RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 14.09.2018 14:59
Chris Viljoen kyk na insekmonitering by LNR-Kleingraan, 'n nuwe mytpes op bloubessies en vyf van Elsenburg se Percherons wat op 12 Oktober opgeveil word. Die tendense in onlangse wildveilings word ook deur 'n landbou-ekonoom ontleed.
RSG Landbou 13.09.2018 29:57
Die wenners van die 2018 Standard Bank Chenin Blanc Top 10-uitdaging is onlangs bekendgemaak. Nico Groenewald, die hoof van Agribesigheid by Standard Bank, verduidelik wat hulle borgskap behels. Dr. Bobbie van der Westhuizen van SA Stamboek vertel van die komende teeltsimposium en Logix Elite-toekennings wat vanjaar by die Alfa Vee-ekspo aangebied word. Corne Nel, 'n beoordelaar by vanjaar se Nasi...
RSG Landbou 12.09.2018 28:30
Die reuse SKA-projek in die Karoo het baie boere warm onder die kraag. Ons verslaggewer in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, praat met Anton Binneman van die SKA oor hulle teenwoordigheid in die Karoo. Daar is ook 'n gesprek met Esna le Roux van BKB. Sy is een van die beoordelaars by die Nasionale Jeugskou wat in Oktober in George plaasvind. Sy praat oor vleisskaapbeoordeling.
RSG Landbou 11.09.2018 29:36
Hennie Maas praat met dr. Johan van Rensburg van Afrivet oor die voorbereidings wat getref moet word vir die kalfseisoen. Daar is ook 'n gesprek met die Noord-Kaapse jongboer van die jaar, Van Zyl Naude. En Breyton Milford vertel van die Nasionale Jeugkampioenskap wat eersdaags plaasvind.
RSG Landbou 10.09.2018 25:58
Mariëtte Kotze van Hortgro praat oor die kern- en steenvrugbedryf wat kerngesond is. En ons verslagggewer in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, praat met Nicol Jansen van Agri Noord-Kaap oor die uitdagings wat die provinsie mee te kampe het.
RSG Landbou 07.09.2018 12:29
Belangstelling in amandelverbouing neem toe. Dit kan toegeskryf word aan die neut se gesondheidswaarde en hoë prys. Tans word sowat 3 000 ton amandels jaarliks ingevoer, en slegs 300 ton plaaslik geproduseer. Chris Viljoen praat met 'n kenner van Sapo Trust oor die grond- en klimaatvereistes vir amandelbome.
RSG Landbou 06.09.2018 14:58
Chris Viljoen kyk na Agri Oos-Kaap se kongres, Vinpro se opleidingsprogramme vir wingerdplaaswerkers, die Gamkaberg Natuurreservaat se nuwe staproete, en veranderings by by skole, veral in die Oos-Kaap, waar een van drie landbouvakke voortaan aangebied sal word.
RSG Landbou 06.09.2018 27:23
Dit lyk of intensiewe skaapproduksiestelsels besig is om vinnig veld te wen. Manie Wessels praat oor toenemende belangstelling in hierdie praktyk. Hy en sy vrou en vennoot, Karin, het pas teruggekeer van Suid-Amerika waar hulle praatjies gelewer het. Hulle het onlangs ook 'n uitnodiging ontvang om in Sjina lesings aan te bied hieroor. Ons korrespondent in die Oos-Kaap, Carin Venter, gesels met 'n...
RSG Landbou 05.09.2018 29:42
Lise Roberts praat met Ben Schoonwinkel van Syngenta oor die Syngenta Graanakademie. Elbie Thatcher van Old Mutual Wealth gesels oor vroue in die landbou, en finansiële sekuriteit. Pieter Carstens is 'n apteker in Somerset-Wes, maar boer ook in die Kalahari. Hy vertel hoe hy die twee perde gelyktydig ry. En Johan van den Berg van Santam Landbou verduidelik hoed die El Niňo-verskynsel 'n interessan...
RSG Landbou 04.09.2018 25:42
Daar is nuus oor die status van die veestapel in die bek-en-klouseer buffergebied. Lise Roberts praat met Adri Kitshoff-Botha van Wildbedryf SA oor die renosterbedryf en 'n boer wat 'n klomp van sy renosters van die hand gesit het. Christo Bekker van die LWO Werkgewersorganisasie verduidelik ook hoe belangrik 'n dienskontrak met jou werkers is.
RSG Landbou 03.09.2018 27:43
Hennie Maas vertel van twee veilings wat binnekort plaasvind. Lise Roberts praat met die bestuurshoof van Vrystaat Landbou, Gerhard Kriel, oor die Vriende van Landbou-organisasie wat in die provinsie gestig is. Hy vertel ook van 'n toep wat ontwikkel is om veiligheid op plase te bevorder. En Breyton Milford gesels oor Agri-Expo Livestock wat in Oktober in die Kaap gehou word.
RSG Landbou 31.08.2018 12:30
Hulle was werkloos en is nou kontrakteurs van indringerbeheer en verwerkers van indringerbiomassa. Chris Viljoen gesels met twee sakevroue van Wolseley met hulle eie permanente werkerskorps.
RSG Landbou 31.08.2018 14:59
Chris Viljoen kyk na grondhervormingsprojekte van die Nelson Mandela Universiteit se George kampus, bewaringsboerdery en die effek daarvan op grondgesondheid en koolstofsekwestrasie, en 'n verbeeldingsryke gedagte van die Fakulteit Agriwetenskappe by die Universiteit Stellenbosch om hulle eeufees te gedenk.
RSG Landbou 30.08.2018 27:36
Nampo sprei sy vlerke, en word vanjaar vir die eerste keer op Bredasdorp in die Suid-Kaap gehou. Die geleentheid staan bekend as Nampo Kaap. Die uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA, Jannie de Villiers, vertel wat besoekers te wagte kan wees. Adri Kitshoff-Botha, bestuurshoof van Wildbedryf Suid-Afrika gesels oor die groei van die wild-ekonomie, en hoe hulle goeie verhouding met die regering sa...
RSG Landbou 29.08.2018 30:05
Wat staan wapeneienaars te doen indien hulle vuurwapenlisensies verval het. Fred Camphor, die bestuurshoof van SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging, veruidelik. Marina Bester van Skaapvleis SA gesels verder oor hulle verbruikersopvoedingsprojekte wat voorlê. Die stompkopkewer is kommerwekkend aktief in Kwazulu-Natal, en 'n omgewingskonsultant, Johan Bodenstein, vertel meer hieroor. Dan verduidel...
RSG Landbou 28.08.2018 28:12
Thalia Brameld van SA Stamboek vertel van 'n dragtigheidstoets wat nou vir koeie beskikbaar is. Die Agri Gauteng-ekspo het op 8 en 9 Augustus plaasgevind. Marike Brits het dit bygewoon, en het daar met dr. Willem Pretorius, president van Agri Gauteng, gesels. En die bestuurshoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Gerhard Schutte, praat oor navorsing in die rooivleisbedryf.
RSG Landbou 27.08.2018 29:03
Vanjaar se nasionale skaapboer van die jaar is van Hopetown. Frans Wiid vertel hoe deurvloeiproteïen die verskil maak in sy skaapboerdery. Jan Boshoff van Boshoff Bonsmaras gesels oor hulle veiling wat op 29 Augustus plaasvind. 'n Plantpatoloog van Villa Crop, Marius Boshoff, praat oor die siektes wat algemeen op mielies en oliesade voorkom. En Johan Jansen van Vuuren vertel vir Hennie Maas van sy...
RSG Landbou 24.08.2018 12:07
'n Navorsingsprojek van onder meer die SA Mediese Navorsingsraad en die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing toets tans 55 000 Suid-Afrikaners vir die voorkoms van tuberkulose. Dit vind plaas van huis tot huis, en die samewerking op plase is van groot belang. Chris Viljoen praat hieroor met een van die navorsers by die MNR.
RSG Landbou 24.08.2018 14:59
Chris Viljoen kyk na anërobiese verwerking vir die produksie van organiese produkte, die jaarlikse SKOG-boeredag vir graanboere, hoe die handelsoorlog tussen China en die VSA die uitvoer van Suid-Afrikaanse inmaakvrugte raak, en Augsburg Landbougimnasium op Clanwilliam se prestasies met skaapskeer. Ons sê ook varwel aan 'n leierboer van die Noord-Kaap.
RSG Landbou 23.08.2018 28:00
Isabel Bröcker van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie vertel watter uitwerking die onlangse listeriose-uitbreking op varkslagsyfers gehad het. Jan-Hendrik Venter van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye gesels oor die stompkopkewer wat verwoesting onder bome saai. En die Bultfontein Boertjiefees en die Afrika Brahman-kongres vind die einde van die maand plaas.
RSG Landbou 22.08.2018 26:32
Vind meer uit van die Marlo-kwekery, waar tot 60 miljoen saailinge seisoenaal gekweek word. Skaapvleis SA het vanjaar reeds talle interessante projekte aangebied as deel van hulle verbruikersopvoedingsprogram. Die projekbestuurder van Skaapvleis SA, Marina Bester, vertel waarop hulle gefokus het. Die vraag na hoenderprodukte sal in die komende jare styg namate die bevolking groei. Frans van Eden,...
RSG Landbou 21.08.2018 30:08
Dis daardie tyd van die jaar wanneer produksie- of oorgangslekke 'n belangrik rol speel in die kalfseisoen. Josef van Wyngaard, tegniese bestuurder by Voermol, praat hieroor. Hennie Maas gesels met Izak Nel. Hy boer onder andere met waatlemoene en tamaties op die banke van die Limpoporivier. Die Namakwalandse blommeprag is tans te sien, en volgens Mike Spies van Namakwa Toere gaan die boere in daa...
RSG Landbou 20.08.2018 28:52
Die 33-jarige Lion du Plessis van Ermelo is vroeër vanjaar as die 2018 Mpumalanga jongboer van die jaar aangewys. Hy vertel van sy boerderyfilosofie en sukses. Een van RSG Landbou se medewerkers, Izak Hofmeyr, het onlangs die nasionale Brangusveiling op Harrismith bygewoon, en met die president van die telersgenootskap, Pieter Smit, gesels. 'n Boer van Douglas, Kosie Smit, het die hoogste prys vir...
RSG Landbou 17.08.2018 12:23
Die werklikheid van landbou in Suid-Afrika word uitgespel deur twee boere van die intensiewe en ekstensiewe omgewings van Suid-Afrika.
RSG Landbou 16.08.2018 14:55
Chris Viljoen kyk na persepsies oor akademie in landbouskole, die VLV Kaapland se 89ste jaarkongres, die tamatieblaarmyner (Tuta absoluta) wat ook aartappels aanval, en kommentaar van AWK oor die wysiging van Artkel 25 van die Grondwet.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.