekende uitgewer, oor die rol van redakteurs, en hulle bespreek Damon Galgut se ARCTIC SUMMER. Johan Myburg vertel meer van die langlys van die Man Booker-prys wat onlangs bekendgemaak is.
30 Jul 2014 30.07.2014 45:46
Skrywers en boeke 30 Julie 2014
30 Jul 2014 30.07.2014 45:46
Suzette Kotze-Myburgh gesels met die digter Danie Marais oor sy digbundel AS VERLANGE DIE SWEEP SWAAI. Kobus Burger, uitvoerende regisseur: drama by RSG, vertel hoekom daar besluit is om die roman KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur wyle Jan Huisamen, in 'n mini-dramareeks te verwerk, en nie net bloot voor te lees nie.
23 Jul 2014 23.07.2014 45:26
Skrywers en boeke 23 Julie 2014
23 Jul 2014 23.07.2014 45:26
Johan Myburg bring hulde aan NADINE GORDIMER, Nobelpryswenner en skrywer, wat verlede week in die ouderdom van 90 jaar oorlede is. Daar is ook ʼn kort uittreksel uit Gordimer se laaste radiogesprek. Ilse Salzwedel gesels met FANIE VILJOEN oor sy nuwe skokroman vir jongmense, PLEISTERS VIR DIE SIEL. Dit handel oor ʼn skoolskietery. SISKE JULIUS, wenner van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se POO...
16 Jul 2014 16.07.2014 50:04
Skrywers en boeke 16 Julie 2014
16 Jul 2014 16.07.2014 50:04
Ilse Salzwedel gesels met LAUREN BEUKES oor haar nuwe roman BROKEN MONSTERS. Marthinus Beukes bespreek die werk van die digter JOHANN DE LANGE. Johan Myburg het weer ʼn interessante bydrae oor die internasionale letterkunde.
2 Jul 2014 02.07.2014 41:39
Skrywers en boeke 2 Julie 2014
2 Jul 2014 02.07.2014 41:39
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Wilna Hennig Adriaanse oor haar nuwe roman DUBBELSPEL. Ilse Salzwedel gesels met Jose Palmer en Reinette Lombard oor hulle splinternuwe progressiewe selflees-reeks TIPPIE-verhale. Dis spesiaal ontwikkel om ʼn lus en liefde vir lees by kleingoed te ontwikkel.
25 Jun 2014 25.06.2014 46:17
Skrywers en boeke 25 Junie 2014
25 Jun 2014 25.06.2014 46:17
Ilse Salzwedel gesels met Marinda van Zyl, skrywer van WILHELMINA RADEBE KOM TUIS, wat tans op RSG voorgelees word. Doks Briers vertel meer van die boekeprogram by vanjaar se Vryfees. Johan Myburg bring hulde aan Ellen Kuzwayo, wat vandeesmaand 100 jaar oud sou wees. Carike Nieuwoudt vertel meer van ʼn nuwe reeks kinderboeke wat deur Bargain Books uitgegee word.
18 Jun 2014 18.06.2014 44:43
Skrywers en boeke 18 Junie 2014
18 Jun 2014 18.06.2014 44:43
Erika-Marie Theron praat oor haar nuutste roman Stippellyn en Kariena Stander gesels oor haar seun Adien se boek Wolkland.
11 Jun 2014 11.06.2014 48:39
Skrywers en boeke 11 Junie 2014
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.